Stephan Joubert se Deurlees van die Boek Openbaring in Koronatyd Herbesoek – Deel 1

Inleiding

Dit is opvallend hoe die boek Openbaring ’n oplewing ervaar in die gesprekke, onderhoude en preke van ons land se mees vooraanstaande geestelike leiers. Twee name wat onmiddellik die aandag trek, is Stephan Joubert en Riekert Botha.

Korona Virus versus Valse Leringe
Stephan Joubert

Die Korona virus is beslis baie gevaarlik. Dit kan mense doodmaak wat nie die regte voorsorgmaatreëls tref en behandeling kry wanneer hulle besmet word nie. Daar is egter ’n ander baie gevaarliker “virus” wat mense nie net fisies doodmaak nie maar ook hulle siele in die ewige verdoemenis kan dompel. Hierdie virus staan bekend as “valse leringe.”

So terloops, om u ‘n voorsmakie te gee van Stephan Joubert se “weglaat” en “byvoeg” filosofie in sy uitleg van Openbaring 6:2, sê hy die ruiter op ‘n wit perd met ‘n pyl en boog (wat totaal on-Bybels is want daar word hoegenaamd nie melding gemaak van pyle nie) is nie die Antichris nie maar valse leringe per se. As sodanig is Joubert en sy geliefdes in die Mosaïek Kerk en die Moreletapark Gemeente nou al jare lank besig om die Antichris (via die valse leringe van

  • Erwin McManus,
  • Leonard Sweet,
  • Henri Nouwen,
  • Thomas Merton,
  • Thomas Keating,
  • Dallas Willard,
  • Richard Foster,
  • Morton Kelsey,
  • Trevor Hudson,
  • Wayne Teasedale,
  • Ron Martoia,
  • Bruce Wilkinson,
  • Eugene Peterson,
  • Tony Campolo,
  • Richard Rohr,
  • Teresa van Avilla,
  • John of the Cross,
  • Moeder Teresa,
  • C. S. Lewis,
  • Bede Griffiths,
  • Anthony de Mello,
  • Carl Jung,
  • Pierre Teilhard de Chardin,

aan hulle luisteraars op te dis. Volgens Joubert is die Antichris dus nie ’n persoon, (’n “hom”), nie maar ’n “dit” terwyl Jesus Christus self na die Antichris verwys het as “hom,”

Ek het gekom in die Naam van my Vader, en julle neem My nie aan nie. As ‘n ander een in sy eie naam kom, hóm sal julle aanneem.(Johannes 5:43)

Wat is valse leringe? Natuurlik is dit niks anders as Bybelse leringe wat vervals word, verkeerd uitgelê word, of net so ‘n bietjie verdraai word om steeds die skyn van waarheid te behou maar in werklikheid dodelik giftig is. Sodanige verdraaiings van veral God se profesieë in die boek Openbaring is so intens ernstig dat Hy enigiemand wat dit durf waag om iets by te voeg of iets daarvan weg te neem met die sterkste woorde denkbaar as volg waarsku,

Want ek betuig aan elkeen wat die woorde van die profesie van hierdie boek hoor: As iemand by hierdie dinge byvoeg, dan sal God oor hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is. En as iemand iets van die woorde van die boek van hierdie profesie wegneem, dan sal God sy deel wegneem uit die boek van die lewe en uit die heilige stad en uit die dinge waarvan in hierdie boek geskrywe is. (Openbaring 22:18-19).
Riekert Botha

Skynbaar besef ons hedendaagse profete soos Stephan Joubert en Riekert Botha nie hoe ernstig die vermaning is nie. Joubert gee byvoorbeeld nie ’n snars om as hy God se ewige verbond met sy volk Israel (die oorblyfsel van Israel uit elkeen van die twaalf stamme) vir die honde gooi as hy sê die twaalf stamme bestaan nie meer nie. God, so sê Joubert, is kant en klaar met die twaalf stamme in weerwil van Sy onveranderlike en ewige verbond met die volk Israel in Jeremia 31:35-36.

So sê die HERE wat die son gee tot ‘n lig oordag, die ordeninge van die maan en van die sterre tot ‘n lig in die nag; wat die see in beroering bring, sodat sy golwe bruis, HERE van die leërskare is sy Naam: As hierdie verordeninge voor my aangesig sal wyk, spreek die HERE, dan sal die nageslag van Israel ook ophou om ’n volk te wees voor my aangesig vir altyd.

Riekert Botha van die VitaDei Woordskool het naas Joubert ‘n ander “byvoeg en wegneem” resep vir Openbaring bekonkel. Nee, nee, nee, sê hy vir Stephan Joubert, die ruiter op die wit perd in Openbaring 6 is nie valse leringe nie maar Jesus Christus wat ook in Openbaring 19 op ’n wit perd ry. Ek het Riekert Botha ’n epos gestuur waarin ek die volgende vrae vra,

Goeiedag.

Ek merk dat daar in ons huidige Korona krisis heelwat meer belangstelling in die boek Openbaring is. Verskeie video-reekse oor Openbaring het onlangs op YouTube  die lig gesien. Stephan Joubert blyk een van die meer vrugbare Openbaring “eksegete” van ons tyd te wees. Dis net jammer dat hy hoofstuk 7 heelhuids in terme van die kerk (ekklesia) interpreteer omdat hy glo die twaalf stamme bestaan nie meer nie.  Die Vervangings-teologie (“Replacement Theology”) is besig om al hoe meer inbreuk te maak op die kerk ten spyte van God se belofte in Jeremia 31:35-36,

“So sê die HERE wat die son gee tot ‘n lig oordag, die ordeninge van die maan en van die sterre tot ‘n lig in die nag; wat die see in beroering bring, sodat sy golwe bruis, HERE van die leërskare is sy Naam: As hierdie verordeninge voor my aangesig sal wyk, spreek die HERE, dan sal die nageslag van Israel ook ophou om ’n volk te wees voor my aangesig vir altyd.

As ek die teks reg lees, dan sê God hier dat sy skepping eers volkome sal moet ophou bestaan alvorens Hy sy volk Israel verwerp. Nogtans volhard baie van ons hedendaagse Openbaring-eksegete met die idee dat die kerk die nuwe Israel is. My persoonlike mening is dat Openbaring ’n warboel tipe van ‘n legkaart word sodra Israel (die twaalf stamme) uit die prentjie gelaat word. Die profeet Jeremia sê tog baie duidelik in hoofstuk 30 en vers 7 dat die sewe-jarige verdrukking hoofsaaklik Jakob (Israel, en nie die kerk nie) se benoudheid sal wees. Die profeet Daniël wei in groter detail hieroor uit wanneer hy skryf,

“Sewentig sewetalle is oor jou volk (Israel) en jou heilige stad (Jerusalem) bepaal, om die goddeloosheid te voleindig en om die maat van die sondes vol te maak en om die ongeregtigheid te versoen en om ewige geregtigheid aan te bring en om gesig en profeet te beseël en om wat hoogheilig is, te salf. Nou moet jy weet en verstaan: van die uitgang van die woord af om Jerusalem te herstel en op te bou tot op ‘n Gesalfde, ‘n Vors, is sewe sewetalle; en twee en sestig sewetalle lank sal dit herstel en opgebou word, met pleine en slote, maar in tye van benoudheid. En ná die twee en sestig sewetalle sal ‘n Gesalfde uitgeroei word, maar sonder iets vir Hom; en die volk van ‘n vors wat sal kom, sal die stad en die heiligdom verwoes, maar sy einde sal met ‘n oorstroming wees, en tot die einde toe sal dit oorlog wees, vasbeslote verwoestings. En hy [die Antichris] sal een week lank met baie ‘n sterk verbond sluit, en gedurende die helfte van die week sal hy slagoffer en spysoffer laat ophou; en op die vleuel van gruwels sal daar ‘n verwoester wees, en wel tot aan die einde; en wat vas besluit is, sal oor wat woes is, uitgestort word.” (Daniël 9:24-27).

Ek glo vas ’n mens kan alleenlik die inhoud van die boek Openbaring teen die agtergrond van Daniël se profesie van die sewentig weke reg verstaan.

In die lig hiervan wil ek graag vra waarom jy sê die eerste perderuiter op ’n wit perd is nie die Antichris nie maar Jesus Christus en om jou stelling te staaf, verwys jy na Openbaring 19 met ferme klem op die woorde “’n oorwinnaar en om te oorwin” in 6:2 met dien verstande dat “‘n oorwinnaar en om te oorwin” dui op verlossing, redding, wedergeboorte, nuwe lewe van bo.

Jou woorde is, as ek reg onthou, “Jesus het op sy triomftog mense se harte oorwin.” Die woord νικάω (nikaó) (oorwin) verskyn ongeveer 29 keer in die Nuwe Testament en nie ’n enkele keer in terme van bekering, redding, verlossing of wedergeboorte nie, en nog minder in assosiasie met die mens se hart. Dit word telkens gebruik in terme van oorwinning oor die duiwel en sy bose magte, die wêreld en die mens se gevalle natuur (ou natuur). Die swaard, en nie ’n boog sonder pyle nie, is simbolies van Christus se regverdige oordele en oorwinning oor sy vyande. Ons mag nie sy swaard na ’n boog sonder pyle verander nie, en hier’s die rede. Dit sou sy belofte om die Heilige Gees te stuur ná sy Hemelvaart en verhoogde posisie wat hy aan die regterhand van sy Vader ingeneem het om die Ekklesia te vestig, in die wiele ry. Hy het nie vir sy dissipels gesê,

Maar Ek sê julle die waarheid: Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal ek nie die eerste seël kan oopbreek om Myself as ’n ruiter op ’n wit perd met ’n boog enboog na julle te stuur nie, terwyl Ekself nog op my hemelse troon sit om as die enigste Waardige Een die res van die seëls oop te breek en die ander perderuiters uit te stuur, nes Ek myself uitstuur.

Hy het die Heilige Gees (sonder boog en pyle) gestuur, nie om mense se harte te oorwin nie, maar om die wêreld te OORTUIG van sonde, geregtigheid en oordeel. Ons moet hou by die teks soos jy tereg sê, so nie moet ons dit nie as klinkklare waarhede verkondig nie. Dit mislei mense. Die beskrywing van ’n man op ’n wit perd met ’n boog (sonder pyle) verskyn net hier in Openbaring 6:2 en op geen ander plek in die ganse Bybel nie.

Die boog sonder pyle is simbolies van ’n valse vrede wat die Antichris aan die begin van die sewejarige verdrukking met  die volk Israel sluit (Johannes 5:43), net om daarna (op ’n rooi perd) met ’n swaard in die hand die vrede op aarde weg te neem (1 Tessalonisense 5:3). Dieselfde persoon ry op al vier die perde waarvan die onderskeie kleure sy agtereenvolgende handelinge beskrywe met die wêreld en veral die Jode. Daniël beskryf hierdie valse vrede soos volg op Engels (die Afrikaanse vertaling sê dit nie so mooi nie),

And in the latter time of their kingdom, when the transgressors are come to the full, a king of fierce countenance, and understanding dark sentences, shall stand up. And his power shall be mighty, but not by his own power: and he shall destroy wonderfully, and shall prosper, and practise, and shall destroy the mighty and the holy people. And through his policy also he shall cause craft to prosper in his hand; and he shall magnify himself in his heart, and by peace shall destroy many: he shall also stand up against the Prince of princes; but he shall be broken without hand. (Daniel 8:23-25).

Groete

Tom Lessing

U kan Riekert Botha se uitleg van Openbaring hier kyk.

Ons Sal Na U Nie Luister Nie
Ook moet jy al hierdie woorde aan hulle meedeel, maar hulle sal na jou nie luister nie; en jy moet na hulle roep, maar hulle sal jou nie antwoord nie. 

Aangaande die woord wat u ons in die Naam van die HERE verkondig het—ons sal na u nie luister nie. (Jeremia 7:27; 44:16)

Ek het tot dusver geen reaksie ontvang nie. Nie Joubert of Botha wend die geringste poging aan om ten minste ’n tikkie goedgemanierdheid aan die dag te lê en te sê, Ons sal jou skrywe soos Bereane in die lig van die Skrif ondersoek en jou vrae so gou as moontlik probeer beantwoord. Trevor Hudson is self skuldig aan hierdie mooi stil kontemplatiewe/Jesuïet-geïnspireerde goedgemanierdheid om mense eenvoudig te ignoreer. Ek het hom op ’n dag geskakel om my diepe kommer uit te spreek oor een van sy kontemplatiewe mede-reisgenote (Johan Geyser) na wie weet waar se preek oor “Minder skuld, Meer Genade” op 8 Maart 2020 . Hy het onderneem om my terug te skakel. Sy stilswye it tot vandag toe nog oorverdowend.

Dit herinner my aan ’n koerantberig wat op 22 Junie 2018 in Beeld verskyn het waarin Stephan Joubert die volgende wyshede oor Henri Nouwen kwytgeraak het. Eers moet ons onsself weer ’n slag deeglik vergewis van wat Nouwen oor verlossing en redding gesê het, net om so ’n bietjie meer agtergrond te kry oor Stephan Joubert en sy geliefdes in die Moreletapark Gemeente, en veral by Mosaïek Kerk, se kern teologie. Henri Nouwen skryf:

Ek glo vandag persoonlik dat, terwyl Jesus gekom het om die deur oop te maak na God se huis, alle mense deur daardie deur kan loop, ongeag of hulle iets van Jesus weet of nie. Vandag sien ek dit as my roeping om elke persoon te help om sy eie weg na God op te eis.

Die stil herhaling van ‘n enkele woord kan ons help om met die gemoed af te gaan na die hart . . . Hierdie manier van eenvoudige gebed . . . . maak ons oop vir God se aktiewe teenwoordigheid. (Nouwen, The Way of the Heart, p. 81, 1991 uitgawe). (Klem bygevoeg)

(Uit “Sabbatical Journey, Henri Nouwen se laaste boek p. 51, 1998 Harde omslag uitgawe).
(Nouwen, The Way of the Heart, p. 81, 1991 uitgawe).

Stephan Joubert preek in sy reeks oor die boek Openbaring met gloeiende eerbied en respek van God se hemelse heerlikheid en majesteit wat in ’n visioen op Patmos aan Johannes geopenbaar is maar pluk terselfdertyd die vrot vrugte van “bome” waarvan sommiges waarskynlik reeds in die voorhowe van die hel onbeskryflike smarte ly in die vlam van vergelding en verderwing omdat hulle die ewige Evangelie van God verwring, verdraai en vertrap het. Nogtans het hy die chutzpah gehad om saam met Johan Smith van “Wie het jou betower faam ’n eboek te skryf (Vreugde-vrou: Inspirasie vir vroue wat betekenisvol wil leef) waarin hulle vreugde-vrouens aanraai om die gay, Henri Nouwen, en Larry Crabb se kontemplatiewe praktyke na te volg en sodoende die vreugdes van die leringe van duiwels te ontdek (1 Timoteus 4:1). Dit klink kras nê? . . . en tog is dit presies wat hulle doen.

Hulle inspireer sg. vreugde-vrouens om valse profete se hel-verdiende valse leringe oor redding en verlossing aan te gryp. Paulus praat só oor hierdie sg. vreugde-vrouens as, “mense wat ‘n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het. Keer jou ook van hierdie mense af. Want uit hulle is die wat in die huise insluip en arme vroue gevange neem wat met sondes belaai is en deur allerhande begeerlikhede gedryf word, wat altyd leer en nooit tot die kennis van die waarheid kan kom nie. (2 Timoteus 3:5-7).

Henri Nouwen
Henri Nouwen
Beeld-22-Junie-2018-Joubert-oor-Henri-Nouwen
Johan-Smith
Johan Smith

Dis mooi woorde, nè? Die ongeluk is dat Stephan Joubert NIE juis Henri Nouwen se voorbeeld navolg om na ander te luister nie. Trouens, wanneer iemand hom waarsku dat hy besig is om die profetiese waarhede in die boek Openbaring van bakboord na stuurboord weg te neem en/of daarby te voeg, dan ignoreer hy jou soos ’n melaatse en kan ’n mens voorwaar, soos een van sy Moreleta Gemeente geliefdes, Johan Smith, vra “Wie het jou betower?” of “Wie het jou getoor?”

Terloops, soos reeds gesê, Joubert en Smith het saam ’n boek geskryf, “Vreugde-vrou (eBoek): Inspirasie vir vroue wat betekenisvol wil leef” waarin hulle Henri Nouwen goedgunstiglik aanhaal. Henri Nouwen was ’n Gay Roomse Katolieke priester en ’n dissipel van Thomas Merton wat sommer ronduit en onbeskaamd met venyn die evangelie van verlossing nek omgedraai het. Hy het geskryf,

In die senter van ons wese is daar ’n puntjie van niksheid wat onaangetas is deur sonde en illusie, ’n spikkeltjie van suiwer waarheid, ’n sone of vonkie wat geheel en al aan God behoort, wat nooit tot ons beskikking is nie, waaruit God ons lewens bestuur, wat ontoeganklik is vir die fantasieë van ons eie gemoed of die brutaliteite van ons [eie] wil. Hierdie spikkeltjie van niksheid en van absolute armoedigheid is die suiwer heerlikheid van God wat in ons geskrywe is, as ons armoedigheid, as ons hulpbehoewendheid, as ons seunskap. Dit is soos ’n suiwer diamant wat met die onsigbare lig van die hemel gloei. Dit is in almal, en as ons dit kon sien, sou ons hierdie biljoene ligpunte wat saamkom in die gloeiende aangesig van die son kon sien wat alle duisternis en wreedheid van die lewe totaal in die niet laat verdwyn. Ek het geen program vir hierdie sien (aanskouing) nie. Dit is alleenlik ’n gawe. Maar, die poort van die hemel is oral [sigbaar]. (Klem bygevoeg).

(Merton, Conjectures of a Guilty Bystander, 154–155).

Hy skryf voorts in dieselfde boek oor verlossing en redding die volgende:

Vir my is om ’n heilige te wees om myself te wees. Daarom is die probleem van heiligheid en saligheid inderdaad die probleem om uit te vind wie ek is en om my ware self te vind.

G’n wonder die Here sê:

Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind. (Matteus 7:14)

Dié is seker, wie ookal na Thomas Merton, Henri Nouwen en die persone in die lys wat hierbo genoem word, luister, sal nooit die nou poort en smal pad vind nie. Vergeet dit. Daar is maar baie min wat die nou poort vind, veral diegene wat dink hulle “journeys” bring hulle uiteindelik by hulleself uit in hulle ontdekkingsreis na verlossing, Die sg. “journey” (’n term wat geliefd is by kontemplatiewe spiritiste soos Stephan Joubert, Johan Geyser, Theo Geyser, Melissa van Biljon Trevor Hudson, en Jacques Bornman) wat Merton onderneem het om homself en sy ware self te vind was ‘n ontdekkingsreis wat hy onderneem het na die Boeddhiste, Taoïste en Hindoes. Beide Merton en Griffiths knoop hierdie ware/vals self dialektiek eksplisiet vas aan die Genesis narratief van die Paradys tuin in Eden (die ware Self in kontemplatiewe intimiteit met God), dan die val (in ’n vals self), en nou die moeisame reis van verlossing (terug na die ware Self). Die volgende beskrywing van die ware/vals self wat Bede Griffiths met ‘n tikkie minder Indiese kleur omskrywe, kon net sowel uit die pen van Thomas Merton gekom het,

Die val van die mens is die val vanaf hierdie Grond, hierdie Senter van vryheid en onsterflikheid, in onderdanigheid aan die sensuele en hierdie materiële wêreld, en Rede is die slang . . . Hoe moet ons dan van die Val herstel; hoe moet ons terugkeer na die Senter? Dit is die probleem van die moderne wêreld. Waarnatoe is ons besig om terug te reis? ‘n Senter, ‘n punt waar hemel en aarde ontmoet, waar die mens se lewe oop is vir die oneindige transendensie. (Klem bygevoeg).

Bede Griffiths, Return to the Center, Springfield: Templegate, 1976, p. 17.

Let op hoedat hy die mens se rede wat hom die vermoë gee om te onderskei tussen die leuen en die waarheid as die vyand (die duiwel) afskilder, terwyl God ons vermaan om ‘n redelike godsdiens (‘n godsdiens wat nie apaties staan teenoor rasionele denke nie) te volg. (Romeine 12:1). Daar is ‘n verstommende stukkie ironie aan Johan Smith se preek “Wie het jou betower (getoor)” van 7 Maart 2020 in die Mosaïek Kerk, veral in die lig van die hoeveelheid towenaars wat hierdie kerke en hulle gemeentelede sedert hulle ontstaan getoor het.

Dis nie soseer die vraag “Wie het jou getoor?” wat so hard is nie maar die feit dat Mosaïek en Moreletapark se hiërargieë toegelaat het, en nog steeds toelaat, dat hulle gemeentelede deur valse leraars getoor word. Hoe is dit moontlik terwyl hulle voortdurend daarop aanspraak maak dat hulle volgelinge van Jesus Christus is en daagliks in sy voetspore wandel? Die toordery waarmee hulle getoor word, is so sterk dat nie een van hulle eens agterkom dat hulle nie die Jesus van die Bybel nie maar ‘n ander Jesus volg. Jesus Christus, die regte Een, het gesê,

En wanneer hy sy eie skape uitgebring het, loop hy voor hulle uit; en die skape volg hom, omdat hulle sy stem ken. Hulle sal ‘n vreemde nooit volg nie, maar van hom wegvlug, omdat hulle die stem van die vreemdes nie ken nie. (Johannes 10:4-5)

Pleks daarvan om weg te vlug van die talryke valse leermeesters en die leringe waarmee hulle en hul gemeentelede getoor word, omhels hulle die toorgoed van ander met gulsige geesdrif. Wie is hierdie towenaars wat hulle so betower met hulle toorgoed? Die name van verskeie van hierdie toordokters verskyn reeds in ‘n lys wat vroeër in hierdie artikel genoem word. Kom ons kyk nou weer ‘n slag na sommige van hulle en ook spesifiek na hulle siening rondom die verlossingsleer.

Die God wat in ons innerlike heiligdom woon is dieselfde as die een wat in elke mense se innerlike heiligdom lewe.

Nouwen se stelling is nie net ‘n flagrante ontkenning en miskenning van Romeine 8:9 nie, “. . . as iemand die Gees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie” maar ook dat Christus Jesus die enigste Weg na God is. As Nouwen korrek is, dan het Jesus Christus gelieg toe Hy gesê het, “Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind.” (Matteus 7:14). Nogtans was hy vermetel genoeg om te skryf dat hy mense kon help om hulle eie weg na God te vind.

Here and Now by Henri Nouwen; p. 2

Ek glo vandag persoonlik dat, terwyl Jesus gekom het om die deur oop te maak na God se huis, alle mense deur daardie deur kan loop, ongeag of hulle iets van Jesus weet of nie. Vandag sien ek dit as my roeping om elke persoon te help om sy eie weg na God op te eis.

(Uit “Sabbatical Journey, Henri Nouwen se laaste boek p. 51, 1998 Harde omslag uitgawe).

Hoe is dit moontlik dat Henri Nouwen sulke uitgelese predikers soos Stephan Joubert en Johan Smith kon toor om ‘n boek te skryf waarin hulle goedgunstiglik na hom verwys as ‘n toonbeeld van Christenskap? En dit, boonop, vir ‘n klomp vreugde-vrouens “wat altyd leer en nooit tot die kennis van die waarheid kan kom nie” omdat hulleself deur twee betowerdes getoor is.

Die eenvoudigste en effektiefste manier om die Evangelie van Jesus Christus te beskadig, is om die kruis suiwer te verkondig en dan stellig bekende en hooggeëerde persoonlikhede, veral uit die geledere van die Roomse Kerk, as voorbeelde te gebruik van hoe Christene Jesus Christus behoort te volg. Die gevolg is dat sulke geestelike “celebritries” meer en met groter waardering aangehaal word as Jesus Christus self. Johan Smith haal vir Moeder Teresa soos volg aan:

Die geestelike armoede van die Westerse wêreld is baie groter as die fisiese armoede van ons mense in Kalkutta. Julle in die Weste het miljoene mense wat verskriklik ly aan eensaamheid en leegheid . . . Hierdie mense is nie honger in die fisiese sin van die woord nie maar hulle is op ‘n ander manier. Hulle is bewus dat hulle iets meer as geld nodig het en tog weet hulle nie wat dit is nie. Wat hulle in werklikheid nodig het, is ‘n lewende verhouding met God.

Moeder Teresa se suggestie dat die armes in Kalkutta geestelik baie ryker was/is as die rykstes in die Westerse wêreld, vloei vanuit haar siening rondom verlossing. Soos die Roomse Kerk, het sy geglo dat armoede en lyding jou help om jou verhouding met God (enige god afhangende van die godsdiens waartoe jy behoort) te versterk en die ewige lewe te verdien.

Nadat ‘n drie-verdieping klooster met ruim kamers aan hulle geskenk is . . . het die susters . . . die banke verwyder . . . [en] al die duursame matte in die kamers en gange verwyder. Hulle het dik matrasse by die vensters uitgegooi en al die sofas, stoele en gordyne verwyder . . . Mense in die woonbuurt het op die sypaadjie gestaan en met verbasing die spulletjie aanskou.

Die mooi huis is verander om aan te pas by ‘n leefwyse wat die susters moes help om heilig te word. Groot sitkamers is omskep in slaapsale waar beddens dig opmekaar geplaas is. . . . Die hitte is dwarsdeur die wintermaande in hierdie bedompige huis afgesit. Sommige susters het tuberkulose gekry terwyl ek nog daar gebly het.

(Christopher Hitchens, The Missionary Position: Mother Teresa in Theory and Practice; Verso, London, New York, 1995, p. 45)

Hierdie tipe “toormiddels” is van die gevaarlikste denkbaar. Dit betower nie net nie maar begogel mense om hulle lewens te skoei op hierdie mense se heuningsoet woordjies en sg. goeie dade. Dis tragies-ironies dat Johan Smith Moeder Teresa as voorbeeld gebruik om aan te dui dat goeie werke en ons eie verdienstes nie kan red nie terwyl sy juis, soos die Roomse Kerk, op haar eie goeie werke in Kalkutta staat gemaak het om haar redding te verseker. So-ook beskou baie van haar hedendaagse bewonderaars en navolgers haar goeie werke onder die armste van die armes in Kalkutta as die begronding van haar redding en toelating tot die ewige lewe.

Moeder Teresa
Moedertjie Teresa

“O, ek hoop ek is besig om mense te bekeer. Ek bedoel nie wat jy miskien dink nie. Ek hoop ons is besig om harte te bekeer. Nie eens die Almagtige God kan iemand bekeer tensy daardie persoon wil nie. Wat ons almal probeer doen deur ons werk, deur mense te dien, is om nader aan God te kom. Wanneer ons van aangesig tot aangesig met God kom, dan is ons besig om ons te bekeer. Ons word ‘n beter Hindoe, ‘n beter Moslem, ‘n beter Katoliek, ‘n beter wat ons ookal mag wees, en dan deur beter te wees kom ons nader aan Hom. As ons Hom ten volle in ons lewens ontvang, dan is dit bekering. Watter benadering sal ek gebruik? Vir my, natuurlik, sal dit die Katolieke een wees, vir jou sal dit miskien Hindoe wees, vir iemand anders die Boeddhiste een, volgens die persoon se gewete. Wat God in jou gemoed (verstand) is, moet jy aanvaar. Maar, ek kan nie verhoed om te probeer wat ek het vir jou wil gee nie.”

“Ek is nie bang om te sê ek is verlief op Jesus omdat Hy alles is vir my. Maar jy mag ‘n ander prentjie [van Hom] in jou lewe hê. En dit is die manier waarop bekering verstaan moet word — mense dink bekering is om oornag te verander. Dit is nie so nie. Niemand, nie eens jou pa of ma kan jou dit maak doen nie. Nie eens die Almagtige God kan ‘n persoon dwing nie.”

Dit is niks anders nie as die leer van self-geregtigheid en self-verdienstelikheid waarteen Johan Smith in sy preek by Mosaïek Kerk op 7 Maart 2020 gepreek het.

Mary Loudon, ‘n vrywillige werker in Kalkutta, het die volgende oor Moeder Teresa se Huis vir die Sterwendes geskryf,

My eerste indruk was dié van al die fotos en beeldmateriaal wat ek van Belsen (‘n Nazi doodskamp) en ander soortgelyke plekke gesien het, omdat al die pasiënte geskeerde koppe gehad het. Nêrens was daar stoele nie, daar was net hierdie draagbare beddens. Hulle is soos Eerste Wêreld Oorlog draagbare beddens. Daar’s geen tuin nie, nie eens ‘n agterplaas nie. Nee, niks. En ek dag toe by myself, wat’s dié? Hier’s twee kamers met vyftig tot sestig mans in een, vyftig tot sestig vrouens in ‘n ander. Hulle is besig om te sterwe. Daar word nie juis pogings gemaak om hulle met behoorlike medisynes te behandel nie. Hulle kry nie pynstillers vir die soort wat gebruik word vir terminale kanker nie . . . bo en behalwe gewone aspiriene.

(Christopher Hitchens, The Missionary Position: Mother Teresa in Theory and Practice; Verso, London, New York, 1995, pp 39-40)

Johan Smith se preek op 7 Maart 2020 is tipies van die wyse waarop Mosaïek Kerk hulle aas oor die see van mense uitgooi en soos wafferse mistieke vistermanne mense in hulle nette van toorderye te vang. Hulle preek soms die mooiste evangeliese preke net om mense dan te lei na mistici soos Moeder Teresa, Thomas Merton, Erwin McManus, Eugene Peterson, Morton Kelsey, Henri Nouwen, Ignatius van Loyola (Jesuïete), kontemplatiewe meditasie, en labirinte by hulle retraits.

Blykbaar gee hulle nie om in wie of wat jy glo nie. Jy kan glo in wie en wat ook al vir jou reg klink en lyk. Dis nie die belangrikste nie. Die belangrikste ding is om te kyk na hulle fenomenale goeie werke. So praat Stephan Joubert met gloeiende bewondering van Moeder Teresa in sy boek “Hijacked by Jesus.”

“Toe Moeder Teresa gevra is hoe sy daarin geslaag het om die armes in Kalkutta op so ‘n fenomenale wyse te versorg, het sy blykbaar opgemerk, ‘Elkeen van hulle is Jesus in vermomming.’ Dit is die effektiefste wyse om genade te betoon, een persoon op ‘n keer. Een vir een. Een lewe wat ‘n ander lewe aanraak en dan weer ‘n ander lewe aanraak . . . een ontmoeting na die ander. God se koninkryk gaan oor die konstante saai van mosterdsade – en om dan uit God se pad te staan sodat hy jou deur sy genade kan kaap.”

Ek sien nêrens in die Skrif dat Jesus Christus mense kaap (“hijack”) nie. Die woord “hijack” het eintlik ‘n baie lelike konnotasie en suggereer dat Jesus ‘n krimineel is. Die woord “hijack,” volgens die woordeboek beteken om “wederregtelik iemand se eiendom (‘n vliegtuig, skip, motor of enige ander voertuig) in transito te steel en die bestuurder te dwing om vir die kaper se eie doelwitte na ‘n ander bestemming te stuur.” En dit, my vriende, is hoe Stephan Joubert, Johan Smith en hulle familie by Mosaïek en E-Kerk, mense toor. Die Heilige Gees kaap nie sondaars nie en nog minder forseer Hy Hom af op mense om teen hulle wil hulle voertuie (gees, siel en liggaam) na die hemel te bestuur. Dit is plein nonsens.

Om mee af te sluit, plaas ek hier die eerste in ‘n reeks videos waarin ek toon hoedat Mosaïek en E-Kerk mense toor, veral ook ten opsigte van die eindtyd. Klik op blasy 2 om die video “Stephan Joubert se Deurlees van die Boek Openbaring in Korinatyd Herbesoek” te kyk.

https://www.youtube.com/watch?v=DcwYQUHkE4M

Addendum

Gedoriewaar. Kan jy dit glo? Ek het nou al ‘n paar keer probeer om ‘n pos op Riekert Botha se Facebook te plaas en elke keer het dit soos mis voor die moreson verdwyn. Gelukking het ek ‘n kopie daarvan gemaak om vir my lesers te wys hoe die waarheid van God onderling in die geledere van valse leermeesteers in hulle ongeregtigheid onderdruk word. (Romeine 1:18).

Riekert-Botha

Riekert Botha sal waarskynlik vir jou sê dat jou interpretasie van die ruiter op ‘n wit perd in Openbaring nie so belangrik is nie. “So what?” as Joubert glo dis valse leringe en Botha glo dis Jesus Christus, wat maak dit saak? Dit behoort nie jou verhouding met sulke uitgelese Radboud Universiteit geleerde medeleraars soos Stephan Joubert te vertroebel nie. Kom ons vra Riekert Botha hoe sou hy voel as mense hom met Joubert verwar en hom daarvan beskuldig dat hy op so en so ‘n plek, en op so en so ‘n dag gesê het dat jy waarheid kan vind in Boeddhisme, Judaïsme, Ateïsme en elke Jan Rap en sy maat van watter godsdiens denkbaar ook al?

As Riekert Botha Christus Jesus waarlik liefhet sal hy onmiddellik ontken dat hy ooit so-iets beduiwels gesê het en die skuldenaar by name noem. Maar wag so ‘n bietjie, Riekert skram eerder weg en verwyder my poste op sy Facebook met koste. Beide Joubert en Botha maak daarop aanspraak dat die Heilige Gees hulle gelei het om hulle uiteenlopende menings rondom die ruiter op ‘n wit perd in Openbaring 6:2 te vorm. Dis geheel en al onmoontlik. Daar’s nie twee Heilige Geeste nie – NET EEN en Hy word boonop die Gees van die Waarheid genoem (Johannes 16:13). Een van hulle, of selfs ablei, moet dus lieg, en waar mag ons vra kom leuens vandaan . . . ? (Johannes 8:44). Om die Heilige Gees by leuens te betrek, is suiwer towery (geestelike hoerery) en maak die leuenaar aandadig aan die volgende Skrifgedeelte.

Wee hulle wat sleg goed noem en goed sleg, wat die duisternis lig maak en die lig duisternis, wat bitter soet maak en soet bitter.

(Jesaja 5:20)

As Stephan Joubert reg is om te sê dat die ruiter op die wit perd in Openbaring 6:2 is valse leringe, dan is Riekert Botha besig om wat sleg is goed te maak. En as Riekert Botha reg is om te sê die ruiter op ‘n wit perd is Jesus Christus, dan is Stephan Joubert besig om wat goed is sleg te maak. Dit is niks anders as geestelike hoerery nie en toor die mense wat na hulle luister.

Ek het myself al dikwels afgevra hoeveel mense in die hel gaan beland wat nie graag daar sou wou wees nie, maar in elk geval ‘n ewigheid daar sal moet deurbring omdat ‘n klomp towenaars hulle met hulle helverdiende kontemplatiewe en ander toorgoed getoor het. Klink kras né? Maar is dit? Jesus Christus self het op ‘n kol gesê:

Maar wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle sluit die koninkryk van die hemele toe voor die mense; want julle gaan self nie in nie, en die wat sou ingaan, laat julle nie toe om in te gaan nie.

(Matteus 23:13)

Please share:

Tom Lessing (Discerning the World)

Tom Lessing is the author of the above article. Discerning the World is an internet Christian Ministry based in Johannesburg South Africa. Tom Lessing and Deborah Ellish both own Discerning the World. For more information see the About this Website page below the comments section.

9 Responses

  1. James Cross says:

    Could I possibly have your posts translated into English please as I live in Ulster. I have relations that lived in South Africa, many of them moved back to Britain others have died out there which draws me to that part of the earth for pray for my fellow white Israelites.

  2. Hi James Cross. Who are your fellow Israelites?

  3. Deborah (Discerning the World) says:

    Dear James

    You can translate this page using Google Translate that I have provided for you below where it says “Translate Website” There is a drop down box to select the language of your choice.

  4. Ida Geyser says:

    Hi Tom, it seems James don’t have the answer. Could you give more information about the Isrealites. How do we or they themselves know who they are today?

    Regards

  5. Dear Ida

    They are Jews; born Jews from a Jewish family, raised as Jews, go to Synagogue etc, and are returning to Israel as we speak. Afrikaners are not Israelites/Jews. Jews are Jews, they know who they are. Impostors want to be Jews and will call themselves Israelites. This idea of thinking one is an Israelite is part of what is called British Israelisism. Even the AWB believe they are Israelites – they are facisists and believe Jews are not Jews and must be exterminated. Its nothing but anti-semitism, that Jews are not really Israelites and that the ‘church’ on the other hand is.

    The ‘Roman’ Catholic church have been trying to exterminate Jews since time memorial, they believe they are the inheritors of Israel, that those who belong to the ‘Mother church’ are Israelites.

    The Mother church is Mystery Babylon and all false religions fall under Mystery Babylon: Calvinism, Lutheranism, Pentecostalism, Seven Day Adventists (who believe they are Jews), Mormonism, etc, etc, etc. Even TB Joshua thinks he is a Jew as the name of his church states it’s a ‘Synagogue’, Church Of All Nations – SCOAN

    Those who follow ‘Black liberation Theology’ too believe they are Israelites, hence Jews actually need to be exterminated and whites need bow down to them as their masters. The BLM movement is part of Black Liberation Theology religion that Oprah Winfey and Barack Obama follow.

    British Israelism / Black Liberation Theology runs deep and splits into a multitude of different categories/movements – but the end result is that Jews are not Jews and they need to be wiped off the face of the planet.

    Here is an interesting article on British Israelism: https://www.bibleguidance.co.za/Engarticles/Britishisraelism.htm

  6. Ida Geyser says:

    Hi Deborah,

    Thank you for the answer, it made me go search and I found all kinds of interesting info on the subject of Israelites :

    https://en.wikipedia.org/wiki/Ten_Lost_Tribes#Judaism where it seems everyone has an opinion and facts to add to the story. Its a full time study on it’s own.

    Regarding the article above, Tom said:
    Skynbaar besef ons hedendaagse profete soos Stephan Joubert en Riekert Botha nie hoe ernstig die vermaning is nie.”

    I have never hear that Riekert Botha refer to himself as a prophet, but his newest teaching on the rapture just came out yesterday, according to (the prophet) Riekert, don’t hold your breath for the rapture to happen, because it’s not happening until the second coming of Messiah. There’s no such thing as a rapture. Sadly said Botha.

    I wonder what the Jews are going to say about the Rapture, as the The Jewish Rabbis seem to know more about the original Scriptures. Lots of ordinary people admire the Jews, like myself and Corrie ten Boom.

  7. Hi Ida, Thanks for the question. First of all, we need to ask what God says about the Jews because his Word has the final say on the matter and no one else’s, no matter how learned they think they are. Here’s what God says about the Jews. And while you are reading this comment, remember these words, “God is not a man, that he should lie; neither the son of man, that he should repent: hath he said, and shall he not do it? or hath he spoken, and shall he not make it good? (Numbers 23:19).

    Thus saith the LORD, which giveth the sun for a light by day, and the ordinances of the moon and of the stars for a light by night, which divideth the sea when the waves thereof roar; The LORD of hosts is his name: If those ordinances depart from before me, saith the LORD, then the seed of Israel also shall cease from being a nation before me for ever. Thus saith the LORD; If heaven above can be measured, and the foundations of the earth searched out beneath, I will also cast off all the seed of Israel for all that they have done, saith the LORD. (Jeremiah 31:35-37)

    Notice God’s emphatic statement, “If those ordinances depart from before me, saith the LORD, then the seed of Israel also shall cease from being a nation before me for ever.” To say it more simply, “If you and I and everyone else woke up from our sleep one morning when our alarms go off and there’s no sun nor light in the skies, we must know that God has forever discarded the Jews as a nation (12 tribes) and as his peculiar people. I believe that this is also the reason why God chose to use the sun, the moon and eleven stars as a metaphor for Jacob (Israel), his wife Rebecca and his twelve sons in Joseph’s dream (Genesis 37:9) to demonstrate how He will make good his covenant with Abraham, Isaac and Jacob. (Genesis 12:1-3; Genesis 15: 1-21). In fact, Joseph’s entire history prefigures Jesus Christ’s rejection by his own brethren, the Jews, and the final reconciliation and salvation of the remnant (from each tribe) with their and our Messiah at his Second Coming to the earth (not the Pre-tribulation Rapture). You can read about this in Zechariah 12:10-14. Ezekiel 48 tells us how the land which God promised to give to Abraham and his seed (the Jews) will be divided among the twelve tribes during the Millennium of peace when Christ will rule from the throne of his father David in Jerusalem (Luke 1:32).

    If there is one things Satan would like to do, it is to destroy Israel completely, either through physical destruction or in the minds of so-called Christians who declare that God has forsaken and cast them off eternally, to the extent that the twelve tribes no longer exist. This is not merely antisemitic but satanic to its core. The mere rejection of Israel as a nation (12 tribes) is akin to a curse (Genesis 12:1-3). Why does God curse those who curse Israel? If anyone shuns and rejects the source of blessing, they are prone to God’s curse. The Jews as a nation is God’s source of blessing through Jesus Christ. How do we know? Well, Jesus Himself said, “salvation is of the Jews.” (John 4:22). To be fully human, Jesus needed an ancestry and the Jews are that divinely chosen ancestry. The antisemitic Christians usually assert that the New Covenant has replaced or supplanted the covenant God made with Abraham, Isaac, and Jacob. That is untenable to say, the very least because the New Covenant does not entail a land here on earth which was allotted to the Bride of Christ.

    There is much more to say about the eternality of the 12 tribes (Jews as a nation) here on earth (the Millennium and subsequently the New Earth). Suffice is to say, beware of what you say and think about the Jews.

    Boast not against the branches. But if thou boast, thou bearest not the root, but the root thee. Thou wilt say then, The branches were broken off, that I might be graffed in. Well; because of unbelief they were broken off, and thou standest by faith. Be not highminded, but fear: (Romans 11:18-20).

  8. Artus Malherbe says:

    Hullo Tom.
    Kan jy asb ‘n skakel plaas na die doktrines wat jy aanhang? (Jy lewer kritiek oor wat onwaar is, wat ek mee saamstem, maar gee nie duidelikheid wat volgens jou dan as duidelike waarheid gesien moet word nie. Duidelikheid oor die doktrines wat jy aanhang sal in hierdie verband baie waardevol wees).

    Baie dankie.

  9. Hullo Artus. Dit is jammer dat jy nie vanuit my artikels kan agterkom wat die leerstelling is wat ek navolg nie.

    VERLOSSING/REDDING

    Ek glo dat Jesus Christus, die Seun van God, deur sy Vader gestuur is om te soek en te red wat verlore is. (Johannes 17:3); aan ’n vloekhout (kruis) gehang het om as vervloekte (Galasiërs 3:10) die sondes van alle mense (2 Petrus 3:9) op Hom te neem sodat sy Vader dit in Hom (aan die kruis) kon oordeel. (Jesaja 53:10). Die enigste voorwaarde om deelgenootskap te kry in sy volbragte werk aan die kruis, is geloof. (Hebreërs 11:6). Allenlik hulle wat glo soos die Skrif sê, het die ewige lewe.

    Ek glo vas dat God sy uitverkore volk (die Jode) vir ’n bepaalde tyd opsy gesit het sodat die evangelie (deur Paulus se prediking) aan ons, die Heidene, gebring kon word. (Romeine 11:1-36). God sal dan weer, wanneer die volheid van die heidene ingekom het (Romeine 11:25), sy volk (die oorblyfsel), volgens sy beloftes aan Abraham, Isak en Jakob, gestand doen en baie tot redding lei. Stephan Joubert, daarenteen, glo dat God sy beloftes op die gelowiges uit alle volke, tale en stamme oorgeplaas het (Verplasings Teologie), en dat die twaalf stamme van Israel nie bestaan nie. (Lees gerus Sagaria 12:1-14 wat Joubert se aweregse siening geheel en al weerlê).

    ESKATOLOGIE

    WEGRAPING

    Ten einde sy beloftes aan Abraham, Isak en Jakob in werking te stel, moet Hy alle gelowiges onder die heidene (sy kerk) geheel en al vanaf die aarde wegneem sodat Hy sy regverdige oordele oor die aarde kan uitgiet. Ek verwys na die sg. Wegraping (“harpazo”) (Johannes 14:1; 1 Korintiërs 15;52; 1 Tessalonisense 4:13-18; Openbaring 3:10).

    SEWEJARIGE VERDRUKKING

    Ons lees reeds in die Deuteronomium 4:29-30 dat ’n Groot Verdrukking oor Israel sal kom om hulle terug te bring na God (Jesaja 26:9). Die Sewejarige Verdrukking, wat ook bekend staan as Jakob se benoudheid (Jeremia 30:7), is die laaste week van Daniel se profesie van sewentig sewetalle (490 jaar – Daniel 9:24-27) wat God oor Israel uitgespreek het. 483 jare daarvan is reeds letterlik vervul wat beteken dat die laaste sewe jaar ook letterlik vervul sal word. Waarom die lang tydperk tussen die vervulling van die 483 jare en die laaste sewe jare? Lees gerus weer 2 Petrus 3:9 vir die antwoord.

    TWEEDE KOMS

    Daar is verskeie verskille tussen die Wegraping en die Tweede Koms van Christus waarvan die belangrikste sekerlik die feit is dat met die Wegraping Jesus terugkom vir sy bruid wanneer die ontmoeting in die lug sal plaasvind (1 Tessalonisense 4:17), terwyl Jesus met sy Tweede Koms na die aarde wanneer sy voete die Olyfberg in twee gaan splyt (Sagaria 14:4) die nasies sal oordeel omdat hulle die oorblyfsel van sy volk so sleg behandel het.

    BEMA TROON OORDEEL

    Die Bema Troon oordeel vind plaas net na die Wegraping wanneer die elke lid van Christus se Bruid se werke deur vuur getoets sal word om te bepaal hoedanig die loon van elkeen sal wees. (1 Korintiërs 3:7-15.

    WIT TROON OORDEEL

    Gelowiges en ongelowiges word nie gesamentlik geoordeel nie. Die Wit troon oordeel is net vir die ongelowiges wat eers na die duisendjarige vrederyk van Christus op aarde gaan plaasvind (Openbaring 20:11-15).

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *