Riekert Botha – “Ek Gaan om vir Julle n Plek te Berei”

Inleiding: Lofsange aan Botha

Een van Riekert Botha se nuutste YouTube videos oor die Wegraping “115 Vita Dei Woordskool: Ek gaan om vir julle plek te berei” word groot lof toegeswaai op sy Facebook.

Dalene Nel

Soos altyd net die Waarheid wat ons van jou ontvang. Die suiwere Woord van onse Here Jesus. Amen!!!

Debbie De Klerk Erasmus

Ek dank God vir jou wat die Evangelie suiwer verkondig.

Susan Erasmus

Riekert jou aanbiedinge is verbysterend. Ongelooflik. Dit is HUGE.

Dit lyk amper of Riekert Botha daarvan hou om in die sonlig van “verbysterende HUGE” lofsange te swem terwyl hy enige welmenende vermanings en bestraffings summier van sy Facebook verwyder. Soos met Stephan Joubert het ek my al dikwels vasgeloop teen ‘n muur van Botha-weerstand.

Ek het hom onlangs ‘n epos met ‘n paar vrae gestuur. Raai wat? Hy het my HUGELY verontagsaam en nie geantwoord nie. Wat sê die Skrif?

Wee julle wanneer al die mense goed van julle praat, want hulle vaders het net so aan die valse profete gedoen. “(Lukas 6:26).

Kan ons met absolute sekerheid betuig dat Riekert Botha altyd net die Waarheid en die suiwer Evangelie verkondig soos ons dit in die suiwere Woord van God vind? Om sy getroue weergawe van die suiwere Woord te kan bevestig, sal ons alles wat hy in sy video sê haarfyn aan die hand van God se Woord moet toets. Hoekom?

Omdat God ons ernstig waarsku om alles te toets en seker te maak dat alles wat ons hoor wel van HOM kom, en nie meskien uit n ander oord nie. Soos u seker weet, is daar net een ander oord en dis die oord van die duiwel en sy gevalle engele.

Nietemin, ons moet dit toets omdat die geestlike mense nie sommer wansuit alles glo nie maar ALLE dinge beoordeel (1 Korintiërs 2:15). Dit is gewoonlik kinders wat soos bruisende golwe heen en weer geslinger word deur elke wind van dwaallering en gevolglik nie kan onderskei nie (Efesiërs 4:14).

Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan.” (1 Johannes 4:1).

Eskatologiese Inlegkunde

Veronderstel jy het ‘n boek geskryf en iemand vervang wederregtelik sommige dinge wat jy, sê nou maar argumentsonthalwe, op bladsy 100 geskryf  het met iets wat jy reeds op die vorige bladsy geskryf het om die indruk te skep dat bladsye 99 en 100 presies dieselfde boodskap oordra, terwyl jy dit nie so bedoel het nie.

Wie sou ooit kon dink dat iemand soos Riekert Botha wat altyd net die waarheid verkondig so ’n onchristelike ding sou doen? Hoe doen hy dit?

Wel, om sy siening te rugsteun dat Jesus se weggaan en sy terugkoms as ’n daad van plek-bereiding vir sy dissipels in die huishouding van God, verband hou met sy kruisiging en opstanding, en NIE die Wegraping nie, lê hy woorde in Christus se mond wat nie naastenby so in Johannes 13 en 14 voorkom nie.

So verklaar Riekert Botha dat Jesus knap nadat Hy sy dissipels getroos het met die woorde, “Laat julle hart nie ontsteld word nie; glo in God, glo ook in My” sou gesê het,

Nou, die eerste puntjie, sommer net so vinnig; wat vir my kosbaar is, regtig in my hart, is dat Jesus vir die dissipels verseker dat Hy en die Vader is ten volle in beheer van die chaos wat nou gaan losbars oor hulle lewe, insluitende die feit dat hulle almal, by name Petrus, van Jesus af gaan weghardloop en dat Petrus drie maal gaan ontken dat hy Jesus ken. . . .

Jesus sê vir Petrus, ‘Petrus, Ek wil jou net ietsie sê, Ek hoor wat jy sê. Jy praat woorde van toewyding; dis kosbaar, jy sê, jy sal jou lewe vir my gee, vers 37 van hoofstuk 13, maar jy gaan nie, Ek weet daarvan. Jy weet nog nie eers daarvan nie.

Ek weet daarvan, en hulle gaan kom en hulle gaan my arresteer, en hulle gaan my met stokke slaan, en mishandel en ’n valse hofsaak hou, absolute klug, en my martel, en dan gaan hulle my vermoor. Laat julle harte nie ontsteld word nie; Ek en die Vader is heeltemal in beheer van die saak. . . .

Petrus, jy gaan my drie maal verloën en om daardie manier gaan jy op ‘n kosbare wyse aan die einde van jouself kom, en jy gaan jouself vreeslik verwyt. Petrus, moet nie ontsteld word nie, glo in God, glo ook in my.

“Waar Ek Heengaan, Kan Julle nie Kom nie”

Siedaar! En so verklaar Riekert Botha klinkklaar dat Jesus se weggaan om ’n plek te berei niks te make het met ’n Wegraping nie. Dit het uitsluitlik te make met Christus se kruisiging waarheen niemand Hom kon volg nie, nie eens Petrus wat Hom so intens liefgehad het dat hy bereid was om saam met Hom die dood tegemoet te gaan.

Inderdaad, niemand kon saam met Jesus na die kruis gaan nie omdat Hy alleen versoening kon bewerk vir die sondes van die mensdom. Jesus se woorde in Johannes 13:33, “en soos Ek vir die Jode gesê het: Waar Ek heengaan, kan julle nie kom nie—so sê Ek nou ook vir julle” hou egter hoegenaamd nie met Jesus se kruisiging verband nie.

Hy sou nooit vir die Jode wat Hom telkens om die lewe wou bring, sê dat hulle Hom nie na die kruis kon volg nie. Juistement, Hy het by ’n vorige  geleentheid vir die Jode gesê, “Ek gaan weg, en julle sal My soek en in julle sonde sterwe. Waar Ek gaan, kan julle nie kom nie” (Johannes 8:21).

Dit moes dus ’n plek aandui wat hulle ná hulle dood nie kon betree of binnegaan nie. ’n Dooie kon tog sekerlik nie saam met Christus na sy kruis  gaan nie.

Hoe sou dit klink as Hy vir die Jode sou sê, “Waar ek heengaan om te sterwe aan ’n kruis kan julle nie kom nie want julle sal in julle sondes sterwe voordat julle saam met my kan kom.” Let daarop dat die Jode gedink het Hy praat van sy dood, “Hy sal Homself tog nie om die lewe bring nie, omdat Hy sê: Waar Ek gaan, kan julle nie kom nie?”

Hy het hulle nie direk geantwoord nie, maar hulle duidelik laat verstaan dat Hy nie van benede was nie maar van bo, bedoelende dat sy woonplek waarheen hulle nie kon gaan nie bo (in die hemel) was en nie van onder (hierdie wêreld waar die dood heers) nie, omdat enigeen wat in hulle sondes sterwe, nie kan kom waar Hy is nie.

Let ook baie noukeurig op dat Hy presies dieselfde woorde wat Hy vir die Jode gesê  het, “Waar ek heengaan kan julle nie kom nie” ook vir sy dissipels gesê het.

As dit nie sy kruis was waarna Hy as dié plek verwys het waarheen die Jode NIE kon gaan nie, kon dit beslis ook NIE ’n verwysing wees na sy kruis as dié plek waarheen die dissipels NIE kon gaan nie.

Die kruis kon dus in albei gevalle nie ter sprake wees nie maar ’n plek waarheen mense eers ná hulle dood kan of nie kan gaan nie. Beteken dit dat die dissipels nes die ongelowige Jode in hulle sondes sou sterwe en daarom nie saam met Hom kon gaan waarheen Hy sou gaan nie? Gewis nie, omdat al die dissipels, buiten Judas, reeds geredde gelowiges was (Johannes 15:3).

Petrus het dieselfde fout as die Jode begaan. Soos hulle het hy gedink sy woorde “Waar ek heengaan kan julle nie kom nie” op sy dood betrekking gehad het, met dié uitsondering dat Petrus reeds geweet het van sy kruisdood (Matteus 16:21-23).

Jesus het Petrus nie reggehelp nie maar eerder gefokus op sy haastige en impulsiewe uitspraak “Here, waarom kan ek U nie nou volg nie? Ek sal my lewe vir U gee” en toe onmiddellik die gevolge van Petrus se impulsiewe uitspraak vir hom uitgespel, “Sal jy jou lewe vir My gee? Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, die haan sal sekerlik nie kraai voordat jy My drie maal verloën het nie.”

Die dissipels het geweet van sy kruisdood in Jerusalem waarheen hulle Hom nie kon volg, maar het waarskynlik nog nie sy Hemelvaart, waarna Hy in sy woorde “Waar ek heengaan kan julle nie kom nie” verwys het, so mooi verstaan nie.

Vandaar hulle vraag, “Here, waar gaan u heen?” in Johannes 13:36 en Jesus se vraag in Johannes 16:5, “En nou gaan Ek na Hom wat My gestuur het; en niemand van julle vra My: Waar gaan U heen nie?” Met ander woorde, “Toe Ek julle vertel dat Ek na Jerusalem gaan om gekruisig te word en julle my nie daarheen kon volg nie, het julle my gevra ‘Waarheen gaan U.’ Maar nou, omdat Ek vir julle ronduit vertel dat Ek na my Vader gaan, vra nie een van julle ‘Waar gaan U heen?’ nie. Julle tydserekening vir so n vraag is dus heeltemal verkeerd. Julle vraag ‘Waar gaan U heen’ moes eintlik aan my gestel word toe ek vir julle sê, ‘En nou gaan Ek na Hom wat my gestuur het’ en nie i.v.m. my kruisiging nie omdat ek reeds in Matteus 16:21 vir julle begin vertel het van my kruisiging.

Hoewel Hy op daardie tydstip nie die rede voorsien het waarom hulle nie saam met Hom by sy Hemelvaart kon gaan nie, het Paulus dit later in 1 Korintiërs 15:50 genoem omdat dit die soewereine wil van God was om dit as ’n “verborgenheid” (“Musterion”) aan die Ekklesia (Bruid van Christus), en nie net Petrus en die ander dissipels, te openbaar.

’n Musterion is ’n verborgenheid wat nog nooit vantevore bekend was nie en eers volgens God se wil op sy tyd bekend gemaak is. Die dissipels kon Jesus dus nie op daardie tydstip volg na waar Hy ná sy Hemelvaart gegaan het nie omdat vlees en bloed nie die Koninkryk van God kan beërwe nie, en nie omdat hulle soos die ongelowige Jode in hulle sondes sou sterwe nie.

“Laat julle Hart nie Ontsteld Word nie”

Ten spyte die bogenoemde redes, hou Botha voet by stuk dat Jesus na sy kruisiging verwys toe Hy gesê het ” Waar Ek heengaan, kan jy My nou nie volg nie, . . .” om te bewys dat sy weggaan nie verband hou met ’n Wegraping nie.

Hy het versuim om die res van die vers aan te haal wat soos volg lui, “. . . maar later sal jy my volg.” Petrus, soos ons almal weet, het sy Heer tot in ’n kruisdood gevolg toe hy onderstebo gekruisig is vir sy geloof in Christus (Johannes 21:18). Hyself het versoek om onderstebo en nie soos sy Heer gekruisig te word nie omdat hy Hom verloën het.

Dit is opvallend dat Botha slegs verse 37 en 38 van hoofstuk 13 (Jesus se voorspelling dat Petrus Hom drie maal sou verloën) as rede aanvoer vir die dissipels se gevoel van hopeloosheid en hulle diep ontsteltenis. Daar was ook ander redes vir hulle ontsteltenis.

  1. Jesus se aankondiging dat Hy weggaan (Johannes 7:33-34; 8:21; 12:8, 35; 13:33). Elkeen van hierdie verse dui nie op ’n weggaan via die kruis nie, maar Christus se Hemelvaart na sy opstanding uit die dood.
  2. Jesus se aankondiging dat Hy gaan sterwe (Johannes 12:32-33).
  3. Jesus se aankondiging dat een van sy dissipels Hom sou verraai (Johannes 13:21).
  4. Jesus se aankondiging dat Satan teen hulle almal gewerk het (Lukas 22:31-32).
  5. Jesus se aankondiging dat al sy dissipels Hom sou verlaat (Matteus 26:31).

Die kumulatiewe gewig van al hierdie voorspellings het hulle diep ontstel en hulle harte so intens ontstig dat Jesus nodig gehad het om hulle te troos. Hoe het Hy dit gedoen?

Het Hy hulle vertroos deur hulle in Johannes 14 te vertel dat Hy gemartel, met stokke geslaan, en doodgemaak sal word en dat hulle Hom nie, soos Riekert Botha dit wil hê, na die kruis kon volg nie?

Ja, natuurlik was daar tye toe Jesus sy dissipels ronduit vertel het dat Hy gekruisig moes word. Vier insidente hiervan verskyn in Matteus (16:21-23; 17:22-23; 20:17-19; 26:32), drie in Markus (8:31-33; 9:30-32; 10:32-34) en drie in Lukas (Lukas 9:21-22; 9:43-45; 18:31-34). Die bewoording “Ek gaan om vir julle plek te berei” om Christus se kruisiging te beskrywe kom nie ’n enkele keer in enige van hierdie teksgedeeltes voor nie – NIE EEN ENKELE KEER NIE.

Hoe Botha dit regkry om “Ek  gaan om vir julle plek te berei” in hierdie tekste in te prop, weet net hy. Dit is niks anders  ongeoorloofde inlegkunde nie. Ja, natuurlik is Christus se kruisiging en opstanding ’n ondeurgrondelike groot troos vir sondaars wat by hulle wedergeboorte die Heilige Gees as onderpand (seël) ontvang, en natuurlik is gelowiges se lewens nou reeds saam met Christus verborge in God (Kolossense 3:3).

Die woord vir “onderpand is “arrhabōn” en beteken “’n belofte wat as deel van die koopprys vooruit betaal word en as sekuriteit of waarborg dien vir die res wat in die vooruitsig lê.” Dit is, met ander woorde, ’n soort deposito (“down payment”) op alles wat God in Christus Jesus aan die Ekklesia (Bruid van Christus) belowe het.

Die verlowing met die Heilige Gees as die seël (onderpand) is reeds voltrek; die huwelik volg later in die hemel ná die Bematroon oordeel vir gelowiges (1 Korintiërs 3:10-15). Dit alleen bewys dat daar ’n Wegraping moet wees. Selfs Botha erken heimlik dat daar ’n wegraping by Christus se Wederkoms na die aarde is.

“En in dié dag sal sy voete staan op die Olyfberg wat voor Jerusalem lê, aan die oostekant; en die Olyfberg sal middeldeur gesplyt word van oos na wes tot ‘n baie groot dal; en die een helfte van die berg sal wegwyk na die noorde en die ander helfte na die suide. En julle sal vlug in die dal van my berge—want die dal van die berge sal loop tot by Asal—en julle sal vlug soos julle gevlug het vir die aardbewing in die dae van Ussía, die koning van Juda. Dan sal die HERE my God kom, al die heiliges met U!” (Sagaria 14:1-5).

“En die HERE sal Koning wees oor die hele aarde; in dié dag sal die HERE een wees, en sy Naam een.” (Sagaria 14:9).

“En nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien; en ‘n wolk het Hom voor hulle oë weggeneem. En toe hulle nog stip na die hemel kyk terwyl Hy weggaan, staan daar twee manne in wit klere by hulle, wat sê: Galilése manne, waarom staan julle en kyk na die hemel? Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het.” (Handelinge 1:9-11).

Hy het opgevaar vanaf die Olyfberg en sal ook weer netso terugkeer na die Olyfberg. Daar sal nie, soos Botha suggereer, ’n soort van ‘n wegraping van die oogwink veranderde lewende en dooie gelowiges by sy Tweede Koms na die aarde wees nie.

Dit sou beteken dat hulle hom in die lug tegemoet gaan om onmiddellik weer na die aarde terug te keer. Dit is niks ander as ’n Post-Verdrukking wegraping nie. Botha sal dit natuurlik ontken omdat hy vas oortuig is dat daar na Christus se Wederkoms niks meer hier op aarde sal aangaan nie. Maar, meer oor hierdie foefie van Botha ‘n bietjie later in hierdie artikel.

Botha beskou Jesus se opstanding as die vervulling van die “kom ek weer en sal julle na my toe neem” gedeelte van “En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.” (Johannes 14:3).

Ek vind dit uiters verdag dat Botha nie een enkele keer na Jesus Christus se Hemelvaart in Johannes 16:5 verwys nie. ’n Mens sou dink die eerste ding wat by jou sal opkom is dat sy “gaan” in “Ek gaan om vir julle ’n plek te berei” na sy Hemelvaart verwys en nie sy kruisiging nie. Trouens, in Johannes 16 sê Jesus ondubbelsinnig dat sy “gaan” betrekking het op sy Hemelvaart.

“’n Klein tydjie, en julle sal My nie sien nie; en weer ‘n klein tydjie, en julle sal My sien, omdat Ek na die Vader gaan. Sommige van sy dissipels het toe onder mekaar gevra: Wat is dit wat Hy vir ons sê: ‘n Klein tydjie, en julle sien My nie; en weer ‘n klein tydjie, en julle sal My sien; en: Ek gaan na die Vader? . . . Ondervra julle mekaar daaroor dat Ek gesê het: ‘n Klein tydjie, en julle sal My nie sien nie; en weer ‘n klein tydjie, en julle sal My sien? Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, julle sal ween en rou bedryf, maar die wêreld sal bly wees. En julle sal bedroef wees, maar julle droefheid sal in blydskap verander. “(Johannes 16:16-22).

Hier sien ons baie duidelik dat sy opstanding nie die “kom ek weer en sal julle na my toe neem” gedeelte van Johannes 14 is nie, maar dat Hy na die daaropvolgende belangrike gebeurtenis ná sy opstanding verwys, nl. sy Hemelvaart.

Hoe is dit moontlik dat Botha wat kamtig so fyn ingestel is op korrekte uitleg sy woorde “omdat Ek na die Vader gaan” so maklik mis lees? Die feit dat die dissipels dit nie op daardie tydstip verstaan het nie, verander nie die onderliggende betekenis van sy weggaan na die Vader toe nie.

As Hy na die Vader gegaan het, beteken dit onomwonde dat Hy, soos Hy belowe het, weer sal kom om hulle (d.i. sy dissipels en ook die Ekklesia wat die Heilige Gees deur die dissipels op dreef gesit het, en deur die eeue heen deur Jesus gebou word, en nie net die dissipels soos Botha weet te vertel nie) na Hom toe te neem sodat hulle ook kan wees waar Hy is.

“Daar’s Niks wat op Aarde aangaan ná die Wederkoms nie”

Nee, seg Botha, daar is nie so-iets soos ’n sub-koms of ’n vóór of pre-koms soos die Wegraping nie. Daar is net een Wederkoms en dit sal geskied op die laaste dag. Ter stawing hiervan verklaar hy so teen die einde van sy tweede video oor die Wegraping, “Daar’s niks wat op aarde aangaan na die Wederkoms nie.”

BOEM! Dis die einde. Die hele kosmos, insluitende die aarde, word met vuur verteer. En, soos ’n wafferse pastorale skilder verf Botha baie groot dele van die Bybel wat oor die Duisendjarige Vrederyk ná Christus se Wederkoms praat met een veeg van sy anti-Wegraping palet en borsel toe, so toe dat hy en sy vrou Pippa en die res van sy fans dit nie kan sien nie.

Daar is talryke gedeeltes in die Ou en die Nuwe Testamente wat keer op keer bevestig dat Jesus tydens sy Millennium ná sy Wederkoms vanaf die troon van sy vader Dawid (Lukas 1:32) die nasies met ’n ysterstaf gaan regeer (Psalm 2:8-9), en dat sy twaalf dissipels ook op trone in Jerusalem sal sit om die twaalf stamme van Israel te oordeel (te rig) soos die Rigters van ouds. (Matteus 19:28).

Dit kan alleenlik hier op aarde geskied. Hoekom? Wel, die ysterstaf dui op gedwongenheid. So byvoorbeeld sal al die nasies gedurende die Millennium elke jaar na Jerusalem moet gaan om Jesus Christus, die Koning van die konings, te aanbid en almal wat dit nie doen nie, sal geen reën kry nie (Sagaria 14:16-17).

Sagaria 14 handel oor Christus se Wederkoms na die aarde (nie die Wegraping nie) en die vestiging van sy 1000-jarige Vrederyk op aarde. Dit verwerp met koste Botha se stelling, ““Daar’s niks wat op aarde aangaan na die Wederkoms nie.” Die rede waarom Botha so ’n onsinnige ding sê, is omdat almal syns insiens, die lewendes en die opgewekte dooies, in ’n oogwink hulle nuwe verheerlikte liggame by Christus se Wederkoms na die aarde  gaan kry.

En dit, vriende, is Riekert Botha se weergawe van ’n soort wegraping by Jesus se Wederkoms. Hy ontken dat daar ’n Wegraping is maar kan nie wegkom van die oogwink transformerende oomblik in 1 Korintiërs 15 nie.

Hyself erken dat hy met reikhalsende verlange uitsien na die oomblik wanneer hy met die nuwe mens oorklee word. Die “bottom line,” is dat die Bybel regdeur Israel se geskiedenis en ook in die Nuwe Testament baie duidelik praat van ’n 1000-jarige Vrederyk ná Christus se Wederkoms na die aarde. Die beeld wat Koning Nebukadneser in sy droom gesien het, beaam dit baie duidelik (Daniël 2:31-45).

“Die Satan is Klaar Gebind”

Een van die belangrikste redes waarom daar ’n 1000-jarige Vrederyk op aarde sal wees, is die feit dat Satan in daardie tyd gebind sal wees. Miskien besef Riekert Botha dit nie maar sy uitspraak in sy  tweede video oor die Wegraping dat Jesus die duiwel reeds aan die kruis gebind het, is ’n radikale verkleinering van Jesus se werk aan die kruis.

Kom ek verduidelik. Openbaring 20:1 sê baie duidelik dat ’n engel uit die hemel, en nie Jesus nie, die Satan gaan bind en hom in die afgrond gaan werp vir ’n duisend jaar. Die rede vir sy binding word ook baie duidelik uitgespel, “sodat hy die nasies nie meer sou mislei nie.” Die vraag is: waartoe het hy nog altyd die nasies mislei? Ons vind die antwoord in verse 7 tot 9.

“En wanneer die duisend jaar voleindig is, sal die Satan uit sy gevangenis ontbind word; en hy sal uitgaan om die nasies te verlei wat in die vier hoeke van die aarde is, die Gog en die Magog, om hulle te versamel vir die oorlog; en hulle getal is soos die sand van die see. En hulle het opgekom oor die breedte van die aarde en die laer van die heiliges en die geliefde stad omsingel, en vuur het van God uit die hemel neergedaal en hulle verslind” (Openbaring 20:7-9).

As ons Riekert Botha se mening aanvaar dat Jesus die Satan reeds aan die kruis gebind het, sou dit beteken dat die engel in Openbaring 20 ’n baie groter sukses as Jesus behaal omdat hy die Satan op so ’n kragtige wyse gaan bind dat hy vir tien eeue lank niks sal kan doen om die nasies tot oorlog te verlei nie. Om hierdie rede word dit die 1000-jarige Vrederyk genoem.  

As ons die kort tydjie wat, volgens Riekert Botha nou reeds tussen Christus se Eerste Koms en sy Wederkoms afspeel (ongeveer 20 eeue), as Satan se gebonde periode moes beskou, dan het Jesus nie veel vermag om oorloë te stop nie.

Dit woed nog steeds onder en om ons. Is die engel wat die Satan in Openbaring 20 bind en in die afgrond gooi, sterker as Jesus Christus, en waarom sal dit vir ‘n geskape engel nodig wees om die Satan te bind as Jesus ons Almagtige God hom reeds aan die kruis gebind het? Dit maak nie sin nie.

Jesus Christus het die Satan nie aan die kruis gebind nie. Hy het  Hom oorwin. Die Satan loop nog steeds soos ’n brullende leeu rond om God se geskapenes na sy beeld te verslind (1 Petrus 5:8). Wat behels die oorwinning wat Jesus oor die Satan behaal het? In 1 Johannes 3:8 lees ons,

“Hy wat die sonde doen, is uit die duiwel, want die duiwel sondig van die begin af. Vir hierdie doel het die Seun van God verskyn, om die werke van die duiwel te verbreek.”

Sien u dit? Jesus het gekom om die werke van die duiwel te verbreek. Dit was vanweë die sonde wat die duiwel van die begin af gedoen het, en daarmee saam God se opper skepping (die mens) in die Tuin van Eden tot sonde verlei het, wat hom die reg gegee het om die ganse mensdom in sy greep van ewigdurende dood te kry.

Niks anders nie as God se dekreet, “Die siel wat sondig, dié moet sterwe” (Esegiël 18:20), het die Satan die reg toegeëien om die mensdom in sy totaliteit in die greep van die dood te kry.

Daar was net een manier om Satan se dodelike houvas oor die mensdom te verbreek. God self (Jesus Christus) moes ’n mens word sodat God self (die Vader) almal se sondes deur die bank op Hom kon oorplaas sodat HY (die Vader) almal se sondes in SY (Jesus Christus se) vlees kon straf en oordeel (Hebreërs 10:5-7; Jesaja 53:10).

Daarom jubel Paulus met eindelose blydskap wanneer hy skryf, “Dood, waar is jou angel? Doderyk, waar is jou oorwinning? Die angel van die dood is die sonde, en die krag van die sonde is die wet. Maar God sy dank, wat ons die oorwinning gee deur onse Here Jesus Christus.” (1 Korintiërs 15:55-57).

Die-Satan-word-gebind - Riekert Botha
’n Bothaanse voorstelling van hoe Die Satan gebind is, met dank aan Riekert Botha

Dié is seker, elkeen wat Bybelse eindtyd leringe (eskatologie) verdraai, begin ook mettertyd hand oor hand die Bybelse verlossingsleer (soteriologie) te verdraai – veral met sulke onbesonne uitsprake soos dat Jesus die duiwel klaar aan die kruis gebind het, en dit boonop met oorkruiste gewrigte op ’n video illustreer en onbeskaamd die wêreld instuur, ongeag hoeveel dit Jesus Christus verneder.

Dit lei nie net die aandag af van die werklike betekenis van Christus se kruisdood nie, maar gee die Satan ’n gulde geleentheid om homself en sy hel-verdiende werke in ’n wolk van anonimiteit op aarde voort te sit. ’n Mens kan hom amper hoor sê, “My hande en my voete is gebind. Ek kan julle nie meer tot sonde verlei nie, nie meer tot dwaalleer mislei nie, nie meer die Evangelie vir julle bedek nie, die nasies nie meer tot oorloë verlei nie, en julle nie meer vermoor nie. Om die waarheid te sê ek is nie meer die god van hierdie wêreld nie. Ek sit in ‘n patetiese bondeltjie met oorkruiste gewrigte vasgebind, soos ons vriend in die foto hiernaas tereg ook vir julle wys” (Johannes 8:44; 2 Korintiërs 4:3-4).

Sotereologiese Misstappe

Indien die kruis van Christus die totale inhoud en betekenis  vorm van “Ek gaan om vir julle plek te berei” skep dit heelwat sotereologiese probleme. Dit kan aan die hand van ’n paar eenvoudige vrae verduidelik word.

  1. Het Jesus met sy kruisiging vir alle mense sonder uitsondering gesterwe, m.a.w. het Hy sy kosbare bloed vir alle mense aan die kruis gestort?
  2. Kan Hy gevolglik vir alle mense sê, “Ek gaan om vir julle plek te berei aan die kruis”

Die antwoord op die eerste vraag is vanselfsprekend ’n wéérgalmende “JA” tensy jy ’n Calvinis is wat glo dat Hy net vir die uitverkorenes gesterf het. Die antwoord op die tweede vraag is natuurlik ’n wéérgalmende “NEE” omdat geloof alleen in die volbragte werk van Christus aan die kruis verlore sondaars red, en daar min is wat gered word (Matteus 7:13-14).

As die kruis die plek-bereiding meganisme was waarmee Christus vir gelowiges alleen ’n plek in die huishouding van God berei het, dan was die kruis net vir hulle bedoel. God het net ’n enkele doel voor oë gehad met die kruisdood van sy Seun en dit was om finaal af te reken met die sonde (Romeine 6:10; 1 Johannes 2:2) omdat almal gesondig het (Romeine 3:23).

Riekert Botha sal natuurlik onmiddellik beswaar maak en sê dat Jesus kruis toe gegaan het om net vir die gelowiges ’n plek te berei. Goed, as dit so is, kan ons nimmer aste nooit sê dat Jesus vir alle mense aan die kruis gesterwe het nie want dis nie almal wat vanweë hulle ongeloof baat vind by sy kwansuise plek-bereiding werk aan die kruis nie.

Die Voorbereide Plek

Nadat Riekert Botha met ’n briljante verdraaiing van die Skrifte vir ons vertel het dat Jesus reeds aan die kruis vir gelowiges ’n plek berei het, vertel hy ons in die volgende seksie van sy video  waar hierdie plek nou eintlik is.

Hierdie plek is nie ’n huis of ’n woning wat via ’n Wegraping vanaf die aarde na die hemel deur gelowiges geakkomodeer word nie, maar ’n verborge plek (die huishouding van God) in die boesem van die Vader.

Ter stawing van sy postulaat vrae Riekert Botha drie vrae.

  • Wat beteken dit in die huis van my Vader is daar baie wonings?
  • As daar baie wonings is, hoekom gaan Jesus om plek te berei.
  • Hoekom sê Jesus dit vir hulle?

Botha verwys na Kolossense 3:1-3 en spesifiek na die woorde, “julle lewe is saam met Christus verborge in God” om aan te toon dat “die huis van my Vader” nie ’n plek is nie, maar ’n huishouding (gemeenskap) van gelowiges is.

Gevolglik is die huishouding van God nie ’n spesifieke plek wat ons kan aanstip nie maar ’n lewens toestand in die Vader met ’n kwalitatiewe inhoud van verborgenheid, netsoos Christus sedert alle ewigheid, nog voordat enigiemand of enige iets anders bestaan het, in die boesem van die Vader was.

Trouens, Riekert Botha verklaar ronduit dat tot op hierdie punt daar geen akkommodasie of plek by God was nie. Niemand was tot op hierdie punt by God nie as gevolg van die mens se sonde, en uiterste verdorwenheid en onheiligheid.

Ons hoef net ’n enkele insident in  die Bybel te noem om Riekert Botha se aweregse uitlatings te weerlê. Tydens Jesus se Verheerliking op die Berg van Verheerliking het Moses en Elia saam met Hom verskyn; “En kyk, daar verskyn aan hulle Moses en Elía in gesprek met Hom” (Matteus 17:1-3). Was hulle nie ook toe reeds saam met Christus in God die Vader verborge nie? Vanwaar het hulle gekom as daar vóór Kolossense 3:1-3 geen akkommodasie by God was nie?

Hulle kon tog sekerlik nie vanuit die hel gekom het om saam met Christus op die Berg van Verheerliking te verskyn nie. As die hel ’n plek is wat vir die duiwel en sy engele berei is (Matteus 25:41), dan moet die hemel sekerlik ook ’n plek wees waar wedergeborenes soos Moses en Elia heerlik geakkommodeer word.

Wat van die man aan die kruis vir wie Jesus gesê het, “Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees”? (Lukas 23:43). Is die verborge saam-wees of samesyn met Christus in die huishouding van God in die Vader die Paradys?

En so speel Riekert Botha wat altyd net die waarheid preek woer-woer met God se waarheid in sy patetiese pogings om te bewys dat daar nie ’n Wegraping is nie.

Dit is skreiend opvallend dat Riekert Botha net die eerste drie verse van Kolossense 3 aanhaal en blykbaar doelbewus vers 4 met voorbedagte rade uitlaat. Dit lees as volg:

“Wanneer Christus, wat ons lewe is, geopenbaar word, dan sal julle ook saam met Hom in heerlikheid geopenbaar word.” (Kolossense 3:4).

Dit resoneer volmaak met Romeine 8:

“Want ek reken dat die lyding van die teenwoordige tyd nie opweeg teen die heerlikheid wat aan ons geopenbaar sal word nie. Want die skepping wag met reikhalsende verlange op die openbaarmaking van die kinders van God. Want die skepping is aan die nietigheid onderworpe nie gewillig nie, maar ter wille van hom wat dit onderwerp het in die hoop dat ook die skepping self vrygemaak sal word van die slawerny van die verganklikheid tot die vryheid van die heerlikheid van die kinders van God.” (Romeine 8:18-21).

Dit klink sommer so op die oor af ietwat vreemd dat die skepping (die natuur en dierewêreld) met reikhalsende verlange wag op die openbaarmaking van die kinders van God. ’n Mens sou eerder verwag dat die kinders van God met reikhalsende verlange op die Wederkoms van Christus wag.

Die werkwoord “reikhalsende verlange” (“apekdechomai”) kom sewe keer in die Nuwe Testament voor en dit verwys elke keer na die Wederkoms van Christus na die aarde (Romeine 8:19, 23, 25; 1 Korintiërs 1:7; Galasiërs 5:5; Filippense 3:20; Hebreërs 9:28).

Toe Adam en Eva in sonde geval het, is die hele skepping onder die vloek van die sonde, die nietigheid en verderwing onderwerp, “nie gewillig nie maar ter wille van hom wat dit onderwerp het in die hoop dat ook die skepping self vrygemaak sal word van die slawerny van die verganklikheid tot die vryheid van die heerlikheid van die kinders van God.  Want ons weet dat die hele skepping tesame sug en tesame in barensnood is tot nou toe” (Romeine 8:20-22).

Paulus verwys hier nie na die skepping van ’n nuwe hemel en ’n nuwe aarde nie maar na die algehele restourasie van die teenswoordige skepping. Riekert Botha haal tereg Kolossense 1:16 aan om te bevestig dat “alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape.” (Die KJV sê “for Him”).

Toe gebeur die aller verskriklikste ding denkbaar; Adam en Eva, die eers geskape mense na God se beeld, het gekies om Satan in stede van God te gehoorsaam en te volg.

So het Satan nie net die dood in die diepste wese van die ganse mensdom gesaai nie maar ook die god van hierdie wêreld geword (2 Korintiërs 4:4), en al die koninkryke van die wêreld in sy besit gekry (Matteus 4:8-11), soveel so dat Jesus nie eens ’n plek op aarde gehad het om sy hoof neer te lê nie (Lukas 9:58).

’n Sleutel frase in Romeine 8:20-22 is “nie gewillig nie maar ter wille van hom wat dit onderwerp het in die hoop dat ook die skepping self vrygemaak sal word van die slawerny van die verganklikheid tot die vryheid van die heerlikheid van die kinders van God.”

Jesus sê “dat elkeen wat die sonde doen, ‘n slaaf van die sonde is.” (Johannes 8:34). Gevolglik is ook die hele skepping aan hierdie slawerny onderwerp, nie gewillig nie, m.a.w. nie vanself uit eie oorweging nie omdat die  skepping (die natuur en dierewêreld) nie soos die mens kan sondig nie, maar ter wille van Hom wat dit onderwerp het.

Netsoos die oorspronklike skepping in Genesis deur en vir Christus gemaak is (ter wille van Hom), netso sal hierdie huidige skepping deur en vir Christus herskep word (ter wille van Hom) sodat hy as Koning van die konings op die troon van sy vader Dawid in Jerusalem kan regeer (Lukas 1:32).

Hierdie herskepping sal so manjifiek, so radikaal heerlik wees dat dit nommerpas sal inpas by die vrymaking vanuit die slawerny wat die kinders van God deur die wedergeboorte ervaar het. Daarom vergelyk Paulus hierdie nuutmaking van die huidige skepping met ’n vrou wat in barensnood is totdat haar kind in die wêreld kom.

Dit bring ons terug by Kolossense 3:4 wat Riekert Botha skynbaar doelbewus weggelaat het, en waar Paulus pertinent sê dat die Ekklesia gelowiges saam met Hom in heerlikheid geopenbaar sal word by sy Wederkoms na die aarde. Dan sal die verborgenheid saam met Christus in die Vader van vers 3 oorgaan in die openbaring (visuele manifestasie in die openbaar) van die kinders van God in sy heerlikheid, d.i. sy 1000-jarige Vrederyk op aarde.  

As die Ekklesia gelowiges (die Bruid van die Lam) saam met Hom by sy Wederkoms terugkom na die aarde, dan moes Hy hulle by ’n vroeëre geleentheid saam met Hom na sy Vader se huis geneem het. Dit is niks anders as die Wegraping nie.

Die gelykenis van die tien ponde in Lukas 19:11-27 is ’n beskrywing van hoe Jesus na sy kruisiging en opstanding by sy Hemelvaart teruggegaan het na sy Vader om ’n koninkryk te ontvang en dan weer terug te kom om almal te oordeel wat Hom nie as Koning wou ontvang nie (Matteus 8:11-12).

Dit verwys onteenseglik na sy Wederkoms na die aarde en die vestiging van sy 1000-jarige koninkryk hier op aarde wanneer, soos Riekert Botha tereg in sy tweede video i.v.m. Matteus 24 verklaar, sommiges aangeneem en andere verlaat sal word. Riekert Botha is korrek wanneer hy opmerk dat Matteus nie ’n Wegraping is nie. Desnieteenstaande, weet te vertel Riekert Botha “Daar’s niks wat op aarde aangaan na die Wederkoms nie.”

Die Verborgenhede

Daar is verskeie geestelike waarhede in die Skrif wat as verborgenhede bekend staan wat óf in die teenswoordige óf die verlede tyd omskrywe word en sodoende die indruk skep dat dit die finale sê is van wat ook al in daardie geestelike waarhede vervat is.

So byvoorbeeld gebruik Riekert Botha Kolossense 3:3, “. . . julle lewe is saam met Christus verborge in God” om die plek bereiding funksie van Christus In Johannes 14 as ’n reeds gedane saak te verifieer en dusdoende die Wegraping van die tafel te vee. Voorbeelde van die ander verborgenhede wat lyk of dit reeds volledig voltrek is, is die volgende:

“Hy wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun van sy liefde, in wie ons die verlossing het deur sy bloed, naamlik die vergifnis van die sondes.” (Kolossense 1:13-14).

Die verlede tyd in die frase “. . . en oorgebring het in die koninkryk van sy liefde . . .” is ’n geestelike verborgenheid terwyl ons nog in ons natuurlike liggame op aarde is, al word die verlede tyd gebruik. Die volledige voltrekking van hierdie verborgenheid sal eers voleinding bereik wanneer Jesus sy Bruid kom haal by die Wegraping om vir ewig te wees waar Hy is – eers in sy Millennium Koninkryk op aarde en dan daarna in sy ewige Koninkryk in die hemel.

“Maar God, wat ryk is in barmhartigheid, het ons deur sy grote liefde waarmee Hy ons liefgehad het, ook toe ons dood was deur die misdade, lewend gemaak saam met Christus—uit genade is julle gered— en saam opgewek en saam laat sit in die hemele in Christus Jesus, sodat Hy in die eeue wat kom, kan betoon die uitnemende rykdom van sy genade in goedertierenheid oor ons in Christus Jesus.” (Efesiërs 2:4-7).

Iemand het my eenmaal gevra. “Hoe is dit moontlik dat ons saam met Christus in die hemele sit terwyl ons nog in ons natuurlike liggame hier op aarde is? Jesus self het by monde van Paulus gesê , ‘Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie.’ (1 Korintiërs 15:50). Hoe rym dit met Efesiërs 2?”

Die kort antwoord is, “Geloof is ’n vaste vertroue in die dinge wat ons nie sien nie” (Hebreërs 11:1). Die dinge wat ons nie sien nie, die verborge onsienlike dinge soos “julle lewe is saam met Christus verborge in God” is nie die finale voorbereide plek wat Jesus vir sy Bruid (Ekklesia gelowiges) bestem het nie. Efesiërs 1:14 verduidelik dat dit, “die onderpand [deposito] is van ons erfdeel om sy eiendom te verlos tot lof van sy heerlikheid.”

Die werklike plek-inname of akkommodering van sy heerlikheid (die plek wat Hy voorberei) sal eers later realiseer wanneer Christus sy Bruid kom haal by die Pre-Verdrukking Wegraping om vir ewig by Hom te wees

So-ook is Hebreërs 12:22, “Maar julle het gekom by die berg Sion en die stad van die lewende God, die hemelse Jerusalem en tien duisende engele” nie die finale realisering van God se belofte nie, maar ’n teenswoordige verborge onsienlikheid wat die gelowige deur geloof die vaste versekering kry dat sy en haar burgerskap in die 1000-jarige Vrederyk, en uiteindelik die hemel 100% gewaarborg is, in so mate dat God dit as ’n reeds gedane saak beskou.

Daarom staan daar geskrywe, “Want ons burgerskap is in die hemele, van waar ons ook as Verlosser verwag die Here Jesus Christus,” (Filippense 3:20). Ons burgerskap is reeds in die hemel al wag ons tans as Verlosser die Here Jesus Christus om terug te keer vanwaar Hy nou in die hemel aan die regterhand sy Vader is. Waarom sê die vers “as Verlosser” terwyl alle ware gelowiges reeds deur Hom verlos is?

Die bloed van sy kruis het alle ware gelowiges reeds van die sonde, die wêreld, die Satan en van hulleself (die ou natuur) verlos. Dis ons liggame wat steeds onderwerp is aan verderwing wat Hom as Verlosser verwag.

Riekert Botha het versuim om die verklarende konteks van die betekenis van die stad van die lewende God in Hebreërs 13:14 te noem, nl. “Want ons het hier geen blywende stad nie, maar ons soek die toekomstige.”

Dit is dus nie ’n verborge of geheime soort huishouding in die boesem van die Vader waarheen die Here Jesus sy Bruid by sy kruisiging geneem het nie. Dit is ’n stad waarin Hy tans ’n spesiale plek voorberei vir sy Bruid.

Ons moet onthou dat God se onsienlike en verborge beloftes so vas en seker is dat baie geestelike seëninge wat Hy op sy kinders uitgiet, en nog in die toekoms lê, vir Hom reeds gedane sake is. Hy praat dus daarvan asof dit reeds volkome voltrek en vervul is, hoewel ons nog hier in ons natuurlike liggame op die aarde is. Daarom sê die Skrif,

“maar Hy, omdat Hy vir ewig bly, besit ‘n priesterskap wat nie op ander oorgaan nie. Daarom kan Hy ook volkome red die wat deur Hom tot God gaan, omdat Hy altyd leef om vir hulle in te tree. Want so ‘n hoëpriester was vir ons gepas, een wat heilig, onskuldig, onbesmet, afgeskeie van die sondaars is, en wat hoër as die hemele geword het; wat nie elke dag nodig het, soos die hoëpriesters, om eers vir sy eie sondes offers te bring en dan vir dié van die volk nie. Want dit het Hy net een maal gedoen toe Hy Homself geoffer het.” (Hebreërs 7:24-27).

Jesus het ons gees en siel as die Lam van God aan die kruis verlos, maar dit is alleenlik sy rol as Hoë Priester aan die regterhand van sy Vader wat Hom die mag gee om ons volkome te verlos (gees, siel en liggaam). Die King James sê dit so mooi, “Wherefore He is able also to save them to the uttermost that come unto God by him, seeing he ever liveth to make intercession for them.”

Hierdie verlossing tot die uiterste toe sal eers plaasvind wanneer Jesus die Ekklesia gelowiges (sy Bruid) by die Wegraping vóór die sewejarige verdrukking kom haal om Hom in die lug tegemoet te gaan en weggevoer te word na sy Vader se woonplek om vir ewig te wees waar Hy is. (1 Tessalonisense 4:13-18).

Riekert Botha lê ’n verkeerde klem op die verlede tyd “het gekom” in Hebreërs 12:22 om te  bewys dat Christus reeds ’n plek berei het in die huishouding van God en dus nie nodig het om by ’n Wegraping sy huishouding op te raap of weg te raap na ’n woonplek in die hemel nie.

Hy waag selfs om spottenderwys na sy moeder se wens vir ’n veranda in haar woning in die hemel na die Wegraping te verwys. Of sy ’n veranda gaan kry of nie, is nie die punt nie; die punt is, sy glo aan die Wegraping. Punt.

Riekert Botha vertel dat hy met die leer van die Wegraping in sy ouerhuis grootgeword het. Mooi so, dis nie aldag dat kinders so ’n wonderlike voorreg te beurt val nie. Toe kom die afvalligheid, waarskynlik met sy eerste tree in ’n teologiese opleidingsentrum. Waar dit is, weet nugter.

Hoe dit ook al sy, die meeste teologiese opleidingsentrums in Suid-Afrika het reeds so diep in dwaalleer verval dat eindtyd lering en profesieë nie meer ’n plek in hulle seminariums het nie. Was Riekert Botha tog maar gehoorsaam aan sy ouers sou hy nie so diep in eskatologiese vervallenheid beland het nie (Efesiërs 6:1; Kolossense 3:20).

Mog die Here sy blindheid verwyder en die oë van sy verstand verlig sodat hy insig mag kry in die waarheid oor die heerlike Wegraping wat vóór Daniël se 70ste week (sewejarige verdrukking) sal plaasvind.

Bekeer jou, Riekert, van jou onbybelse uitlatings oor die eindtyd, en inspireer ook jou vrou, Pippa, om haar daarvan te bekeer. Moenie so halstarrig en weerbarstig wees soos Stephan Joubert en sy mistieke vriende by die Mosaiek Kerk nie.

Please share:

Tom Lessing (Discerning the World)

Tom Lessing is the author of the above article. Discerning the World is an internet Christian Ministry based in Johannesburg South Africa. Tom Lessing and Deborah Ellish both own Discerning the World. For more information see the About this Website page below the comments section.

15 Responses

  1. Helene says:

    Tom Lessing, weet jy, jy sal meer aanklank by lesers vind as jy minder neerhalend van diegene wat jy in jou visier het praat. Nie een van ons het, en dit sluit jou beslis ook in, al die waarheid en kennis in pag nie. En as jy anders glo wil ek net vir jou se jy mislei jouself en ly aan geestelike arrogansie en meerderwaardigheid. En dit is beslis nie ‘n kenmerk wat pas by iemand wat voorgee dat hy ‘n Christen is nie.

  2. Helene, het jy my artikel deurgelees? Blykbaar nie. As jy dit wel deurgelees het, sou jy agterkom hoe neerhalend Riekert Botha op ‘n baie subtiele manier van Jesus Christus praat en ook met die Wegraping spot. Hy sê dat Jesus die duiwel aan die kruis gebind het, terwyl God se Woord baie duidelik sê dat dit ’n engel is wat die duiwel vir ’n 1000 jaar lank gaan bind en in die afgrond werp sodat hy vir tien eeue lank die nasies nie tot oorlog kan verlei nie (Openbaring 20:1-3). Jesus het blykbaar nie soveel sukses soos die engel behaal nie want ons het sedert sy kruisiging en opstanding al hoeveel oorloë op ons planeet gehad. Botha verneder dus die Here Jesus. Nie net dit nie. Hy suggereer ook dat Jesus ’n leuenaar is wat nie sy beloftes aan Israel en die Ekklesia kan nakom nie. Maak dit jou nie seer nie? Maak dit jou nie kwaad nie? Blykbaar nie omdat Riekert Botha jou held is?? Jy gee blykbaar nie om dat jou held, Riekert Botha, die Here Jesus Christus op so ’n lelike manier in die openbaar verneder nie.

    Jy beskuldig my van geestelike arrogansie terwyl jy self my op so ’n lelike manier aanval en valslik beskuldig. Haal gerus eers die balk uit jou eie oog. Waarom moet jy, ’n vrou, Botha verdedig? Is hy nie mans genoeg om dit self te doen nie? Riekert Botha is wat die eskatologie betref ’n valse profeet en jy kan gerus oplees wat die Skrif oor valse profete sê. Ek raai jou aan om jou woede in jou rok sak te steek en die Bybel ernstig te bestudeer eerder as om na valse eskatologiese profete te luister wat besig is om duisende kosbare siele te mislei en te verlei.

    Jy sê nie een van ons het al die waarheid en kennis in pag nie en tog dink en glo jy dat Riekert die waarheid praat as hy sê daar is nie ‘n Wegrraping nie en dat daar na Jesus se Wederkoms niks meer op aarde gaan gebeur nie. Kan jy dit bewys? Wil jy dan ook vir Jesus tot leuenaar maak wat belowe het? “Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig. (Johannes 16:13). Die hele waaraheid, is die HELE waarheid, Helene, en nie net halwe waarhede nie omdat die Gees van God die Gees van die hele waarheid is en nie halwe waarhede nie. Maar nou ja, as jy eerder vir Riekert Botha en sy leuens instede van Jesus en sy Gees van Waarheid wil navolg – “be my guest.”

    Want ek weet dit, dat ná my vertrek wrede wolwe onder julle sal inkom en die kudde nie sal spaar nie. Ja, uit julle self sal daar manne opstaan wat verkeerde dinge praat om die dissipels weg te trek agter hulle aan. (Handerlinge 20:29-30).

    Wie volg jy Helene? Maak seker, asseblief.

    Chritsene suggereer deesdae baie maklik, “Julle kan van Jesus in die openbaar sê net wat julle wil. Julle kan Hom verneder; julle kan Hom tot leuenaar maak; julle kan sy leerstellings onder julle voete vertrap soos julle wil. Moet tog net nie ons ghoeroes, ons liefling predikers, ons ore strelers (ons “anointed prophets”) in die openbaar “expose” nie. Dit sal ons nie verdra nie. PASOP! En as julle so-iets doen, is julle nie Christene nie maar heidene”

    Judas, die broer van Christus was dan sekerlik ook nie ‘n Christen nie. Hoor wat sê hy:

    Maar hierdie mense belaster alles wat hulle nie ken nie; en alles wat hulle, soos die redelose diere, op natuurlike wyse verstaan, daardeur gaan hulle te gronde. Wee hulle, want hulle het die weg van Kain bewandel en om loon hulleself in die verleiding van Bíleam gestort en in die verset van Korag omgekom. Hulle is skandvlekke in julle liefdemaaltye, wat sonder vrees saam fees hou en hulleself voer, waterlose wolke deur winde rondgedrywe, bome in die nasomer, wat sonder vrugte is, twee maal gestorwe, ontworteld; woeste golwe van die see wat hulle eie skandes laat opskuim, dwaalsterre vir wie die donkerheid van die duisternis vir ewig bewaar word. En Henog, die sewende van Adam af, het ook teen hulle geprofeteer en gesê: Kyk, die Here het gekom met sy heilige tien duisendtalle, om gerig te hou oor almal en al die goddelose mense onder hulle te straf oor al hulle goddelose werke wat hulle goddelooslik gedoen het, en oor al die harde woorde wat die goddelose sondaars teen Hom gespreek het. (Jud 1:10-15).

    Het jy opgelet Helene, Judas praat van die wegraping?

  3. Helene skryf:

    Tom Lessing, weet jy, jy sal meer aanklank by lesers vind as jy minder neerhalend van diegene wat jy in jou visier het praat.

    Weet jy Helene, en luister seblief baie mooi, ek wil hoegenaamd NIE aanklank vind by wie ookal nie. Weet jy hoekom? Hier’s die rede:

    Soek ek dan nou die guns van mense, of van God? Of probeer ek om mense te behaag? As ek nog mense behaag, dan sou ek nie ‘n dienskneg van Christus wees nie. (Gal 1:10)

    Kan jy vir my woord vir woord aanhaal waar ek neerhalend van Riekert Botha geskryf het of is dit maar net jou emosies wat jou so iets laat sê?

  4. Laurens le Roux says:

    Helene
    In Jesus se gebed in Joh. 17 bid Hy o.a. die volgende:
    Joh. 17:14-17 [AOV]:14 Ek het hulle u woord gegee, en die wêreld het hulle gehaat, omdat hulle nie van die wêreld is nie, net soos Ek nie van die wêreld is nie. 15 Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld wegneem nie, maar dat U hulle van die Bose bewaar. 16 Hulle is nie van die wêreld nie, net soos Ek nie van die wêreld is nie. 17 Heilig hulle in u waarheid; u woord is die waarheid.
    Heiligmaking, wat gebaseer is op blootstelling en geloof in die absolute waarheid, was Jesus se gebed vir Sy kinders. Hierdie heiligmaking wat geskied deur die Heilige Gees [2 Tess. 2:13;1 Petr. 1:2] is seker die proses van wedergeboorte en daarsonder sal ons nie die Here kan sien nie.[Hebr. 12:14].
    Dit behoort dan duidelik te wees dat alleen die blootstelling aan en die geloof in die absolute waarheid van lewensbelang is. Hieruit volg dan logies gewyse voort om prediking hetsy in gesproke of geskrewe vorm wat die waarheid en die leuen meng [wat die gevaarlikste vorm van dwaling is] te identifiseer en daarvan weg te kom. Ook die draers daarvan te vermy.
    Ons is nie almal instaat om hierdie dwalinge te identifiseer nie en moet dus baie dankbaar wees vir diegene wat ons daarmee kan help.
    Ek het ook in gedagte die Bybel wat jy raadpleeg. Ek verstaan dat 254 verskillende Engelse Bybels sedert 1881 die lig gesien het. Watter een is die Woord van God?

  5. Dankie Laurens vir jou inset. Waardeer!

  6. douglas says:

    waar gaan hy n plek voorbery?

  7. douglas says:

    nie waar nie

  8. Dagsê Douglas. Wat is nie waar nie?

  9. Douglas. Miskien kan jy vir ons sê waar Hy ‘n plek gaan voorberei vir sy bruid.

  10. douglas says:

    Believe it or Not…
    The Bible 
    Does NOT Promise “Heaven”!
    Millions in the Christian-professing world believe they will be raptured to heaven. They sing of “heavenly mansions,” our “home up above,” and of “going to be with the Lord.”
    In thousands of funeral ceremonies, clergymen confidently assure bereaved relatives their loved ones are already in heaven, and the belief is indelibly reinforced in an atmosphere of pain and fear of the unknown. But does the Bible really teach Christians go to heaven when they die ? The false doctrine of the “immortality of the soul” and Christians “going to heaven” does away with the second coming of Christ—which is the greatest prophesied event in the Bible! Obviously, these many biblical proofs of the second coming No, “souls” do not go to heaven—neither do people. Christ is coming back to this earth. He is coming all the way back; coming with clouds, to catch the converted righteous up into the air with Him, take them to a place just above Jerusalem, and then, “His feet shall stand on the Mount of Olives” in Jerusalem Christ utterly negate the false doctrine of souls going to heaven. And the angel said unto her, Fear not, Mary: for thou hast found favor with God. And, behold, thou shalt conceive in thy womb, and bring forth a Son, and shalt call His name JESUS. He shall be great, and shall be called the Son of the Highest: and the Lord God shall give unto Him the throne of His father David; and He shall reign over the house of Jacob forever; and of His kingdom there shall be no end!” (Luke 1:30-33). (His kingdom will be right here on earth. Christ will return to this physical earth, and will grant positions of responsibility and rulership to those who have truly qualified to be members of His kingdom! Notice a description of conditions extant on earth after Christ has begun to rule: “But with righteousness shall He judge the poor, and reprove with equity for the meek of the earth: and He shall smite the earth with the rod of His mouth, and with the breath of His lips shall He slay the wicked. And righteousness shall be the girdle of His loins, and faithfulness the girdle of His reins. The wolf also shall dwell with the lamb, and the leopard shall lie down with the kid; and the calf and the young lion and the fatling together; and a little child shall lead them. And the cow and the bear shall feed; their young ones shall lie down together: and the lion shall eat straw like the ox. And the suckling child shall play on the hole of the asp, and the weaned child shall put his hand on the cockatrice’ den. They shall not hurt nor destroy in all my holy mountain: for the earth shall be full of the knowledge of the Lord, as the waters cover the sea. And in that day there shall be a root of Jesse, which shall stand for an ensign of the people; to it shall the Gentiles seek: and His rest shall be glorious. And it shall come to pass in that day, that the Lord shall set His hand again the second time to recover the remnant of His people, which shall be left, from Assyria, and from Egypt, and from Pathros, and from Cush, and from Elam, and from Shinar, and from Hamath, and from the islands of the sea. And He shall set up an ensign for the nations, and shall assemble the outcasts of Israel, and gather together the dispersed of Judah from the four corners of the earth” (Isaiah 11:4-12).

  11. douglas, I have a few questions for you. In John 7 :29 we read, “But I know him: for I am from him, and he hath sent me.” From whence did God the Father send his Son to the earth? In Luke 23:43 Jesus says, “Verily I say unto thee, To day shalt thou be with me in paradise.” Where is this Paradise He spoke of?

  12. douglas says:

    Jesus died on that day he only stood up after 3 day’s..( A Big mistake people make is leaving the comma out.(mistake made by translators) (Ek se vir jou vandag, jy sal saam met my in die paradys wees)
    I tell you today, (Comma) you will be with me in paradise is the correct way, Now where did Adam and Eve live when they where created (made) in Paradise right here on earth. Why do Jesus preach the resurrection then ? Those in the graves will stand up and live again. The dead shall hear the voice of the Son of God: and they that hear shall live” (John 5:25).
    He described those who were in their graves, dead, knowing nothing Why Did Christ Teach the Resurrection?  The Paradise will be restored right here on earth, after all this is where all the problems are.

  13. douglas, Dis die-ou ou argument – die komma is op die verkeerde plek. Al die Bybelvertalings plaas die komma waar die OA Bybel dit plaas. Van wanneer is jy so danig arrogant om dit anders te doen?

    Jesus answered him, “Truly I tell you, today you will be with me in paradise. (NIV)

    And Jesus said unto him, “Verily I say unto thee, today shalt thou be with Me in Paradise.” (KJ21).

    And he said unto him, Verily I say unto thee, To-day shalt thou be with me in Paradise. (ASV).

    Jesus said to him, “I assure you and most solemnly say to you, today you will be with Me in [a]Paradise.” (AMP)

    And He answered him, Truly I tell you, today you shall be with Me in Paradise. (AMPC).

    And he said to him, “Truly I tell you, today you will be with me in paradise.” (CSB).

    And he said to him, “Truly, I say to you, today you will be with me in paradise.” ESV).

    Wil jy hê ek moet aangaan? Jou argumente is flou en so oud soos die berge. Ek het geweet jy sal hierdie argument gebruik. Jy mors my tyd. Jy maak of Jesus ‘n verstandelik vetraagde mens was. Geen mens in sy gesonde verstand sal sê, Ek sê vir jou vandag,” . . . . terwyl die man aan die kruis geweet het dat die dag waarop hy saam met Jesus gekruisis was “vandag” was, en nie more of oormore nie. Dis belaglik. Leer asseblief eers om die Bybel reg te lees voordat jy weer hier comment.

  14. Andre Jansen van Vuuren says:

    Tom Lessing, wow, jou aanvalle op Riekert klink vir my persoonlik en om goed te noem soos:”dat hy en sy vrou Pippa en die res van sy fans”bla bla bla….. kyk, as ‘n persoon wat voel dat ek wel wedergebore is en dat ek ander moet lief hê wil ek darem net vir jou sê dat jy my “moer meter” diep in die rooi gestoot het nog voor daai uitlate weens jou sarkasme maar daai was die cherry op die koek. Ek kon nie verder lees nie. Jou tipe menswees is wat die wêreld teen christene draai. Hierdie tipe “ontledings” en “power plays” walg my. Mense, in hulle onkundigheid, smag na literatuur wat hulle oor goed laat dink met die hoop om nader aan Jesus te kom. Jou skrewe is ‘n aanval en nie debatvoering nie. Ek sal jou skrewe van nou af vermy.

  15. Andre Jansen van Vuuren. Jou “moer meter” is nie teen my nie maar teen God en sy waarhede omtrent die eindtyd. Dus is jy welkom om Hom van nou af te vermy. Jy’s een van daai ouens wat nie ‘n debat kan voer nie en sommer net na willekeur jou “moer meter” opstoot na verby die gevaar merk. Man, koel af, en weerlê my artikel vanuit die Woord, pleks vanuit jou “moer meter.” So tussen hakies, wie wil jy “moer” vir my of vir God, en waarom is jy so begaan oor Pippa wie se man ’n klomp leuens verkondig?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *