Comments on: CALLIE VENTER – WAAROM JESUS SE WEDERKOMS NOG NIE KAN PLAASVIND NIE

By: Tom Lessing (Discerning the World)
In reply to Piet.

Hallo Piet. Ek wil jou graag antwoord maar voor ek dit doen, wil ek jou eers ‘n vraag vra. Van wie praat die Here Jesus in Matteus 13? Onthou asseblief dat as die Bybel op een plek ‘n sekere prentjie skets en op ‘n ander ‘n ander prentjie oor dieselfde onderwerp, dan kan ons die Bybel nie vertrou nie.

By: Piet
Hallo Tom, Met betrekking tot die wegraping voor die vedrukking is daar iets wat ek graag wil noem en dit is dat Matteus 13 vers 24 ‘n ander prentjie skets oor die laaste dae.

By: Tom Lessing (Discerning the World)
In reply to Laurens le Roux.

Laurens. Jy pla my nie. Ek probeer maar net vir jou wys dat die NG Kerk nie die enigste kerk is wat mense op sleeptou neem nie. Daar is maar weinig min wat deesdae die evangelie suiwer verkondig. So te sê alle kerke, insluitende die NG Kerk, word deur die Oosterse mistiek (kontemplatiewe meditasie) besoedel.

Maar die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang (1 Timoteus 4:1)

By: Laurens le Roux
Dankie Tom. Ek brand egter om te weet wat is die gevolge van diegene wat toelaat dat hulle byvoorbeeld [ selfs na waarskuwing] deur die NG kerk op sleeptou geneem word.

Ek sal jou hierna nie weer pla nie.

By: Tom Lessing (Discerning the World)
In reply to Laurens le Roux.

Laurens le Roux skryf:

“Tom ek sal graag ñ klinkklare antwoord wou verkry- dit is nogal vir my persoonlik baie belangrik- het die waarskuwing wat ek in my slotparagraaf na verwys geen Bybelse gronde nie en het dit geen implikasies nie hetsy in die vorm van die wegraping of latere oordele nie? Moet ek dus glad nie bekommerd wees oor familie en vriende wat byvoorbeeld in die NG Kerk aan dwaalbegrippe blootgestel word nie, want in die lig van 2 Tim. 2:13 is dit irrelevant en daar sal geen reperkussies wees nie? Moet ek my dus liewer van waarskuwings weerhou?

Let tog daarop dat ek na aanleiding van Opb. 19:13 na die Bruidegom [Jesus Christus] verwys as die “Woord van God.”

Natuurlik moet ons, soos Judas waarsku, “kragtig stry vir die geloof wat eenmaal aan die heiliges oorgelewer is.” (Judas 1:3). Maar, dan moet ons dit vanuit die Skrif doen en nie vir mense onder die indruk bring ddat daar ‘n gedeeltelike wegraping ssal wees nie. Dit opsigself is dwaling en bring mense tot dwaling.

Ek maak verskoning. Ek het jou verwysing na Openbaring 19:13 verkeerd gelees.

By: Tom Lessing (Discerning the World)
In reply to Laurens le Roux.

Laurens le Roux skryf:

“Kan alle sogenaamde gelowiges hulle as die bruid van Christus beskou en dus van die wegraping verseker wees?”

Natuurlik is daar baie mense wat hulleself Christene noem maar dit in werklikheid nie is nie. Daarom sê Jesus: “Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan. Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind.” (Mattheus 7:13-14). Wat jy vanuit die woord van God vir jouself moet uitmaak, is of daar n gedeeltelike wegraping sal waarby slegs die hoog-heiliges wat sy woord 100% bewaar die wegraping sal meemak terwyl die res wat sy woord nie 100% bewaar nie die seve-jarige verdrukking sal moet deurmaak. As daar nie so-iets soos ‘n gedeeltelike wegraping is nie, is jyself besig om die Woord van God nie 100% te bewaar nie. Ek kan jou versekere daar is nie so-iets soos ‘n gedeeltelike wegraping nie. Alle gelowiges is een liggaam in Christus en moet dus as een liggaam weggeruk word. Die Bruid kan nie verdeel word in ‘n groep wat die wegraping gaan meemaak en ‘n ander groep wat dit misloop. Kan die liggaam van Christus verdeel word?

By: Laurens le Roux
In onder andere Joh. 14:23 [AOV] en 1 Joh. 2:5 [AOV] word vir ons gesê dat as ons Sy woord bewaar sal God en sy Seun ons liefhê en by ons woning maak. Logieser wyse kan ek mos maar die afleiding maak dat as Sy woord gekorrupteer word sodanige persone hierdie liefde sal ontbeer. Die persone wat hierdie liefde ontbeer is hulle ook nog vir God aanvaarbaar? Kan alle sogenaamde gelowiges hulle as die bruid van Christus beskou en dus van die wegraping verseker wees?

By: Laurens le Roux
Baie dankie Tom. Ek sukkel nog om jou antwoord na behore te “verteer”

Tom ek sal graag ñ klinkklare antwoord wou verkry- dit is nogal vir my persoonlik baie belangrik- het die waarskuwing wat ek in my slotparagraaf na verwys geen Bybelse gronde nie en het dit geen implikasies nie hetsy in die vorm van die wegraping of latere oordele nie? Moet ek dus glad nie bekommerd wees oor familie en vriende wat byvoorbeeld in die NG Kerk aan dwaalbegrippe blootgestel word nie, want in die lig van 2 Tim. 2:13 is dit irrelevant en daar sal geen reperkussies wees nie? Moet ek my dus liewer van waarskuwings weerhou?

Let tog daarop dat ek na aanleiding van Opb. 19:13 na die Bruidegom [Jesus Christus] verwys as die “Woord van God”

By: Tom Lessing (Discerning the World)
In reply to Laurens le Roux.

Laurens le Roux

Die meeste dwaaleringe in die kerk spruit uit die idee dat die kerk die volk Israel vervang het (sg. “Replacement Theology”) en dat al die beloftes wat God aan hulle gemaak het, nou na die kerk oorgedra is. Israel is dus nou heeltemal uit die prentjie en die enigste manier waarop hulle deel kan hê aan die Bruid van Christus is om soos die nie-Jode deur geloof in Christus en sy evangelie gered te word. Paulus praat daarvan in Romeine 12:5, 1 Korintiërs 12:12-13,20, Efesiërs 2:11-16, 4:4. Almal wat waarlik gered is uit die heidendom en die Jodedom is dus nou een onskeibare liggaam in Christus. Niks kan hulle tot in ewigheid van mekaar en van God skei nie. Sy geredde Jode en nie-Jode) is dus die Bruid van Christus.

Die vraag is: Het God sy etniese volk, Israel, onherroeplik verwerp en het Hy die beloftes wat Hy aan Abraham, Isak en Jakob gemaak het, herroep? Hou asseblief in gedagte dat alle beloftes ja en amen is in Jesus Christus. (2 Korintiërs 1:20). Sou dit ooit kon gebeur dat God sy beloftes aan Abraham herroep het, dan sou die “ja en amen” in Christus ’n leuen wees. Die beloftes aan Israel (nie die kerk nie) in Genesis 17:6-8 sou ook a leuen wees. Let op die woorde “ewige verbond” en ewige besitting.” Dit sluit die 1000-jarige Vrederyk wat Christus hier op aarde gaan oprig en die ewigheid daarna in. ’n Oorblyfsel van die volk Israel gaan dus tot in alle ewigheid hier op die nuwe aarde in  die land wat God reeds in Genesis aan hulle belowe het, woon. Daar’s geen twyfel daaraan nie. Dit bring ons by Mattheus 25 wat jy en baie ander gebruik om ’n gedeeltelike wegraping van die Bruid te staaf.

Jy vra heel aan die einde, “Is my vertolking verkeerd.” Die slegte nuus is dat jy wel verkeerd is, maar die goeie nuus is dat jy nie die enigste persoon is wat verkeerd is nie. Mattheus 25 se vyf wyse en vyf dwase maagde het niks met dié wegraping of ’n wegraping te make nie. Die maagde verwys na die volk Israel wat die Antichris se vervolgingswaansin gedurende die tweede helfte van die sewejarige verdrukking gaan ontvlug. Jy sal onthou Jesus sê in Mattheus 24: 15-22 dat wanneer hulle die gruwel van die verwoesting waarvan die profeet Daniel spreek, in die heiligdom sien staan, moet hulle spore maak so vinnig hulle kan. Hoe weet ons Hy het van die Jode gepraat? Vers 20 dui dit vir ons aan waar Hy hulle beveel om te bid dat hulle vlug nie op die Sabbat moet plaasvind nie. Hoekom nie? Omdat die wet wat die Jode nog steeds rigied sal onderhou hulle verbied om op die Sabbat te reis. In elk geval, Jesus het nie om dowe neute na die profeet Daniel verwys nie. Die engel Gabriel (Israel se beskermengel) het aan hom verskyn en baie duidelik gesê, “Sewentig sewetalle is oor jou volk (Israel en nie die kerk nie) en jou heilige stad (Jerusalem) bepaal, om die goddeloosheid te voleindig . . . (Daniel 9:24).

Nog meer, hulle skielike vlug na die berge sal ontketen word deur die Antichris se dekreet dat hy God in die vlees is wanneer ’n pratende beeld van hom in die allerheiligste van die nuut-herboude tempel geplaas gaan word. Dan eers sal die Jode wat nog nooit geglo het hulle Messias kan ’n vleesgeworde God wees nie omdat dit die karaktereienskap van God as ’n ewige immateriële wese verloën, se oë oopgaan vir wat en wie die Antichris werklik is en onmiddellik vlug. God gaan te midde van die groot verdrukking die vlugtende Jode op bonatuurlike wyse beskerm nes Hy Noag tydens die groot vloed, Israel tydens die Egiptiese plae in Goosen, en Rahab en haar familie in Jerigo bewaar het.

Dieselfde boodskap wat Johannes die Doper en Jesus verkondig het “bekeer julle want die koninkryk van God het naby gekom” toe hulle hul missionale werk begin het, sal ook weer in hierdie tyd verkondig word. Almal sal weet dat die Koms van die Koning van die Koninkryk voor die deur is en dat hulle hul vir sy Tweede Koms (nie die of ’n wegraping nie) moet voorberei. God het dus by sy Tweede Koms ’n afspraak met die volk Israel sodat Hy sy beloftes aan hulle (die oorblyfsel) kan volbring. Sommige van die Jode sal gereed wees met brandende lampe en genoeg olie (vyf wyse maagde) terwyl ander lampe sal hê maar nie genoeg olie nie (vyf dwase maagde).

Jy skryf:

“Slegs die gelowiges wat absoluut getrou en lojaal teenoor die Bruidegom is sal vir Hom aanvaarbaar wees.”

Daar staan geskryf:

“Want wat maak dit as sommige ontrou geword het? Sal hulle ontrou miskien die getrouheid van God vernietig? Nee, stellig nie! Maar God moet waaragtig wees en elke mens leuenagtig, soos geskrywe is: Sodat U geregverdig kan word in u woorde en oorwin as U gerig hou.” (Romeine 3:3-4)

“As ons ontrou is, Hy bly getrou; Hy kan Homself nie verloën nie.” (2Timotheus 2:13)

Niemand van ons is ooit getrou en lojaal teenoor die Bruidegom nie. Ons kan alleenlik vertrou op sy onfeilbare en ewige getrouheid.

Jy skryf:

By die lees van Mat. 7:21-23 [AOV] is die boodskap ook vir my duidelik dat selfgeregtige gelowiges [gelowiges wat nie soos ñ kindjie glo nie] nie vir die Bruidegom aanvaarbaar sal wees nie.

Mattheus 7:21-23 praat nie van “selfgeregtige gelowiges” nie en ook nie van om soos ’n kindjie te glo nie. Die gedeelte verwys na ongelowiges (valse profete) wat mense leerstellig mislei met die skynbare wonderwerke wat hulle doen in die Naam van die Here.

Jy skryf:

“In Opb. 3:14-17 [AOV] word ook die afleiding gemaak dat gelowiges wie se geloof gekomprommitteer word deur allerlei dwalinge vir die Bruidegom onaanvaarbaar sal wees.”

As die uitspuug uit sy mond ewige konsekwensies vir ’n gelowige gehad het, sou dit beteken dat iemand wat reeds gered is sy/haar redding kan verloor. Dit opsigself toon dat die gedeelte nie gaan oor redding nie maar gemeenskap (“fellowship). Hulle geestelike louheid, naaktheid, en blindheid het gemaak dat Hy nie in ’n wedersydse liefdevolle verhouding met hulle kon “fellowship” nie. Hulle selfvoldaanheid en geborgenheid in hulle rykdom het hulle blind gemaak vir hulle geestelike armoede, soveel so dat hulle Hom buite hulle daaglikse lewenswandel uitgesluit het. Hy het as’t ware buite gestaan. Die begrip “maaltyd hou” verwys nie na redding nie maar ware en opregte “fellowship.” Soos in enige kerk, is daar ware Christene en belydende Christene. Christus kan nie met ongeredde, belydende Christene ’n diep innerlike maaltyd (“fellowship”) hê nie. Hy kan dit alleenlik met  geredde mense nuttig en net soos die gemeente van Efese hulle eerste liefde verlaat het sonder om hulle redding te verloor, maar vermaan is om hulle te bekeer en terug te keer na hulle eerste liefde, so-ook is die gemeente van Loadicea  vermaan om terug te keer na Hom en die geestelike rykdom wat Hy alleen hulle kon bied. Die bekering is dus nie ‘n bekering tot redding nie maar tot a regte verhouding (“fellowship”) met Hom. Dit gaan dus nie hier oor dwaalleer nie maar “fellowship.”

Jy skryf:

“In Opb. 19:13 [AOV] word die Bruidegom se naam genoem “Die Woord van God.”

Dis gewoon nie waar nie. Openbaring 19 gaan oor die Ridder op ’n wit perd. Hy is:

Getrou en Waaragtig.

Hy oordeel en voer oorlog in geregtigheid.

Sy oë is soos vuurvlamme en op sy hoof is baie krone.

Hy was bekleed met ’n kleed wat in bloed gedoop was, en sy naam is “Die woord van God.”

Nie een van hierdie beskrywinge kan aan die Bruid toegeskryf word nie. Die bloed deurweekte kleed verwys na die Here Jesus en sy kruisiging. Hy is die Woord van God (Johannes 1:1-2), nie die Bruid nie.

By: Laurens le Roux
Daar word gesê dat alle gelowiges [dit wil sê dié wat glo in die Evangelie van Jesus Cristus] as die bruid van Jesus Christus beskou moet word en tydens die Wegraping weggevoer sal word.

As ek egter Mat. 25:1-13 [AOV] lees kry ek die indruk en maak ek die afleiding dat nie alle gelowiges as bruid weggevoer sal word nie Dit beteken dat ñ sekere persentasie gelowiges die Verdrukking sal ervaar. Slegs die gelowiges wat absoluut getrou en lojaal teenoor die Bruidegom is sal vir Hom aanvaarbaar wees.

By die lees van Mat. 7:21-23 [AOV] is die boodskap ook vir my duidelik dat selfgeregtige gelowiges [gelowiges wat nie soos ñ kindjie glo nie] nie vir die Bruidegom aanvaarbaar sal wees nie.

In Opb. 3:14-17 [AOV] word ook die afleiding gemaak dat gelowiges wie se geloof gekomprommitteer word deur allerlei dwalinge vir die Bruidegom onaanvaarbaar sal wees.

Dus my vertolking van die betrokke Bybelgedeeltes is dat slegs ñ gedeelte van die huidige gelowiges as bruid van Christus weggeraap sal word en dat die oorblywendes die verdrukking sal moet ervaar en daar dalk tot ware geloof sal kom en dan ook daar hulle koppe sal verloor. Slegs die gelowiges wat absoluut getrou en lojaal teenoor die Bruidegom is sal weggeraap word.

In Joh. 1:14 [AOV] word daar vir ons gesê dat Jesus Christus is die Woord.

In Opb. 19:13 [AOV] word die Bruidegom se naam genoem “Die Woord van God”

In Joh. 17:17 [AOV] sê Jesus self dat die Woord is die Waarheid

In 2 Tess. 2:10 [AOV] staan daar dat die verwerping van hierdie Waarheid die mens se ondergang gaan beteken. [Met ander woorde die verwerping van die Woord]

Dus absolute lojaliteit en getrouheid aan hierdie Waarheid/Woord van God/Bybel is enigste maatstaf tot die Wegraping.

Waarskuwing dus: Gelowiges wat hulle vereenselwig met korrupte kerke soos die NG Kerk of gelowiges wat hulle vereenselwig met korrupte Bybels loop die gevaar om die Wegraping mis te loop.

Is my vertolking korrek?