KYKNET HOE LIEG HULLE VIR JULLE – Kerk is ‘n Werkwoord, AANVAAR!

Johan Geyser - aanvaar
His Holiness Johan Geyser

Leuens kom hoofsaaklik in mooi geskenkies toegedraai. Sommige van hulle is selfs oordek met die beste Bybel leeromslag en is met potsierlike strikkies toegedraai, net om jou ingebore behoefte na aanvaarding te troetel. Paulus praat daarvan in Galasiërs 4. Die aanhaling kom uit die Amplified Bible omdat dit die kerninhoud van die gedeelte soveel beter omskryf.

17 These men [the Judaizers] eagerly seek you [to entrap you with honeyed words and attention, to win you over to their philosophy], not honorably [for their purpose is not honorable or worthy of consideration]. They want to isolate you [from us who oppose them] so that you will seek them. 

18 Now it is always pleasant to be eagerly sought after [provided that it is] for a good purpose, and not just when I am with you [seeking you myself—but beware of the others doing it].

19 My little children, for whom I am again in [the pains of] labor until Christ is [completely and permanently] formed within you— 

20 how I wish that I were with you now and could change my tone, because I am perplexed in regard to you.

Paulus sê vir hulle, “Ai toggie, Galasiërs, ek is ten diepste bekommerd oor julle geestelike welsyn. Ek huil behoorlik dag en nag oor julle omdat julle my arbeid onder julle en my goeie bedoelinge om Christus in julle te vorm, so maklik versmaai. Daardie Judiërs wat julle so vriendelik in julle geledere met ope arms toegelaat en aanvaar het, is besig om julle van my en Christus se Evangelie te vervreem en selfs geheel en al te isoleer. Hulle smeer heuning om julle monde en streel julle ore met mooi woordjies soos “ons moet mekaar aanvaar ten spyte van ons verskille.” Ag, was ek tog maar nou persoonlik in julle midde sodat ek “my stem kan verander” en nie so streng met julle praat soos ek tans voel om te doen nie.

Ek noem hierdie artikel “KYKNET HOE LIEG HULLE VIR JULLE” na aanleiding van Die Boodskap (heruitsending: Sondag 23 Julie 2017) wat Johan Geyser van die Mosaïek Kerk in Fairland, Johannesburg op die Afrikaanse TV netwerk KYKNET gelewer het. Dis nie die eerste keer dat ek Johan Geyser en ander predikers soos Stephan Joubert en Trevor Hudson se boodskappe onder die loep neem nie. Ek lewer al van toeka af kommentaar op hulle heuningsoet mooi woordjies wat besig is om derduisende mense in Suid-Afrika te mislei, te verlei en van die waarheid soos dit in God se Woord verwoord word te vervreem en te isoleer.

Om die bal aan die rol te sit, kom ons luister eers wat ons vriend Johan Geyser met sy sagstrelende en heuing-soetklinkende kontemplatiewe stem gesê het. Die gedeelte waaroor sy Boodskap gegaan het kom uit Romeine 14.

En neem hom aan wat swak is in die geloof, nie om oor sy gevoelens te oordeel nie. Die een glo dat ‘n mens alles mag eet, maar hy wat swak is, eet groente. Hy wat eet, moet hom wat nie eet, nie verag nie; en hy wat nie eet, moet hom wat eet, nie oordeel nie, want God het hom aangeneem. Wie is jy wat die huiskneg van ‘n ander oordeel? Hy staan of val met betrekking tot sy eie heer; maar hy sal staande bly, want God is magtig om hom staande te hou. (Romeine 14:1-4).

Soos u seker kon agterkom, gaan Paulus se rede oor die Christene in Rome se eetgewoontes en die negatiewe gevolge wat dit vir hulle onderlinge verhoudinge meegebring het. Sommige van hulle het besluit om nie meer vleis te eet nie en eerder ’n vegetariër dieet na te volg terwyl die ander nog steeds daarvan gehou het om ’n vuurtjie aan te slaan en ’n lekker vet tjoppie of wors te braai.

Maar, o wee, pleks daarvan om te hou by die onderwerp en die konteks van die gedeelte, trek Johan Geyser hulle eetgewoontes sommer soos ‘n wafferse mistieke goëlaar deur na mense se “lywe,” hulle “voorkoms,” en selfs wat hulle aangehad het by spesiale openbare geleenthede, hulle  “geloof,” hulle “sondes,” hulle “sondige natuur” en laaste maar nie die minste nie, selfs na die aanvaarding van ander gelowe.  Paulus maak wel melding van sonde maar noem dit in verband met die twyfelagtige hart van ‘n vegetariër wat by geleentheid wel vleis eet maar dit met twyfel in sy hart eet en geniet.

Daarom sê Paulus, “Het jy geloof? Behou dit vir jouself voor die aangesig van God. Gelukkig is hy wat homself nie oordeel in wat hy vir geoorloof ag nie. Maar hy wat twyfel as hy eet, is veroordeel, omdat dit nie uit die geloof is nie; en alles wat nie uit die geloof is nie, is sonde.” (Romeine 14:22-23).

Baie mense gebruik hierdie gedeelte om te sê dat ’n mens nie met jou geloof in Christus as jou Saligmaker op jou mou moet rondloop nie maar dit vir jouself moet hou. Dis nie wat Paulus bedoel nie. Wat Christene vir hulleself moet hou is hulle siening (of dan “geloof,” in hierdie geval) rondom sekere dinge soos onder andere hulle eetgewoontes, die onderhouding van sekere dae, die gebruik van kelkies of ‘n beker by die Heilige Nagmaal, want dit kan net lei tot onenigheid, wrywing en vertroebelde verhoudings. Hierdie dinge het niks met jou saligheid te make nie. Trouens, dis juis hierdie dinge wat maak dat minagting, veragting, verwerping en selfs skinderstories soos giftige slangetjies die kop begin uitsteek.

