CALLIE VENTER – WAAROM JESUS SE WEDERKOMS NOG NIE KAN PLAASVIND NIE

Callie Venter

Pastoor en Mev. Callie Venter van die Nuwe Lewe Aanbiddingsentrum in Krugersdorp

PASTOOR CALLIE VENTER- WAAROM JESUS SE WEDERKOMS NOG NIE KAN PLAASVIND NIE

To translate article to English, use Google Translate located on this website to the left of this article.

INLEIDING

Van al die uitsprake wat ek tot dusver uit die mond van ‘n prediker gehoor het, is Callie Venter s’n “Waarom Jesus se wederkomds nog nie kan plaasvind nie” sekerlik die domste. Dis amper soos om te sê, “‘n Dief kan enige oomblik by ons huis inbreek maar dit kan nog nie gebeur nie omdat ons nog nie gereed is vir hom nie.” Wat sê Paulus?

Maar oor die tye en geleenthede, broeders, het julle nie nodig dat aan julle geskryf word nie; want julle weet self baie goed dat die dag van die Here kom net soos ‘n dief in die nag. (1 Thessalonicense 5:1-2).

  1. ‘n Dief kan enige oomblik by jou inbreek.
  2. ‘n Dief breek gewoonlik in wanneer jy hom die minste verwag.
  3. ‘n Dief sal nooit vooraf vir jou ‘n stel gebeure uitspel om aan te dui wanneer hy gaan inbreek nie.

Pastoor Callie Venter, op die foto hiernaas saam met sy vrou, het ‘n reeks preke oor die wederkoms van Christus gelewer wat ons in die lig van die Skrif onder die loep moet neem om te onderskei of dit wat hy sê wel deeglik die waarheid is. As dit nie die waarheid is nie, moet ons dit handuit verwerp.

Die Aplified Bible sê dit as volg:

But the spiritual man tries all things [he examines, investigates, inquires into, questions, and discerns all things], yet is himself to be put on trial and judged by no one [he can read the meaning of everything, but no one can properly discern or appraise or get an insight into him].

Wanneer ons oor die wederkoms van Christus Jesus besin, is daar ‘n paar dinge wat ons vir onsself moet uitklaar om die sekwensiêle gebeure daaromheen reg te verstaan. Om dit eenvoudiger te maak, is daar ‘n paar vrae wat ons moet vra.

  1. Is daar net een wederkoms (t.w. die Wegraping en Tweede Koms vind gelyktydig plaas) en indien daar net een is, hoe pas dit in by die Sewejarige Verdrukking en die daaropvolgende 1000-jarige Vrederyk van Christus op aarde?
  2. Is daar een wederkoms wat in twee fases geskied, t.w. die Wegraping en die Tweede Koms na die aarde en hoe ver verwyderd uitmekaar vind die twee gebeure plaas?
  3. Is daar genoeg bewyse in die Bybel dat ‘n Pre-Verdrukking Wegraping (“Pre-Trib”) die enigste logiese aanvaarbare een is, en dat ‘n Mid-Verdrukking- (“Mid-Trib”), ‘n Pre-Grimmigheid- (“Pre-Wrath”), of Post-Verdrukking Wegraping (“Post-Trib”) dus nie deug nie?
  4. Is Callie Venter se aanname dat die wederkoms nog nie kan plaasvind nie, korrek?
  5. Is daar enigiets in die taalgebruik wat vir ons aandui hoedanig ons die Wegraping moet interpreteer, veral m.b.t. die aard en tydsberekening daarvan?

Miskien sal dit vir eers so ‘n bietjie help om die verskille tussen die Wegraping en Jesus se Tweede Koms na die aarde uit te stippel.

WEGRAPING TWEEDE KOMS NA DIE AARDE
Christus kom vir sy eie (Johannes 14:3; 1 Tessalonisense 14;17; 2 Tessalonisense 2:1). Christus kom saam met sy eie (1 Tessalonisense 3:13; Judas 14; Openbaring 19:14).
Hy kom sover as in die lug bokant die aarde (1 Tessalonisense 4:17). Hy kom na die aarde (Sagaria 14:4; Handelinge 1:11).
Sy Bruid gaan saam met Hom van die lug bokant die aarde na die hemel vir die huwelikseremonie (1 Tessalonisense 4:16-17). Hy kom terug saam met sy Bruid om eers die nasies te oordeel en daarna die 1000-jarige Vrederyk (die huweliks- onthaal) hier op aarde te vestig (Openbaring 19:6-14).
Die opruk of wegruk van alle ware gelowiges (1 Tessalonisense 4:17). Die openbaarmaking van Christus en sy heiliges (Maleagi 4:2; Romeine 8:19).
Net sy Bruid sien Hom (1 Tessalonisense 4:13-18). Elke oog sal Hom sien (Openbaring 1:7).
Die sewejarige verdrukking neem sy aanvang (2 Tessalonisense 1:6-9). Duisendjarige Vrederyk neem sy aanvang (Openbaring 20:1-7).
Alle gelowiges word geheel en al vanuit God se grimmigheid-sfeer gered (1 Tessalonisense 1:10; 5-9; Openbaring 3:10). Alle ongelowiges ervaar die grimmigheid van God (Openbaring 6:12-17).
Geen tekens gaan die Wegraping vooraf nie (1 Tessalonisense 5:1-3). Talle tekens gaan die Tweede Koms vooraf (Lukas 21: 1, 15).

Bogenoemde tabel toon hoe belangrik dit is om ‘n onderskeid te maak tussen die Wegraping en die Tweede Koms van Jesus Christus na die aarde. Versuim ons om dit te doen, sal ons beslis in ‘n doolhof van dwaalweë beland, en mense verwar met uitsprake soos dat die wederkoms van Jesus nog nie kan plaasvind nie. Die hoofrede waarom ons so ‘n stelling moet verwerp, is omdat dit ‘n Wegraping buite rekening laat.

So ‘n stelling kan alleenlik korrek wees as ons glo daar is net een wederkoms na die aarde omdat alleenlik die Tweede Koms voorafgegaan word deur baie tekens en die meeste van hierdie tekens nog nie in vervulling gegaan het nie. Die Wegraping, daarenteen, is ‘n misterie  (verborgenheid) wat enige oomblik kan plaasvind omdat dit nie voorafgegaan word deur bepaalde tekens nie.

Die woord “musterion” (misterie) dui nie op iets wat onverklaarbaar of onverstaanbaar is nie. Dit verwys gewoonweg na iets wat voorheen nog nie bekend was nie, maar nou deur ‘n verkose persoon, wat God self gekies het om die misterie of verborgenheid te openbaar, in die algemene kennisruim van mense geplaas word. Daarom sê Paulus, “Kyk, ek deel julle ‘n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word, . . .” (1 Korintiêrs 15:51).

Die Tweede Koms van Christus was nog nooit in die verre verlede onbekend nie. Die profeet Henog wat nagenoeg 700 jaar na Adam geleef het, het reeds oor die Tweede Koms geprofeteer toe hy gesê het, “Kyk, die Here het gekom met sy heilige tien duisendtalle, om gerig te hou oor almal en al die goddelose mense onder hulle te straf oor al hulle goddelose werke wat hulle goddelooslik gedoen het, en oor al die harde woorde wat die goddelose sondaars teen Hom gespreek het.” (Judas verse 14 en 15). The Tweede Koms kan dus kwalik a “musterion” wees soos die Wegraping wat aan Paulus geopenbaar is.

Pastoor Callie Venter sê tereg dat Christene versuim om hulle Bybels te lees en dus onkundig is oor die eindtydgebeure. Om sy waarneming te staaf haal hy Hosea 4:6 aan wat sê “My volk gaan te gronde weens ‘n gebrek aan kennis.” Benewens die feit dat God se volk nie die Christene regoor die wêreld is nie maar Israel, moet Pastoor Callie self leer om sy Bybel reg te lees.

Die Christene wêreldwyd word nie ‘n enkele keer in die Bybel die “volk van God” genoem nie. Daar word deurentyd na hulle as die Bruid van Christus verwys. As die huwelik tussen een man en een vrou die verhouding tussen Christus en sy Bruid (alle gelowiges) verteenwoordig (Efesiërs 5:23), dan kan ons hoegenaamd nie die vrou as ‘n “volk” definieer nie.

Net so min kan ons Jesus se Bruid as ‘n “volk” definieer. ‘n Volk is tog sekerlik ‘n groep mense wat in ‘n bepaalde land met bepaalde grense woon en dieselfde taal praat. As sodanig kan die Christene beslis nie as ‘n volk bestempel word nie.

Derhalwe, het die Bruid van Christus nie soos die volk van God (Israel) ‘n land nie, wat Hy belowe het om te genees sodra hulle hul tot Hom bekeer. Die een ding waarvan Christene hulle moet bekeer is om valse leraars en hulle valse leringe na te volg nie, veral ook diegene wat hulle kuddes leer dat die wederkoms van Jesus Christus nog nie kan plaasvind nie.

Die toename in valse leringe is een van die pertinentste tekens dat ons wel in die eindtyd leef. (2 Timotheus 4:1-4).  Trouens, een van die grootste afvallighede wat in baie kerke in die eindtyd sal voorkom, is wanneer hulle sal begin vra, “Waar is die belofte van sy wederkoms?” (2 Petrus 3:3-4).

Ek stem heelhartig saam dat ons nie ‘n dag en datum aan die wederkoms van Jesus kan vasknoop nie, maar om te sê dat sy wederkoms nog nie kan plaasvind nie, is darem ook so effe te dik vir ‘n daalder.

Christene woon wydverspreid in alle lande. Die vraag is, watter land kan hulle vir hulle self toeëien terwyl hulle so wydverspreid oor die hele aardbol in verskillende lande woon? Luister wat sê God se Woord oor Christene se verblyf hier op aarde.

Want ons het hier geen blywende stad nie, maar ons soek die toekomstige. (Hebreërs 13:14)

In die geloof het hulle almal gesterwe sonder om die beloftes te verkry, maar hulle het dit uit die verte gesien en geglo en begroet, en het bely dat hulle vreemdelinge en bywoners op aarde was. (Hebreërs 11:13)

Nogtans moet die Bruid, al is sy nie God se volk nie, nog steeds voortdurend op haar hoede wees om nie deur valse profete – ook bekend as wolwe in skaapsklere – mislei te word nie, veral met betrekking tot die eindtyd.

Soos ons later sal sien, was dit een van die truuks wat die duiwel en sy valse profete voortdurend voor die oë van Jesus Christus se Bruid gegooi het, juis om haar verwagtings-verlange na die wederkoms van Jesus te verskraal, te demp en selfs tot niet te maak.

Kom ons kyk vereers hoedat die Bybel die Bruid van Christus aanmoedig om uit te kyk en ook uit te sien na die koms van haar Bruidegom en Saligmaker by die Wegraping en NIE sy Tweede Koms na die aarde nie – wat, soos Callie Venter sy gemeente leer – nog nie kan plaasvind nie.

BEMOEDIG MEKAAR MET HIERDIE WOORDE

Een van die mooiste kentekens van ‘n Christen is dat hy altyd woorde van bemoediging tot die Bruid van Christus kan spreek omdat hy weet dat God se beloftes almal ja en amen is in onse Here Jesus Christus is. (2 Korintiërs 1:20).

Paulus skryf:

Maar, broeders, ek wil nie hê dat julle onkundig moet wees met betrekking tot die ontslapenes nie, sodat julle nie treur soos die ander wat geen hoop het nie. Want as ons glo dat Jesus gesterwe en opgestaan het, dan sal God ook so die wat in Jesus ontslaap het, saam met Hom bring. Want dit sê ons vir julle deur die woord van die Here, dat ons wat in die lewe oorbly tot by die wederkoms van die Here, die ontslapenes hoegenaamd nie sal voor wees nie. Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan. Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees. Bemoedig mekaar dan met hierdie woorde. (1 Tessalonisense 4:13-18)

Die word “parakleo” vir “bemoedig” is dieselfde woord wat vir die Trooster (Heilige Gees) gebruik word en dui aan hoe belangrik en ernstig dit is om die Bruid van Christus te vertroos en te bemoedig deur haar voortdurend bedag te maak op die Wegraping wat enige oomblik kan plaasvind, en nie soos Pastoor Callie Venter vir haar te leer dat die wederkoms nog nie KAN plaasvind nie.

Daarmee saam is die mooiste woorde van bemoediging  juis om vir die bruid te sê dat sy NIE, ek herhaal, NIE, die groot en deurlugtige Dag van God se wraak en oordele oor die aarde, in watter vorm ook al, gedurende die hele verloop van die Sewejarige Verdrukking sal moet verduur nie. Daarvan getuig Openbaring 3:10 baie duidelik.

Omdat jy die woord van my lydsaamheid bewaar het, sal Ek jou ook bewaar in die uur van beproewing wat oor die hele wêreld kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel. (Openbaring 3:10).

Diegene wat tog so graag wil hê die Bruid van Christus moet deel hê aan die Sewejarige Verdrukking om haar kwansuis te suiwer, vergeet gerieflikheidshalwe die taalgebruik in die bg. teks. Dit sê baie duidelik dat die bewoners van die aarde op die proef gestel gaan word.

Die gelowiges word nêrens in die Skrif as “bewoners van die aarde” bestempel nie. Trouens ons het reeds in Hebreërs 11 en 13 gesien dat die Bruid nie “‘n blywende stad (woonplek)” hier op aarde het nie, maar slegs “vreemdelinge en bywoners is” wat tans op pad is na hulle ewige verblyf met God.

Een van die belangrikste verskille tussen die Wegraping en die Tweede Koms van Jesus na die aarde, is dat die Bruid haar voortdurend moet gereed hou vir die Wegraping, en nie vir sy  Tweede Koms na die aarde nie.

Waarom moet die Bruidegom haar gereed hou vir die Tweede Koms van Jesus Christus as die Bybel so duidelik vir ons leer dat sy SAAM met Hom by sy Tweede Koms na die aarde gaan terugkeer om die nasies te oordeel? (Judas 14; 1 Korintiêrs 6:2).

Hoe weet ons sy Bruid gaan saam met Hom terugkeer na die aarde by sy Tweede Koms? Kom ons maak die Bybel oop by Romeine 8:18 en 19.

Want ek reken dat die lyding van die teenwoordige tyd nie opweeg teen die heerlikheid wat aan ons geopenbaar sal word nie. Want die skepping wag met reikhalsende verlange op die openbaarmaking van die kinders van God.

Die Bybel maak dikwels van beeldspraak gebruik om geestelike waarhede oor te dra. Vers 19 van Romeine 8 hierbo is een van hulle. Waarom word die hele skepping soos ons dit vandag ken, sodanig verpersoonlik en voorgestel as iemand wat met reikhalsende (intense) verlange uitsien na die openbaring van die kinders van God?

Wie is hierdie kinders van God en wanneer word hulle geopenbaar? Die kinders van God soos hulle tans oor die hele aarde versprei is, word stief behandel. Hulle word vervolg en doodgemaak, en kwalik as bewoners van die aarde erken. So-ook is die aarde vanweê die sonde onderhewig aan verderwing en vernietiging.

Eers wanneer alle gelowiges wat by die Pre-Verdrukking Wegraping opgeraap is, weer aan die einde van die Sewejarige Verdrukking saam met Christus terugkeer om sy 1000-jarige Vrederyk hier op aarde in te lyf, sal die hele skepping ‘n algehele vernuwing ondergaan, soveel so dat wilde diere hulle wildheid gaan verloor (Jesaja 11:6-9; 35:9; 65:25). Nou kan u verstaan waarom die hele skepping met reikhalsende verlange wag op die openbaarmaking van die kinders van God. Dit sal ‘n vrede wees wat selfs die wilde diere met reikhalsende verlange gaan vier.

CALLIE VENTER SE VERTROOSTINGS EN BEMOEDIGINGS

Nieteenstaande hierdie ernstige vermaning om mekaar so te vertroos, sê Callie Venter die volgende oor Jesus se koms.

Pastoor Callie Venter sê hy wil nie oor die Wegraping praat nie omdat dit te kontroversieel is en omdat die woord “Wegraping” nie in die Bybel voorkom nie, maar slegs deur die woord “harpazo,” (‘n “wegvoering”) aangedui word.

Ek sou graag wou weet wat hy met die woord “Drie-eenheid” (“Trinity”) maak wat ook nie in die Bybel voorkom nie. Gaan hy ook daaroor swyg omdat dit te kontroversieel is en die woord “Drie-eenheid” nie in die Bybel voorkom nie?

Ek wil Callie Venter vriendelik vermaan om juis oor die Wegraping te praat omdat Paulus dit as die Christene se hoop bestempel, en hy ons ook baie sterk aanbeveel om mekaar met sy spesifieke uiteensetting van ‘n Pre-Verdrukking Wegraping, wat hy, so tussen hakies gesê, regstreeks van Jesus ontvang het, moet bemoedig.

Pleks daarvan om te praat oor die Wegraping, verkies Callie Venter om te praat oor die Tweede Koms van Jesus wat nog nie kan plaasvind nie. Die vraag wat Callie Venter nog steeds vir ons moet antwoord, is waarom die Bruid van Christus haarself moet gereed maak en ook na moet uitsien as sy saam met Christus by sy Tweede Koms gaan terugkeer? Natuurlik kan die Tweede Koms van Jesus nog nie plaasvind nie om die eenvoudige rede dat die Pre-Verdrukking Wegraping nog nie plaasgevind het nie. Hier’s die redes waarom die Wegraping eers moet plaasvind.

  1. Sodat die Antichris geopenbaar kan word. (2 Tessalonisense 2:6)
  2. Sodat ‘n tyd van benoudheid vir Jakob (“Jacob’s Trouble), d.w.s. die sewejarige verdrukking hier op aarde ‘n aanvang kan neem en die oorblyfsel onder die Jode tot redding kan kom. (Jeremia 30:7; Sagaria 12:1-14).
  3. Sodat die Antichris as God in die allerheiligste plek in die nuut herboude tempel in Jerusalem kan sit, na afloop van die eerste 3 ½ jaar van die sewejarige verdrukking (2 Tessalonisense 2:4).
  4. Sodat die gelowige oorblyfsel van die Jode, wat sal sien die Antichris is a valse god nadat hy hom as god in die tempel verhef het, sal moet vlug om sy toorn te ontvlug. (Mattheus 24:15-16).
  5. Sodat in vervulling kan gaan alles wat die Bybel voorspel rondom die sewe seëls, die sewe trompette en die sewe skale (of bakke) in die Boek Openbaring tydens die Sewejarige Verdrukking.

Dit is van kardinale belang om te verstaan dat Lukas 21 en Mattheus 24 handel oor die Sewejarige Verdrukking, en veral die Groot Verdrukking waarna Jesus in Mattheus 24: 21 verwys het. As sodanig kan dit nie in verband gebring word met die Bruid van Christus nie, tensy jy glo dat die Bruid deur die Sewejarige Verdrukking of ‘n gedeelte daarvan sal gaan, en dus nie by ‘n Pre-verdrukking Wegraping weggevoer of opgeraap sal word nie.

Callie Venter se mening dat Lukas 21:36 verband hou met Openbaring 16 is nie korrek nie. Weer eens moet ons vra: Met wie praat Jesus in Lukas 21 – die Bruid van Christus of die Jode wat teen die middel van die Sewejarige Verdrukking sal moet vlug wanneer die Antichris as God in die nuut herboude tempel in Jerusalem sal sit?

Die dinge wat die Jode deur gebed en waaksaamheid sal moet ontvlug, word in Mattheus 24 vir ons uitgespel en nie in Openbaring 16 nie. Alles wat in Mattheus 24 genoem word het met die Jode te make en nie die Bruid van Christus nie.

  1. “Die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Daniël” (vers 15) het te make met die nuut herboude tempel van die Jode in Jerusalem en nie die Bruid van Christus nie. Die Bruid het nie ‘n tempel nie. Sy self IS die tempel van die Heilige Gees (Efesiërs 2:21). Die Antichris kan nooit in der ewigheid in die geestelike tempel van God (sy Bruid) sit om homself as God voor te doen nie. Dis onmoontlik.God sal beslis nie tegelykertyd in twee tempels (die een ‘n letterlike tempel, en die ander ‘n geestelike tempel) op die aarde woon nie. Die hele 70-weke profesie in Daniël is ‘n Joodse aangeleentheid en het niks met die Bruid van Christus te make nie (Daniël 9:24). Paulus het dit baie duidelik gestel dat ‘n tydelike geestelike blindheid oor die hele volk Israel sal kom (Mattheus 13:14-15; Johannes 12: 37-41; Handelinge 28: 25-28), net totdat die Bruid weggeraap is.
  2. Dan eers sal Israel as volk haar tot God bekeer wanneer die Here die bedekking oor haar oë wegneem ( 2 Korintiêrs 3:16). Die bruid van Christus moet eers heeltemal vanuit die sfeer van die aarde weggeneem word voordat God Hom aan sy volk Israel gaan openbaar (Romeine 11:25). Josef, ‘n tipe van die Here Jesus, het hom aan sy broers geopenbaar eers toe hy die heidense Egiptenare uit sy huis gestuur het (Genesis 45:1-3). Jakobus verklaar in Handelinge 15:14-17, “Simeon het vertel hoe God in die begin uitgesien het om ‘n volk uit die heidene vir sy Naam aan te neem. En hiermee stem die woorde van die profete ooreen, soos geskrywe is: Daarna sal Ek terugkom en die vervalle hut van Dawid weer oprig, en wat daarvan verwoes is, sal Ek weer oprig en dit herstel, sodat die oorblyfsel van die mense die Here kan soek, en al die nasies oor wie my Naam uitgeroep is, spreek die Here wat al hierdie dinge doen.” 
  3. “En bid dat julle vlug nie in die winter of op die Sabbat mag plaasvind nie.” (vers 20). Die winters in die Midde-Ooste is ontsettend koud.  Selfs die vee moet in ‘n spesiale plek binnenshuis gehou word om hulle teen die felle koue te beskerm. Daarom kon Jesus ook nie in Desember gebore gewees het nie omdat die herders hulle vee nie in die winter in die velde kan laat wei nie. Ook die Sabbat het ‘n unieke Joodse konnotasie, want volgens Eksodus 16:29 mag ‘n Jood onder geen omstandighede lang reise op ‘n Sabbat onderneem nie. Die verste wat die Wet hulle toelaat om op ‘n Sabbat te reis, is ongeveer sewe myl om hulle reise na die sinagoges op die Sabbat te akkommodeer. Dis in elk geval feitlik onmoontlik om op die Sabbat in Judea te reis omdat die poorte van die stede volgens Nehemia 13:19-21 gesluit word. Daarom moet hulle bid dat hulle vlug nie op ‘n Sabbat sal plaasvind nie, omdat dit hulle soveel kwesbaarder vir die aanvalle van die Antichris sal maak.
  4. Verder sê Daniël 9:24 dat “Sewentig sewetalle oor jou (Daniël se) volk (Israel) en oor jou heilige stad (Jerusalem) bepaal” is. Die hele laaste week (sewe jaar) van die sewentig sewetalle vorm dus deel van die volledige sewentig sewetalle wat oor Daniël se volk, Israel, bepaal is, en het dus net mooi niks met die gelowiges uit alle volke, stamme, nasies en tale te make nie. Die Sewejarige Verdrukking is dus by uitstek ‘n Joodse aangeleentheid. Ja! daar gaan beslis ook heidene wees wat gedurende die Sewejarige Verdrukking tot bekering gaan kom, maar hulle gaan grotendeels deur die Antichris en sy belhamels onthoof word (Openbaring 20:4; 7:13-14).

Soos gesien kan word, het Lukas 21:36 net mooi niks met die Bruid van Christus te make nie maar alles met die Jode. ‘n fout wat Callie Venter maak is om ‘n gedeelte wat net op die Jode gedurende die Groot Verdrukking betrekking het, in verband te bring met die gelowiges wat, syns insiens, moet waak en bid om God se grimmigheid soos dit in Openbaring 16 verklaar word, te ontvlug.

Die waaksaamheid en gebede waartoe Jesus die Jode aanmoedig in Lukas 21:36 is nie om God se grimmigheid te ontvlug nie maar wel die grimmigheid van die Satan en sy Antichris.

Callie Venter sê voorts:

Paulus het dan geskrywe dat Jesus se wederkoms sal nie plaasvind voordat die mens van sonde geopenbaar word, die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is. Dit het nog nie gebeur nie. So, ek is baie veilig vanmore om te sê die wederkoms van Jesus kan nog nie plaasvind nie. [In] 2 Tessalonisense 2:1-4 is Paulus duidelik daaroor.

Dis nie wat Paulus gesê het nie. Dit is baie belangrik om te weet teen watter agtergrond Paulus hierdie gedeelte in 2 Tessalonisense geskryf het. Valse profete het vervalste briewe in Paulus se naam aan die Christene in Tessalonika geskryf en hulle op hol gejaag met die leuen dat die Wegraping (ja, dis hoofsaaklik waaroor Paulus in 2 Tessalonisense geskryf het, en NIE die Tweede Koms van Jesus na die aarde nie) alreeds plaasgevind het, en dat hulle toe reeds in die sewejarige verdrukking was (vers 2), juis omdat hulle toe reeds so intens vervolg is.

Vers 6 sê nie die Antichris moet eers geopenbaar word voordat Jesus se koms kan plaasvind nie. Dit sê onomwonde dat hy wat hom teêhou eers uit die weg geruim moet word voordat die Antichris op die wêreldtoneel kan verskyn. Daar is dus iets of iemand wat die Antichris teëhou sodat hy hom nie kan openbaar nie, en eers wanneer hierdie iets of iemand uit die weg geruim is, kan dit gebeur.

Daar is net een persoon wat die duiwel se valse Christus (Antichris) sal kan teëhou, nl. Die Heilige Gees . . . en, waar is die Heilige Gees woonagtig? Natuurlik in al die ware gelowiges, en eers wanneer al die kinders van God weggeruk (harpazo) is by die Pre-Verdrukking Wegraping kan die Antichris hom openbaar sodat hy sy dodelike manewales gedurende die Sewejarige Verdrukking onder aanvoering van die satan hier op aarde kan uitvoer.

Kyk gerus ook na vers 8 wat baie duidelik sê dat Jesus hom (die Antichris) met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak. Die woord “katargeo” (uitdelg) is ‘n baie sterk woord en beteken om sy bose werke geheel en al tot niet te maak, te verdelg, of uit te wis. Dit sal gebeur wanneer die duiwel met Jesus se Tweede Koms na die aarde ‘n duisend jaar gebind gaan word sodat hy nie langer die nasies tot oorlog kan aanhits nie.

Kom ons veronderstel Callie Venter is reg in sy aanname dat die Antichris eers geopenbaar moet word alvorens die koms van die Here kan plaasvind. Vers 8 sê baie duidelik dat dit juis die verskyning van Jesus by sy wederkoms na die aarde sal wees wat die Antichris gaan uitdelg.

Sou Callie Venter se aanname korrek wees, beteken dit dus dat die Antichris onmiddellik by Jesus se wederkoms verdelg gaan word. Dit sou beteken – as ons Callie Venter se interpretasie as korrek sou moes aanvaar – dat die Antichris nie die geleentheid sal kry om die wêreld vir sewe jaar lank te treiter, te mislei, te verlei en te verwoes nie, omdat Jesus by sy Tweede Koms (nie die Wegraping nie), die Antichris se werke onmiddellik gaan verdelg. Hierdie scenario kan soos volg geillustreer word. Klik op die prent om dit te vergroot.

Seven-Year-Tribulation

Dit is onhoudbaar want die sewejarige verdrukking is juis so bestem om veral die Jode die kans te gun om hulle te bekeer tot hulle ware Messias (deur nie die 666 merk te neem nie), of om die valse Christus (Antichris) te kies (deur sy merk 666 te neem – Johannes 5:43). Dis ook die rede waarom die sewejarige verdrukking die tyd van Jakob (Israel) se Benoudheid genoem word.

Volgens Callie Venter vind die Wegraping net voor Openbaring 16 plaas wanneer die grimmigheid van God oor die aarde in die vorm van sewe skale uitgegiet word. Dan moet ‘n mens nog steeds vra waarom Paulus uitdruklik gesê het dat hy wat hom teëhou eers uit die weg geruim moet word voordat die Antichris hom kan openbaar.

As die teëhouer van die Antichris (d.i. die Heilige Gees in alle gelowiges) eers met ‘n Mid-Verdrukking Wegraping (m.a.w. aan die einde van die eerste 3 ½ jaar net voordat God sy grimmigheid oor die hele aarde in Openbaring 16 uitgegiet word), uit die weg geruim word, sou dit beteken dat die Heilige Gees in sy funksie as teëhouer van die Antichris tydens die eerste 3 ½ jaar van die Sewejarige Verdrukking jammerlik gaan misluk, omdat die Antichris in daardie tyd sal kan doen net wat hy wil.

Wat se soort teenhouding is dit? Dit maak net nie sin nie. Nog meer, die merk van die bees verskyn reeds in Openbaring 14, ‘n hele twee hoofstukke voor die Here sy grimmigheid oor die aarde gaan uitgiet. Callie Venter se weergawe kan as volg geillustreer word. Klik op die prent om dit te vergroot.

Seven-Year-Tribulation

Dit strook hoegenaamd nie met wat die Bybel ons leer nie. Dit leer onomwonde dat daar ‘n tydperk van sewe jaar se verdrukking hier op aarde sal wees waartydens die Antichris hom as god in die herboude tempel in Jerusalem sal setel (vers 4).

Die enigste betroubare interpretasie van 1 Tessalonisense is dat die Wegraping eers sal kan plaasvind wanneer die teëhouer uit die weg geruim is, – dan kom die sewejarige verdrukking waartydens die Antichris homself as God in die middel van die sewe jaar in die nuut herboude tempel sal vestig, – en dan kom die Tweede Koms van Jesus aan die einde van die sewejarige verdrukking wanneer hy die Antichris onmiddellik met sy heerlike verskyning by sy Tweede Koms gaan verdelg, en vir ‘n duisend jaar gaan bind sodat hy die nasies nie tot oorlog kan verlei nie. Klik op die prent om dit te vergroot.

 width=Sou dit korrek wees dat die Bruid van Christus die eerste 3½ jaar van die Sewejarige Verdrukking moet meemaak, sou dit beteken dat weinig min Christene in die lewe sal oorbly om deel te kan hê aan ‘n Mid-Trib- of ‘n Pre-Grimmigheid Wegraping, omdat die oorgrote meerderheid hulle koppe gaan verloor as hulle sou weier om die merk van die bees te neem.

Vanuit sy preek is dit duidelik dat Callie Venter glo in ‘n “Pre-Wrath Rapture,” soos die Engelse dit noem, wat in die helfte  van die Sewejarige verdrukking (d.w.s. die begin van die tweede 3½ jaar van die Sewejarige Verdrukking) ‘n aanvang sal neem. Gevolglik sal die Bruid van Christus die eerste twee en ‘n halwe jaar van die sewejarige verdrukking intense vervolging verduur, en die meeste van hulle sal ook ‘n martelaarsdood tegemoetgaan voordat hulle in die middel van die sewejarige verdrukking weggeraap word.

Een van die belangrikste dinge wat Callie Venter buite rekening laat, is dat die heiliges (Bruid van Christus) saam met Christus by sy Tweede Koms na die aarde gaan terugkeer. Die profeet Judas sê dit baie duidelik.

Dit weerspreek 100% die mening dat die wederkoms van Christus nie kan plaasvind nie, nie voordat die Antichris hom geopenbaar het nie. Ons kan onder geen omstandighede aanvaar dat die Antichris se openbaring aanleiding sal gee tot Christus se wederkoms na die aarde nie, en dit nogal saam met sy heiliges (alle gelowiges).

En Henog, die sewende van Adam af, het ook teen hulle geprofeteer en gesê: Kyk, die Here het gekom met sy heilige tien duisendtalle, om gerig te hou oor almal en al die goddelose mense onder hulle te straf oor al hulle goddelose werke wat hulle goddelooslik gedoen het, en oor al die harde woorde wat die goddelose sondaars teen Hom gespreek het. (Judas 1:14-15)

Sommiges beweer dat die “heiliges” waarna hier verwys word die heilige engele is. Dit deug nie want die volgende vers sê “om gerig te hou oor almal en al die goddelose mense.” Aan wie het Jesus die mag gegee om die nasies saam met Hom te oordeel – die engele of die gelowiges? (1 Korintiêrs 6:2). Ons sien nêrens in die Skrif dat die heilige engele die nasies sal oordeel nie.

KAN DIE GETAL SEWE ENIGSINS MET DIE DUIWEL EN SY ANTICHIRS VEREENSELWIG WORD?

Pastoor Callie Venter lê geweldig klem op sekere tekens of voorvereistes wat moet plaasvind voordat Jesus Christus kan terugkom. Hy skrobbeer en was behoorlik die koppe van die ouens wat die koms van Jesus aan datums vasknoop. Daarmee stem ek heelhartig saam want niemand kan ‘n spesifieke datum en uur aan Jesus Christus se koms vasknoop nie. Desnieteenstaande, waag Callie Venter dit om sigselwers – nie ‘n sekere datum nie maar – ‘n sekere tydstip aan Jesus se koms te koppel. Daarmee is hy soos so baie ander, besig om die immanensie (enige oomblik fenomeen) van die Wegraping tot niet te maak.

Onthou, hy het gesê daar’s ‘n verskil tussen die verdrukking en die toorn of grimmigheid van God wat in Openbaring 16 begin, en dat die Bruid van Christus net voor God se grimmigheid opgeraap sal word om die huweliksmaal van die Lam in God se teenwoordigheid te nuttig. Openbaring 16 handel oor die sewe skale wat sewe engele oor die aarde gaan uitgooi. Al sewe omskryf die verskriklikste dinge wat die mensdom sal tref omdat hulle die merk van die Antichris ontvang. Hulle is:-

 width=Kwaai en bose swere slaan op die mense uit.
 width=Die see verander in bloed soos die van ‘n dooie man. Al die lewende wesens in die see sterwe.
 width=Die riviere en waterfonteine word in bloed verander omdat hulle die bloed van die heiliges en profete vergiet.
 width=Die vierde skaal word op die son uitgegooi om die aardbewoners met vuur te skroei. Nogtans bekeer die mense hulle nie tot hom nie, en hulle laster.
 width=Die vyfde skaal word op die troon en koninkryk van die dier uitgegooi wat dit verduister, soveel so dat hulle hul tonge van pyn begin kou. Nogtans sal hulle hul steeds nie tot God bekeer nie en hulle laster.
 width=Drie onreine geeste soos paddas kom uit die draak, die bees en die valse profeet se bekke en wondertekens doen om die konings van die aarde en die hele wêreld te versamel vir die oorlog teen van die groot dag van die almagtige God.
 width=‘n Groot aardbewing tref die aarde soos daar nog nooit voorheen was nie

Om te sê dat God se grimmigheid eers in Openbaring 16 gedy, is gewoon net nie waar nie. Callie Venter vergeet dat God se toorn en grimmigheid reeds in Openbaring 6 in die vorm van sewe seëls oor die wêreld spoel. Die feit dat Christus alleen waardig is om die sewe seêls oop te breek, sê vir ons baie duidelik dat dit God se toorn en grimmigheid is en nie die Antichris of die duiwel se grimmigheid soos sommiges beweer nie.

Die Antichris en duiwel sal net mooi niks in hierdie tyd kan vermag nie tensy Christus, die enigste waardige Een, al sewe seëls oopbreek nie. As sodanig is dit sy grimmigheid en nie die Antichris of die duiwel s’n nie. Waarom plaas Callie Venter dan nie liewer die Wegraping voor Openbaring 6 en nie 16 nie? Waarom sou God toelaat dat sy Bruid sy grimmigheid in Openbaring 6 deurmaak en nie sy grimmigheid in Openbaring 16 nie?

Nog meer, in Openbaring 8 word God se grimmigheid in die vorm van sewe trompette oor die aarde uitgestrooi.

 width=Hael en vuur met bloed gemeng. ‘n Derde van die bome en al die groen gras word verbrand.
 width=Iets soos ‘n groot berg wat brand met vuur, word in die see gegooi. ‘n Derde van die see word bloed, en ‘n derde van die wesens in die see sterwe en ‘n derde van die skepe vergaan.
 width=‘n Groot ster wat soos ‘n fakkel brand, val uit die hemel, en verwoes ‘n derde van die riviere en die waterfonteine. En die naam van die ster word genoem Alsem; en ‘n derde van die waters word als, en baie mense sterf van die water, omdat dit bitter geword het.
 width=‘n Derde van die son word getref en ‘n derde van die maan en ‘n derde van die sterre, sodat ‘n derde van hulle donker word en die dag vir sy derde deel nie lig gee nie, en die nag net so. Die drie wee’s.
 width=‘n Ster val vanuit die hemel op die aarde. Rook kom uit die put soos rook van ‘n groot vuuroond. Die lug word verduister deur die rook. Sprinkane kom uit die rook te voorskyn waaraan mag gegee word soos die van skerpioene. Hulle mog nie die groen gras of bome beskadig nie, maar alleenlik die mense pynig met hulle angels, vyf maande lank. Mense verlang om te sterwe maar sal nie kan nie want die dood vlug vir hulle weg. Abbadon (in Grieks het hy die naam Appollion) uit die afgrond is hulle koning.
 width=Die vier engele wat gebind is by die Eufraat word losgelaat om ‘n derde van die mense dood te maak. ‘n Leërmag van 200 miljoen manskappe maak ‘n derde van die mensdom dood.
 width=Die koninkryk van God word aangekondig.

Ook die feit dat daar telkens reekse van sewe oordele oor die aarde uitgegiet word, dui daarop dat dit God se grimmigheid is, omdat die getal sewe God se getal is en nie die van ‘n mens, die Antichris, die duiwel en die engele nie. Die getal sewe dui op volmaaktheid of volkomenheid. Weer eens moet ons vra: Waarom dan nie ‘n Wegraping voor hoofstukke 6 of 8  plaas nie, veral omdat die reekse van sewe oordele en grimmigheid almal  van God se oordele spreek, en nie net Openbaring 16 soos Callie Venter dit wil hê nie?

WANEER BEGIN GOD SY GRIMMIGHEID OOR DIE AARDE UITGIET?

‘n Fout wat mense dikwels maak, is om die sewe seêls in Openbaring 6 nie met God se grimmigheid te vereenselwig nie, maar bloot net as die Antichris en sy valse profeet se grimmigheid wanneer hulle die gelowiges vervolg en doodmaak.

Pastoor Callie Venter wil voorgee dat God se grimmigheid eers’n raps voor Openbaring 16 begin, m.d.g. dat die Wegraping so ‘n bietjie voor die uitgieting van die sewe skale-plae gaan plaasvind, sodat die Bruid God se grimmigheid kan ontglip. As dit so was, waarom word God se grimmigheid reeds in Openbaring 14 genoem?

Indien die Bruid van Christus voor die Sewejarige Verdrukking weggeraap word, is dit van die uiterste belang om vas te stel wie hierdie gelowiges is wat in die sewejarige verdrukking vervolg en doodgemaak gaan word. Die Bybel self gee vir ons die antwoord.

Na hierdie dinge het ek gesien, en kyk, daar was ‘n groot menigte wat niemand kon tel nie, uit alle nasies en stamme en volke en tale; hulle het gestaan voor die troon en voor die Lam, bekleed met wit klere en met palmtakke in hulle hande; en hulle het met ‘n groot stem geroep en gesê: Heil aan onse God wat op die troon sit, en aan die Lam! En al die engele het rondom die troon en die ouderlinge en die vier lewende wesens gestaan, en hulle het voor die troon op hulle aangesig neergeval en God aanbid en gesê: Amen! Die lof en die heerlikheid en die wysheid en die danksegging en die eer en die krag en die sterkte aan onse God tot in alle ewigheid! Amen. Toe het een van die ouderlinge gespreek en vir my gesê: Hulle wat bekleed is met die wit klere, wie is hulle en waarvandaan het hulle gekom? En ek sê vir hom: My heer, u weet dit. En hy sê vir my: Dit is hulle wat uit die groot verdrukking kom, en hulle het hul klere gewas en hul klere wit gemaak in die bloed van die Lam. Daarom is hulle voor die troon van God en dien Hom dag en nag in sy tempel; en Hy wat op die troon sit, sal sy tent oor hulle oopspan. Hulle sal nie meer honger en nie meer dors hê nie, en nooit sal die son of enige hitte op hulle val nie; want die Lam wat in die middel van die troon is, sal hulle laat wei en hulle na lewende water fonteine lei, en God sal alle trane van hulle oê afvee. (Openbaring 7:9-17).

Indien die huidige gelowiges nie by ‘n Pre-Verdrukking Wegraping opgeraap word om die Sewejarige Verdrukking vry te spring nie, sal hulle as geredde persone die Antichris se heerskappy vir ‘n sekere gedeelte van die Sewejarige Verdrukking moet verduur? Die ander voor die hand liggende alternatief is dat net ongelowiges die Sewejarige Verdrukking sal binnegaan waarvan sommiges in daardie tydperk tot bekering sal kom. Ten einde ‘n aanvaarbare en waterdigte antwoord te vind, moet ons weer eens kyk wat die Bybel vir ons sê.

Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is. Onthou julle nie dat ek dit altyd vir julle gesê het toe ek nog by julle was nie? En nou, julle weet wat hom teëhou, sodat hy op sy tyd geopenbaar kan word. Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net totdat hy wat nou teëhou, uit die weg geruim is; en dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak, hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen en met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan, omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie. En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo, sodat almal geoordeel kan word wat die waarheid nie geglo het nie, maar behae gehad het in die ongeregtigheid. (2 Tessalonisense 2:3-12)

DIE KRAG VAN DIE DWALING

Dit is uiters belangrik om daarop te let dat vers 11 nie praat van “‘n krag van ‘n dwaling, en ‘n leuen nie, maar spesifiek van “die krag van die dwaling, en die leuen. Daar is dus ‘n  bepaalde leuen en dwaling wat die aardbewoners gedurende die Sewejarige Verdrukking gaan glo om hulle te mislei, sodat God hulle kan oordeel. Ja, dis waar – SODAT GOD HULLE KAN OORDEEL. Vandaar die gebruik van die bepaalde lidwoord “die” en nie die onbepaalde lidwoord “‘n” nie. Die leuen en die dwaling word reeds in verse 3 baie duidelik vir ons uitgespel in die persoon van die mens van sonde, ook genoem die seun van die verderf (m.a.w. die Antichris).

Dit is natuurlik ook so dat die duiwel dwarsdeur die geskiedenis mense op veelvuldige maniere tot dwaling en misleiding verlei het. Die talryke godsdienste in die wêreld is ‘n bewys daarvan. Maar, hierdie spesifieke leuen en dwaling is uniek, in die sin dat dit nog nooit vantevore en nooit weer sal voorkom nie.

Is daar enige bewyse dat hierdie leuen en dwaling so besonderlik uniek sal wees dat dit nog nie voorheen plaasgevind het en nooit weer sal plaasvind nie? Verse 1 en 2 gee vir ons die antwoord, “eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf, die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is.” Die leuen en die dwaling sal so na aan die ware Jakob wees dat die aardbewoners hom as God sal aanvaar. Trouens, Jesus self het voorspel dat die Jode eerder ‘n ander in sy plek as hulle Messias sal aanvaar. (Johannes 5:43).

Kan hierdie leuen en dwaling op die hedendaagse gelowiges (Bruid van Christus) van toepassing gemaak word, gesien in die lig dat dit die regstreekse gevolg sal wees van mense se verwerping van die waarheid om gered te word? Kom ons stel die vraag so ‘n bietjie anders. Kan die hedendaagse gelowiges (Bruid vaan Christus) daarvan beskuldig word dat hulle die liefde tot die waarheid om gered te word, verwerp het en dus kwalifiseer om met hierdie leuen en dwaling verlei te word, en ook gevolglik ‘n gedeelte van die Sewejarige Verdrukking mee te maak?

Enige regdenkende Christen moet onomwonde met ‘n vasbeslote nee antwoord omdat die hedendaagse gelowiges (Bruid van Christus), wat nog hierdie kant van die Sewejarige Verdrukking lewe, beslis nie vanweë ‘n verwerping van die liefde tot die waarheid om gered te word, verdien om die leuen en die  dwaling wat God self gaan stuur, geoordeel te word nie. (Romeine 8:1). Die enigste mense wat gaan kwalifiseer vir dié leuen en dié dwaling gedurende die Sewejarige Verdrukking is die hedendaagse ongelowiges wat halsstarrig die liefde tot die waarheid om gered te word, weerstaan en verwerp. Daar moet dus ‘n Pre-Verdrukking Wegraping wees. Dit kan nie anders nie.

Wat dan van die gelowiges wat gedurende die Sewejarige Verdrukking deur die Antichris en sy valse profeet onthoof gaan word? Wie is hulle en waar kom hulle vandaan? Die Bybel verskaf weer eens vir ons die enigste aanvaarbare antwoord.

Die straf vir die verwerping van die liefde tot die waarheid om gered te word, sal dus, soos ons reeds hierbo vermeld het, kom in die vorm van die leuen en die dwaling dat die Antichris self God is, m.d.g. dat diegene wat weier om hulle tot God te bekeer, nadat Hy hulle so lank die geleentheid gegun het om hulle tot Hom te bekeer (2 Petrus 3:9), die Sewejarige Verdrukking sal moet meemaak.

Hierdie straf kan onmoontlik op die hedendaagse gelowiges (Bruid van Christus) van toepassing gemaak word om die eenvoudige rede dat hulle nie die liefde tot die waarheid om gered te word verwerp het nie. Dis alleenlik diegene wat dit verwerp wat die oordele van God gedurende die Sewejarige Verdrukking sal moet verduur.

God se oordele kom dikwels in die vorm van gawes of gifte wat mense in hulle selfsug wil hê, amper soos kinders wat hulle voete stamp wanneer hulle op iets aandring en dit teen wil en dank wil hê. God gee dikwels vir die mensdom dinge wat hulle graag wil hê as hulle op ongenaakbare wyse daarop aandring, sodat Hy hulle regverdig kan oordeel. Hulle kan nie vir Hom sê, “Wat doen u nou” nie wanneer hulle self daarom gevra het. Is daar enige voorbeelde uit die mensdom se geskiedenis wat hierdie fenomeen staaf? Kom ons blaai na Psalm 106.

Maar hulle het gou sy werke vergeet, op sy raadsbesluit nie gewag nie. En hulle het baie begerig geword in die woestyn en God versoek in die wildernis. Toe het Hy hulle gegee wat hulle gevra het, maar in hulle siel ‘n maerte gestuur. (Psalm 106:13-15; Numeri 11:31-32).

Dis amper asof die Here sê, “Vat so. Hier’s vir julle waarna julle soek. Julle wil dit mos hê. Wees dan nou maar ook tevrede met die gevolge van julle begeerlikhede.” So tussen hakies. Dit is presies wat deesdae in die geledere van die sg. Voorspoedteologie (Health, Wealth and Prosperity) plaasvind. Vir hulle gaan gebed, aanbidding, kerkbesoek en godsdiens net om wat hulle kan kry omdat daar vir hulle geleer word dat dit winsgewend is.

Om die waarheid te sê, God se grimmigheid word reeds reg aan die begin van die sewejarige verdrukking uitgegiet in die vorm van ‘n geweldige stuk misleiding wat God self oor die Jode en die mensdom gaan bring. Sê Hy dit nie so duidelik as wat kan kom in 2 Tessalonisense 2:5-12 nie?

Onthou julle nie dat ek dit altyd vir julle gesê het toe ek nog by julle was nie? En nou, julle weet wat hom teëhou, sodat hy op sy tyd geopenbaar kan word. Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net totdat hy wat nou teëhou, uit die weg geruim is; en dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak, hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen en met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan, omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie. En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo, sodat almal geoordeel kan word wat die waarheid nie geglo het nie, maar behae gehad het in die ongeregtigheid. (2  Tessalonisense 2:5-12)

God self gaan die krag van die dwaling (Antichris) toelaat om die mensdom met allerhande verleidelike dwalinge en wondertekens te verlei (hy – die Antichris – sal selfs vuur uit die hemel neerbring), sodat God hulle kan oordeel.

Is dit nie deel van God se grimmigheid nie, en dit nogal heel aan die begin van die sewejarige  verdrukking? Jesus self het gesê,

Ek het gekom in die Naam van my Vader, en julle neem My nie aan nie. As ‘n ander een in sy eie naam kom, hom sal julle aanneem. (Johannes 5:43).

Hoeveel redes kan ‘n mens aanvoer waarom mense nie toegelaat gaan word om hemel toe te gaan nie? Daar’s net een: Omdat hulle die liefde tot die waarheid om gered te word nie aangeneem het nie. Dis dus ongeloof, en niks anders as ongeloof in God se waarheid nie, wat mense uit die hemel gaan weghou.

Net so is daar net een enkele rede waarom mense ‘n toekomstige Sewejarige Verdrukking sal moet verduur, en dit is omdat hulle die liefde tot die waarheid om gered te word nie aangeneem het nie (2 Tessalonisense 2:10).

Sou die Here toelaat dat sy bruid net ‘n fraksie van ‘n gedeelte van die Sewejarige Verdrukking moes verduur, sou Hy ‘n onregverdige regter wees. Hoekom? Omdat sy kinders nie die liefde tot die waarheid om gered te word soos die ander versmaai en teëgestaan het nie, en, soos hulle, dus 100% kwalifiseer om deur die dwaling wat God self sal stuur, mislei te word.

Wat is hierdie dwaling? Verse 8 en 9 gee die antwoord. Dit is “die ongeregtige” (Antichris) wat volgens die werking van die Satan ‘n menigte mense met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen, en met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan, gaan mislei en verlei.

Hierdie bogenoemde dwaling begin reeds aan die begin van die Sewejarige Verdrukking wanneer die Antichris ‘n vredesverbond met Israel gaan onderteken en NIE by die aanvang van die sewe basuine of sewe skale oordele in Openbaring 16, soos Pastoor Callie Venter dit wil hê nie. Gevolglik sal die Bruid van Christus voor die ondertekening van hierdie vredesverbond, wanneer die Antichris hom amptelik openbaar, weggeruk moet word. Daarom sê Paulus dat die Antichris hom nie kan openbaar nie, nie voordat die Bruid weggeruk of opgeraap is nie. (2 Tessalonisense 2:6-7).

En hy sal een week lank (sewe jaar) met baie ‘n sterk verbond sluit, en gedurende die helfte van die week sal hy slagoffer en spysoffer laat ophou; en op die vleuel van gruwels sal daar ‘n verwoester wees, en wel tot aan die einde; en wat vas besluit is, sal oor wat woes is, uitgestort word. (Daniël 9:27)

Die KJV sê soos volg:

And through his policy also he shall cause craft to prosper in his hand; and he shall magnify himself in his heart, and by peace shall destroy many: he shall also stand up against the Prince of princes; but he shall be broken without hand. (Dan 8:25)

GELOWIGES (DIE BRUID VAN CHRISTUS) HET NOG ALTYD VERDRUKKING IN DIE WêRELD GEHAD EN SAL DUS OOK GEDURENDE DIE SEWEJARIGE VERDRUKKING VERVOLG EN DOODGEMAAK WORD.

Die opvatting dat die Bruid ‘n gedeelte van die Sewejarige Verdrukking sal moet meemaak, word gewoonlik gerugsteun en verdedig deur die argument dat sy nog altyd deur die eeue heen vervolging en marteling moes verduur, en sal dus ook nie die verdrukking gedurende die eerste 3½ jaar of net voor God sy grimmigheid in Openbaring 16 gaan loslaat, vryspring nie.

Die Sewejarige Verdrukking sal nie, soos so baie Christene glo, deur God aangewend word om die Bruid by wyse van vervolging en marteling te suiwer nie. Dit klink al te veel na die Roomse Kerk se vagevuur waardeur Christene kwansuis sal moet gaan om hulle van onsuiwerhede of onreinhede te reinig. Dit is niks ander as ‘n ontkenning van die kragvolle werking vaan die bloed van Christus wat reinig van alle sondes (1 Johannes 1:9).

Soos reeds vermeld, is die enigste rede waarom mense die Sewejarige Verdrukking sal moet verduur dat hulle die liefde tot die waarheid om gered te word, nie aangeneem het nie. Christene, soos Callie Venter, wat meen die ware gelowiges sal net soos die ongelowiges ten minste ‘n gedeelte van die Sewejarige Verdrukking moet verduur, is besig om God se volmaakte reddingswerk aan die kruis te bevraagteken. Ja, hulle is gered, maar ook nie heeltemal gered nie en sal dus die Sewejarige verdrukking, of net ‘n gedeelte daarvan moet verduur omdat hulle nog nie volkome die liefde tot die waarheid om gered te word aangeneem het nie. Dit is ten minste wat die Pre-Grimmigheid Wegraping insinueer.

God doen nie halwe werk nie. Hy red diegene wat die liefde tot die waarheid aangeneem het om gered te word, volkome. Gevolglik sal hulle nie soos die ander wat die liefde tot die waarheid om gered te word NIE aangeneem het NIE, die dwaling wat God oor die hele wêreld in die vorm van ‘n valse Christus (die Antichris) sal stuur, hoef te verduur nie.

Die Sewejarige verdrukking sal nie ‘n tyd wees waarin die Bruid van Christus  in haar geloofsoortuiging gesuiwer sal word nie. Dis ‘n tyd waarin God sy oordele en grimmigheid oor die hele aarde gaan uitgiet omdat die meeste van sy skepsels nie die liefde tot die waarheid om gered te word, aangeneem het nie. Die aard van die Sewejarige Verdrukking word in die volgende skrifgedeeltes uitgespel.

  1. GRIMMIGHEID (Sefanja 1: 15, 18; 1 Tessalonisense 1: 10; 5: 9; Openbaring 6: 16, 17; 11: 18; 14: 10, 19; 15: 1, 7; 16; 1)
  2. OORDEEL (Openbaring 14; 7; 15: 4; 16: 5, 7; 19: 2)
  3. TOORN (Jesaja 26: 20, 21; 34: 1-3)
  4. BENOUDHEID (Jeremia 30: 7; Sef. 1: 14, 15; Daniël 12: 1).
  5. VERWOESTING (Joel 1: 15; 1 Tessalonisense 5: 3).
  6. DUISTERNIS EN DONKERHEID (Joel 2; 2; Amos 5: 18; Sefanja 1: 14-18).

‘N LAASTE VRAAG

Hier’s ‘n vraag vir Pastoor Callie Venter en almal wat glo dat die Bruid van Christus ‘n gedeelte van die Sewejarige Verdrukking sal moet verduur. Wie van julle het julle aanstaande bruide eers pimpel en pers geslaan voordat julle die knoop deurgehaak het? Dink ‘n bietjie daaraan. As julle dit nie gedoen het nie, waarom dink julle so min van Christus (die Opper-Bruidegom) om te glo dat Hy dit gaan doen?

Seven-Year-Tribulation

GEVOLGTREKKING

Die onus rus op mense soos Pastoor Callie Venter en sy kerk om na aanleiding van 1 Tessalonisense 2:10 te bewys dat die Bruid van Christus ‘n deel van die Sewejarige Verdrukking sal moet verduur omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het nie. Daarmee saam sal hulle moet bewys dat die sewe seêls en die sewe basuine nie God se grimmigheid is nie maar die van die duiwel en sy Antichris. Dit sigself beteken dat hulle ook sal moet bewys dat die getal sewe nie eksklusief God se getal is nie, maar ook die getal van die duiwel en van ‘n mens. Sou Pastoor Callie en sy kerk wel kon bewys dat die getal sewe nie eksklusief God se getal is nie, sal hulle ook die getal 666 na 777 moet verander, en dit, my liewe vriende, is onmoontlik.

Please share:

Tom Lessing (Discerning the World)

Tom Lessing is the author of the above article. Discerning the World is an internet Christian Ministry based in Johannesburg South Africa. Tom Lessing and Deborah Ellish both own Discerning the World. For more information see the About this Website page below the comments section.

10 Responses

  1. Laurens le Roux says:

    Daar word gesê dat alle gelowiges [dit wil sê dié wat glo in die Evangelie van Jesus Cristus] as die bruid van Jesus Christus beskou moet word en tydens die Wegraping weggevoer sal word.
    As ek egter Mat. 25:1-13 [AOV] lees kry ek die indruk en maak ek die afleiding dat nie alle gelowiges as bruid weggevoer sal word nie Dit beteken dat ñ sekere persentasie gelowiges die Verdrukking sal ervaar. Slegs die gelowiges wat absoluut getrou en lojaal teenoor die Bruidegom is sal vir Hom aanvaarbaar wees.
    By die lees van Mat. 7:21-23 [AOV] is die boodskap ook vir my duidelik dat selfgeregtige gelowiges [gelowiges wat nie soos ñ kindjie glo nie] nie vir die Bruidegom aanvaarbaar sal wees nie.
    In Opb. 3:14-17 [AOV] word ook die afleiding gemaak dat gelowiges wie se geloof gekomprommitteer word deur allerlei dwalinge vir die Bruidegom onaanvaarbaar sal wees.

    Dus my vertolking van die betrokke Bybelgedeeltes is dat slegs ñ gedeelte van die huidige gelowiges as bruid van Christus weggeraap sal word en dat die oorblywendes die verdrukking sal moet ervaar en daar dalk tot ware geloof sal kom en dan ook daar hulle koppe sal verloor. Slegs die gelowiges wat absoluut getrou en lojaal teenoor die Bruidegom is sal weggeraap word.

    In Joh. 1:14 [AOV] word daar vir ons gesê dat Jesus Christus is die Woord.
    In Opb. 19:13 [AOV] word die Bruidegom se naam genoem “Die Woord van God”
    In Joh. 17:17 [AOV] sê Jesus self dat die Woord is die Waarheid
    In 2 Tess. 2:10 [AOV] staan daar dat die verwerping van hierdie Waarheid die mens se ondergang gaan beteken. [Met ander woorde die verwerping van die Woord]

    Dus absolute lojaliteit en getrouheid aan hierdie Waarheid/Woord van God/Bybel is enigste maatstaf tot die Wegraping.
    Waarskuwing dus: Gelowiges wat hulle vereenselwig met korrupte kerke soos die NG Kerk of gelowiges wat hulle vereenselwig met korrupte Bybels loop die gevaar om die Wegraping mis te loop.
    Is my vertolking korrek?

  2. Laurens le Roux

    Die meeste dwaaleringe in die kerk spruit uit die idee dat die kerk die volk Israel vervang het (sg. “Replacement Theology”) en dat al die beloftes wat God aan hulle gemaak het, nou na die kerk oorgedra is. Israel is dus nou heeltemal uit die prentjie en die enigste manier waarop hulle deel kan hê aan die Bruid van Christus is om soos die nie-Jode deur geloof in Christus en sy evangelie gered te word. Paulus praat daarvan in Romeine 12:5, 1 Korintiërs 12:12-13,20, Efesiërs 2:11-16, 4:4. Almal wat waarlik gered is uit die heidendom en die Jodedom is dus nou een onskeibare liggaam in Christus. Niks kan hulle tot in ewigheid van mekaar en van God skei nie. Sy geredde Jode en nie-Jode) is dus die Bruid van Christus.

    Die vraag is: Het God sy etniese volk, Israel, onherroeplik verwerp en het Hy die beloftes wat Hy aan Abraham, Isak en Jakob gemaak het, herroep? Hou asseblief in gedagte dat alle beloftes ja en amen is in Jesus Christus. (2 Korintiërs 1:20). Sou dit ooit kon gebeur dat God sy beloftes aan Abraham herroep het, dan sou die “ja en amen” in Christus ’n leuen wees. Die beloftes aan Israel (nie die kerk nie) in Genesis 17:6-8 sou ook a leuen wees. Let op die woorde “ewige verbond” en ewige besitting.” Dit sluit die 1000-jarige Vrederyk wat Christus hier op aarde gaan oprig en die ewigheid daarna in. ’n Oorblyfsel van die volk Israel gaan dus tot in alle ewigheid hier op die nuwe aarde in die land wat God reeds in Genesis aan hulle belowe het, woon. Daar’s geen twyfel daaraan nie. Dit bring ons by Mattheus 25 wat jy en baie ander gebruik om ’n gedeeltelike wegraping van die Bruid te staaf.

    Jy vra heel aan die einde, “Is my vertolking verkeerd.” Die slegte nuus is dat jy wel verkeerd is, maar die goeie nuus is dat jy nie die enigste persoon is wat verkeerd is nie. Mattheus 25 se vyf wyse en vyf dwase maagde het niks met dié wegraping of ’n wegraping te make nie. Die maagde verwys na die volk Israel wat die Antichris se vervolgingswaansin gedurende die tweede helfte van die sewejarige verdrukking gaan ontvlug. Jy sal onthou Jesus sê in Mattheus 24: 15-22 dat wanneer hulle die gruwel van die verwoesting waarvan die profeet Daniel spreek, in die heiligdom sien staan, moet hulle spore maak so vinnig hulle kan. Hoe weet ons Hy het van die Jode gepraat? Vers 20 dui dit vir ons aan waar Hy hulle beveel om te bid dat hulle vlug nie op die Sabbat moet plaasvind nie. Hoekom nie? Omdat die wet wat die Jode nog steeds rigied sal onderhou hulle verbied om op die Sabbat te reis. In elk geval, Jesus het nie om dowe neute na die profeet Daniel verwys nie. Die engel Gabriel (Israel se beskermengel) het aan hom verskyn en baie duidelik gesê, “Sewentig sewetalle is oor jou volk (Israel en nie die kerk nie) en jou heilige stad (Jerusalem) bepaal, om die goddeloosheid te voleindig . . . (Daniel 9:24).

    Nog meer, hulle skielike vlug na die berge sal ontketen word deur die Antichris se dekreet dat hy God in die vlees is wanneer ’n pratende beeld van hom in die allerheiligste van die nuut-herboude tempel geplaas gaan word. Dan eers sal die Jode wat nog nooit geglo het hulle Messias kan ’n vleesgeworde God wees nie omdat dit die karaktereienskap van God as ’n ewige immateriële wese verloën, se oë oopgaan vir wat en wie die Antichris werklik is en onmiddellik vlug. God gaan te midde van die groot verdrukking die vlugtende Jode op bonatuurlike wyse beskerm nes Hy Noag tydens die groot vloed, Israel tydens die Egiptiese plae in Goosen, en Rahab en haar familie in Jerigo bewaar het.

    Dieselfde boodskap wat Johannes die Doper en Jesus verkondig het “bekeer julle want die koninkryk van God het naby gekom” toe hulle hul missionale werk begin het, sal ook weer in hierdie tyd verkondig word. Almal sal weet dat die Koms van die Koning van die Koninkryk voor die deur is en dat hulle hul vir sy Tweede Koms (nie die of ’n wegraping nie) moet voorberei. God het dus by sy Tweede Koms ’n afspraak met die volk Israel sodat Hy sy beloftes aan hulle (die oorblyfsel) kan volbring. Sommige van die Jode sal gereed wees met brandende lampe en genoeg olie (vyf wyse maagde) terwyl ander lampe sal hê maar nie genoeg olie nie (vyf dwase maagde).

    Jy skryf:

    “Slegs die gelowiges wat absoluut getrou en lojaal teenoor die Bruidegom is sal vir Hom aanvaarbaar wees.”

    Daar staan geskryf:

    “Want wat maak dit as sommige ontrou geword het? Sal hulle ontrou miskien die getrouheid van God vernietig? Nee, stellig nie! Maar God moet waaragtig wees en elke mens leuenagtig, soos geskrywe is: Sodat U geregverdig kan word in u woorde en oorwin as U gerig hou.” (Romeine 3:3-4)

    “As ons ontrou is, Hy bly getrou; Hy kan Homself nie verloën nie.” (2Timotheus 2:13)

    Niemand van ons is ooit getrou en lojaal teenoor die Bruidegom nie. Ons kan alleenlik vertrou op sy onfeilbare en ewige getrouheid.

    Jy skryf:

    By die lees van Mat. 7:21-23 [AOV] is die boodskap ook vir my duidelik dat selfgeregtige gelowiges [gelowiges wat nie soos ñ kindjie glo nie] nie vir die Bruidegom aanvaarbaar sal wees nie.

    Mattheus 7:21-23 praat nie van “selfgeregtige gelowiges” nie en ook nie van om soos ’n kindjie te glo nie. Die gedeelte verwys na ongelowiges (valse profete) wat mense leerstellig mislei met die skynbare wonderwerke wat hulle doen in die Naam van die Here.

    Jy skryf:

    “In Opb. 3:14-17 [AOV] word ook die afleiding gemaak dat gelowiges wie se geloof gekomprommitteer word deur allerlei dwalinge vir die Bruidegom onaanvaarbaar sal wees.”

    As die uitspuug uit sy mond ewige konsekwensies vir ’n gelowige gehad het, sou dit beteken dat iemand wat reeds gered is sy/haar redding kan verloor. Dit opsigself toon dat die gedeelte nie gaan oor redding nie maar gemeenskap (“fellowship). Hulle geestelike louheid, naaktheid, en blindheid het gemaak dat Hy nie in ’n wedersydse liefdevolle verhouding met hulle kon “fellowship” nie. Hulle selfvoldaanheid en geborgenheid in hulle rykdom het hulle blind gemaak vir hulle geestelike armoede, soveel so dat hulle Hom buite hulle daaglikse lewenswandel uitgesluit het. Hy het as’t ware buite gestaan. Die begrip “maaltyd hou” verwys nie na redding nie maar ware en opregte “fellowship.” Soos in enige kerk, is daar ware Christene en belydende Christene. Christus kan nie met ongeredde, belydende Christene ’n diep innerlike maaltyd (“fellowship”) hê nie. Hy kan dit alleenlik met geredde mense nuttig en net soos die gemeente van Efese hulle eerste liefde verlaat het sonder om hulle redding te verloor, maar vermaan is om hulle te bekeer en terug te keer na hulle eerste liefde, so-ook is die gemeente van Loadicea vermaan om terug te keer na Hom en die geestelike rykdom wat Hy alleen hulle kon bied. Die bekering is dus nie ‘n bekering tot redding nie maar tot a regte verhouding (“fellowship”) met Hom. Dit gaan dus nie hier oor dwaalleer nie maar “fellowship.”

    Jy skryf:

    “In Opb. 19:13 [AOV] word die Bruidegom se naam genoem “Die Woord van God.”

    Dis gewoon nie waar nie. Openbaring 19 gaan oor die Ridder op ’n wit perd. Hy is:

    Getrou en Waaragtig.
    Hy oordeel en voer oorlog in geregtigheid.
    Sy oë is soos vuurvlamme en op sy hoof is baie krone.
    Hy was bekleed met ’n kleed wat in bloed gedoop was, en sy naam is “Die woord van God.”

    Nie een van hierdie beskrywinge kan aan die Bruid toegeskryf word nie. Die bloed deurweekte kleed verwys na die Here Jesus en sy kruisiging. Hy is die Woord van God (Johannes 1:1-2), nie die Bruid nie.

  3. Laurens le Roux says:

    Baie dankie Tom. Ek sukkel nog om jou antwoord na behore te “verteer”
    Tom ek sal graag ñ klinkklare antwoord wou verkry- dit is nogal vir my persoonlik baie belangrik- het die waarskuwing wat ek in my slotparagraaf na verwys geen Bybelse gronde nie en het dit geen implikasies nie hetsy in die vorm van die wegraping of latere oordele nie? Moet ek dus glad nie bekommerd wees oor familie en vriende wat byvoorbeeld in die NG Kerk aan dwaalbegrippe blootgestel word nie, want in die lig van 2 Tim. 2:13 is dit irrelevant en daar sal geen reperkussies wees nie? Moet ek my dus liewer van waarskuwings weerhou?
    Let tog daarop dat ek na aanleiding van Opb. 19:13 na die Bruidegom [Jesus Christus] verwys as die “Woord van God”

  4. Laurens le Roux says:

    In onder andere Joh. 14:23 [AOV] en 1 Joh. 2:5 [AOV] word vir ons gesê dat as ons Sy woord bewaar sal God en sy Seun ons liefhê en by ons woning maak. Logieser wyse kan ek mos maar die afleiding maak dat as Sy woord gekorrupteer word sodanige persone hierdie liefde sal ontbeer. Die persone wat hierdie liefde ontbeer is hulle ook nog vir God aanvaarbaar? Kan alle sogenaamde gelowiges hulle as die bruid van Christus beskou en dus van die wegraping verseker wees?

  5. Laurens le Roux skryf:

    “Kan alle sogenaamde gelowiges hulle as die bruid van Christus beskou en dus van die wegraping verseker wees?”

    Natuurlik is daar baie mense wat hulleself Christene noem maar dit in werklikheid nie is nie. Daarom sê Jesus: “Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan. Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind.” (Mattheus 7:13-14). Wat jy vanuit die woord van God vir jouself moet uitmaak, is of daar n gedeeltelike wegraping sal waarby slegs die hoog-heiliges wat sy woord 100% bewaar die wegraping sal meemak terwyl die res wat sy woord nie 100% bewaar nie die seve-jarige verdrukking sal moet deurmaak. As daar nie so-iets soos ‘n gedeeltelike wegraping is nie, is jyself besig om die Woord van God nie 100% te bewaar nie. Ek kan jou versekere daar is nie so-iets soos ‘n gedeeltelike wegraping nie. Alle gelowiges is een liggaam in Christus en moet dus as een liggaam weggeruk word. Die Bruid kan nie verdeel word in ‘n groep wat die wegraping gaan meemaak en ‘n ander groep wat dit misloop. Kan die liggaam van Christus verdeel word?

  6. Laurens le Roux skryf:

    “Tom ek sal graag ñ klinkklare antwoord wou verkry- dit is nogal vir my persoonlik baie belangrik- het die waarskuwing wat ek in my slotparagraaf na verwys geen Bybelse gronde nie en het dit geen implikasies nie hetsy in die vorm van die wegraping of latere oordele nie? Moet ek dus glad nie bekommerd wees oor familie en vriende wat byvoorbeeld in die NG Kerk aan dwaalbegrippe blootgestel word nie, want in die lig van 2 Tim. 2:13 is dit irrelevant en daar sal geen reperkussies wees nie? Moet ek my dus liewer van waarskuwings weerhou?

    Let tog daarop dat ek na aanleiding van Opb. 19:13 na die Bruidegom [Jesus Christus] verwys as die “Woord van God.”

    Natuurlik moet ons, soos Judas waarsku, “kragtig stry vir die geloof wat eenmaal aan die heiliges oorgelewer is.” (Judas 1:3). Maar, dan moet ons dit vanuit die Skrif doen en nie vir mense onder die indruk bring ddat daar ‘n gedeeltelike wegraping ssal wees nie. Dit opsigself is dwaling en bring mense tot dwaling.

    Ek maak verskoning. Ek het jou verwysing na Openbaring 19:13 verkeerd gelees.

  7. Laurens le Roux says:

    Dankie Tom. Ek brand egter om te weet wat is die gevolge van diegene wat toelaat dat hulle byvoorbeeld [ selfs na waarskuwing] deur die NG kerk op sleeptou geneem word.
    Ek sal jou hierna nie weer pla nie.

  8. Laurens. Jy pla my nie. Ek probeer maar net vir jou wys dat die NG Kerk nie die enigste kerk is wat mense op sleeptou neem nie. Daar is maar weinig min wat deesdae die evangelie suiwer verkondig. So te sê alle kerke, insluitende die NG Kerk, word deur die Oosterse mistiek (kontemplatiewe meditasie) besoedel.

    Maar die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang (1 Timoteus 4:1)

  9. Piet says:

    Hallo Tom, Met betrekking tot die wegraping voor die vedrukking is daar iets wat ek graag wil noem en dit is dat Matteus 13 vers 24 ‘n ander prentjie skets oor die laaste dae.

  10. Hallo Piet. Ek wil jou graag antwoord maar voor ek dit doen, wil ek jou eers ‘n vraag vra. Van wie praat die Here Jesus in Matteus 13? Onthou asseblief dat as die Bybel op een plek ‘n sekere prentjie skets en op ‘n ander ‘n ander prentjie oor dieselfde onderwerp, dan kan ons die Bybel nie vertrou nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *