DIE NUWE NUWE TESTAMENT

Die nuwe NUWE testament - a getroue vertaling in vars Afrikaans

“Vader, mag mense met die grootste respek van U praat en U so eer,”

Stephan Joubert het op 1 Mei 2022 sy en Jan van der Watt se “Die NUWE Nuwe Testament”  aan die wêreld bekend gestel toe hy in een van sy spiksplinternuwe praatjies “So moet jy bid,” Lukas 11 op ’n heel nuwe manier vir ons voorgedra het. Knap na sy gewone openingsrede, vertel Stephan Joubert: –

Prof. Jan het Lukas  11 aangrypend vertaal,. Dit het my hart warm laat klop van vreugde. Ek lees in Lukas 11 vers 1, Jesus was iewers besig om te bid. Toe Hy klaar gebid het, vra een van sy dissipels vir Hom, “Here, leer ons asseblief ook bid soos Johannes sy dissipels geleer het.” Van al die vrae wat sy dissipels Hom kon vra, vra hulle Hom, “Here, leer ons bid.” Ons het ’n beter leermeester nodig om ons te leer hoe om te bid.

Stephan Joubert en Jan van der Watt: Die NUWE nuwe Testament

Blykbaar is “Laat U Naam geheilig word” nie so aangrypend genoeg nie. Hoe dit ookal sy, nuwe dinge bly nou maar eenmaal die mens se grootste, grootste droom. Dink daaraan, as die DNA nuut-giertjie nie deel was van die mens se alledaagse droomwêreld nie sou die wêreld gou-gou op ’n doodloop straat uitgeloop het—d.i., bygesê, alleenlik op die tegnologiese terrein. Deesdae word daar byna elke dag iets nuuts ontdek. Dink maar net aan die hope ou rekenaar komponente wat weggegooi word om plek te maak vir nuwe ontwikkelings.

Op die geestelike terrein beteken nuwe dinge geheel iets anders, in die sin dat dit te make het met die mense se psige, sy siele- en geeste-toestand. As Paulus skryf, “kyk, dit het alles nuut geword” (2 Korintiërs 5:17), dan praat hy van mense wat nuwe skepsels geword het deur die prediking van God se waarheid en hulle geloof daarin.

Geestelike nuut-wording of herskepping kan nie deur mense vermag word nie, en netso kan hulle nie van die wêreld ’n beter plek maak nie, ’n grootpratery wat jy deesdae meer en meer in die kerke hoor. Sou dit vir die mens moontlik wees, sou hulle die oorsaak vir ’n slegte en gevalle wêreld geheel en al uit die weg moes ruim, nl. die sonde.

Desnieteenstaande het die ontluikende (“Emergent”) mistici die “nuwe-gier” gogga ook in die kerk losgelaat, vanaf die kansel tot doer agter in die “moederskamer.” Danksy Nelus Niemandt, is dit nie nou net “Nuwe Drome vir Nuwe Werklikhede” nie, maar ook “Nuwe Leiers vir Nuwe Werklikhede.” Die onderrig, leringe en leiding wat Jesus sy twaalf apostels gegee het, was nie voldoende suksesvol nie. Nuwe leiers en hulle nuwe werklikhede is nodig om die nuwe probleme van ons tyd aan te spreek. (2 Timotheus 3:16).

Buig of bars die Evangelie soos dit eens en vir altyd deur die apostels  aan die heiliges oorgelewer is (Judas 1:3) moet vernuwe word om aan te pas by die “google” gemeenskap van ons tyd omdat die kerk kwansuis in die moeilikheid is.

Miskien is die afvallige kerke in die moeilikheid juis omdat hulle deurspek is met die NUWE nuwe evangelie van die Ontluikende Kerk (“Emergent Church”), maar die kerk wat deur Jesus Christus gebou word, sal nooit in der ewigheid in die moeilikheid wees of kom nie. (Mattheus 16:18).

Sy kerk word gebou op die waarheid soos Hyself dit in sy Hoëpriesterlike gebed in Johannes 17 verwoord het: – “Heilig hulle in u waarheid; u woord is die waarheid” (Johannes 17:17).

Enigeen wat dit durf waag om God se waarheid te vernuwe, te poleer of vars en nuut oor te dra sodat mense dit kwansuis beter kan verstaan, is nie besig om dit vir nuwe geslagte makliker te maak om die Bybel in hulle eietydse taal te verstaan nie. Hulle is besig om kernwaarhede in die Skrif op ’n baie subtiele manier uit te skrywe of uit te rangeer. Ons sal later onder die hoofstuk “Laat U Naam geheilig word” meer hieroor sê.

DIE BOODSKAP: STEPHAN JOUBERT EN JAN VAN DER WATT SE OUER VERTALING VAN DIE NUWE TESTAMENT

Die Nuwe Nuwe Testament en Die Boodskap

Stephan Joubert en Jan van der Watt het in 1996 hulle nuwe vertaling van die Nuwe Testament, die Psalms en Spreuke vrygestel. In die inleiding tot “Die Boodskap” is hulle redes vir nog ’n nuwe Afrikaanse Bybelvertaling presies dieselfde as dié in die voorwoord tot Die NUWE Nuwe Testament, nl. dat ons die Nuwe Testament wat oorspronklik in Grieks geskryf is, in ons eie alledaagse spreektaal moet hoor.

Toegegee, dit klink goed, maar, sodra die vertaling sekere kernwaarhede uitskrywe of uitrangeer, dan is dit nie ’n goeie ding nie. Sommige van die kernwaarhede wat hulle uitskrywe gaan oor die eindtyd en God se handelinge met Israel as sy uitverkore volk deur die eeue, en veral in die eindtyd.

Joubert en van der Watt skryf in die voorwoord, “Omdat Bybelvertaling ons passie is, was die idee met hierdie vertaling om die gaping tussen letterlike en vryer vertaling met ’n maklik leesbare Afrikaans te vul?”

Die hoofdoel met hierdie vertaling bly dus, soos met die “Die Boodskap” vertaling (1996), die gebruik van “’n maklik leesbare Afrikaans.” Het die semantiek van Afrikaans binne die bestek van 26 jaar so drasties verander dat ’n makliker leesbare Afrikaanse vertaling nodig geword het? 

In elk geval, die hedendaagse taalgebruik van die jonger geslag is so deurspek met Engelse woorde en uitdrukkings dat dit eintlik maar ‘n baster Afrikaans geword het. Kan ons moontlik ‘n opvolg nuwe NUWE NUWE vertaling in die nabye toekoms sien wat hierdie geradbrakte Afrikaans insluit?

Wat is so danig uniek aan Die Nuwe Nuwe Testament vertaling wat die Afrikaans in “Die Boodskap” soveel makliker maak? Is die Afrikaans van “Die Boodskap” van ’n laer gehalte as dié van “Die NUWE Nuwe Testament” vertaling? Indien nie, dan moet daar iets skort met die inhoud van “Die Boodskap” vertaling met die gevolg dat hulle ’n NUWE nuwe vertaling die lig moes laat sien.

’n Vinnige Google soek na die woord “holy” het nagenoeg 3 680 000 000 resultate gelewer. Die woord “heilig” verskyn 37 800 000 keer en die woord “respek net 4 550 000 keer. Dit sê nogal iets oor Joubert en van der Watt se “maklik leesbare Afrikaans” argument, en dit klink nie juis baie goed of soos ’n NUWE nuutjie nie. 

LAAT U NAAM GEHEILIG WORD

Hoe akademies geleerd moet jy wees om te verstaan wat hierdie eenvoudige frase beteken, “Laat U Naam geheilig word?” In die eerste plek leer Eksodus 20 ons nie hoe ons teenoor God en sy Naam moet optree nie, maar hoe ons NIE daarteenoor moet optree nie. “Jy mag die Naam van die Here jou God NIE ydellik gebruik NIE” is ’n sg. negatiewe opdrag. Dit sê vir ons wat ons nie mag doen nie, en nie wat ons moet doen nie. Ons mag sy Naam nie misbruik nie.

Die misbruik van sy Naam is nie net beperk tot die gebruik van sy Naam as ‘n krag-woord nie, of as iets wat jy sommerso in die verbygaan in ’n gesprek noem nie, soos “O! My God” (“Oh! My God”). Sy heilige Naam kan ook op baie ander maniere ontheilig (misbruik) word. Hier volg ’n lys van die maniere waarop God se Naam misbruik kan word.

VERDRAAIING VAN DIE BOEK OPENBARING

Volgens Stephan Joubert moet jy die boek Openbaring vanuit die oogpunt van ’n verbeeldingryke wêreld lees en nie as ’n klomp klein profesieë nie. Tydens ’n Kongres by die Mosaïek Kerk verklaar hy met die grootste minagting vir God en sy woord: – 

“You need an imaginary world. Don’t you think that if you start reading the book of Revelation, not as the book of little prophecies that you can pick out with a little tweezer, but as the story that will open up your imagination, what will happen? We need imagination if we want to understand. Use it well. God gave it to you.” 

Jürgen Moltmann

Hiermee loop Stephan Joubert nie in die voetspore van Jesus Christus nie maar in dié van Jürgen Moltmann se verbeeldingsvlugte: –

“Moltmann dink dat die Christelike teologie binne die raamwerk van ’n ekumeniese broeder-skap ontwikkel moet word; maar, hierdie broederskap reik verder buite die grense van ons teenswoordige denominasionele, kulturele en politieke perke. Gevolglik was Moltmann aktief betrokke by ekumeniese dialoë met Rooms Katolieke, Ortodokse Christene en Jode.

Juis hierom lê Moltmann se teologie opgesluit in die verbeelding (fantasie) vir die Koninkryk van God in die wêreld en vir die wêreld in die Koninkryk van God. Verbeeldingrykheid vir die Koninkryk van God spruit uit die passie vir die Koninkryk van God, en hierdie passie ontwikkel in die gemeenskap met sy Messiaanse Jesus. In hierdie sin is Moltmann ’n innoveerder.”

Bron

Die verbeeldingryke Koninkryk van God in die wêreld en vir die wêreld is dan niks anders nie as Jürgen Moltmann se toekomstige nuwe wêreld waarop almal sonder uitsondering op pad is — “God is die toekoms waarheen Hy besig is om alles en almal in Homself te verenig.”

Niemand kan nou reeds die volle waarheid oor God ken nie en sal eers by die eindpaal van hulle “journey,” die nuwe Paradys, ’n openbarings-bewussyn ontvang om die volle waarheid te ken. Al wat nou tot ons beskikking is, is verbeeldingryke en intuïtiewe insigte wat met behulp van mistieke praktyke soos Lectio Divina, Stilte, kontemplatiewe en apofatiese meditasie tegnieke, labirinte, ens. aangehelp word.

JESUS SE GEBED VERSUS STEPHAN JOUBERT SE APOFATIESE GEBED

Die Nuwe Nuwe Testament - Stephan Joubert - n radikale sprong

In sy boek “Jesus – ‘n Radikale Sprong” waarin hy kontemplatiewe meditasie bevorder en nog steeds aan mense verkwansel, hoewel hy dit ontken, skryf Joubert op bladsye 199 – 200 as volg:

“Lives filled with reflection and silent contemplation. Innovative faith communities are increasingly returning to the original roots of Christendom. Peoples’ deep need for a life changing spirituality in our hectic world is inspiring the rediscovery of precious disciplines from the early church in many places. [DTW skryf: Die kontemplatiewe evangelie lê altyd klem op die noodsaaklikheid om “ons gejaagde lewe” te ontvlug, so asof dit die mens se grootste probleem is, terwyl hulle die eintlike belhamel, nl. die sonde, feitlik nooit in hulle preke, boeke en akademiese geskrifte noem nie. God sê daar is geen vrede vir die goddelose nie (Jesaja 48:22) omdat hulle soos ‘n onstuimige see is en nooit tot rus kan kom nie, en soos ontstuimige waters altyd net slyk en modder opgooi. (Jesaja 57 20). Jesus het nie vir ‘n gejaagde leefstyl gesterf nie; Hy het vir die sonde gesterwe. Stephan Joubert praat snert. Pleks daarvan om mense na Jesus toe heen te wys, verwys hy hulle na apofatiese en ander kontemplatiewe gebedstyle waarmee hulle leringe van duiwels optel, en nie die rus en vrede wat Jesus Christus alleen vir hulle kan bied nie].

Reflective, apophatic prayer, as well as the spiritual reading of the Word (Lectio Divina) is once again the order of the day. The revival of retraites, pilgrimages and visits to places of prayer and solitude is indicative of this worldwide quest in Christian circles for an innermost becoming part of the character of the Living God. [DTW skryf: Kan iemand wat waarlik gered is sulke kaf kwytraak? Retraites waar hulle jou leer om apofatiese gebede te beoefen, pelgrimstogte te onderneem, plekke van gebed te besoek, en afsondering te beoefen, kan hoegenaamd nie die karakter van die lewende God in jou vorm nie. Die Samaritaanse vrou wat Jesus by die put van Jalob ontmoet het, het spiritualiteit ook met sekere plekke waarheen jy gaan om God te aanbid, vereenselwig. Jesus het haar sommer baie gou reggehelp deur te verduidelik dat die ware en egte aanbidders van God nie op ‘n missie gaan om God op bepaalde plekke te aanbid nie, maar Hom in Gees en in waarheid aanbid net waar hulle hul ook al mag bevind. (Johannes 4:1-45) Dit kan selfs in ‘n primitiewe en openbare rioolgat wees waarin Kommunistiese wagte jou gegooi het met die doel om jou te dwing om Jesus te verloën.]

The new journeys of many Christians are those big inner-directed journeys. Now it concerns the journey of the soul on its way to bigger peace and rest at the feet of God. These quests are not only undertaken during the dark moments of the soul. No, it is also undertaken as part of peoples’ normal spiritual discipline(-s) of dedication to God. [Nuwe reistogte veronderstel vanselefsprekend nuwe paaie of nuwe weë. Hierdie paaie is inwaarts gerig, na jouself. Benewens Paulus se waarskuwing dat daar niks goeds in die mens se selfwesendheid is nie (Romeine 7:18), lei enige ander pad wat 99.9% reg lyk maar net 0.1% afwyk van die pad wat God van ons verwag om op te wandel (Johannes 14:6) na die ewige verderf (Spreuke 14:12).]

It means that the present interest in retraites is complemented with the daily practice of these principles. Many faith communities arrange special occasions such as silent services, daily communion and smaller gatherings in order to experience God’s presence, holiness and magnitude through spiritual disciplines of silence and solitude. [Alle kontemplatiewe evangeliste is behep met ervaringstogte waartydens hulle met behulp van daaglikse praktyke (veral van Ignatius van Loyola), stilte en afsondering, God se teewoordigheid, heiligheid en majesteit wil betree. Na regte vertrap hulle die bloed van Christus onder hulle voete en smyt dit met minagting terug in God die Vader se gesig wat verklaar het, “Terwyl ons dan, broeders, vrymoedigheid het om in die heiligdom in te gaan deur die bloed van Jesus op die nuwe en lewende weg wat Hy vir ons ingewy het deur die voorhangsel heen, dit is sy vlees, en ons ‘n groot Priester oor die huis van God het, laat ons toetree met ‘n waaragtige hart in volle geloofsversekerdheid, die harte deur besprenkeling gereinig van ‘n slegte gewete en die liggaam gewas met rein water. (Hebreërs 10:19-22). Die bloed van Christus is die NUWE en LEWENDE WEG en nie ‘n klomp spirituele oefeninge of apofatiese gebede wat die deure van die hel vir jou wawyd oopmaak nie.]

Christian meditation and reflection on the Word in this context serve as travel guides. Lectio Divina with its beautiful facets of oratio, contemplatio, lectio and meditation aim to make the Word of God part of the believer’s metabolism so that it may be entrenched in their hearts and lives.[Dié is seker, iemand wat apofatiese gebed toepas om hulle rasionele denke geheel en al uit te skakel, om hulle verstand te dreineer van alle idees, woorde, en denkpatatrone, kan beslis nie die Woord van God in sy regte konteks verstaan nie, en allermins om die Woord van God deel te maak van hulle metabolisme. Apofatiese gebed is die absolute teendeel van wat in 1 Petrus 5:8 staan.]

Today’s new saints are those who in solitude find peace and quiet with God and manifest it in genuine ways. They are the silent voices of hope. Their own mysterious discoveries of God’s goodness are magnetic. They are the new signposts who help people to find meaning in their lives. They are endearing fellow travelers to God’s heart that leads people into new relationships with God. People like Willem Nicol, Trevor Hudson and Johan Geyser are telling examples of this spirituality.” [Stephan Joubert gebruik die wood “new” nie minder nie as vier keer; “new journeys,” “new saints,” “new signposts,” en “new relationships with God.” Daarmee wil hy seker voorgee dat alles wat vóór sy “new saints” gebeur het alles maar net “old hat” is. Dit laat my dink aan Paulus se woorde in Romeine 16:18, “Want sulke mense dien nie onse Here Jesus nie, maar hulle eie buik; en hulle verlei deur hul vriendelike en mooi woorde die harte van die eenvoudiges.”]

Alles wat Stephan Joubert in sy preke en op sy webblad, Ekerk, kwytraak, verskil hemelsbreed van wat hy in sy boeke skrywe. In die bogenoemde aanhaling uit sy boek, “Jesus – ‘n Radikale Sprong” is hy beslis nie besig om te bid, “Vader, mag mense met die grootste respek van U praat en U so eer” nie. Pleks daarvan, moedig hy mense nie net aan om die mistieke apofatiese gebedstyl te beoefen nie; hy praat met die grootste respek van mense soos Willem Nicol, Trevor Hudson en Johan Geyser wat kwansuis wegwysers is.

Hulle is beslis wegwysers, nie na God nie maar na Spreuke 14:12, “Daar is ‘n weg wat vir ‘n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood.” In sy eerste gepubliseerde boek “Stem in die Stilte” skryf Willem Nicol Op bls. 97.

“As mens op ingewings wag, kan jou eie innerlike of selfs bose magte ook met jou praat.”

Hierdie kort sinnetjie omskrywe presies wat apofatiese gebed is. Terwyl Katafatiese gebed ’n bepaalde inhoud het en gebruik maak van woorde, beeldjies, simbole en idees (o.a. verbeeldingsvlugte), is apofatiese gebed inhoudloos. Dit behels die ontlediging of dreinering van die verstand (gedagtes) van alle idees en woorde om dan net in die teenwoordigheid van God te sit.

Mistici soos Stephan Joubert is baie lief om oor Lukas 10:38-42 te preek waar Marta haar suster, Maria, oor die kole haal omdat sy tydens ’n besoek van Jesus aan sy voete gesit het terwyl sy die kos voorberei het. Hulle gebruik dit as voorbeeld om apofatiese gebed op ’n baie subtiele manier te onderskryf, omdat Jesus se woorde aan Martha, “een ding is nodig; en Maria het die goeie deel uitgekies wat van haar nie weggeneem sal word nie,” die kersie op die apofatiese koek sit.

Luister bietjie wat sê Frederick G. McLeod in sy artikel “Apophatic or Kataphatic Prayer?”

“The Cloud of Unknowing is a literary masterpiece whose influence is still widely felt in our own day. It provides a clear, concise and convincing statement on what is ‘apophatic’ prayer and how one can enter into it. From the very beginning the author is careful to insist that his work is not meant for all people (43). One ought first to meditate on one’s sins and on Christ’s life and Passion (57). But for those who sense the need for a deeper experience — provided they are purified in conscience (85) and endowed with a relaxed, healthy, and vigorous disposition of body and soul (101) — he urges a kind of prayer where one learns to be at home in a dark cloud beyond all thoughts and images (48-49). [DTW skryf: Die Bybel sê nêrens dat ons oor ons sondes moet mediteer nie. Dit sê ons moet ons sondes teenoor die Here bely en laat staan.]

The author also insists that no method or technique can bring about the kind of experience that he is about to describe. While confessing that they are all ultimately useless (92), he does suggest a way that may be helpful: centering prayer. One is to choose a single word (e.g. God) (94) and then reject whatever thought, image, or feeling that may well up so as to center one’s attention solely upon the reality beyond the word (104). This state is called the cloud of forgetfulness. For it blocks out every creature and creaturely activity from one’s awareness and turns to confront the cloud of unknowing hovering between God and self (112).

While totally lost, as it were, in this impenetrable cloud, one awaits the stirring of a gentle but powerful movement arising out of the depths of one’s being (112). This stirring is a grace given not for innocence nor withheld for sins (91). Only the person who truly experiences this prompting within one’s spirit has the aptitude for contemplation and no one else (91). Though this stirring is the lightest of touches (52), it fills one with unsurpassing joy and enthusiasm. It is also blind — in the sense that every passion seeks to fulfill its desire no matter what a person may intend.

When sensed, this stirring impels one to rise upward towards God hidden in the cloud of unknowing. One needs to surrender wholeheartedly to the spontaneous desire present in this passion and go where it leads (91). One in fact does this eagerly because such submission is felt to be what the self-most fundamentally desires. One leaps to God like a spark from a flame (52), discovering that while God cannot be grasped by concepts He can be grasped by love (50).

The above clearly highlights what is the apophatic method and prayer experience. One seeks to reach beyond conscious awareness — beyond thoughts and images — and arrive at the depth of one’s being, there to await the coming of the Lord. It is the Lord who stirs an irresistible passionate longing for Himself and gives this as a gift. When this occurs, one must willingly and unconditionally commit oneself wholeheartedly to this passion. This then opens up to a sense of union with God where the bond of relationship is experienced as real, passionate and fulfilling. One does not know or even care who God is or what He is. One is simply satisfied with the Lord as He exists at this moment in a relational union with oneself.”

Bron

Die heel laaste sinnetjie verduidelik presies waaroor dit gaan, nl. ’n ekstatiese ervaring van eenwording met God wat die relasionele band tussen jou en iemand (volgens hulle is dit God) so intens werklik, hartstogtelik en oorvloedig maak dat jy nie juis omgee wie of wat God is nie. Wat sê God hiervan?

En dit is die ewige lewe, dat hulle U KEN die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het. (Johannes 17:3).
Die nuwe NUWE Testament

En dit, liewe vriende, is wat Stephan Joubert en Jan van die Watt julle leer terwyl hulle ewe vroom bid, “Vader, mag mense met die grootste respek van U praat en U so eer,” en baie mense op die pad van Spreuke 14:12 begelei. En dan weet te vertelle Stephan Joubert ons dat “Reflective, apophatic prayer, as well as the spiritual reading of the Word (Lectio Divina) is once again the order of the day.” Dis gif, mense, die gif van die slang van Eden. PASOP!

GOD SE DROOM

’n Ander term wat dikwels naas dié van ’n “verbeeldingryke wêreld” gebruik word, is “God se droom.” Hiervolgens is God tans besig om iets nuuts in sy skepping te doen wat gebaseer is op ’n tipe omgekeerde entropie, waarvolgens Hy ’n U-draai terug na die Paradys maak in plaas van om die wêreld te bestem vir, soos 2 Petrus 3:10-12 verklaar, “ . . . die dag van die Here sal kom soos ‘n dief in die nag, waarin die hemele met gedruis sal verbygaan en die elemente sal brand en vergaan, en die aarde en die werke wat daarop is, sal verbrand.”

Bono, die “rock-sanger” van U2 wat hom as ‘n volgeling van Jesus voordoen (2 Korintiërs 11:13-15) en van wie Eugene Peterson, Rob Bell en baie ander Ontluikende Kerk leraars met groot lof praat, glo dat daar nie n letterlike hel is nie. Soos die Koninkryk van God nou reeds op aarde is, so-ook is die hel nou op aarde. Terloops, Bono het ‘n geweldige groot invloed op die Ontluikende Kerk.

Rob Bell, een van Stephan Joubert se vroeëre ghoeroes wat hom geleer het dat daar selfs waarheid in die Boeddhisme gevind kan word, het van Bono gesê dat hy God die heel eerste keer ontmoet het toe hy een van Bono se konserte bygewoon het (Velvet Elvis: Repainting the Christian Faith, p. 72). Rick Warren van “Die Doelgerigte Lewe” faam het Bono na sy Saddleback Kerk genooi om sy PEACE Plan te lanseer. Soort soek inderdaad soort.

Dít, glo hulle, is die kern-gedrewenheid van hulle hoop. Hulle hoop is dus nie gesentreer in die persoon van Jesus Christus en sy onkreukbare beloftes nie (2 Korintiërs 1:20), maar in ’n verbeeldingryke tog (“journey”) na hulle uiteindelike bestemming in God want Hy is die beliggaming van almal se toekoms, d.i. die Koninkryk van God.

VERDRAAIING VAN DIE OPSTANDING UIT DIE DOOD VAN JESUS CHRISTUS

Hou in gedagte dat ons besig is met die begrip “Laat U Naam geheilig word” en die waarskuwing dat ons sy Naam nie mag misbruik nie. Sekerlik die onhebbelikste misbruik van God se Naam is die miskenning van Jesus Christus se liggaamlike opstanding uit die dood, en om dit in terme van ’n metaforiese of geestelike opstanding te verklaar.

U onthou sekerlik hoe Ferdie Mulder destyds in 2006 Stephan Joubert en Jan van der Watt se ondersteuning geniet het toe hy as teologiese student lewenslank uit die teologiese fakulteit van die Universiteit van Pretoria geskors is omdat hy drie van sy dosente van teologiese dwaalleer beskuldig het. Mulder se stryd teen Julian Müller, Jurie le Roux en Dirk Human het gegaan oor hulle ontkenning dat Jesus Christus fisiek en letterlik vanuit die dood opgestaan het.

Wie het ooit kon droom dat Stephan Joubert wat Ferdie Mulder destyds saam met Jan van der Watt ondersteuen het, so gou vanaf die hoogste piek van goddelike kragbetoning in die fisieke en letterlike opstanding van Jesus Christus vanuit die dood, sou neerdaal tot in die laagste vlaktes van Moltmanniaanse hopeloosheid. (1 Korintiërs 15:14, 17).

Moltmann se siening van die opstanding van Christus pas netjies in binne die raamwerk van ’n metaforiese of geestelike opstanding, in dié opsig dat hy dit nie as ’n histories afgehandelde en gedane gebeurlikheid beskou nie (Tetelestai), maar as ’n soort ontsluiting van toekomstige gebeure. Hy skryf in sy “Theology of Hope” 

“The raising of Christ is then to be called “historic,” not because it took place in history to which other categories of some sort provide a key, but it is to be called historic because, by pointing the way for future events, it makes history in which we can and must live. It is historic, because it discloses an eschatological future. This assertion must then give proof of itself in conflict with other concepts of history, all of which are ultimately based on other “history-making” events, shocks, or revolutions in history.”

“Theology of Hope” p. 25, HarperCollins, New York, 1991

Vir Moltmann is die toekomstige en finale universele opstanding van alle mense en die gepaardgaande finalisering van hulle saligmakende redding (universalisme per se) die finale empiriese bewys dat Christus uit die dood opgestaan het, en nie omgekeerd nie. Dusdoende kan Moltman volmondig verklaar dat God nog nie volledig God is nie. 

Hy is in ’n soort ritmiese proses (“journey”) van God-wording gewikkel. Hyself is dus nog op ‘n “journey.” tot Messiaskap. Niemand kan dus nou in ons afgemete tydraam weet of God werklik God is nie. Ons moet eers wag totdat die toekomstige universele opstanding van alle mense aanbreek. Hy skryf in sy “Resurrection as Hope,” p. 52.

“The Christian hope is not founded on the isolated event of Jesus’ resurrection, but in his total person and entire history—which through the resurrection became eschatologically qualified. … In confessing Jesus’ resurrection, faith does not imply that Jesus has been removed to heaven or has been eternalized in God, but that He has been received into the future of the ‘kingdom of heaven’ and the coming glory of God.”

Op bladsy 197 van sy boek skryf hy,

“Raising of the dead is an expression which looks expectantly towards the future proof of God’s creative power over the non-existent. What resurrection of the dead really is, and what ‘actually happened’ in the raising of Jesus is thus a thing which not even the New Testament Easter narratives profess to know. From the two mutually radically contradictory experiences of the cross and the appearances of Jesus, the argue to the event in between as an eschatological event for which the verifying analogy is as yet only in prospect and is still to come.”

Jürgen Moltmann, “Theology of Hope” p. 197, HarperCollins, New York, 1991

Die skrei ten hemele en ook teen alles wat Paulus aan die kerk in Korinte oor die opstanding geskryf het. (1 Korintiërs 15:13-14). In skrille kontras met Moltmann, getuig Paulus dat dit enkel alleen die opstanding van Christus as ’n verifieerbare geïsoleerde gebeurtenis in die wêreldgeskiedenis is wat ware Christene hoop gee vir ’n toekomstige ewige blyplek saam met God in die hemel, en dus ook so hulle geloof in God onteenseglik staaf. Jesus Christus het dit pas vóór sy kruisiging gestaaf toe Hy sy dissipels met hierdie belofte getroos het,

“Laat julle hart nie ontsteld word nie; glo in God, glo ook in My. In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei. En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.” (Johannes 14:1-3).

As Christus se opstanding nie histories beskou moet word nie en alleenlik êrens in die toekoms sy finale beslag en betekenis kry om dit uiteindelik histories verifieerbaar te maak, dan kan Adam en Eva se erfsonde ook nie as histories beskou word nie. Hierdie onbybelse geklater spruit uit Moltmann se idee dat“God nog nie volledig God is nie,” omdat Hy tans nog deel is van dié tyd wat voortstu na die toekoms.

(RRF, “Hope and History,” p. f. The Thomistic question concerning the existence of God is replaced by the question of when God will be fully God)

As God vasgevang en beperk is deur die toekoms, dan gee die toekoms die mensdom onbeperkte moontlikhede. Moltmann se opmerking, “Mense het die reg om hulle eie toekoms te bepaal,” mag miskien polities korrek wees maar dit is beslis nie teologies nie.

Neem kennis dat die leerstelling oor erfsonde geen plek in Moltmann se teologiese raamwerk het nie. Dit beteken dat sonde nie ’n breuk in die regte en heilige verhouding met God veroorsaak nie (Psalm 51:6 – vertikale verbreking); die horisontale verbreking van verhoudings onderling met mense is die bron van alle sondes.

(RRF, “Religion, Revolution, and the Future,” p. 39).

Gevolglik lê die Mosaïek Kerk van Johan Geyser geweldig klem op die relasionele verhouding tussen mense. Paulus skryf, “as dit moontlik is, sover as dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense.” (Romeine 12:18). Dit is nie altyd moontlik om in vrede met sommige mense te lewe nie, veral diegene wat ‘n ander Jesus volg en aanbid. Kom ons noem hulle sommer so in die verbygaan “Satan se Draadsitters” of miskien sagter gestel “Moltmann se Draadsitters.” Dit bly maar nog steeds dieselfde ding.

MOLTMANN SE HEGELIAANSE DRAADSITTERS

Stephan Joubert en sy vrinne, o.a. Jan van der Watt, Johan en Theo Geyser, Roedolf Botha, Jacques Bormann, Melissa van Biljon, Trevor Hudson, en Leonard Sweet, is kennelik almal vooraanstaande lidmate van die Laodicense Kerk. Dis nou die kerk in die boek Openbaring wat geen onderskeiding maak tussen warm en koud, reg en verkeerd, waarheid en leuen nie. (Openbaring 3:14-19), maar wat die twee teenoorstaande begrippe warm en koud op ’n Hegeliaanse manier saamflans tot ’n lou, naar-maak, walglike, uitspoeg konkoksie.

Trouens “Draadsitter” is die mooi Afrikaanse “common” woord vir Hegel se dialektiek waar jy nie kant kies nie, maar eerder ’n “common ground” probeer vind tussen twee teenstrydige idees of filosofieë. Dit is vanselfsprekend ’n vrugbare teelaarde vir ekumeniese eenwording. Jesus het gesê, “laat julle woord wees: Ja ja, nee nee. Wat meer as dit is, is uit die Bose.” (Mattheus 5:37).

Nogtans skryf Stephan Joubert: –

Jy word gou-gou as ’n draadsitter bestempel as jy nie kant kies tussen strydendes in die kerk en elders nie. Dan het jy blykbaar nie die moed van jou oortuiging nie.

Jy hoef regtig nie by elke geveg ingetrek te word nie.

Jy hoef nie opinies of antwoorde te gee op strydvrae oor alles van inentings tot kerklike onderonsies nie. Net omdat mense vrae het, beteken dit nie jy moet dit op hul voorwaardes antwoord nie.

Bid altyd om die Here se onderskeidingsvermoë. Moenie bang wees om te sê wat jy moet sê as dit nodig is nie. Maar onthou: Die Here se knegte is nooit bakleierig nie. Leef eerder met negatiewe etikette saam as dat jy afbrekend praat en jou siel besoedel. Sulke optredes doen die Heer geen eer aan nie.”

“Draadsit is dán goed,” Netwerk24, 22 Februarie 2021,

Die Here se vereiste vir onderskeidingsvermoë beteken juis “om kragtig te stry vir die geloof wat eenmaal aan die heiliges oorgelewer is,” veral wanneer iemand apofatiese gebede voorskryf en dit onder die vaandel van “Vader, mag mense met die grootste respek van U praat en U so eer,” aan oningeligdes verkwansel (Judas 1:3). En glo my, geen draadsitter, hoe befaamd hy ook al mag wees, hou daarvan om kragtig vir die evangelie te stry nie.

In weerwil van hierdie opdrag glo die draadsitters dat God van ons verwag om deelgenote te wees van sy droom. Dit is sy wil dat ons sy Koninkryk wat nou reeds hier op die aarde is stelselmatig in die wêreld moet infaseer totdat dit in sy volle glorie “sigbaar, voelbaar en verstaanbaar” (Ekerk se logo) is. Daarom is hulle ook so gretig om hulle goeie werke wêreldwyd te verkondig ten spyte van God se opdrag dat jou regterhand nie moet weet wat jou linkerhand doen nie. (Mattheus 6:3).

Joubert se Netwerk24 uitspraak op 22 Februarie 2021 dat “Draadsit is egter ’n goeie sitplek as jy dit tot eer van die Heer doen” is sekerlik een van sy beste Hegeliaanse verbeeldingsvlugte denkbaar. Die positiewe pool (tesis) daarvan is “tot eer van die Here,” die negatiewe pool is “kies nie kant nie,” en die goue middeweg (sintese) is om “te onderskei” wat die sintese tussen hierdie twee pole is.

Die Nuwe Nuwe Testament  - a goue kalf

Dit herinner aan Aaron se sintese toe hy toegelaat het om onder dwang van die Israeliete ’n goue kalf aan die voet van die berg Horeb te maak, en uitgeroep het, “Môre is daar fees tot eer van die HERE.” (Eksodus 32:5). Hy kon netso wel gesê het “Die doel (of is dit die “koei”) heilig die middele.” 

Snaaks genoeg die uitdrukkings “draad sit” en “kop swaai” het nogal baie in gemeen. Eersgenoemde dui op neutrale grond (nog vis nog vlees) en laasgenoemde op oorreding om af te klim van die draad (jou kop 90 grade om te draai) en die teenoorgestelde rigting (“journey”) in te slaan. Stephan Joubert het hierdie 90 grade ommeswaai gemaak toe hy die voorwoord tot Nelus Niemandt se boek “Nuwe Drome vir Nuwe Werklikhede” geskryf het, en hom op ’n neo-apofatiese wyse gloeiende woorde van lof toegeswaai het.

Die Nuwe Nuwe Testament  - Nelus Niemand - Nuwe Drome

“My kop is geswaai. My belewing van hierdie boek.

“Nelus Niemandt is een van die invloedrykste denkers en missionêre Suid-Afrikaanse teoloë aan die begin van millennium drie. Sy insigte in ingewikkelde sosio-religieuse vraagstukke is asemrowend, sy nederigheid aansteeklik en sy vermoë om eietydse kontekste en Bybelse kontekste op verstaanbare maniere aan mekaar te knoop, sonder weerga. Daarom dat ek nie kon wag om hierdie boek te lees nie. Wat ‘n absolute juweel. Nuwe drome vir nuwe werklikhede is kop-oopmaak materiaal. Dis propvol wêreldverskuiwende woorde!”

Benewens valse leraars soos Brian McLaren, Leonard Sweet, Rob Bell, Tony Jones, en Doug Pagitt, haal Nelus Niemandt Jürgen Moltmann nie minderr nie as agt keer ter goedertrou en goedgunstiglik aan. Ons het reeds in die voorafgaande paragrawe gesien hoe ver links Jürgen Moltmann van die Evangelie van Jesus Christus afgedwaal het. Trouens, sy kop-swaai teologie is so ver links dat Karl Marx knus deel sou kon vorm van die nuwe trilogie “Jürgen Moltmann, Karl Marx, en God.” Daniel Rossi-Keen skryf: –

“Among scholars familiar with the work of Jürgen Moltmann there exists little debate that this most prominent of German theologians has been deeply influenced by Marxist categories of thought. Perhaps most notable and most obvious in this regard is the influence that the revisionist Marxist and Jewish atheist Ernst Bloch exacted upon Moltmann’s first major work, Theology of Hope.

“Additional and subsequent impact was derived from Moltmann’s involvement with the Christian-Marxist dialogue that gained prominence in the 1960s. Moltmann was likewise deeply influenced by his critical and constructive involvement with the growth of Latin American Liberation Theology.

Because of the debt owed to varied strains of Marxist thought by each of these persons or movements, consideration of the interplay between Marxism and Moltmann has been inevitable. Despite this tendency, however, surprisingly little attention has thus far been focused on the connections that exist between Jürgen Moltmann’s thought and Karl Marx’s germinal writings on religion. Rather, the discussion has persistently centred around Moltmann’s involvement with a variety of individuals or groups who have variously appropriated the work of Karl Marx.

Jürgen Moltmann, Karl Marx and God: An Unlikely Trinity https://utpjournals.press/doi/10.3138/tjt.23.1.47

Moltmann hou vol dat ’n Marxisties-Christelike dialoog ’n bydrae kan lewer om albei se sienings van die geskiedenis te realiseer omdat die einddoel wat die Marxiste en Christene nastreef dieselfde is, nl. ’n universele Utopie van die “übermensch” (nuwe humaniteit).

Albei verstaan die voortgang van geskiedenis as ’n proses om hierdie ware humaniteit te bereik, en om die waarheid van die ware mens te openbaar. Die voortvloeiende paradigma hiervan is dat Christene en Marxiste ’n algemene doelstelling het. Hierdie doelstellling is dan ook uiteindelik die oorspronklike leuen van die Satan dat almal en elkeen God is.

Volgens hierdie filosofie kan ons nog nie weet wat ware humaniteit is en hoe ’n regverdige orde van die wêreld moet lyk nie. Nogtans kan ons in ons nadenke oor die verlede en ook ons oorweginge (verbeeldingsvlugte) van die toekoms weet hoe die toekoms moontlik kan ontplooi.

Moltmann weet te vertelle dat die politiek en rewolusie gebruik kan word om die Koninkryk van God in aansyn te bring. Aangesien die Koninkryk van God al synde afgebring word tot ’n voelbare [ekerk se logo “sigbaar, voelbaar en verstaanbaar”] aardse realiteit, is dit volgens Molmann vanselfsprekend, dat versoening ’n fenomeen is tussen twee persone, kragte, groepe, ens., en dat dit deur politiek en soms deur rewolusie bewerkstellig kan word. Versoening in die ouer teologie was tussen God en mens in die sfeer wat nie deur hierdie wêreld bestel bestuur word nie.

(RRF, Toward a Political Hermeneutic of the Gospel, pp. 83-107).

Dit is skreiend skandelik dat Stephan Joubert wat daarop roem dat hy ’n volgeling van Jesus Christus is na regte die Marxistiese teologie van Jürgen Moltmann nastreef, en self ook radikaal erken dat Moltmann, soos hy met groot lofsange in Nelus Niemandt se boek, “Nuwe Drome vir Nuwe Werklikhede” geskilder word, sy kop geswaai het.

Soos die volgende gedeelte van hierdie artikel aandui, is Stephan Joubert se eskatologie grootliks geskoei op Jürgen Moltmann se filosofie.

 KLEIN PINCET GEPLUKTE PROFESIEË

Seker een van die onhebbelikste maniere om God se Naam te ontheilig, is Joubert se verwysing na God se boek Openbaring as ’n klomp klein profesieë wat jy met ’n klein “tweezertjie” kan uitpluk. Dit is nie net oneerbiedig nie, maar grens gevaarlik na aan godslastering. (viz. die reeks “Openbaring in Koronatyd” op YouTube).

Volgens Joubert moet jy die boek Openbaring soos enige ander fantasie of storieboek lees en toelaat dat dit jou verbeelding prikkel sodat jy jou eie afleidings oor die betekenis en inhoud daarvan kan formuleer en weergee. (Openbaring 22:19). 

Die geringste “fundamentalistiese” eksegese rondom die eindtyd is vir hom taboe want dit druis in teen sy missionale Koninkryk-nou agenda. Eskatologiese en profetiese uitsprake oor die Pre-verdrukking wegraping, die sewejarige verdrukking, en die Duisendjarige Vrederyk op aarde wanneer Christus vanaf die troon van sy vader Dawid in Jerusalem sal regeer, pas nie in by sy missie nie.

Vanuit Moltmann en sy gespreksgenote se oogpunt gesien, is hulle missionale roeping of “journey” nie om die leerstellings van die evangelie van verlossing onverdund te verkondig nie maar om die ongeregtighede in die samelewing aan te spreek en reg te stel omdat almal sonder uitsondering reeds bestem is vir God se koninkryk op aarde.

Waar leer Joubert sy oneerbiedige hantering van God se Naam en veral van die profetiese boek Openbaring? Dit spruit uit die eskatologiese verdraaiings van Wolfhart Pannenberg en Jürgen Moltmann wat ronduit ontken dat die wêreld finaal sal uitloop op ’n katastrofiese einde. Pleks daarvan, glo hulle dat “God is the future drawing everything into Himself.” Doug Pagitt, een van die voorbanker teoloë van die Ontluikende Kerk, stel dit so,

“God is constantly creating anew. And God also invites us to be re-created and join the work of God as co-(re)creators. . . . Imagine [een van Joubert se geliefde woorde] the Kingdom of God as the creative process of God reengaging in all that we know and experience. . . . When we employ creativity to make this world better, we participate with God in the re-creation of the world.”

Doug Pagitt, Church Re-imagined – Grand Rapids, Zondervan 2003/2005, 185.

Terloops, Jürgen Moltmann is een van die hoekpilare waarop die Ontluikende Kerk sy teologie van hoop bou. “Theology of Hope” is ’n beweging wat in 1964 internasionale erkenning gekry het met die vrystelling van Moltmann se boek, “Theologie der Hoffnung.”

Die Lutherse teoloog Wolfhart Pannenberg en die Rooms Katolieke Johannes Metz en Karl Rahner het hulle sedertdien heelhartig daarby aangesluit. Een van Karl Rahner se veel besproke gesegdes onder ekerk en Mosaïek Kerk se ghoeroes is, “The Christian of the future will be a mystic or he will not exist at all,” so asof Jesus Christus nie in staat is om sy belofte in Mattheus 16:18 gestand te doen nie. Hy het flussies valse profete soos Ignatius of Loyola en sy mistieke oefeninge, en leringe soos “The Dark Night of the Soul” van “John of the Cross” nodig om sy kerk te bou, om maar net ’n paar te noem.

In die 1991 heruitgawe van sy boek “Theology of Hope” skryf Jürgen Moltmann in die inleiding,

“Ek het belangrike kategorieë vir die patroon van hierdie tapisserie in die Messiaanse filosofie van die neo-Marxis [en ateïs) Ernst Bloch teruggevind.”

(Jürgen Moltmann, Theology of Hope – HarperCollins: New York, 1991).

Die sleutel tot die samevloei tot een stroom van Moltmann en Bloch se Messiaanse hoop vir die toekoms, hoewel hulle teologie onversoenbaar en teenstrydig is, is Georg Friedrich Hegel se dialektiek waardeur twee uiterstes en teenoorstaande teologieë en filosofieë saamvloei om ’n gemeenskaplike resultaat te verkry. Dit gebeur wanneer ’n tese en antitese saamvloei in ’n sintese.

 VERDRAAIING VAN DIE WEDERKOMS

Soos met die boek Openbaring, baseer Joubert sy uitleg ook hier op flagrante leuens. In Die Boodskap lui hulle vertaling van 2 Tessalonisense 2:2-3 as volg,

“Ek het gehoor dat julle nog baie vrae en probleme oor die wederkoms het. Party van julle het al skoon moed verloor. Ander weer is doodbang. Dit is omdat julle alles vir soetkoek opeet wat mense vir julle oor die wederkoms vertel. ... Julle is nou skoon paniekbevange want julle dink die wederkoms gaan enige oomblik plaasvind. Ek hoor party van julle het selfs al opgehou werk en wag net dat dit moet aanbreek” (DIE BOODSKAP). 

Joubert, van der Watt en hulle boeties en sussies in die Mosaïek Kerk sou waarskynlik paniekbevange en doodbang wees omdat hulle dink die wederkoms gaan enige oomblik plaasvind, maar ware en opregte Christene (nie net in naam nie) wag met reikhalsende verlange en groot blydskap daarop. Dit is dié dag op hulle geestelike kalender wat alle ander dae in die niet laat vervaag.

Inderdaad, hulle bid nie, “Ja kom Here Jesus, kom tog gou want ons is skoon paniekbevange oor die moontlikheid dat u enige oomblik terug kan kom” nie. Dis mos malligheid in die ekstreem. J. Dwight Pentecost skryf:

“The word day as used in Scripture is not necessarily a time word, but may be used for the events which fall within any period. Paul so uses it in 2 Corinthians 6:2, when he speaks of the “day of salvation.” Some, failing to see this, have felt that because Scripture mentions “the Day of the Lord” and the “Day of Christ” these two must come at two different periods of time, usually saying that the “Day of Christ” refers to events of the tribulation period and the “Day of the Lord” refers to events related to the second advent and the millennium to follow. Certainly, two different programs are in view in these two days, but they may fall within the same time area. Thus, the two days may have the same beginning, even though two different programs are in view. It may be that in 1 Corinthians 1:8 reference is made to “the day of the Lord Jesus Christ” to show that He is related to both of these days, being both “Lord and Christ. (Acts 2:36).”

Things to Come, p. 232

Paulus het nie sy brief aan die kerk in Tessalonika geskryf om hulle te herinner aan vorige geleenthede toe hy sy leringe oor die Tweede Koms van Christus na die aarde aan hulle oorgedra het nie. Hy het dit geskryf om hulle te waarsku teen valse apostels wat met slinkse bedrog sy naam gebruik het om hulle te mislei met die leuen dat hulle reeds in die groot verdrukking was en dus die Wegraping misgeloop het. 

 ONTKENNING VAN DIE PRE-VERDRUKKING WEGRAPING

Stephan Joubert en Jan van der Watt is twee uitgelese Bybelvertalers maar sukkel nog steeds om Jesus se woorde “van die begin van die wêreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie.” in Mattheus 24:21 reg te verstaan, om nie eens te praat van hulle misverstaan van Jeremia 30:7 nie, “Wee want die dag is groot, sonder weerga! En dit is die tyd van benoudheid vir Jakob (Israel).

Die frase “sonder weerga” pas 100% in by Jesus se woorde in Mattheus 24:21 en beteken op Engels “without parallel,” “unmatched,” “consummate,” “inimitable,” “unequaled,” “unrivaled,” “unsurpassed,” “without equal,” “second to none.” Dit is so duidelik soos daglig en tog skryf Joubert die volgende,

“Die kerk het nog altyd verdrukking ervaar, en sal dit ook bly ervaar totdat Jesus eendag terugkom. Dink maar net aan al die derduisende, ja selfs miljoene Christene wie se bloed deur die loop van die geskiedenis vir hulle Heiland gevloei het. Het hulle dan nie die grootste van alle verdrukkinge persoonlik aan hul eie lywe ervaar nie?

Kan dit ooit erger gaan as gelowiges hulle eie lewe moet verloor omdat hulle vir Jesus liefhet? Dink maar aan ’n Jakobus; ’n Stefanus; ’n Petrus en ’n Paulus wat Jesus se lydensbeker enduit moes drink omdat hulle Hom bely het as hul Heer.

En dink aan die derduisende Christene wat gedurende die eerste drie eeue doodgemaak is. Een van die kerkvaders vertel trouens vir ons dat daar op ’n tydstip so baie Christene doodgemaak is dat daar nie vinnig genoeg grafte vir hulle gegrawe kon word nie.

Daarom is hulle lyke eenvoudig in riviere gegooi. Is hierdie mense die groot verdrukking gespaar? Nee, hulle moes eenvoudig daardeur gaan – maar gelukkig saam met Jesus! Hulle almal was deel van die 42 maande swaarkry wat al sedert Jesus se Hemelvaart hier op aarde aan die gang is.”

Stephan Joubert verklaar onomwonde, “Die kerk het nog altyd verdrukking ervaar.” Jesus Christus verklaar onomwonde, “Want dan sal daar groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie.” (Matteus 24:21). Wie is die leuenaar? Wie moet ons glo?

Ek sou dink dat as enigeen Stephan Joubert glo, is hy of sy nie besig om met die grootste respek van God te praat en Hom te eer nie. Hulle is in werklikheid besig om God op  allerlei gruwelike wyses te verontheilig omdat hulle Hom tot leuenaar maak en dus gelykstel aan die vader van alle leuens, Satan self. (Johannes 8:44).

Jesus verwys na drie tydsbestekke nl. die verlede (die begin van die wêreld), die hede (toe Hy hierdie woorde geuiter het) en die toekoms wat gevolg het op sy uitspraak (tot aan die einde van die wêreld). Desnieteenstaande versuim Joubert om dit te glo want sý groot verdrukking begin ná Jesus se Hemelvaart en nie by die begin in Genesis nie, soos Jesus so helder en duidelik verrklaar het.

Syns insiens is die vervolging, verdrukking, en marteling van Christene soos Jakobus; Stefanus; Petrus en Paulus die ergste wat nog ooit plaasgevind het. Wat hy uit die oog verloor is dat die sewejarige verdrukking nie gaan om die verdrukking van Christene per se nie, hoewel dit ook ‘n deel daarvan sal uitmaak onder die mense wat tydens die sewejarige verdrukking tot bekering sal kom en sal weier om die Antichris se merk te neem.

Die sewejarige verdrukking is per definisie God se regverdige oordele oor die ganse mensdom, en veral oor Israel met die doel om hulle tot bekering te lei. Daarom skryf die profeet Jesaja, “Met my siel begeer ek u in die nag; ook met my gees in my binneste soek ek U; want as u oordele op die aarde is, leer die inwoners van die wêreld geregtigheid.” (Jesaja 26:9).

Dit geld natuurlik nie vir alle ware gelowiges wat tans die Bruid van Christus is nie,

"Omdat jy die woord van my lydsaamheid bewaar het, sal Ek jou ook bewaar in die uur van beproewing wat oor die hele wêreld kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel." (Openbaring 3:10)

In elk geval, die woord “dan” dui op iets wat ná sekere voorafgaande gebeure plaasvind. Dit is ooglopend duidelik dat Jesus se Hemelvaart nêrens in die voorafgaande gebeure soos dit in Mattheus 24:3-28 beskryf word, genoem word nie. Maar, Joubert se verbeeldingsvlugte gee hom insigte wat ander gewone Bybel lesers nie het, en hom dus die reg gee om Jesus se Hemelvaart in die genoemde gedeelte in te lees.

Streng gesproke kan die vervolging, marteling en moorde op Christene ná Jesus se Hemelvaart dus nie die groot verdrukking wees nie omdat hierdie gebeure in die “nooit sal wees nie” gedeelte van Mattheus 24:21 val en nie Jesus se Hemelvaart nie. 

ONTKENNING VAN DIE BESTAAN VAN DIE TWAALF STAMME VAN ISRAEL

Enigeen wat God se plan m.b.t. Israel, en spesifiek die twaalf stamme se bestaan ontken, verwerp na regte soveel as twee derdes van God se Woord. Inderdaad, die naam “Israel” verskyn nie minder nie as 2576 keer in 2301 verse van die Bybel.

Daarbenewens, rus daar ’n vloek op elkeen wat Israel vervloek. (Genesis 12:2-3). Volgens Joubert het daar net twee stamme van die twaalf oorgebly, Juda en Benjamin. Die ander tien het in die niet verdwyn.

Nie volgens Jakobus, Jesus se broer nie, wat as ’n dienskneg van Jesus aan die twaalf stamme in die verstrooiing geskryf het. (Jakobus 1:1). Óf Jakobus was so ’n bietjie van lotjie getik, óf hy het jammerlik verleer om van een tot twaalf te tel en dus net tot twee kon tel.

Hoe dit ook al sy, Joubert sal waarskynlik kapsie maak en verduidelik dat hy nog nooit vir Israel vervloek het nie. Regtig? Een van die betekenisse van “qâlal” (om te  vervloek) is om “te verminder,” en dit is juis wat Joubert doen. Hy verminder twaalf na twee.

Soos reeds vermeld, verwerp iemand wat Israel en spesifiek die twaalf stamme se bestaan ontken ’n baie groot deel van die Bybel. ’n Voorbeeld hiervan is Stephan Joubert se verwerping van die profesie in Esegiël 37 waar God die profeet beveel om oor die groot menigte doodsbeendere in ’n vallei te profeteer.

Die Nuwe Nuwe Testament - Dry Bones
“Toe sê Hy vir my: Mensekind, kan hierdie bene lewendig word? En ek antwoord: Here HERE, U weet dit. Daarop sê Hy vir my: Profeteer oor hierdie bene en sê vir hulle: Dor bene, hoor die woord van die HERE! So spreek die Here HERE tot hierdie bene: Kyk, Ek bring gees in julle in, sodat julle lewendig kan word. En Ek sal senings op julle lê en vlees oor julle laat opkom en ‘n vel oor julle trek en gees in julle gee, sodat julle lewendig kan word; en julle sal weet dat Ek die HERE is.” 
“Toe sê Hy vir my: Mensekind, hierdie bene is die hele huis van Israel. Kyk, hulle sê: Ons bene is verdor, en ons verwagting is verlore; dit is klaar met ons!” (Esegiël 37:33-6, 11).

Neem kennis: Dit is God wat hier praat maar, o wee, Stephan Joubert noem hierdie profesie waarsêery omdat dit nie binne die tydraam van ’n geslag vervul is om as ’n egte profesie te kwalifiseer nie, en dit nog steeds nie in vervulling gegaan het nie.

God sê die verdorde doodsbeendere (die hele huis van Israel) sal weer lewendig word sodat hulle kan weet en erken dat HY die HERE is. Nee sê Joubert, die tien stamme van Israel is ’n klomp verdorde doodsbeendere en sal nooit weer lewendig word nie.

En daarmee wil hy eintlik sê dat God nie die HERE is nie? Is dit die Moltmann-gees wat deur hom praat wat glo en verkondig dat God nog nie volledig God is nie; nog nie volledig die Messias is nie

Meer nog, Jeremia 31:31-33 en Esegiël 37:15-28 is Stephan Joubert se wolhaarstorie dat die oorspronklike twaalf stamme van Israel nie meer bestaan nie en dat net Juda en Benjamin oorgebly het, se doodsteek.

“Verder het die woord van die HERE tot my gekom en gesê: En jy, mensekind, neem vir jou ‘n stuk hout, en skrywe daarop: Vir Juda en vir die kinders van Israel, sy bondgenote; en neem ‘n ander stuk hout en skrywe daarop: Vir Josef (die hout van Efraim) en die hele huis van Israel, sy bondgenote. Voeg hulle dan vir jou bymekaar, die een by die ander, om een stuk hout te wees, en laat hulle een word in jou hand. En as die kinders van jou volk met jou spreek en sê: Sal u ons nie te kenne gee wat u met hierdie dinge bedoel nie? sê dan vir hulle: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek sal die stuk hout van Josef neem, wat in die hand van Efraim is, en die stamme van Israel, sy bondgenote, en Ek sal hulle by hom voeg, by die stuk van Juda, en hulle een stuk hout maak; en hulle sal een word in my hand.” (Esegiël 37:15-19).

ONTKENNING DAT ALLE BELOFTES VAN GOD JA EN AMEN IS IN CHRISTUS JESUS

Profesieë soos hierbo is almal ja en ook amen in Jesus Christus. (2 Korintiërs 1:20). Dit beteken dat net so seker soos wat Christus gekruisig, opgestaan, en opgevaar het na die hemel en nou sit aan die regterhand van sy Vader, net so seker sal Hy al sy beloftes aan Israel as volk (twaalf stamme) volkome vervul. Enigeen, en dit sluit Stephan Joubert en Jan der Watt in, wat dit ontken is nie besig om met die grootste respek van God te praat nie maar om sy Naam liederlik te ontheilig.

STOP, STEPHAN JOUBERT EN EKERK

Nee stop, sê Joubert en van der Watt. Dis darem ’n bietjie te dik vir ’n daalder. Kom ons vereenvoudig Lukas 11:2 na “Vader, mag mense met die grootste respek van U praat en U so eer.” sodat dom Afrikaners dit kan verstaan en nie weet wat “Laat U Naam geheilig word” so lekker beteken nie.”

Die woord “mag” is ’n voor-veronderstelling en nie ’n voldonge feit nie. Dit spreek die wens uit dat mense God met die grootste respek mag eer maar daar is hoegenaamd geen sekerheid dat mense dit ooit so sal doen nie. Trouens, die Here sê dat dit erger sal word in die laaste dae en dat pretensie-Christene sy heilige Naam toenemend sal onteer.

Het die wêreldse nasies alreeds die grootste respek vir die Naam van God en eer hulle Hom so?  Dit is m.a.w. ’n tipe mog-het-troffe gebed. Daarenteen is “Laat U Naam geheilig word” nie ’n lukrake gebed nie. God se Naam sal nog in die toekoms hier op aarde behoorlik en volgens God se wil deur alle mense [nasies] geheilig word.

Watwou! Nie eens Christene praat altyd met die grootste respek van God nie, miskien nie so direk nie, maar hulle doen dit so onderlangs wanneer hulle met die grootste respek praat van mense wat God nie eer en respekteer nie, wat sy Woord verwring en verdraai en sodoende onteer. 

Stephan Joubert is ’n ou kalant in hierdie trant wanneer hy met die grootste respek van valse leraars praat. Soos hy het Jan van der Watt blykbaar ook geen voorbehoude om luilekker in die geselskap van dwaalleraars sy eie unieke eierdans te doen nie.

So byvoorbeeld het hy op Radio Sonder Grense en Radio Kansel Prof. Pieter de Villiers, professor in spiritualiteit by KOVSIES, as gas onthaal om die boeke en kontemplatiewe spiritualiteit van onder andere Thomas Merton en Henri Nouwen te bespreek en by die luisteraars aan te beveel.

Om u ’n voorsmakie te gee hoe en met wie Joubert en van der Watt heul in hulle respek en eervolle praatjies van God, haal ek vir u aan wat Thomas Merton geglo het.

“In die senter van ons wese is daar ’n puntjie van niksheid wat onaangetas is deur sonde en illusie, ’n spikkeltjie van suiwer waarheid, ’n sone of vonkie wat geheel en al aan God behoort, wat nooit tot ons beskikking is nie, waaruit God ons lewens bestuur, wat ontoeganklik is vir die fantasieë [aka verbeeldingsvlugte van Stephan Joubert] van ons eie gemoed of die brutaliteite van ons [eie] wil.

Hierdie spikkeltjie van niksheid en van absolute armoedigheid is die suiwer heerlikheid van God wat in ons geskrywe is, as ons armoedigheid, as ons hulpbehoewendheid, as ons seunskap. Dit is soos ’n suiwer diamant wat met die onsigbare lig van die hemel gloei.

Dit is in almal, en as ons dit kon sien, sou ons hierdie biljoene ligpunte wat saamkom in die gloeiende aangesig van die son kon sien wat alle duisternis en wreedheid van die lewe totaal in die niet laat verdwyn. Ek het geen program vir hierdie sien (aanskouing) nie. Dit is alleenlik ’n gawe. Maar, die poort van die hemel is oral [sigbaar].”

(Merton, Conjectures of a Guilty Bystander, 154–155).

Thomas Merton het verwys na biljoene ligpunte wat saamkom om die duisternis en wreedheid van die lewe geheel en al oorweldig en in die niet laat verdwyn. Waar kom hierdie “ligpunte” vandaan?

So-ook is Stephan Joubert se kop geswaai deur Nelus Niemandt se boek “Nuwe Drome vir Nuwe Werklikhede” waarin hy Harry Potter en verskeie ontluikende teoloë eervol vermeld. Dis mense wat tot vandag toe nog die Here Jesus in die openbaar verloën, soos o.a. Brian McLaren, Leonard Sweet, Rob Bell, Tony Jones, en Doug Pagitt.

Beide Rob Bell en Doug Pagitt het teen die wil van God se opdrag in 2 Korintiërs 6:14  op 11 en 15 April 2014, tydens die “Seeds of Compassion” konferensie in Seattle, Amerika, saam met Boeddhiste, Mohammedane, Hindoes, Jode en ander gelowe op dieselfde verhoog verskyn om te besin oor nuwe wyses waarop barmhartigheid wêreldwyd onder die nasies versprei kan word. 

Is dit hoe Stephan Joubert, Jan van der Watt en elkeen wat hulle “NUWE Nuwe Testament” vanaf hulle kansels gebruik en verkondig, mense inspireer om met die grootste respek van God te praat en Hom so eer?

Soos vermeld is “Laat U Naam geheilig word,” nie ’n lukraak gebed nie. God se Naam sal nog in die toekoms hier op aarde deur alle mense [nasies] geheilig word en nie maar net met die grootste respek bejeën word nie. 

Die woord “hagiozo” (geheilig) is veel meer as net om met die grootste respek van iemand te praat. Die respekvolle gepraat oor iets of iemand kan niks en niemand heilig nie. God alleen kan sy Naam heilig, en dít alleenlik deur sy Seun Jesus Christus se heerskappy as Koning van die konings op aarde. (Lukas 1:18; Lukas 1:32-33; Psalm 2).

Hy alleen kan iets of iemand afsonder of afskei van die profane om as geheilig aan God toegewy te word. So word God se Naam, sy ondeurgrondelike heilige karakter, geheilig, geëer en verhoog. Hoe en wanneer sal dit gebeur?

DIE NAAM VAN GOD

Om die Naam van God te heilig beteken nie om sy Naam net met my mond, woorde en lewe te eer, hoog te ag en te respekteer nie. Om sy Naam te heilig beteken allereers om te weet en te glo wie en wat HY is en wie en wat Hy uitverkies het waar Hy graag wou hê sy Naam moes wees, m.a.w. waar Hy sy teenwoordigheid aan sy mense sigbaar, voelbaar en verstaanbaar wou maak. Die “wie” wat Hy uitverkies het is Israel en die “wat” is Jerusalem waar die eerste tempel in 957 VC deur Koning Salomo gebou is.

“Maar Ek het Jerusalem verkies, dat my Naam daar sou wees, en Ek het Dawid verkies om oor my volk Israel te wees.” (2 Kronieke 6:6).

HET GOD ‘N VROU?

Alle gelowiges in Christus word telkens die Bruid van Christus genoem. Kan ons met sekerheid ook sê dat God die Vader nes sy Seun ook n vrou het?

Die verbond wat God op Sinai met Israel gesluit het, nadat Hy hulle met groot wonders en tekens vanuit hulle slawerny in Egipte van nagenoeg 400 jaar bevry het, was eintlik ’n huwelikskontrak waarin die vrou haar nooiensvan prysgegee het om die naam van haar man aan te neem.

Enigiets wat die vrou dan doen, goed of sleg, word voortaan nie aan haar nooiensvan gekoppel nie maar aan dié van haar man. Wanneer die vrou ontrou is, praat die mense nie sleg van die vrou met betrekking tot haar nooiensvan nie, maar dié van haar man. So-ook is dit in die geestelike sin van die woord.

Die volgende skrifgedeeltes getuig hiervan.

“Keer terug, o afkerige kinders, spreek die HERE, want Ek is heer oor julle; en Ek sal julle neem, een uit ‘n stad en twee uit ‘n geslag en sal julle in Sion bring.” (Jeremia 3:14).

Waarom die vertalers van die 1953 OAV van de Bybel “bâ‛al” (man, huweliksmaat, “husband”) met “heer” vertaal het, terwyl dieselfde woord “bâ‛al” in Jesaja 54:5 as ’n vrou se huweliksmaat “man” reg vertaal is, weet nugter.

“Want jou Maker is jou Man; HERE van die leërskare is sy Naam; en die Heilige van Israel is jou Verlosser. Hy sal die God van die hele aarde genoem word.” (Jesaja 54:5).

NIE MEER ONTHEILIG NIE

Solank Israel deur al die nasies gehaat en sleg behandel word, soos dit nou reeds vir meer as 2000 jaar voortsleep sedert die Romeinse generaal Titus en sy magte die tempel en Jerusalem in 70NC verwoes het, word God se heilige Naam onder al die nasies ontheilig en belaster.

Daar was nog nie ’n enkele keer in die wêreldgeskiedenis dat die Jode nie op die aller gruwelikste maniere vervolg, verneder en vermoor is nie. Netso word God se Naam onteer en belaster wanneer sogenaamde Christene glo en verklaar dat die twaalf stamme van Israel nie meer bestaan nie (Jeremia 31:35-36).

Dit maak van God ’n leuenaar (2 Korintiërs 1:20). Ons twee vriende kan die Nuwe Testament met mooi woorde soos, “Vader, mag mense [die nasies] met die grootste respek van U praat en U so eer,” vertaal soveel hulle wil, dit beïndruk God nie in die minste nie, want sy Heilge Naam word elke dag onder die nasies onteer wanneer hulle sleg praat van sy volk Israel en van Sy stad Jerusalem waar Hy sy Naam gevestig het. (2 Kronieke 6:6).

Hoe weet ons dit? In Esegiël verklaar God onomwonde dat daar ’n tyd sal kom wanneer die nasies nie meer langer sy Naam sal ontheilig nie. Let wel, Hy verwys na die nasies in die geheel en nie net ’n gelowige hier en daar wat sy Naam sal heilig nie.  

“En Ek sal my heilige Naam bekend maak onder my volk Israel en sal my heilige Naam nie meer laat ontheilig nie; en die nasies sal weet dat Ek die HERE is, die Heilige in Israel.” (Esegiël 39:7-8).

Die bogenoemde vers dui op ’n spesifieke tydstip in die wêreldgeskiedenis, en veral dié van Israel, wanneer God sal sê, “Dit is nou net mooi genoeg. Ek is nou net mooi siek en sat vir julle onophoudelike verontheiliging van my Naam deurdat julle my volk uit wie my Seun, die enigste Verlosser en Saligmaker van die wêreld, gebore is, onder julle voete vertrap. Ek sal nie toelaat dat die nasies my Naam langer verontheilig en Jerusalem vertrap nie. (Lukas 21:24; Openbaring 11:2).

‘N NUWE HEMEL EN ‘N NUWE AARDE

Die Bybel praat van ’n nuwe hemel en ’n nuwe aarde, ’n spiksplinternuwe plek waar mense weer soos in die dae van Metusalem 900 jaar en langer sal lewe, en dat mense wat weens hulle sondes hulle eie lewens gaan verkort, nie langer as 100 jaar lank sal lewe nie. 

Ons praat nie nou van die ewigheid wat ná die duisendjarige vrederyk hier op aarde ’n aanvang neem nie. Nee, hierdie besondere tydvak staan nie in die Nuwe Testament of selfs Die Nuwe Nuwe Testament opgeskrywe nie. Dit staan in die Ou Testament. Miskien moet die twee manne sommer binnekort vir ons ’n Nuwe Ou Testament optower sodat ons arme ongeleerde outjies dit darem beter kan verstaan.

Die eerste drie stansas in Lukas 11 wat almal met “Laat U . . .” in die ou Afrikaanse vertaling begin, vorm ’n eenheid, ’n sg. Koninkryk-eenheid. Die letterlike voltrekking van hierdie koninkryk sal vir alle ware geredde persone eers beslag kry by die Tweede Koms van Jesus Christus na die aarde, en is dus nie  nou reeds in die wêreld ’n fait accompli nie. Dié bepaalde geestelike inhoud en betekenis het dus nog nie sy beslag op aarde gekry nie omdat alle mense tans nie God se Naam respekteer en eer nie.

VAN JESUS CHRISTUS NA HENRI NOUWEN

Dit is gebiedend noodsaaklik om Stephan Joubert daarop te wys dat, wanneer hy geestelike waarhede oordra, hy nie mense as voorbeelde moet gebruik wat kwansuis die hoogste aansien en eerbied vir hulle diensbaarheid op hulle kerfstok het nie.

Nederigheid is beslis nie om ’n suksesvolle psigiatriese praktyk vaarwel te roep om onder gestremde kinders in die L’Arche Daybreak community in Richmond Hill, Ontario te gaan werk nie, net omdat hyself nuwe leermeesters nodig gehad het.

Die vraag is, het die gestremde kinders Henri Nouwen nuwe dinge geleer of het hy hulle ou dinge soos hoe om kontemplatiewe meditasie te beoefen, geleer? Waarom het Henri Nouwen eintlik sy psigiatriese praktyk verlaat om gestremde kinders te versorg? Miskien lê die antwoord in hierdie kort verhaaltjie opgesluit.

“ANEKDOTE: MEESTER-DISSIPEL

“Eendag was daar ’n dissipel wat na die Meester gegaan en gesê het: ‘Meester, Ek het al so baie lyding in die wêreld gesien dat ek besluit het om meditasie te los sodat ek ander kan help en probeer om hulle lyding te verlig.”’Die Meester kyk vir sowat ’n sekonde na hom en sê glimlaggend: ‘Mense van die wêreld ly net omdat hulle nie mediteer nie, en jy wil meditasie los om hulle pyn te verlig? As almal gemediteer het sou die oorsaak van lyding baie vinnig verdwyn het.’” (“DROPS OF NECTAR” – PIER FRANCO MARCENARO).

Bron

Nederigheid is om God se waarheid, sy Woord, onverdund in onderdanige eerbied aan Hom, te verkondig. Het Henri Nouwen dit gedoen – onverdund? Gewis nie!

Dit is opvallend dat Stephan Joubert, soos ander kontemplatiewe aanhangers van mediatiewe oefeninge soos o.a. Lectio Divina, Stilte, ens., gereeld na Roomse priesters verwys asof hulle die opperste toonbeelde is van hoe om Christus te volg.

Joubert waarsku teen die verontheiliging van God se Naam, maar gee nie ’n duit om wanneer hy die glybaan van afvalligheid vanaf die hoogste piek van waarheid in Christus na die laagste dal van leuens in Henri Nouwen afgly nie.

Hoewel Joubert goed vertroud is met die aweregse goeters wat Henri Nouwen gesê en geskryf het, is hy so wrintie vermetel genoeg om sy naam naas die van Christus in sy video te noem. Waarom doen hy dit? Natuurlik wil Joubert sy lesers aanmoedig om soos Henri Nouwen kontemplatiewe gebede te beoefen. Hier’s enkele dinge wat Nouwen in sy boeke kwytgeraak het.

“Ek glo vandag persoonlik dat terwyl Jesus gekom het om die deur na God se huis oop te maak, alle mense deur daardie deur gaan al ken hulle Hom of nie. Ek sien [ook] vandag dat dit my roeping is om elkeen te help om sy of haar eie weg na God te vind.”

From Sabbatical Journey, Henri Nouwen’s last book page 51, 1998 Hardcover Edition.

“Die God wat in ons innerlike heiligdom woon is ook die God wat in die innerlike heiligdom van elke mens bly.”

(Here and Now, 1997 ed., p. 22, Nouwen)

 “Die stille herhaling van ’n enkele word kan ons help om met ons denke af te gaan na ons hart. …’n woord of sinnetjie wat dikwels herhaal word, kan ons help om te konsentreer, om ’n innerlike stilte te skep waar ons dan na die stem van God kan luister.” ”

(“The Way of the Heart,” pg. 81).

Hierdie gebede-gebroedsel weerspreek met koste elke woord wat Stephan Joubert oor Jesus se gebed in Lukas 11 sê. Dit druis nie alleen in teen God se opdrag dat ons nie ’n ydele herhaling van woorde moet gebruik wanneer ons bid nie (Matteus 6:7), maar maak van Joubert se lering oor gebed ’n anomalie.

Hoe op deeske aarde kan jy Joubert glo wanneer hy Jesus Christus en Henri Nouwen se leringe oor gebed naasmekaar stel? Dis mos pure onsin. Terstond, kan dit vergelyk word met godslastering en nie met, soos Prof. Jan van der Watt Lukas 11:2 vertaal het nie, “Vader mag mense met die grootste respek van U praat en U so eer.”

Vra uself, het Nouwen met die grootste respek en eervolheid van God gepraat wanneer hy homself in ’n trans geplaas het met ’n ydele herhaling van woorde, en dan nog boonop geglo het dat dit die manier is waarop God met mense praat?

Onsin! Dit is juis die manier waarop duiwels hulle leringe aan mense deurgee wanneer hulle hul gemoedere (denke) kapituleer vir ’n skynbare direkte “in die teenwoordigheid van God” of “in die nou” ervaring.

Daarom kon Henri Nouwen met die grootste vrymoedigheid die volgende God-onterende leuen kwytraak.

“Ek wil ook sê dat dit belangrik is om die alomteenwoordigheid van God se Gees te erken, ‘wat waai waar Hy wil’ in Judaïsme, Boeddhisme, Hindoeïsme, en die geloof van die Moslems. Ek is diep oortuig dat Jesus algeheel uniek as die volle openbaring van God se lewe in die wêreld is, maar ek glo ook dat baie mense na Christus kan kom al het hulle  Hom nog nooit formeel geken nie of die geleentheid gehad het om Hom aan te neem nie” 

(Love Henri, pg.303).

Kyk net hoe so ’n vabond Johannes 3:8 verdraai om die kwansuise universele alomteenwoordigheid van die Heilige Gees in alle godsdienste te onderskryf. Die konteks hiervan is nie waar die Heilige Gees is of nie is nie, maar die effek wat die Heilige Gees op iemand se lewe het wanneer hy weergebore word.

Soos die wind wat waai waar hy wil so beweeg die Heilige Gees waar Hy wil. Ja natuurlik kan Hy in die geledere van die Judaïsme, Boeddhisme, Hindoeïsme en die Moslems werk, nie om deel te wees van hulle godsdienste of hulle leringe te rugsteun nie, maar om sommiges vanuit daardie godsdienste te red deur hulle te oortuig van sonde, geregtigheid en oordeel.  

En eers wanneer hulle vanuit daardie godsdienste gered is, kan die resultate van die Heilige Gees se werke in hulle lewens sigbaar word, terwyl die Heilige Gees self, soos die wind, onsigbaar is. Stephan Joubert is dit eens met die noodsaaklikheid om te verander deur die werking van die Heilige Gees. Tog praat hy met groot waardering van Henri Nouwen wat die teendeel verkondig. Hoe werk sy kop wat gedraai is deur Nelus Niemandt se “Nuwe Dinge vir Nuwe Werklikhede?”

Daarom het Joubert ’n kleintjie dood aan mense wie se gebede net altyd ek-gerig is, en dis ook reg so. Dit gaan alles net oor hulleself en dit wat hulle vir hulleself opeis. Natuurlik gaan gebed in die eerste plek om God, sy eer, sy verheerliking, sy genade en barmhartigheid, en dankbaarheid tenoor sy Seun, Jesus Christus.

Maar, is dit al? Kan ons gebede reduseer tot iets wat net tot God beperk moet wees? Nee, beslis nie want God wil hê dat ons as sy kinders na ons hemelse Vader moet gaan en Hom te smeek vir dinge wat net op ons, sy kinders, betrekking het. Lees gerus Jakobus 4:2 en Mattheus 7:7-11.

BEWAAR ONS VAN DIE BOSE

Een van Joubert se liefling gedeeltes in die Skrif, en ook van almal wat die Wegraping verwerp is Johannes 17:15.

“Te veel Christene bid maar net dat hierdie wêreld sal verbygaan. Soos ek altyd vir myself sê, baie Christene dink hulle sit op ‘n geestelike lughawe en hulle bid net vir die volgende vlug hemel toe. Of hulle skuil in ’n geestelike bunker en hulle wag dat die Here hulle moet kom haal. En dan onthou ek Jesus se gebed in Johannes 17 ‘Vader, ek bid nie dat U hulle uit die wêreld moet wegvat nie, ek bid dat u hulle van die bose sal bewaar'”. 

1 Mei 2022: “So moet jy bid!” deur Stephan Joubert

Stephan Joubert is een van daai Christene wat sê dat hy Openbaring 22:21, die heel laaste vers in die Bybel, gereeld bid, “Hy wat dit getuig, sê: Ja, Ek kom gou. Amen, ja kom, Here Jesus!.” Sou hy dit wel gereeld bid, beteken dit dat hy ook daarmee saam bid dat hierdie wêreld verby moet gaan, want dit is by Christus se Tweede Koms wanneer hierdie wêreld uiteindelik verby sal gaan. Nogtans ontken Joubert dat hy soos baie Christene bid dat hierdie wêreld verby moet gaan. Hoekom? Wel, hy is moes besig om die Koninkryk van God met sy goeie werke “sigbaar, voelbaar en verstaanbaar te maak.” Hy is besig om dit te realiseer.

Die vraag wat ons moet vra is, verwys Joubert na die Tweede Koms van Christus na die aarde? Natuurlik nie. Sy spottende verwysing na ”’n geestelike lughawe” en “geestelike bunker” is onteenseglik gemik op Christene wat glo in ’n Pre-verdrukking Wegraping. Dit is hulle wat op ’n geestelike lughawe en in ’n geestelike bunker wag om deur die Here weggeneem te word.

Vanwaar kry Stephan Joubert die uitdrukking “’n geestelike bunker?” Dit kan beslis nie die Bybel wees wat hom met soveel Sophia-wysheid en insig vul nie want dit kom nêrens in die Bybel voor nie. Hy moes dit by iemand anders gehoor het. Inderdaad, ’n demoon met die naam Maitreya (Antichris) wat sy wyshede in een van sy dissipels, Benjamin Creme, se ore gefluister het, het dit aan hom geopenbaar. Tewens, ’n ander dissipel, Kim Sim, van die Maitreya skryf: –

Walk Bravely (Proudly) into the NEW Consciousness

Our World is going through a Shift towards a Higher Consciousness and this Shift is dynamic, constantly changing and charging forward. This creates an illusion that our world is coming to an end to some people as more and more Darkness is exposed. Doomsday preppers start to strengthen their underground bunkers, some may even start to hoard canned foods, bottled water, etc..

Dis g’n wonder nie dat Joubert eens gesê het dat die waarheid ook in die Boeddhisme gevind kan word. Die bg. is regte, egte Joubert-taal. Mag die Here sy oë oopmaak voordat dit te laat is.

LET WEL; ALLE VET GEDRUKTE GEDEELTES IS DEUR DIE OUTEUR BYGEVOEG

Please share:

Tom Lessing (Discerning the World)

Tom Lessing is the author of the above article. Discerning the World is an internet Christian Ministry based in Johannesburg South Africa. Tom Lessing and Deborah Ellish both own Discerning the World. For more information see the About this Website page below the comments section.

guest
Name or Username
Privacy Policy

Editing Comments: After commenting you have 15 minutes to EDIT your comment. Click the gear icon at the bottom right corner of the comment box, then click EDIT.

Previous Comments: Please read all previous comment pages if there are any. Thank you.

1 Comment
Inline Feedbacks
View all comments
Stephan Venter

Dit is ‘n baie goeie artikel Tom. Hierdie mense verdraai die waarheid so subtiel dat meeste lesers dit nie agterkom nie. Bybelvertalers swoeg jare lank om ‘n skrifgetroue vertaling die lig te laat sien, maar hierdie mense skep sommer elke paar jaar ‘n nuwe Bybel.

1
0
Would love your thoughts, please comment.x
()
x