Die feit is dat alle sondes, ook hierdie een waar iemand twyfel omdat hy nie vir homself kan uitmaak nie of dit reg of verkeerd is om vleis te eet, skeiding maak tussen ons en God. Dit vertroebel ons verhouding met God omdat ongeloof, hoe gering ookal, God nie kan behaag nie (Hebreërs 11:6). Die eet of die nie eet nie van vleis, is dus sigself nie sonde nie. Dis alleenlik wanneer jy teen jou gewete in besluit om vleis te eet en dan te twyfel oor die geldigheid daarvan, wat as sonde gereken word. Die doelbewuste en blote weerhouding daarvan is nie sonde nie. Paulus noem dit ’n swakheid in die geloof, m.a.w. ‘n swakheid binne die geledere van wedergebore Christene en hulle kerkbyeenkomste en nie t.o.v. ander gelowe nie. Sommige Christene in Galate het opgehou het om vleis te eet uit vrees dat dit miskien soos in ander gelowe aan afgode geoffer was. Daarom skryf Paulus,

Die kennis is egter nie in almal nie; maar sommige, nog altyd bewus van die afgod, eet dit as ‘n afgodsoffer, en hulle gewete, wat swak is, word besoedel. Maar die voedsel bring ons nie nader by God nie; want as ons eet, het ons geen oorvloed nie, en as ons nie eet nie, ly ons geen gebrek nie. Maar pas op dat hierdie vryheid van julle nie miskien ‘n struikelblok word vir die wat swak is nie. Want as iemand jou wat kennis het, aan tafel sien in ‘n afgodstempel, sal sy gewete, as hy ‘n swak man is, nie aangemoedig word om van die offervleis aan die afgode te eet nie? En moet die swakke broeder vir wie Christus gesterf het, verlore gaan deur jou kennis? Maar deur so teen die broeders te sondig en hulle gewete wat swak is, seer te maak, sondig julle teen Christus. Daarom, as voedsel my broeder laat struikel, sal ek in der ewigheid geen vleis eet nie, om my broeder nie te laat struikel nie. (1 Korintiërs 8:7-13).

Die volgende voorbeeld kan miskien help om die verskil tussen ’n swakheid in die geloof en ongeloof per se te verduidelik. Mnr. en Mev. X nooi vir Mnr. En Mev. Y om ná kerk by hulle aan huis te kom eet. Mev. X het reeds die vorige dag ’n heerlike skaap boud gaar gemaak en sommer ook ’n groot verskeidenheid van groentes en vrugte vir die geleentheid voorberei, om nie eens te praat van die lekker nagereg wat sy gemaak het nie. Sy het die tafel ook die vorige dag smul-lekker met een van haar mooiste gehekelde tafeldoeke oordek en haar beste porselein eetgerei tevoorskyn gehaal wat by die gehekelde tafeldoek pas. Sy het sierlike servette langs hulle borde staangemaak.

Na ‘n kort gebed van opregte dank vir die kos, het elkeen sy eie bord met die smul-lekker kos op ’n tafel daarnaas volgemaak. Mnr. X merk flussies uit die hoek van sy oog dat Mnr. En Mev Y nie van die lekker gaargemaakte skaapboud inskep nie. “A nee a, julle gaan tog sekerlik nie nee sê vir die ou skapie nie, gaan julle? Kry vir julle gerus soveel julle wil hê.” So half skaam en stamelend verduidelik Mev Y dat hulle nog nie vir hulle gesê het nie, maar albei van hulle is streng vegetariërs. “Ons eet nie vleis nie,” kry sy dit met moeite gesê. “Dis teen ons geloof.”

“Teen julle geloof?” sê-vra Mnr. X. Julle glo tog nie sulke tjol nie. Ons is mos nie meer in die Ou Testament nie, of hoe? Toe nou, julle kan tog sekerlik vandag so ’n bietjie van ’n verskil maak en van die vleis eet, al is dit net so ’n ou bietjie.” Oorstelp met ’n skuldgevoel en uit respek vir Mev. X skep elkeen ‘n stukkie van die skaapboud in en begin dit met ‘n langtand te eet. ’n Mens kon sommer sien hulle was heel ongemaklik terwyl hulle eet omdat hulle onseker was wat die Here van hulle sou dink. “Gaan HY hulle verwerp en selfs op ’n manier straf vir hulle ongehoorsaamheid?” dink Mnr. Y die heel tyd terwyl hy eet.

Hier nou, is die miljoen dollar vraag, soos die gesegde dit wil hê. Het Mnr. en Mev Y  gesondig toe hulle met wroeging en twyfelagtigheid van die vleis geëet het? Nog meer, het Mnr. En Mev. X gesondig toe hulle met gemaakte selfvoldaanheid en ’n tikkie argwaan daarop aangedring het dat hulle daarvan moet eet? Veronderstel Mnr. en Mev Y het voet by stuk gehou en volstrek geweier om die vleis te eet. Sou dit, soos vers 23 sê, hulle veroordeel omdat hulle hul skuldig gemaak het aan ongeloof, omdat twyfel nie uit die geloof is nie en alles wat  nie uit die geloof is nie, is sonde? Nee, sê Paulus. Mnr. en Mev. X sou hulle optrede waarskynlik as ietwat ongeskik beskou het, maar dis nie sonde nie.

Dis net dat hulle geloof in daardie spesifieke area van hulle lewens swak was. Het hulle nie geëet nie, sou hulle nie gesondig het nie, maar nou, omdat hulle wel met twyfel in hulle harte daarvan geëet het, het hulle hulself skuldig gemaak aan sonde. Wat van Mnr. en Mev. X, het hulle gesondig? Paulus sê nêrens dat hulle gesondig het nie maar dat hulle eerder ook self nie van die vleis moes geëet het nie want “ . . . dit is goed om geen vleis te eet . . . waardeur jou broeder aanstoot neem of struikel nie.” Moet net nooit nie, sê Paulus, jou broeder of suster met iets trip wat hulleself as aanstootlik ervaar nie. Dis geheel en al onaanvaarbaar.

Hier’s nog ’n tameletjie wat Mnr. Geyser gerus vir ons kan oplos. As Paulus baie duidelik sê dat God enigeen wat vleis met die geringste tikkie twyfel eet, veroordeel omdat so-iets nie uit die geloof is nie en dus sonde is, hoe op deeske aarde kan ons sondes en die sondige natuur aanvaar, soos ons sag-sprekende, kontemplatiewe prediker aan die einde van die video vir ons en sy gemeentelede sê. Ons mag onder geen omstandighede aanvaar wat God nie aanvaar nie. Dit opsigself is sonde en maak dat ons veroordeeld voor God staan. Maar, nouja, hoe kan ’n mens van hom verwag om nie so-iets ongehoords te sê nie as hy van meet af met ’n aweregse voorbeeld sy boodskap van aanvaarding begin?

AANVAAR JOU LYF EN WAT JY DAAGLIKS AANTREK

Hy begin sy preek deur te te vertel hoe ‘n ’n 70-jarige vrou nuwe lewe ontdek het.

’n Vrou van sewentig vertel haar storie oor hoe sy nuwe lewe ontdek het. Sy sê vir haar vriende dat sy, die aand laat nadat sy die aand saam met hulle uit was, ’n oproep ontvang het van n vriend wat uitvra oor hoe die aand vir haar was, wat sy bestel het, en ook wat sy vir die geleentheid aangetrek het. Die vrou se oë skiet vol trane en sy sê dis jare terug dat iemand so in my belanggestel het en gevra het wat ek aangehad het.

En sy sê ek pas glad nie in die stereotipe van ’n interessante persoon nie. Inteendeel, ek is nie aantreklik nie. Ek is oorgewig; ek sit met baie gesondheid uitdagings. Ek leef ’n eenvoudige lewe; het nie baie nie; moet baie mooi kyk na my  geld om darem te kan uitgaan elke maand. Maar, ten spyte van alles, is hier iemand wat kyk na my, my interessant vind, my aanvaar net soos wat ek is, my aangeneem het. Dit het soveel lewe in my losgemaak.

’n Mens kan begryp dat alle mense ’n behoefte het na aanvaarding net soos hulle is, en dat ’n lelike voorkoms dikwels die oorsaak is waarom baie mense nie in die “limelight” kom soos die mooi narsistiese (of is dit “naarsistiese?) mense wat hulleself voortdurend “selfie” en “photoshop” (2 Timotheus 3:1-5) om darem nog mooier in die beste glanstydskrifte en op Facebook te lyk nie. Aanvaarding is ’n gegewe waarna almal van ons smag. Dis deel van ons ingebore en natuurlike vleeslike natuur soos die Bybel dit vir ons definieer. Maar, wat van ons geestelike behoeftes? Hoe lyk my geestelike klere wat ek aan het? Gee dit vir my enigsins sekerheid dat ek nuwe lewe ontdek het? Kan alledaagse klere en dit wat ek aan het wanneer ek saam met vriende gaan uiteet, en iemand se belangstelling in my, en ook hulle aanvaarding van my net soos ek is, my nuwe lewe gee? Kom ons kyk wat sê die Skrif hieroor.

Daarna het Hy my Josua, die hoëpriester, laat sien, terwyl hy voor die Engel van die HERE staan, en die Satan aan sy regterhand staan om hom aan te klae. Toe sê die HERE aan die Satan: Mag die HERE jou bestraf, o Satan! Ja, mag die HERE, wat Jerusalem verkies het, jou bestraf! Is hierdie een nie ‘n brandhout wat uit die vuur geruk is nie? En Josua was bekleed met vuil klere, terwyl hy voor die Engel staan. Daarop het Hy aangehef en gesê aan die wat voor Hom staan: Neem die vuil klere van hom weg. Toe sê Hy vir hom: Kyk, Ek het jou skuld van jou weggeneem, en Ek beklee jou met feesklere. Daarop sê ek: Laat hulle ‘n rein tulband op sy hoof sit. En hulle het die rein tulband op sy hoof gesit en hom die klere aangetrek, terwyl die Engel van die HERE daarby staan. (Sagaria 3:1-5).

Soos u kan sien, is God nie juis so danig begaan oor hoe jy lyk in jou nuwe denim broek wat jou lyf so bietjie slanker laat lyk nie, of hoeveel maskara jy gebruik om jou oë te beklemtoon en so ’n bietjie groter te laat lyk nie, of jou hare wat netjies in krulle gestyl is nie. Nee, waarin Hy wel belangstel is om te kyk of jy met sy klere bekleed is, of jy inderdaad beklee is met die Here Jesus Christus (Romeine 13:14). ’n Mooi lyf en voorkoms is miskien belangrik om deur ander mense aanvaar te word maar dit sal gewis nie die Deur na die ewige lewe vir jou oopswaai sodat jy nuwe lewe mag ontdek nie. Alleenlik die nuwe feesklere wat Hy jou kan gee om aan te trek sal dit vir jou kan doen.

Johan Geyser en sy gemeentelede behoort dit darem te weet. Of, is hulle besig om, soos ek heel aan te begin gesê het, om heuning om julle monde te smeer en julle in ’n strik te vang met hulle mooi woordjies van aanvaarding sodat julle agter hulle moet aanloop en nie die waarheid nie? Dis wat valse leermeesters gewoonlik die beste kan doen — om vanuit die Skrif vir julle langs ’n pad te neem wat reg lyk maar die einde daarvan is weë van die dood (Prediker 14:12). Pasop vir die labirint by “Origins.” Dis ‘n “journey” wat jou op die Prediker 14:12 pad neem en nie na God nie. Dis niks anders nie as n verchristelikte weergawe van die labirint in die paganisme.

Ons sal later sien hoedat Johan Geyser hierdie pad breër maak wanneer hy suggereer dat ons selfs ander gelowe moet aanvaar ter wille van goeie verhoudinge, amper net soos ons mense aanvaar wanneer ons hulle vra wat hulle aangehad het toe hulle saam me vriende gaan uiteet het. Glo dit of nie, dis hoe dit werk in die Mosaïek Kerk in Fairland, Johannesburg. Vra my want ek weet hoe hulle mense aanvaar wat hulle ernstig waarsku teen hulle dwaalleringe en hoedat hulle gemeentelede wat lank bevriend was met jou, die rug op jou keer omdat jy dit durf waag om alles te toets wat nie van God is nie. (1 Johannes 4:1).

AANVAAR JOU SONDIGE NATUUR

So teen die einde van sy preek sê Johan Geyser dat ons selfs ons sondige natuur moet aanvaar. As u  my nie glo nie, hier’s dit in sy eie woorde,

Jy verwerp jouself oor goed wat jy gedoen het. Jy verwerp jouself vir die verkeerdheid van jou lewe, die besluite wat jy geneem het . . . Jy is so gefrustreerd met jouself. Hoekom hou ek aan om dit te doen wat ek nie wil doen nie? . . . Die Here sê vir jou vandag, “Ek het jou aanvaar, aanvaar jouself.”

Ontdek die interessantheid van jou lewe. Ontdek die misterie van jou bestaan. Aanvaar jou menslikheid en jou swakheid. Ja! selfs jou sondigheid, kan vir jou ’n groot bron van liefde en van begrip loslaat in jou lewe. Ontdek ’n nuwe lewe van aanvaarding.

Die Paulus wat Johan Geyser so rustig-kontemplatonies uit Romeine 14 aanhaal is die einste Paulus wat die sondige natuur in Romeine 7 die “liggaam van hierdie dood” noem (Romeine 7:24). Interessant genoeg, Paulus gebruik min of meer dieselfde woorde wat Johan Geyser gebruik om sy frustrasie met sy sondige natuur te omskrywe,

Want wat ek doen, weet ek nie; want wat ek wil, dit doen ek nie, maar wat ek haat, dit doen ek. En as ek doen wat ek nie wil nie, dan stem ek die wet toe dat dit goed is. Maar nou is dit nie meer ek wat dit doen nie, maar die sonde wat in my woon. Want ek weet dat in my, dit wil sê in my vlees, niks goeds woon nie; want om te wil, is by my aanwesig, maar om goed te doen, dit vind ek nie. Want die goeie wat ek wil, doen ek nie, maar die kwaad wat ek nie wil nie, dit doen ek. (Romeine 7:15-19).

Daar’s egter ’n hemelsbreë verskil tussen Johan Geyser en Paulus van Tarsus se oplossing vir die mens se ingebore sondige natuur. Johan Geyser sê, “Ag weet julle wat, ons moet die ‘liggaam van hierdie dood’ aanvaar sodat dit ’n bron van liefde en van begrip in ons kan loslaat, Tewens, God sê vandag vir jou, “Ek het jou sondige natuur {“liggaam van hierdie dood”) aanvaar, aanvaar jy dit dan nou maar ook asseblief toggie.”

Paulus, daarenteen, sê, “A nee a, Johan, hoe durf jy mense aanmoedig om ’n stinkende lyf van die dood te aanvaar as God dit gewis nie aanvaar nie. Sou Hy dit wel aanvaar het, soos jy weet te vertel, sou dit nie vir Jesus nodig wees om aan die kruis te sterf nie. Hy het dit juis gedoen, nie net om ons sondes te versoen nie maar ook om ons vry te maak van die ‘liggaam van hierdie dood.’” Daarom roep Paulus triomfantelik uit, “Ek, ellendige mens! Wie sal my verlos van die liggaam van hierdie dood? Ek dank God deur Jesus Christus, onse Here! (Romeine 7:24-25). Die loon van die sonde is die dood (Rome 6:23), sê die Skrif vir ons. Nee, nee, nee, sê Johan Geyser. Paulus was van lootjie getik toe hy dit gesê het. “Selfs jou sondigheid, kan vir jou ’n groot bron van liefde en van begrip loslaat in jou lewe. Ontdek ’n nuwe lewe van aanvaarding.”

Soos u seker agter gekom het is, Johan Geyser en Mosaïek Kerk besig om op ’n baie subtiele manier die kruis van Jesus Christus te ondermyn met hulle reeks oor “Aanvaarding.” (1 Korintiërs 1:18). Hoe so, sou julle miskien vra. Soos reeds gesê, aanvaar God beslis nie ons sondes nie, en allermins ook ons sondige natuur, die fabriek wat ons menigvuldige sondes daagliks met reëlmaat produseer. Daar’s net een oplossing en dis die kruis van Jesus Christus en nie jou aanvaarding van jou eie sondige natuur en ook dié van ander nie. Luister bietjie weer ’n slag hoe Paulus “aanvaarding” in die wind slaan wanneer hy skryf,

Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het. (Galasiërs 2:20).

Paulus sê nie dat hy heeltemal ontslae was van sy sondige natuur nie. Nee, sê hy, dis nog dáár . . . hier diep in sy binneste, soos in enige ander persoon, maar hy was nie langer meer ’n slaaf daarvan nie. Hy het gesterf daaraan. Hoe sterf ’n mense aan jou sondige natuur (“liggaam van hierdie dood”)? Deur dit te aanvaar? Beslis nie. Hy sê,

As ons dan saam met Christus gesterf het, glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe, omdat ons weet dat Christus, nadat Hy opgewek is uit die dode, nie meer sterf nie. Die dood heers oor Hom nie meer nie. Want die dood wat Hy gesterf het, het Hy vir die sonde eens en vir altyd gesterwe; maar die lewe wat Hy leef, leef Hy vir God. So moet julle ook reken dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir God in Christus Jesus, onse Here. Laat die sonde dan in julle sterflike liggaam nie heers dat julle aan sy begeerlikhede gehoorsaam sou wees nie. En moenie julle lede stel tot beskikking van die sonde as werktuie van ongeregtigheid nie, maar stel julleself tot beskikking van God as mense wat uit die dode lewend geword het, en julle lede as werktuie van geregtigheid in die diens van God. Want die sonde sal oor julle nie heers nie; want julle is nie onder die wet nie, maar onder die genade. (Romeine 6:8-14).

Paulus se woorde verwerp Johan Geyser en sy lakeie by Mosaïek Kerk se Boodskap op KYKNET oor aanvaarding met koste. Maar, waarom dink julle wil hulle die kruis van Christus met hulle Boodskap oor “Aanvaarding” so subtiel en slinks ondermyn? (1 Korintiërs 1:18). Geyser verskaf self die antwoord so nagenoeg 24 minute in die YouTube video.

AANVAAR ANDER GELOWE

Ek was so  klompie jare gelede geskok om te verneem dat Stephan Joubert, een van Mosaïek Kerk se “blue-eyed boys,” onder invloed van Rob Bell kon sê dat daar ook waarheid in ander gelowe is. Die ironie is dat baie Christene, ook hier in ons eie land, nooit sal ontken dat die kruis van Jesus Christus die vrede aanbring nie, maar terselfdertyd onbesonne dinge sê oor die vredesinisiatiewe van ander godsdienste en die beweerde waarhede wat kwansuis in godsdienste soos die Boeddhisme en selfs die ateïsme opgesluit lê. Stephan Joubert, een van die voorste bevorderaars van die Ontluikende Kerk in Suid-Afrika het in een van sy preke (Sondag, 1 Maart 2009) gesê:

His holiness Stephan Joubert

Hy (Rob Bell) sê jy moet die kultuur “engage.” Jy moet gaan luister na die Boeddhiste. Jy moet gaan hoor wat sê daai ouens. Dan skrik Christene hulle dood, want hulle hoor nie wat Rob Bell mooi sê nie. Hy sê nie word soos hulle nie, hy sê maar gaan lees hulle goeters, gaan hoor hoekom hulle so belangrik is. Hulle het ook dalk waarheid. Waarheid is nie net in die Christendom nie. Waarheid vind jy by Judaïsme. Jy kan waarheid vind by ateïsme. Jy kan waarheid vind by wie ook al. God se algemene openbaring is ‘n bietjie wyer, maar jy sê Jesus is die Here. Dis waarnatoe jy op pad is met hulle met so ’n beweging.

En glo dit, as jy wil, Mosaïek en hulle huurlinge is wrintie nog steeds besig om teen die Woord van God in te verkondig dat ander gelowe darem ook ons “aanvaarding” verdien. Nagenoeg 24 minute in die YouTube video vertel Johan Geyser ons van die volgende insident in sy lewe van sy oor en weer aanvaarding van ons sondes en sondige neigings.

’n Ruk gelede word ek genooi deur ’n  Professor by wie ek gestudeer het om ’n byeenkoms by te woon van ’n naweek van oud studente wat by haar afstudeer het. Ek kom daar aan en daar’s omtrent 60 studente bymekaar en [sy vra my] om die oggend oordenkings waar te neem, en ek skrik toe ek daar kom, want toe’s daar Hindoes, en daar’s Moslems, en daar’s animiste, en daar’s vegetariërs, en daar’s bierdrinkers en Bloubulle. Daar’s iets van alles daarso.

Wonderlik! Dis absoluut wonderlik. Dis nie aldag dat iemand soos Paulus ’n Areopagus geleentheid kry om vir elke Jan Rap en sy maat van watter spirituele oriëntasie ookal, en in elke opsig baie godsdienstig is, te sê nie,

As ons dan die geslag van God is, moet ons nie dink dat die godheid aan goud of silwer of steen, die beeldwerk van menslike kuns en uitvinding, gelyk is nie. God het dan die tye van onkunde oorgesien en verkondig nou aan al die mense oral dat hulle hul moet bekeer, omdat Hy ‘n dag bepaal het waarop Hy die wêreld in geregtigheid sal oordeel deur ‘n Man wat Hy aangestel het, en Hy het hiervan aan almal sekerheid gegee deur Hom uit die dode op te wek. (Handelinge 17:29-31).

En toe, wat gebeur toe? Toe hulle van die opstanding hoor, het hulle Paulus begin spot. So te sê almal in die Joodse en Griekse gemeenskap het gehoor van die kruisiging en opstanding van Jesus Christus maar weinig min het dit werklik geglo. Kom ons veronderstel Johan Geyser het ’n soortgelyke iets by die mufti-gelowige oordenkings gesê (en moenie die Bloubulle vergeet nie want Rugby in Suid-Afrika is ook ’n godsdiens), en sommer ook vir die wis en die onwis die volgende waarhede in die  midde van die mengelmoes van gelowe gelaat.

  • Jesus Christus is die enigste Weg na die Vader en die ewige lewe (Johannes 14:6).
  • As jy nie glo soos die Skrif sê nie, is jy verlore (Johannes 7:38).
  • Alle gelowe, behalwe dié een soos dit in die God se Woord (die Bybel) uiteengesit word, is vir God wegwerplik en verdien om vervloek (anathema) te wees. ( Galasiërs 1:8-9 — Oeps Paulus, wat se tipe van ’n aanvaarbare kerk-werkwoord van “aanvaarding” is dit? You must be kidding!).

Sou dit Mosaïek se “kerk is ’n werkwoord van aanvaarding” onder die Hindoes, Moslems, animiste, vegetariërs, bierdrinkers en Bloubulle aansteeklik maak? Kom ons kyk wat het toe gebeur, in teenstelling met wat Paulus alles op die Areopagus ervaar het. Johan Geyser sê voorts.

En ’n vreemde ding gebeur. Daar’s wonderlike harmonie. Ons het diep gesprekke met mekaar. Daar’s groot respek vir mekaar. Ek besef skielik. Dis net ons verhouding met die professor en die respek vir die professor en die plek in ons lewe het wat hierdie soort byeenkoms bymekaar maak. Ek wonder hoe sou dit gewees het as sy nie daar was nie en ons nie hierdie gedeelde ervaring gehad het nie.  Ek dink — CHAOS! Geloof, kultuur, waardes, taal, velkleur; alles verskil van mekaar. 

En ek dink dit is so-iets wat met ons gebeur as ons bymekaar kom in die Naam van Jesus, wat beteken, ons kom bymekaar in ooreenstemming met wie Hy is as Persoon. Ons kom bymekaar met ’n gemeenskaplike ervaring van aanvaarding deur Hom. En dit tel ons op bo alle verskille wat ons ook al mag hê. Die oomblik wanneer iets belangriker raak as dit, soos my taal, my kultuur, my  geloof, my dogma is daar probleme [en] kan daar geen aanvaarding of harmonie wees in hierdie verhouding nie. Maar, wanneer dit sterker en groter is, dan kom daar ’n eenheid, dan kom daar ’n harmonie, dan ervaar jy liefde, dan ervaar jy lewe want dit is waar die lewe lê.

Dit klink soos Deepak Chopra wat op ‘n kol gesê het:

“Christ-consciousness, God-consciousness, Krishna-consciousness, Buddha-consciousness–it’s all the same thing. Rather than ‘Love thy neighbor,’ this consciousness says, ‘You and I are the same beings.'”
There’s little ground for reconciling Hindu-Christian differences about Jesus, but as you talk with Christians about him, remember what Chopra said. The oneness he alludes to–the oneness you might feel toward your non-Hindu friends–might dissipate any tensions that arise during your interfaith talk about what happened to Jesus after he was on the cross.

(Read more at http://www.beliefnet.com/faiths/hinduism/2002/05/what-do-hindus-believe-about-jesus.aspx#jwpogIytiBbcSVCH.99)

Enigeen wat die moeite wil doen om mooi te luister na wat Johan Geyser sê, en, soos die Skrif ons beveel, dit aan die hand van God se Woord te toets (1 Johannes 4:1), sal onmiddellik die gesis van die slang van Eden daaragter hoor. Sodra iemand daarop aandring dat jy jou geloof en veral dogma opsy moet sit ter wille van aanvaarding, eenheid, harmonie en liefde (soos ons dieerbare oom Angus Buchan met die Cowboy hoed ook al op ‘n kol gesê het) moet weet dat dit nie uit God is nie maar ’n ander gees is. (2 Johannes 9; 1 Johannes 4:6).

Hou in gedagte dat Johan Geyser ’n mistikus is wat diep onder die invloed van die sg. Woestyn Vaders (“Desert Fathers”), Thomas Keating, Thomas Merton, Matthew Fox, Wayne Teasedale en ook ander mistici ’n kontemplatiewe uitkyk op die lewe het. Hy bied saam met Trevor Hudson gereeld retreats aan by hulle retreat sentrum “Origins.”  Wayne Teasedale skryf,

His holiness Wayne Teasedale

Mysticism is the awakening to and cultivation of transcendental consciousness. It is unitive awareness. All forms of mystical wisdom are unitive, that is, non-dual. They contribute to our deeper understanding of the mystery. This is a significant point of convergence among the religions themselves.[i] To say that mystical consciousness is unitive, non-dual, or integrative, is simply to suggest that it points to an unusual state of awareness in which the person is united with God, Ultimate Reality, or for the Buddhists, the person achieves absolute realization, an inner process of awakening to non-dual consciousness in which a changeless wisdom is activated.[ii]

In mystical consciousness, the transcendent is touched, or is reached, and it touches, embraces us. Mystical consciousness means integration with it and to know it directly with certainty, although it defies description. It can be experienced but not comprehended with any clarity, indeed not comprehended at all! We know but we do not fully grasp the Divine mystery. Encountering the transcendent reality confers on us a degree of knowledge, the knowledge that it is, that it exists, and a kind of wisdom that has a practical utility for our spiritual life. Mystical experience, however, is fleeting, and yet its fruits are lasting, often permanent. Some of the effects include: wisdom, deep peace or tranquillity, joy, compassion, patience, gentleness, selflessness and simplicity.

Interspirituality[iii] is a term to describe the breaking-down of the barriers that have separated the religions for millennia. It is also the crossing-over and the sharing in the spiritual, aesthetic, moral and psychological treasures that exist in the different traditions of spirituality living within the world religions. The deepest level of sharing is in and through one another’s mystical wisdom, whether teachings, insights, methods of spiritual practice, and their fruits, The mystical life, in its maturity, is characteristically, naturally, even organically interspiritual because of the inner freedom and liberation the mystical Journey ignites I in the depths of the person. It frees us from the obstacles within us that would hold us back from that generosity and willingness to partake from the mystical springs of other traditions.

To drink this precious nectar requires openness and a capacity to assimilate the depth experience of these venerable traditions. More and more it is becoming common for individuals to cross over the frontiers of their own faith into the land of another or others. So much so is this the case that we can speak of this new millennial period as the Interspiritual Age. This development is momentous news for the human family because up until this point humankind has been divided, segregated into spiritual ghettos. Out of this separation has come so much misunderstanding and thousands of wars sparked by mutual suspicion, isolation, competition and hostility.

The Interspiritual Age promises to melt away the old barriers, and with them, the old antagonisms. This is one reason why it should be nurtured and encouraged. Interspirituality opens the way to friendship among members of differing faiths. Friendship creates bonds of community between and among the religions through their members, and community[iv] represents a shift from the old competitive, antagonistic model to a new opportunity, a new paradigm of relationship that seeks to meet on common ground.[v]

Al die elemente van Johan Geyser se preek kan in Wayne Teasedale se “Mysticism as the Crossing of Ultimate Boundaries” teruggevind word. Trouens, dis die einste rede waarom Geyser met soveel oortuiging en bravade kon sê, “En ’n vreemde ding gebeur. Daar’s wonderlike harmonie. Ons het diep gesprekke met mekaar. Daar’s groot respek vir mekaar. Ek besef skielik. Dis net ons verhouding met die professor en die respek vir die professor en die plek [wat sy] in ons lewe het wat hierdie soort byeenkoms [moontlik] maak.” Dis dus ook geen wonder nie dat hy sy ervaring by die byeenkomste saam met Hindoes, Moslems, Animiste ens. toeskryf aan die charisma van sy voormalige professor wat soveel respek by almal afgedwing het.

Hy wonder selfs of die byeenkomste saam met mense van ander gelowe so ’n klinkklare sukses sou wees as sy nie daar was nie. Dis gewis baie mooi van Johan Geyser om een van sy  voormalige professors met soveel respek te bejeën, maar was Jesus Christus ook dáár aanwesig en het die Hindoes, Moslems, en Animiste Hom met dieselfde respek bejeën as wat hulle die professor getoon het. Ek twyfel baie sterk daaraan omdat Paulus se woorde in 2 Korintiërs 6 Johan Geyser se gevleuelde woorde van “harmonie, en diep gerespekteerde verhoudings” ens. totaal in die wind slaan.

Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis? En watter ooreenstemming het Christus met Bélial, of watter aandeel het die gelowige met die ongelowige? Of watter ooreenkoms het die tempel van God met die afgode? (2 Korintiërs 6:14-16).

Moontlik sal die Here eendag wanneer Johan Geyser se hoogs suksesvolle en charismatiese professor in die oordeelsdag voor Hom moet verskyn vir haar sê, “Mooi so, goeie en getroue dienskneg. Jy het iets reggekry wat Ek en my dissipels en apostels nie kon regkry nie.” Maar wag so bietjie, Johan Geyser laat ons almal baie duidelik verstaan dat netsoos sy geliefde professor dit kon regkry om Hindoes, Moslems, Animiste, vegetariërs, Bloubulle en bierdrinkers onder een dak saam kon kry en om in harmonie oor Christus te gesels, netso kan Jesus gelowiges in kerke saam laat gedy in ’n wonderbaarlike eenheid van liefde, vrede, eensgesindheid, harmonie, geluk en voorspoed — mits hulle natuurlik almal geleer het om met hulle ghoeroes saam te stem via hulle kontemplatiewe praktyke soos meditasie, labirinte, stilte, Lectio Divina ens. Miskien is Jesus nie bewus van al hierdie kontemplatiewe en mistieke praktyke wat aangewend word om die “Ultimate Boundaries” tussen alle gelowe te oorskry nie. Het Hy toe maar geweet, sou Hy nooit so-iets onbesonne soos die volgende gesê het nie.

Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard. Want Ek het gekom om tweedrag te verwek tussen ‘n man en sy vader, en tussen ‘n dogter en haar moeder, en ‘n skoondogter en haar skoonmoeder. En ‘n mens se huisgenote sal sy vyande wees. (Mattheus 10:34-36).

Sorry Jesus, maar jy pas beslis nie in by die Mosaïek Kerk waar almal glo dat u selfs hulle sondige natuur aanvaar nie. Die Jesus waarvan Johan Geyser praat is dié een wat “Ons . . . bymekaar [bring] met ’n gemeenskaplike ervaring van aanvaarding deur hom” is beslis ’n ander Jesus (2 Korintiërs 11:4). Die regte Jesus van die Bybel sê:

As die wêreld julle haat, moet julle weet dat hy My voor julle gehaat het. As julle van die wêreld was, sou die wêreld sy eiendom liefhê. Maar omdat julle nie van die wêreld is nie, maar Ek julle uit die wêreld uitverkies het, daarom haat die wêreld julle. Onthou die woord wat Ek vir julle gesê het: ‘n Dienskneg is nie groter as sy heer nie. As hulle My vervolg het, sal hulle jul ook vervolg. As hulle my woord bewaar het, sal hulle jul woord ook bewaar. Maar al hierdie dinge sal hulle aan julle doen ter wille van my Naam, omdat hulle Hom nie ken wat My gestuur het nie. (Johannes 15:18-21).

Wat van ‘n soort aanvaarding is dit, Mnr. die Kontemplatiewe Mistikus, Johan Geyser?

VANWAAR KRY JOHAN GEYSER EN SY MEDE-REISGENOTE HULLE LEUENS?

Ons weet almal wie die vader van alle leuens is. Ons is veronderstel om te weet maar diegene van u wat nog nie weet nie, luister hoe Jesus Christus leuens definieer.

Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen. Hy was ‘n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie. Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy ‘n leuenaar is en die vader daarvan. (Johannes 8:44).

Netsoos Jesus Christus die essensie van waarheid is (Johannes 14:6), netso is Satan die essensie van die leuen en hy is die vader van elkeen wat sy begeertes wil doen. Hoe doen hulle die begeertes van hulle vader en hoe tel hulle sy leuens op? Willem Nicol, een van Suid-Afrika se toonaangewende misitici sê in sy boek “Stem in die Stilte, p. 97.

As mens op ingewings wag [terwyl jy in stilte mediteer], kan jou eie innerlike of selfs bose magte ook met jou praat.

Willem Nicol erken dus dat kontemplatiewe meditasie die duiwel en bose magte die kans gun om hulle eie bose idees en gedagtes in te fluister. Sir John Eccles, Nobelpryswenner vir sy navorsing op die brein, het gesê die brein is ”A machine that a ghost can operate.”

Enige vorm van meditasie wat daarop ingestel is om jou gedagtes leeg en passief te maak sodat God kwansuis in die stilte met jou kan kommunikeer en jy in sy teenwoordigheid kan kom, is dus niks anders as ‘n medium waardeur ‘n ander entiteit jou gedagtes kan oorneem om sy eie bose idees by jou in te fluister.

Die Here waarsku ons om nugter en waaksaam [te wees], want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind.  (1 Petrus 5:8). “Nugter” beteken om ten volle in beheer te bly van jou gemoed (jou “mind”) en dit op geen wyse (insluitende alle vorme van meditasie, slain in the spirit en hipnose) prys te gee nie sodat andere beheer daaroor kan kry, soos o.a. demone.

Daarom is “Origins” waar Mosaïek kerk se lidmate gereeld retreats bywoon so gevaarlik. Hulle stel hulleself oop vir die duiwel en sy demone om hulle leuens in stilte by hulle in te fluister en dan met sagstrelende stemmetjies op KYKNET uit te blaker.

En ek het ‘n ander stem uit die hemel hoor sê: Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie. (Openbaring 18:4).

———————————————————————————————————————————–

[i] Thomas Keating, American Trappist founded the Snowmass Conference, an interfaith group with fifteen members. Each member represents a world religion, and is a spiritual teacher in it. Over the years, the Snowmass Conference has discovered points of agreement, and these they have formulated in a document called Guidelines for Interreligious Understanding; they relate primarily to the Ultimate Mystery. See Speaking of Slience: Christians and Buddhists on the Contemplative Way, ed. Susan Walker (New York: Paulist Press, 1987), pp. 126-129.

[ii] The Tibetan tradition calls this Dzogchen, the perfected condition of the mind.

[iii] See my article, “The Interspiritual Age: Practical Mysticism for the Third Millennium”, Journal of Ecumenical Studies, 34, 1, Winter, 1997.

[iv] The Dalai Lama has often remarked that interreligious dialogue must be based on friendship between those who engage in this important work.

[v] Mysticism as the Crossing of Ultimate Boundaries. A Theological Reflection, by Wayne Teasdale

Please share:

Tom Lessing (Discerning the World)

Tom Lessing is the author of the above article. Discerning the World is an internet Christian Ministry based in Johannesburg South Africa. Tom Lessing and Deborah Ellish both own Discerning the World. For more information see the About this Website page below the comments section.

5 Responses

  1. Smuggler says:

    Dankie Tom !
    Ja, die “jakkalse” maak my ook “warm” onder die kraag.

    Hierdie is maar net nog ‘n “simtoom” van die hoe die Vyand besig is om die groot afval te bewerk
    (2Th 2:3 – Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf . . .ens)
    En die groot hartseer is dat die Herders wat die skape moet beskerm en “Kos” gee (Joh 21), juis die mense is wat werk van Satan doen deur hierdie verdraaide Woord/leuns vir die skape te kom voer.
    Wat ek net al hoe meer sien is dat die ouens is besig om hulle eie “god” en eie “christus” te skep. Een wat hulle pas en hul eie gewetes ook sal “sus” totdat dit “geskroei” is (1Tim4:2) en daarna nie meer sensitief sal wees vir die Gees se werk/oortuiging nie.
    Hoekom ?
    Want hulle was eens by die waarheid en het nie daarvan gehou nie.
    Toe gaan hulle uit en skep hul eie “waarheid” en sommer hulle eie bybel “Die Boodskap” ook.
    Ek noem dit die “feel good religion”. Hulle wil jou altyd sus en laat goed voel oor jouself.
    Ons weet dat dit die Satan se manier is om te werk. Hy het sy “verdraaing van die Skrif-kaarte” gewys toe hy dit met Jesus self ook probeer het !
    (Mat 4:1–10)
    Ons word spesifiek teen die “tiepe” predikers gewaarsku.
    Johannes skryf:
    1Jn 2:18 Kinders, dit is die laaste uur; en soos julle gehoor het dat die Antichris kom, bestaan daar ook nou baie antichriste, waaruit ons weet dat dit die laaste uur is.
    1Jn 2:19 Hulle het van ons uitgegaan, maar hulle was nie van ons nie; want as hulle van ons was, sou hulle by ons gebly het; maar dit moes aan die lig kom dat hulle nie almal van ons is nie.
    1Jn 2:20 En julle het die salwing van die Heilige en weet alles.
    1Jn 2:21 Ek het nie aan julle geskrywe omdat julle die waarheid nie ken nie, maar omdat julle dit ken en omdat geen leuen uit die waarheid is nie.

    En dan ‘n paar verse verder aan skryf Johannes:

    1Jn 2:26 Dit het ek aan julle geskrywe met betrekking tot die wat julle mislei.
    1Jn 2:27 En die salwing wat julle van Hom ontvang het, bly in julle, en julle het nie nodig dat iemand julle leer nie; maar soos dieselfde salwing julle aangaande alles leer, so is dit ook waar en geen leuen nie; en soos dié julle geleer het, so moet julle in Hom bly.

    Amen!

    Tit 2:15 Spreek hierdie dinge en vermaan en bestraf in alle erns. Laat niemand jou verag nie.

    Maranata-Groete

  2. Baie dankie vir jou kommentaar, Smuggler. Dis altyd goed om te hoor van Christene wat die Skrif reg sny. Doet so voort.

    Tom

  3. Wickus says:

    Hierdie artikel is brood nodig!! Baie Dankie!!

  4. casnel says:

    It would seem that we tend to forget that Love and Faith are the things required to HAVE eternal life.
    Let us not be Judgemental. That right belongs to Father and Christ. Receive the Holy Spirit and be glad
    for every soul that repent and accept Jesus Christ the SON as their Saviour,
    Not all people are at the same place concerning their walk with GOD. Let us not assist the “the morning star”
    in his endeavours to win souls. Let us instead serve the KING of kings and grow his Kingdom here on earth.

    Cas Nel

  5. Hi Cas,

    You must be a Calvinist. How do I know? Well, you said “Let us not assist the “the morning star” in his endeavours to win souls.” Winning souls is not an “endeavor.” It is a command He gave to born-again Christians to preach the unadulterated Word of God and to contend for the faith that was delivered to the saints to the winning of souls (Romans 10:17; Jude 1:3).

    “Go ye therefore, and teach all nations, baptizing them in the name of the Father, and of the Son, and of the Holy Ghost: Teaching them to observe all things whatsoever I have commanded you: and, lo, I am with you alway, even unto the end of the world. Amen.” (Mat 28:19-20).

    You are contradicting yourself. On the one hand, you say, “Let us instead serve the KING and grow the Kingdom here on earth” and on the other that we ourselves should not win souls for Christ but rather leave that endeavor to Him. How can you grow the Kingdom when you disobey his commands to make disciples and to earnestly contend for the faith?” That’s ridiculous. The word for “contend” in Jude 1:33 is “epagōnizomai” and means to struggle on behalf of God’s Truth and his Kingdom.

    Assuming that you are married and have kids, let’s say you are on a camping trip and you and your kids reach a fork in the road. The one path to the left has a warning sign that says: “Do not follow this road. It leads to a great hidden cliff and will cause your death falling into it.” The road to the left says, “This road is safe to follow.” Are you going to allow your kids to follow the road to the left, even though they may rebelliously choose to follow it? Or are you going to contend with them, trying your very best to make them change their minds?

    This is precisely what God did with the Israelite in Deuteronomy 30.

    I call heaven and earth to record this day against you, that I have set before you life and death, blessing and cursing: therefore choose life, that both thou and thy seed may live: (Deuteronomy 30:19).

    I can assure you that Mosaiek Kerk and their followers have taken the wrong path and it is your and my duty to warn them, lest their blood is on our hands if we fail to warn them.

    Again the word of the LORD came unto me, saying, Son of man, speak to the children of thy people, and say unto them, When I bring the sword upon a land, if the people of the land take a man of their coasts, and set him for their watchman: If when he seeth the sword come upon the land, he blow the trumpet, and warn the people; Then whosoever heareth the sound of the trumpet, and taketh not warning; if the sword come, and take him away, his blood shall be upon his own head. He heard the sound of the trumpet, and took not warning; his blood shall be upon him. But he that taketh warning shall deliver his soul. But if the watchman see the sword come, and blow not the trumpet, and the people be not warned; if the sword come, and take any person from among them, he is taken away in his iniquity; but his blood will I require at the watchman’s hand. So thou, O son of man, I have set thee a watchman unto the house of Israel; therefore thou shalt hear the word at my mouth, and warn them from me. When I say unto the wicked, O wicked man, thou shalt surely die; if thou dost not speak to warn the wicked from his way, that wicked man shall die in his iniquity; but his blood will I require at thine hand. Nevertheless, if thou warn the wicked of his way to turn from it; if he do not turn from his way, he shall die in his iniquity; but thou hast delivered thy soul. (Ezekiel 33:1-9)

    Paul wrote:

    Wherefore I take you to record this day, that I am pure from the blood of all men. For I have not shunned to declare unto you all the counsel of God. Take heed therefore unto yourselves, and to all the flock, over the which the Holy Ghost hath made you overseers, to feed the church of God, which he hath purchased with his own blood. For I know this, that after my departing shall grievous wolves enter in among you, not sparing the flock. Also of your own selves shall men arise, speaking perverse things, to draw away disciples after them. (Acts 20:26-30).

    Cas Nel, I urge you to start warning people who have taken the wrong road (Proverbs 14:12) and perhaps you should start doing it with the Mosaiek Kerk in Fairlands, Johannesburg.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *