Wees nederig: Moenie fout vind nie.

heart

Stephan Joubert is alewig besig om wêreldse “omvattende studies” (Jakobus 4:4) waarvan die meeste skrywers en outeurs ongelowiges en uitgesproke God-haters is, te gebruik om God se waarhede te rugsteun, so asof die Here nie in staat is om ons vanuit sy Woord alleen die korrekte insigte te gee nie. So skryf hy in een van sy nuutste artikels op ekerk, “Moenie foutvinderig wees nie,”

“In ‘n onlangse omvattende studie in die VSA, waarin daar gevra is na die verskil tussen Christene en nie-Christene se optrede, het die meeste respondente gesê: “Christene is te veroordelend en liefdeloos.” Hoe jammer dat diegene, wat veronderstel is om die wêreld met liefde te verower, soms selfaangestelde regters oor ander mense geword het. Luister maar net na sommige gelowiges se skerp tonge in die kerk, dan besef jy dit opnuut.”

Natuurlik sal ongelowiges sê dat ware “Christene te veroordelend en liefdeloos” is omdat hulle die dinge van God nie verstaan nie. Hulle verstaan dit nie omdat dit geestelik beoordeel word. (2 Korintiërs 2:14). Daarom sal Joubert en sy wêreldse omvattende wysgerige studies nie ’n enkele keer na die kernverskil tussen gelowiges en ongelowiges verwys nie, nl. dat gelowiges in Christus is (gered is) en ongelowiges nie in Christus is nie (nie gered is nie).

Die ware gelowiges is gered omdat hulle onder die kragtige oortuiging van die Heilige Gees besef het dat hulle ewig verlore sal wees tensy hulle hul heelhartig tot God bekeer en sy Seun Jesus Christus as hulle enigste maatstaf vir reg en verkeerd ontvang, eerder as om te luister na ’n klomp wêreldse omvattende studies.

Dit is nie soseer dat die ongelowiges die ware Christene as te veroordelend en liefdeloos beskou nie; dit gaan meer om die feit, soos Jesus Christus dit self eenmaal vir ongelowiges uitgespel het,

En dit is die oordeel: dat die lig in die wêreld gekom het, en die mense het die duisternis liewer gehad as die lig; want hulle werke was boos. Want elkeen wat kwaad doen, haat die lig en kom nie na die lig nie, dat sy werke nie bestraf mag word nie. (Johannes 3:19-20).

Sien julle dit? Let asseblief op Mnr. Joubert,

  1. Ongelowiges het die duisternis liewer as die lig want hulle werke is boos.
  2. Hulle haat die lig en weier om na die lig te kom SODAT HULLE WERKE NIE BESTRAF MAG WORD NIE.

Jesus wys die vinger na die ongelowiges en kry hulle voor stok omdat hulle Hom nie lief het nie, en inderdaad oor hulle nydige haat vir Hom. Maar nee, onse vriend Joubert, so verdiep in sy eie wonderlike liefdevolle nederigheid, gee die ware gelowiges die skuld vir die  ongelowiges se verlore toestand. Hulle is kwansuis te veroordelend en liefdeloos. Ek kan maar net sê soos Jesus gesê het, “Gaan weg agter My, Satan! Want jy bedink nie die dinge van God nie, maar dié van die mense.” (Markus 8:33)

Joubert wil graag hê dat Jesus hom ’n paar lesse in nederigheid moet leer. Kom ons help hom dan so ’n bietjie om Jesus se nederigheid en liefde beter te verstaan. Onthou, Jesus self het gesê, “Ek is sagmoedig en nederig van hart” (Matteus 11:29). Hy moet en kan dus die enigste Persoon wees wat nederigheid en sagmoedigheid in harte kan inburger. Luister mooi, Stephan, na Jesus se “skerp tong.”

Nederige Naarheid

En skryf aan die engel van die gemeente van die Laodicense: Dít sê die Amen, die getroue en waaragtige Getuie, die begin van die skepping van God: Ek ken jou werke, dat jy nie koud is en ook nie warm nie. Was jy tog maar koud of warm! Maar nou, omdat jy lou is en nie koud of warm nie, sal Ek jou uit my mond spuug. (Openbaring 3:14-16).

Nederige Weë

Maar wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle sluit die koninkryk van die hemele toe voor die mense; want julle gaan self nie in nie, en die wat sou ingaan, laat julle nie toe om in te gaan nie. Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle eet die huise van die weduwees op, en doen vir die skyn lang gebede. Daarom sal julle ‘n swaarder oordeel ontvang. Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle trek rond oor see en land om een bekeerling te maak; en as hy dit geword het, maak julle hom ‘n kind van die hel, twee maal erger as julle self. (Matteus 23:13-15).

Nederige Gestrengheid

Let dan op die goedertierenheid en die gestrengheid van God: gestrengheid oor die wat geval het, maar goedertierenheid oor jou as jy in die goedertierenheid bly; anders sal jy ook afgekap word. (Romeine 11:22).

Nederige Toorn

Toe het ek die hemel geopend gesien; en daar was ‘n wit perd, en Hy wat daarop sit, word genoem Getrou en Waaragtig, en Hy oordeel en voer oorlog in geregtigheid. En sy oë was soos ‘n vuurvlam, en op sy hoof was baie krone; en Hy het ‘n Naam wat geskrywe is, wat niemand ken nie, behalwe Hy self. En Hy was bekleed met ‘n kleed wat in bloed gedoop was, en sy Naam is: Die Woord van God. En die leërs in die hemel het Hom gevolg op wit perde, bekleed met wit en rein fyn linne. En uit sy mond gaan daar ‘n skerp swaard om die nasies daarmee te slaan; en Hy sal hulle met ‘n ysterstaf regeer, en Hy trap die parskuip van die wyn van die grimmigheid en van die toorn van God, die Almagtige. (Openbaring 19:11-15).

Nederige Verwerping

Omdat jy die woord van die HERE verwerp het, het Hy jou . . . verwerp. 

Nederige Vernedering

En Hy het vir hulle gesê: Gaan vertel daardie jakkals: Kyk, Ek dryf duiwels uit en maak gesond, vandag en môre, en op die derde dag is Ek klaar. (Lukas 13:32).

Daarom wil ek ook sê , “Gaan vertel daardie jakkals om op te hou met sy jakkalsstreke, sy ekerk geheel en al te sluit en die sleutel daarvan weg te gooi want hy is besig om derduisende mense te mislei met sy valse liefdes-manewales. Dis vir sy eie beswil.

Lees gerus ook hierdie artikel Hoe Om Mense Met Liefde Hel toe te Stuur ⋆ Discerning the World

Please share:

Tom Lessing (Discerning the World)

Tom Lessing is the author of the above article. Discerning the World is an internet Christian Ministry based in Johannesburg South Africa. Tom Lessing and Deborah Ellish both own Discerning the World. For more information see the About this Website page below the comments section.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *