Entstof -Stephan Joubert in Gesprek met Dr. Ena Bromley

MIT-mRNA-vaccines-explainer-entstof
Covid-19 entstof

Stephan Joubert van Ekerk-faam het op 22 Desember 2020 in ”n regstreekse uitsending ‘n onderhoud gehad met Dr. Ena Bromley, ‘n internasionaal bekende genetikus. Die vraag is gevra of Christene die Covid-19 entstof kan neem, veral ten aansien van “sekere Christene” se kommer dat dit uit baba fetusse vervaardig word. Dr. Ena Bromley het dit ontken en versoek dat Christene eerder moet saamstaan en nie die saak rondom die Covid-19 entstof moet beveg of teenstaan nie.

Covid-19 Entstof

Die term “Christen” het in hierdie laaste dae waarin ons tans lewe ‘n handige manier geword om eenheid en samewerking tussen alle Christen denominasies en selfs met ander godsdienste te bewerkstellig. Stephan Joubert is self ook ‘n ekumeniese genie in eie reg. in een van sy onlangse feesgety artikels rondom Kersfees (Hoekom skrik jy vir Kersfees?“) het hy die volgende gesê:

“Ons getuienis [as Christene] is juis dat ons nie maar net teen alles is en almal veroordeel, wat nie soos ons dink nie, maar dat ons Jesus dien deur ook reg fees te vier tot Sy eer in hierdie dae.”

Dit alleen dui daarop dat Stephan Joubert alles toets aan die hand van sy eie idees en denke. Sy eie gemoed is vir hom die litmustoets van wat waar en vals is, en as iemand anders se idees nie by sy gemoedere inpas, nie, kan hulle nog steeds saamwerk in hulle diens aan en and die gemeenskap. Posted by Echurch on December 2, 2010 at 11:39am. In ‘n kort artikel wat op 2 Desember 2010 om 11:39 in Joubert se Ekerk webblad dveskyn het, skryf hy onsder andere.

“It’s not so much our beliefs [that Jesus is the only Way, Truth, and Life], but our integrity in terms of following Jesus in the smallest details of our lives through service, sacrifice, humility and generosity that will provide intelligible answers to the right questions here in our day.”

Wat hy eintlik bedoel, is dat ons nie die Bybelse leerstellings wat ander godsdienste veroordeel so pertinent moet benadruk nie, maar eerder die mense wat anders as ons dink (d.w.s. glo) met liefde en “Christelike” toleransie aanvaar. Hierdie soort liefde is beslis nie n goddelike liefde nie, maar ‘n helse liefde wat die Bybelse beginsel van getuienis nek omdraai, net om nie aanstoot te gee nie.

Luister geliefdes, as jy nie vir sommiges n reuk van die lewe tot die lewe en vir andere n reuk van die dood tot die dood is nie (2 Korintiërs 2:16), is daar iets drasties met jou getuienis verkeerd. In die daaropvolgende vers 17 sê Paulus:

“Want ons is nie soos baie wat handel dryf met die woord van God nie; maar as opregtheid, maar as uit God, in die teenwoordigheid van God, spreek ons in Christus.” (2 Korintiërs 2:17).

Hoe spreek ‘n mens in alle opregtheid in Christus, as “uit God” en “in die teenwoordigheid van God?” Eenvoudig gestel, beteken dit net een ding. Jy staan as verteenwoordiger van God (as sy getuienis van sy waarheid) midde in ‘n ongelowige en vyandiggesinde wêreld met een doel voor oë, en dit is om die waarheid soos dit in Christus vervat is te verklaar (“kerugma”) sodat verlore sondaars gered kan word.

Die waarheid in Christus vra nie of ander mense anders as God dink nie. Dit vra nie of daar miskien ook waarhede in andere se spirituele denke mag wees wat vir ons n platform kan skep waarop ons kan voortbou om saam te werk nie (2 Korintiërs 6:14-17). Dit insigself is ‘n “Doelgerigte Kerk” konsep wat Rick Warren in 1995 aan kerke opgedis het, en veral hier in Suid-Afrika baie lidmate van die NG Kerk mislei het, en ongelukkig selfs ook Christene wat reeds n lang pad met Christus Jesus bewandel het. (Matteus 24:4).

Weet dit: In die laaste dae sal die versmagting na eenheid tussen andersdenkendes in alle godsdienste hand oor hand toeneem, en een van die hoof weë tot die verkryging van hierdie eenheid lê oop die terrein van genesing en gesondheid. Die term “Universal Medicine” het reeds sy koop begin uitsteek, en hoewel die term hoofsaaklik op die terrein van esoteriese genesing gebruik word, het dit ook reeds op n wetenskaplik biologiese vlak merkbaar begin word. Die beoogde universele inenting teen die Covid viirus is voldoende bewys hiervan.

Let wel, ek is nie besig om enigeen af te raai of the ontmoedig om die Covid entstof te neem nie, en ek is ook allermins besig om te skimp of reguit te sê dat dit die merk van die dier in Openbaring 13 is. Daar is verskeie Bybel-gefundeerde redes waarom die merk van die dier nie nou al sy verskyning kan maak nie, soos Stephan Joubert weet te vertelle het. Die hoofrede waarom baie Christene glo dat dit wel die merk van die dier is, is omdat hulle Skriftuurlike profesieë misinterpreteer, veral die profesieë in die boek Openbaring. Daarom sê Jesus. “Julle dwaal, omdat julle die Skrifte nie ken nie en ook nie die krag van God nie.” (Matteus 22:29).

Nogtans moet Christene bedag wees op die feit dat nuwe wetenskaplike uitvindings en ontwerpe op die gebied van kunsmatige intelligensie (“artificial intelligence”), digitale tegnologie en ook medikasie, voorlopers, ek herhaal, die VOORLOPERS kan wees van die uiteindelike antichristelike merk van die dier wat eers gedurende die sewe-jarige verdrukking (Daniël se profetiese 70ste week), ná die Wegraping op die toneel sal verskyn. Daarom skryf Paulus aan die kerke in Thessalonica.

“Maar ons vra julle, broeders, met die oog op die wederkoms van onse Here Jesus Christus en ons vereniging met Hom (by die Wegraping), om nie gou julle verstand te verloor of verskrik te word nie—deur gees of deur woord of deur brief [van valse leraars] wat van ons afkomstig sou wees—asof die dag van Christus al daar is. Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is. Onthou julle nie dat ek dit altyd vir julle gesê het toe ek nog by julle was nie?” (2 Tessalonisense 2:1-5).

Please share:

Tom Lessing (Discerning the World)

Tom Lessing is the author of the above article. Discerning the World is an internet Christian Ministry based in Johannesburg South Africa. Tom Lessing and Deborah Ellish both own Discerning the World. For more information see the About this Website page below the comments section.

1 Response

  1. Marthina says:

    Een ding is seker vir my …. en dis dat die pandemie het my geleer om self navorsing te doen en nie net die hoofstroom media te glo of selfs eksperts se ‘opinie’ nie. Daar is en was nog altyd net Een Waarheid….
    Baie dankie Tom!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *