Ons eie eg Suid-Afrikaanse “Emergent Pinocchios”

Ons eie eg Suid-Afrikaanse “Emergent Pinocchios” – Die ander Waarheid

Die siening dat die geskiedenis geneig is om homself te herhaal is nogal waar . . . of is dit maar net ’n langneus Pinocchio-leuen om ons ’n rat voor die oë te draai? Hoe dit ook al sy, dit blyk nogal waar te wees veral in die lig van die bg. video en ’n artikel wat Tom Lessing sowat agt jaar gelede in sy destydse blog “WAAK EN BID/WATCH AND PRAY” met die titel “ONS EIE EG SUID-AFRIKAANSE ‘EMERGENT’ PINOCCIOS,” gepubliseer het.

Voordat ons die bovermelde praatjie van Johan Geyser in n opvolg artikel onder die loep neem, kyk ons vereers na die artikel, “Ons eie eg Suid-Afrikaanse ‘Emergent Pinocchios.'”

Almal wat die kindervehaal Pinocchio ken en ook die fliek gesien het, sal seker die volgende toneeltjie daaruit onthou waar die polisie vir Fox  en Cat arresteer omdat hulle iets verkeerd gedoen het en toe probeer om Pinocchio se arm te draai om hulle uit die verknorsing te help.

Fox: My boy, Pinocchio! Come here, hurry!
Fox: [to the cat] It’s old Wood-legs.
Pinocchio: Oh boy, you two must have done something really bad.
Fox: Oh, no, no, no! Not we! Of course we did nothing wrong! Why, they picked up the wrong fellows.
Cat: Yeah. Now, how about you tell that nice policeman that you like, know us, Pinocchio, buddy? Maybe he’ll let us… scram.
Policeman: Right! What’s all this then, you know these two?
Pinocchio: Yeah. Yes, I do.
Policeman: And how is it that a nice hardworking kid like you would know a couple of bums like these two?
Pinocchio: Well, I…
Pinocchio: [to the fox and the catDo you want me to tell the truth? 
Fox: Oh yes! Always tell the truth, Pinocchio. 
Cat: Oh yeah, the truth, the whole truth and nothing but the truth, little buddy.
Pinocchio: [looks at Cricket, who nods] These two took my money!
Policeman: That’s what I figured. Well boys, that’s gonna add a little more time to your sentence.
Policeman: [to his horses] Aye, get up there!
Fox: Urgh, not that truth, you little wooden-headed netwit! 
CatOh, no, no, no, man. The other truth, tell him the other truth. 
Cat: [to the foxHey, hey! Give me a little clue here. What was that other truth? (Klem deurgaans bygevoeg)

Ons weet almal dat Pinocchio die kuns geken het om ‘n leuen so oor te dra dat dit soos die reine waarheid geklink het. Daar was egter ‘n klinklare manier waarop sy leuens aan die lig gekom het – sy neus het langer en langer geword met elke leuen wat hy vertel het.

Soos Cat in die Pinocchio verhaal wil ek ook baie graag vir Johan Geyser en Willem Nicol vra “What was that other truth? Voordat ek u op hoogte bring van die “ander waarheid” wat ons eg Suid-Afrikaanse Pinocchios vir hulle landgenote en veral ook hulle NGK Ontluikende kerkgenote opdis, wil ek net eers ter inleiding sê dat hierdie kommentaar gerig is op die onderhoud wat Johan Symington Sondagaand (13/09/2009) op RSG in die program “Kruis en Dwars” met Willem Nicol en Carel Anthonissen oor Postmoderne spiritualiteite gehad het.

Dr. Willem Nicol is ‘n bekende figuur in die NG Kerk wat Christelike meditasie en in die besonder die verskynsel van “stilte” in kontemplatiewe meditasie onder die aandag bring van die NG kerklui. Dr. Carel Antohosissen is betrokke by die Sentrum vir Christelike Spiritualiteit in Kaapstad. U kan hier meer oor hom lees.

Dié moet ek darem sê: Johan Symington het ‘n paar indringende vrae gevra. Een hiervan wat Willem Nicol ‘n “emerging” eierdans laat doen het, was die volgende. Ek is jammer dat ek my lesers moet toegooi met Willem en Carel se wyshede maar ek haal hulle eerder uitgebreid en volledig aan voordat hulle my daarvan beskuldig dat ek hulle buite konteks aanhaal.

Johan: As ek nou ‘n stildiens gaan bywoon, wat kan ek verwag?

Carel: Ek dink ‘n ervaaaaring (doelbewus so gespel om Carel se beklemtoning van ervaring uit te wys) . Willem het vroeër daarna verwys dat ons in die kerke het gewoond geraak dat die hoofitem van jou diens is maar die prediking en dit appelleer baie sterk [op] die rasionele, die verstaan van die Evangelie, maar ek dink wat hier gebeur is dat die Woord funksioneer nog steeds; ons lees die Bybel, maar die Bybel word binne heeltemal ’n ander konteks geplaas. So, ek wil amper sê, mense beter luister daarna en dit word ook omring en versterk met simboliese handelinge, litrugiese dinge.

Johan: Verduidelik ‘n bietjie, hoe verskil dit van ‘n gewone erediens?

Carel: As jy instap in die diens, wil ek amper sê, is die tema van die oggend wat uit die Bybel uitkom, ons volg eintlik die kerklike jaar se rooster, is die tema onmiddellik simbolies voorgestel; jy stap in en jy sien reeds met jou oë wat amper gaan gebeur en dan speel ons gewoonlik inleidende musiek; dit skep ‘n bepaalde stemming maar dit is nie net dit nie. Ek dink dit is meer as dit, dit probeer mense, ek dink, via ‘n ander kanaal nader bring aan die Bybel, aan die Woord.

Johan: [Is dit] dan “chanterig” soos die ou Klassieke tradisie was? (Johan het waarskynlik gesinspeel op die ou Gregoriaanse Gesange wat in die Roomse katolieke Kerk en veral in hulle kloosters deur monikke en nonne gesing word, ek wil amper sê, om Carel se uitdrukkihng te gebruik, soos die Bhoeddiste met hulle dreunsang).

Carel: Ons sing ‘n verskeidenheid liedere, . . . nee, nee, gladnie “chanterig” nie. Ek gryp terug op die hele ou tradisie, van die misse wat Mozart geskryf het, die Kyries en Benedictusse, deur tot nuwer interpretasies van Psalm 23. Ek het nou in Wallis wonderlike musiek opgespoor. Ek het amper al gedink ek gee vir Fanie Smit ’n bietjie kompetisie daar in ons diens want dit raak mense nogal; musiek vul baie sterk aan. Miksien kan ek net [iets sê] oor die liturgiese of die rituele wat ons wel gebruik. Ons wissel nogal af; ek dink Willem hulle doen ook iets soortgelyks.

Ons sal redelik gereeld, amper tweemaal ‘n maand die eucharistie of die Nagmaal hou, tekens van brood en wyn, bedien of uitdeel, en dan is daar ook ’n ritueel waar mense gewoon kerse aansteek as ’n teken van toewyding of waardeur hulle ook ander mense bring voor God. En dan’t ons, wat vir my een van die mees sinvolle rituele is, is ’n helingsritueel waar ons met olie mense salf, eintlik nader nooi, vorentoe nooi om te kom kniel, en dit is baie betekenisvol vir mense en, ek dink Willem het dit reg in die begin gesê, ek dink ons ken ’n klomp waarhede maar êrens is ons nie ingeoefen om dit ook te leef en te beleef nie, en ek dink dit is wat die stildiens vir my beteken . . .

’n Vrou, wat nou eintlik in die NG kerk grootgeword het en deur al die tradisies gekom het, by die Charismatiese kerke ’n draai gegooi het, het beland by die stildiens en vir my na ’n ruk gesê, dit is nou waar sy haar huis gevind het, dit is waar sy tuisgekom het maar sy wil net vir my as leraar een iets sê, dat ek nooit hier moet “intrude” nie, nooit moet inmeng hier nie. En ek dink, dit sê miskien alles van die stildiens dat daar’s nie iemand wat nou domineer of manipuleer, die hele ding probeer . . . ek berei voor maar dis amper soos ‘n tafel wat ’n mens dek, ’n ruimte wat jy skep waarbinne . . . kom ek sê dit maar vroomweg, ek dink waarbinne jy toelaat, meer ruimte gee vir God se eie Gees om in die stilte, deur hierdie handelinge, iets te doen met mense . . . in elk geval wat jy nie kan beheer nie, wat jy nie kan organiseer nie.

Johan: Sal jy preek?

(Johan ken blykbaar die gedeelte in die Skrif baie beter as ons twee Pinocchios, wat sê: Want: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word. Hoe kan hulle Hom dan aanroep in wie hulle nie geglo het nie? En hoe kan hulle in Hom glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek? En hoe kan hulle preek as hulle nie gestuur word nie? Soos geskrywe is: Hoe lieflik is die voete van die wat die evangelie van vrede verkondig, van die wat die evangelie van die goeie verkondig! . . . Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.” Ek kom later weer by hierdie gedeelte om vir u te wys hoe onbybels en selfs demonies die sg. Stildiens” is en, kom ek sê soos Carel dit maar sommer vroomweg sê, dat almal wat glo dat hulle hul tuiste gevind het in die stildiens, gruwelik mislei is).

Carel: Ek, ek het die goed, baie interessant, omgedraai en dit werk, dink ek, binne daai konteks baie goed  . . . die hoofhandelinge is dat ons saam luister na die Woord en dit word in Engels en Afrikaans gelees want daar kom ook Engelsesprekendes, maar voor ons die Woord lees, sal ek seker in drie, vier miniute net inleidend aanwysings [gee] hoe ‘n mens beter kan luister na die Woord. Wat kan jy hoor; wat het dit aan my gedoen reeds. . . .  Maar, om een of ander rede, daai klein bietjie wat jy sê, maak amper die sintuie oop om beter te luister na wat dan gelees word.

Willem: Dit is baie soos ons dit hierso ook doen.  Die doel van die hele opset is om die mense oop en sensitief te maak vir die sentrale Skrifgedeelte volgens die Revised Common Lecttionary van dié dag sodat daar nie na die Skrifgedeelte ‘n preek of iets dergliks is nie. Daar’s net ‘n iets van ‘n inleiding wat seker maak dat die persoon hom reg verstaan [waarmee] jy hom miskien n bietjie nuuskierig maak daaroor en hom dus oopmaak, maar dan is dit die eie, eerstehandse ervaring met daardie Skrifgedeeltes sonder ‘n dominee wat daar tussen jou en die gedeelte kom en “intrude” soos Carel sou sê, en om die volle kollig op daardie gedeelte te laat val, gebruik ons dan musiek en poësie en die hele atmosfeer.

Die dominee sit dan ook nie voor nie. Hy’s agter. Voor is die kers en dan gebruik ons ‘n skerm sodat daar geprojekteer kan word skilderye en fotos wat help en natuurlik ook die liedere en “chants” wat ons sing . . . en [dit is] eintlik ‘n baie lekker ervaring vir elkeen – direk, persoonlik, eerstehands voor ‘n Skrifgedeelte – en dan is die ervaring tog eintlik dat geen preek kan dit beter doen nie want jy is die ene wat die beste weet hoe daai gedeelte jou nou raak. G’n dominee kan dit beter as jy weet nie, want jy ken jou eie ervaring in jou eie binnewêreld en die betrokke Skrifgedeelte raak jou daarso. . . .

Johan: As ek dit reg het, dan sou die kritiek teen so ‘n sisteem gewees het dat ‘n mens vir die duiwel eweveel kans lewer om influistering te doen, veral as jy die teks nie uitlê nie . . .  die duiwel kan daarmee maak wat hy wil. Hoe sal jule reageer op so ‘n standpunt? (Dis ‘n uitstekende vraag, Johan).

Willem: Ja, nee, ek hoor telkens daai ding dat in die stilte kry die duiwel nou kans. My gevoel is hy kry natuurlik sy beste kans in die lawaai, nê – as my kop lawaai van vrees of kommer of watter ander negatiewe emosies – dit is kos vir die duiwel daai. As my kop stil raak in geloof dink ek hy hou nie daarvan nie en nou die probleem dat die Skrifgedeelte dalk verkeerd verstaan kan word en die duiwel fluister nou vir my ‘n verkeerde verstaan in, dit is wat ‘n mens probeer seker maak met die kort inleiding of as jy mense heeltemal op hulle eie sou laat mediteer vir hulleself nou nie in ‘n diens waar ‘n inleiding nie gegee kan word nie, dan sê jy maar net dat jy moet lees en mediteer oor wat jy wel verstaan en nie oor wat jy nie verstaan nie.

Die probleem dat ‘n mens dan nou heeltemal verkeerde gedagtes gaan vorm uit die Bybel, dié vind ek nie. Ek vind die mense wat wel wil mediteer is mense wat die Bybel darem al ‘n entjie ken. Hulle het in ‘n mate met hom grootgeword. Ek dink dit is ook nodig om te sê die rede moet sy rol speel; daar moet genoeg verstaan en kennis wees van die Bybel en sy boodskap. Maar dan kan ‘n mens gerus verder beweeg sodat dit nie net die rede is en die Bybelstudie nie maar ook die belewenis, die intuïtiewe en die emosionele kant van die ding.

Dis net hier waar die “Emergent Pinocchio” neuse langer en langer word. Miskien moet Willem eers weer ‘n slag gaan lees wat hy sigselwers in sy eerste gepubliseerde boek “Stem in die Stilte” oor die influisteringe van die duiwel geskryf het. Op bls. 97 sê Willem Nicol.

As mens op ingewings wag, kan jou eie innerlike of selfs bose magte ook met jou praat.” (Stem in die Stilte :97) (Klem bygevoeg).

Willem Nicol erken dus dat kontemplatiewe meditasie die duiwel en bose magte die kans gun om hulle eie bose idees en gedagtes in te fluister. Sir John Eccles, Nobelpryswenner vir sy navorsing op die brein, het gesê die brein is ”A machine that a ghost can operate.” Enige vorm van meditasie wat daarop ingestel is om jou gedagtes leeg en passief te maak sodat God kwansuis in die stilte met jou kan kommunikeer en jy in sy teenwoordigehid kan kom, is dus niks anders as ‘n medium waardeur ‘n ander geeste-entiteit jou gedagtes kan oorneem om sy eie bose idees by jou in te fluister.

Carel se stelling dat die simboliese handelinge, rituele en stilte vir die Gees van God ruimte gee om iets te doen met mense wat geen dominee kan doen nie, is net nie waar nie. Die Here Jesus self het verklaar dat sy Gees alleenlik dié dinge aan ons bekend sal maak wat Hy van Hom gehoor het (Johannes 16:13-16), m.a.w. die Gees sal nooit buite-om die waarheid soos dit in die Skrif vir ons uitgespel word, iets sê of doen nie.

Dié moet ek darem toegee; Willem glo  ten minste nog in die bestaan van die duiwel en bose magte terwyl ander NG predikante ruiterlik ontken dat hy wel bestaan en glo dat ons die naaste aan ‘n duiwel kom wanneer ons in ‘n spieël kyk, bedoelende dat die boosheid per se binne-in die mens die duiwel is. Maar nouja voordat ons Willem voor stok kry oor sy Pinocchio eierdans moet ons darem onthou dat daar nie sulke goeters soos leuens in die Ontluikende Kerk is nie. Dis maar net “’n ander waarheid” soos Pinocchio se twee “vriende” gesê het.

Ek vind dit uiters tragies dat die ontluikende broederskap die Bybel alhoemeer minag omdat dit kwansuis teësprekende gedeeltes bevat of soos hulle dit stel die Bybel hom weerspreek, terwyl hulle met leepogies en ‘n afgodiese aanbidding van hulle ghoeroes (soos o.a. Willem Nicol) eerder na hulle “ander waarhede” (nie-weersprekende leuens) luister as na die Woord van God. Dit maak dus nie saak of hulle ghoeroes hulleself telkens weerpsreek nie want hulle “wedersprekerigheid” is maar net “ander waarhede” maar wee die Bybel omdat hy hom kwansuis weerpreek.

Carel Anthonissen plaas die hele uitgangspunt en doel van die ontluikende spiritualiteit baie goed in konteks wanneer hy sê, “die Bybel word binne heeltemal ’n ander konteks geplaas.” Om in ‘n ander konteks ingebed te word moet dit noodwendig eers van ‘n bestaande konteks losgemaak of losgeskeur word alvorens dit in die nuwe konteks ingemessel kan word. Dit kom dus daarop neer dat die tradisionele of ou gevestigde erediensgebruike van die Bybel heeltemal ontdoen moet word om plek te maak vir die nuwe konteks waarvan Carel en Willem praat. Ek het reeds vluggies verwys na die gevestigde konteks van die Bybel toe ek Romeine 10:13-17 vir u aangehaal het.

Hiervolgens is dit baie duidelik dat God die Bybel (sy Woord) aan ons gegee het om ons te leer en te oortuig wat ons nodig het om gered te word. Die prediking van God se Woord het dus ‘n reddinggewende funksie omdat almal wat dit hoor en terselfdertyd deur die geloof daarop reageer soos die Skrif sê (Johannes 7:38), gered word. As sodanig MOET die Woord van God te alle tye die middelpunt van die erediens inneem, en nie soos die vrou wat Carel vermaan het om nie te “intrude” nie, op ‘n syspoor gerangeer word nie. Sê die Here dan nie self van sy Woord dat dit lewend en kragtig en skerper is as ‘n tweesnydende swaard wat deurdring tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg nie, en dat dit ‘n beoordelaar is van die oorlegginge en bedoelinge van die hart? (Hebreërs 4:12).

Die murg in die gewrigte is ‘n metafoor van die mens se diepste en donkerste geheime wat hy geneig is om te verbloem met mooi woordjies en goeie dade (soos die blare waarmee Adam en Eva hulle naaktheid bedek het). G’n wonder die Bybel sê dat die mens se hart bedrieglik is bo alle dinge en uiters verdorwe is en dat niemand, nie eens jyself, dit kan ken nie (Jeremia 17:9). Alleenlik die woord van God wat skerper is as ‘n tweesnydende swaard kan die gewrigte (harde been) oopsny en oopkloof om die murg daarin bloot te lê en aan die lig te bring. Juis dan, wanneer sondaarmense hulleself in die lig van God se Woord sien en leer ken, dryf dit hulle uit na die Here om Hom aan te roep vir die vergifnis van hulle sondes en hulle redding (Romeine 10:13).

Maar nee, die postmoderne Pinocchios “skree” in die “stiltes” van hulle kontemplatiewe ekskursies: “Weg met die Here se manier om SY Woord in ons eredienste aan te wend. Ons gaan sy Woord binne ‘n heeltemal ‘n ander konteks plaas, ‘n konteks wat ons gaan haal in die verre verlede toe die Woestynvaders die Bybel op ‘n kontemplatiiewe wyse gelees het om hulle in die teenwoordigheid van God te bring (Lectio Divina). Om hierdie “heilige” atmosfeer te skep wil ons as predikante – wat nie gestuur is nie – eerder as huurlinge agter in die kerk gaan sit sodat ‘n aangesteekte kers voor in die kerk ons kontemplatiewe boeties en sussies in die regte stemming kan bring, en sodat hulle die Woord beter kan verstaan. Ons is nie juis begaan oor hulle sieleheil nie en ons gee werklik nie om of hulle gered is of nie. Almal, gered of nie, kan op die maniere wat ons in ons stildienste vir hulle aanbied in die teenwoordigheid van God kom.

Multi-sintuiglike of -sensoriese aanbidding

Ten spyte van die Here se opdrag in Johannes 4: 24 dat ons God (wat Gees is) in gees en in waarheid moet aanbid, dring die kontemplatiewe ontluikende lang-neus Pinocchios daarop aan dat jy al jou sintuie moet gebruik om die Here in die “stilte” te kan ervaar. U sal onthou dat toe Johan Symington Carel vra wat ‘n mens kan verwag as jy ‘n “stildiens” bywoon, het hy hom geantwoord met ‘n uitgerekte “ek dink ‘n ervaaaaring.” Hiermee saam gaan natuurlik ook die opsyskuif of marginalisering van die Woord van God as die episentrum van sy waarheid. Gesonde leerstelling word eenvoudig net geminag ter wille van die ervaring. n Ervaring van watter aard ookal en so eufories soos dit ookal mag wees, is uit die vkees en kan God nie behaag nie.

Maar ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie; want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie. Maar as julle deur die Gees gelei word, dan is julle nie onder die wet nie. (Galasiërs 5:16-18).

Die Kontemplatiewe stil-wees mediterende Pinocchios is besig om vir hulle nuwe wette te skep waarvolgens hulle God “ervaaaar” en in sy teenwoordigheid kan kom. Daarmee word bedoel dat sekere vooropgestelde dinge gedoen en beoefen moet word alvorens die kontemplatiewe en sentrerings meditasies doelmatig kan wees. Hier’s n voorbeeld.

  • Choose a sacred word as the symbol of your intention to consent to God’s presence and action within.
  • Sitting comfortably and with eyes closed, settle briefly and silently introduce the sacred word as the symbol of your consent to God’s presence and action within.
  • When engaged with your thoughts*, return ever-so-gently to the sacred word.
  • At the end of the prayer period, remain in silence with eyes closed for a couple of minutes.

Let wel, dis jyself wat met behulp van ‘n simbool (in hierdie geval ‘n sg. heilige woord) jouself kwansuis in die teenwoordigheid van God bring en nie soos die Bybel ons leer die bloed van Christus nie (Hebreërs 10:19). Die simbool wat net sowel ‘n ikoniese beeldjie kan wees is dus niks anders as afgodery nie. Die simbool (heilige woord) word nie gekies sodat die geestelike betekenis daarvan tot jou kan spreek nie maar om jou ervaring ten tyde van meditasie aan te help en te verhoog. Dis dus niks anders as n paar reëls (regulasies of wette) wat uit uit die vlees is, en soos die Bybel ons leer is die vlees van geen nut nie en kan God nie behaag nie (Romeine 8:8).

Doug Paggit (die mede-outeur saam met Tony Jones van die boek “An Emergent Manifesto of Hope”) se voormalige Pastoor, Leith Anderson het in 1992 die volgende redes aangevoer vir die soeke na ervaring in die plek van gesonde leerstelling.

The old paradigm taught that if you had the right teaching, you will experience God. The new paradigm says that if you experience God, you will have the right teaching. This may be disturbing for many who assume propositional truth must always precede and dictate religious experience. That mindset is the product of systematic theology and has much to contribute … However, biblical theology looks to the Bible for a pattern of experience followed by proposition. The experience of the Exodus from Egypt preceded the recording of Exodus in the Bible. The experience of the crucifixion, the resurrection and Pentecost all predate the propositional declaration of those events in the New Testament. It is not so much that one is right and the other is wrong: it is more of a matter of the perspective one takes on God’s touch and God’s truth. [1]

Anderson sê in werklikheid dat die Bybel by wyse van die ervaring van mense met nuwe en vars idees beskrewe word. Daarom lê Willem Nicol soveel klem op elkeen se eie, direkte, eerstehandse en persoonlike ervaring omdat geen preek, soos hy dit stel, mense se ervaring kan verbeter nie. Die Bybel is dus nie ‘n geslote kanon nie maar word voordurend aangevul met dié dinge wat mense gedurende hulle kontemplatiewe reise ervaar. Dit klink amper soos Doug Pagitt wanneer hy sê: “putting words around people’s experiences to allow them to find deeper connection in their lives.” Die rede hiervoor is natuurlik om jou eie “kontemplatief-ervaarde waarhede” en ook die “ander kontemplatief-ervaarde waarhede” van ander persone met mekaar te versoen sodat die een nie vir die ander kan sê dat sy of haar ervarings verkeerd is nie; dis maar net ‘n Pinocchio geïnspireerde“ander waaheid” en kan  dus as sodanig gebruik word om die immer wordende en groeiende Bybel aan te vul.

Die sg. “conversation” (gesprek) in die kontemplatiewe kultuur gaan dus juis oor die oorvertel en die sg. inkarnerende deelname aan mekaar se ervarings. Dis ‘n nimmmereindigende spirituele reis waarin elkeen se ervaring saam bou aan die “waarheid.” Daarom korrigeer Thomas Keating hom baie gou in die onderstaande uittreksel uit die video waarin hy praat oor “oneness” met God en met mekaar, wanneer hy aanvanklik sê “There is one final . . .” en  homself dan gou-gou korrigeer met die woorde: “since oneness’s are many, maybe its adventurous to say “one final” because there are probably many more final ones after that.”

Al jou sintuie, sig, reuk, gevoel, smaak en gehoor, word tydens stildienste ingespan. In teenstelling met die geloofsvoorwaardes in Romeine 10 wat verklaar dat geloof deur die prediking van die woord en deur predikers met lieflike voete in mense se harte ingebrurger word, glo die ontluikendes dat geloof aangewakker word deur te kyk na skilderye, die aanraking van beelde of ikone, die reuk van kerse of reukwerk en die aanhoor van “chants” en dan eers volg die Woord. Dit sluit aan by wat Carel gesê  het: “Ek, ek het die goed, baie interessant, omgedraai en dit werk.” Leonard Sweet verwys daarna as “EPIC culture” – Experiential, Participatory, Image-Driven, Connected.”[2] Beelde van Jesus wat aan die kruis hang of groot houtkruise asook beelde van die Moeder en die Kind is nie ongewoon in sulke “stildienste” nie.

Thomas Keating, van wie Willem Nicol met lof praat op bladsy 60 van sy boek “Gebed van die Hart” speel al sedert 1940 ‘n leidende rol in die herondekking en heropdieping van die kontemplatiewe/sentreerde gebeds-spiritualiteit en werk ook baie nou saam met Ken Wilber, ‘n sinkretis wat d.m.v. sy webblad die integrasie van alle spiritualiteite en godsdienste bevorder. Die “EPIC culture” (Experiential, Partipatory, Image-Driven, Connected) van Leonard Sweet word op treffende wyse deur Thomas Keating beskrywe waar hy in ‘n video vertel hoedat die Boeddha op ‘n dag 80 000 dissipels op vulture Peak byeengebring het om die konsep van “oneness” met God te illustreer.

There’s one final – since oneness’s are many, maybe its adventurous to say “one final” because there are probably many more final ones after that. But, perhaps this can be communicated by this story which seems to me the Buddhist writer has captured exactly what I’m referring to here.

In one of the Zen stories the Buddha is recorded to have brought together 80 000 disciples . . . and they met on Vulture Peak and there the Buddha chose a Lotus, as you know, the very important symbol of human transformation in the Buddhist and Hindu traditions, and so somewhat like an Eucharistic celebration he raised his Lotus flower and all the monks and nuns, I presume, gazed upon this symbol of unity and spiritual wanton and forgot themselves or lost themselves in the deepest silence of communion with the Absolute and with each other, and because of their numbers the intensity of this divine communication was . . . unsurpassed. And as this deep silence trickled deeper and deeper into the inmost being of all the monks one of the senior monks standing beside the Buddha,  . . . started to laugh and it wasn’t just hee hee hee, it was ho, ho ho ho; he was just bellowing of laughter that resounded off the mountain peaks and shocked all the monks into a kind of spiritual stupor so that their silence of the spiritual kind was utterly shattered.

He lowered the Lotus, the laughter subsided, he turned to this senior student and he gave him the fullness of the dharma, that is to say ultimate enlightenment. Of course the Zen people never tell you what it means. . . . . That’s exactly what it means when you say there is no other; in other words the divine oneness is so unique, no word, no concept can come anywhere close to it; nor can any experience, even the highest kind in this life and probably in the next. In other words, its so transcendent and immiment at the same time that it blows you away and the only possible response when that experience of oneness has reached its peak is to laugh. Nothing is sacred compared to this experience however sacred we try to make it. It just means, “God Is.” There’s nothing else to say or do in that and yet at the same time this very experience, because of God’s infinite diversity is the source of every true ministry or service or love . . . but the acts are nothing compared to the source, to the love; it just is and is always happening and nothing can take anything away from it, nothings can add to it; it intervents reality that we poor little creatures, barely evolved from the vegetables and the animals, are invited.

What does that say if you believe that? What does that say about the ultimate? It must be that God is so humble, he doesn’t want to be God. He’s ready to throw it all away. Of course in Christian terms, this is what the incarnation means. Paul says explicitly the Word of God and the Son of God didn’t consider being equal to God something to hang onto. To hell with it! That means God is so close that nobody is uninvited to this banquet of divine love, no matter who the hell you are or what you have done.

Hope, theolizing hope, is not about the past whether you did well, it doesn’t matter whether you did sins  . . . Its not of future because we don’t know whether that leads in. Its about right now, that God, the Ultimate host, is offering us his hospitality which goes to the extent of giving himself away, totally to each of us on condition that we consent. So in this perspective being is more important than doing. Being is more apostolic or evangelizing, to use those terms than silence. Sacrifice is the meaning of this universe. In heaven the total giving away of all that one has is delightful. In this world its hell but you can’t change God and the dynamic of manifesting this infinite humility of God involves for us the total loss of self – not just the false self but of any attachment to an identity that is not God. And so, if reincarnation really exists, its not us who are being reincarnated but Christ or whatever term you have for God. (Klem bygevoeg)

Willem Nicol verwys ook na sekere fisiese ervarings tydens meditatiewe stiltes in sy boek Gebed van de Hart:

“Daar kan allerhande fisiese ervarings wees, byvoorbeeld ’n gejeuk of tinteling, ’n kriewel in die keel, hoofpyn of ’n vreemde gevoel in die kop, ’n swaar gevoel of selfs ’n gevoel van gewigloosheid. Ander begin sug, lag of huil. Alles is tekens dat daar iets aan die gang is.” (Gebed van die Hart :135‑136).

Die geestelike ervarings waarna Carel en Willem verwys gaan dus nie net gepaard met sigbare elemente soos gedomplede ligte (donkerte, volgens Dan Kimball, verteenwoordig spiritualiteit in die ontluikende kultuur en is ook deel van die Bhoeddistiese en Roomse spiritualiteite. Donkerte dui daarop dat iets baie ernstigs besig is om te gebeur), gebedstasies, kerse, reukwerk, skilderye, fotos en ikone nie maar ook soms met ‘n onbedaarlike gelag of gehuil wat die geestelike ervaring van eenwording met die Absolute en met mekaar waarmerk of bekragtig. Die sg. “oneness” met God of die Absolute en met mekaar word dus aangebring deur hierdie mistieke ervarings wat in die stilte deur fisieke, sigbare en tasbare elemente aangehelp word, soveel so dat dit reeds beskou word as dié oppermetode om die Christendom met ander gelowe te versoen, selfs ook met Islam. Die liberale evangelis, Tony Campolo wat nie so lank gelede nie op uitnodiging van die Moreletapark NG gemeente na Suid-Afrika gekom het, glo soos die okkultis, Aldous Huxley dat mistisisme die “higest common factor” is. Campolo skryf in sy boek, Speaking My Mind, as volg op bladsye 149 en 150:

Beyond these models of reconciliation, a theology of mysticism provides some hope for common ground between Christianity and Islam. Both religions have within their histories examples of ecstatic union with God … I do not know what to make of the Muslim mystics, especially those who have come to be known as the Sufis. What do they experience in their mystical experiences? Could they have encountered the same God we do in our Christian mysticism? [3]

Die hoofdoel van die mistieke ervarings wat mense in die stilte ondergaan is dus in die eerste plek om die skeidsmure tussen alle gelowe af te breek, al sou dit dan ook moes beteken dat die God van die Bybel se vleeswording (inkarnasie) op vernederende wyse afgewentel word tot op die vlak van iemand wat so nederig is dat hy nie meer God wil wees nie en selfs met afsku aan sy eie godheid bereid is om dit hel toe te stuur. Jesus Christus se bereidheid om nie aan sy goodheid vas te klem nie (Filippense 2:6) was beslis NIE omdat Hy in algehele nederigheid nie meer God wou wees nie, maar Hy het sy godheid as’t ware in sy vleeswording eenkant toe geskuif sodat hy as ware mens aan ‘n vloekhout kon sterwe vir ons sondes. Hier sien ons weer eens baie duidelik dat die ontluikende kerk alle grondwaarhede in die Bybel moet herverwoord en manipuleer sodat dit ‘n ander inhoud en betekenis moet kry, hoofsaaklik om dit soveel makliker te maak om die Christendom met ander gelowe te versoen. Daarom kan Suid-Afrikaanse ontluikende leiersfigure soos Stephan Joubert sonder om te blik of the bloos in ‘n preek verklaar dat daar ook waarhede in ander godsdienste soos die Bhoeddisme is en iemand soos Brian Mclaren kan deelneem aan Isalm se Ramadanfees as ‘n gebaar van eer en verheerliking aan God. Dis amper soos Aaron wat ‘n goue kalf gemaak het vir die volk van Israel en toe gesê het: “Môre is daar fees tot eer van die HERE.” (Exodus 32:5).

Môre is daar fees tot eer van die HERE.

Dieselfde gees wat hierdie leuens tydens die ontluikendes se stildienste by hulle ore influister, is dieselfde gees wat reeds sedert die begin alles in die stryd werp om God te ontroon en self as God in die tempel te sit en as God aanbid te word. Hierdie gees van Satan is besig om die ontluikendes voor te berei vir ‘n ander Christus, by name die Antichris en die tragiese rondom die hele ou penarie is dat hulle dit nie agterkom nie terwyl hulle alle waarskuwings om hulle daarvan te bekeer in die wind slaan. Geld hierdie gedeelte u it die Skrif miskien vir hulle?

hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen en met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan, omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie. En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo, sodat almal geoordeel kan word wat die waarheid nie geglo het nie, maar behae gehad het in die ongeregtigheid. (2 Tesslonicense 2:9-12)

‘n Stil – en leeggemaakte, passiewe gemoed

Die Bybel leer ons nêrens tussen sy blaaie vanaf Genesis tot Openbaring dat die mens sy kritiese denke moet prysgee deur sy “mind” leeg te maak met behulp van mistieke kontemplatiewe dissiplines nie. Die Woord van God sê juis dat die mens verander moet word deur die vernuwing van sy gemoed (Romeine 12: 2). Die King James sê dit so mooi: “And be not conformed to this world: but be ye transformed by the renewing of your mind, that ye may prove what is that good, and acceptable, and perfect, will of God.” Die  woord “anakoinosis” (vernuwing) beteken om ‘n algehele gemoedsverandering te ondergaan, in so ‘n mate dat dit jou in staat sal stel om God se soewereine wil vir jou lewe te verstaan en uit te lewe. Dit word beslis nie meegewerk deur mistieke kontemplatiewe gebruike nie maar deur die Woord van God. Ek sê dit op grond van die Here Jesus se woorde in Johannes 17: 17: “Heilig hulle in u waarheid; u woord is die waarheid.” Petrus waarku ons baie duidelik dat ons te alle tye nugter en waaksaam moet wees. Die Amplified Bible stel dit so:

1 Peter 5: 8: Be well balanced (temperate, sober of mind), be vigilant and cautious at all times; for that enemy of yours, the devil, roams around like a lion roaring in fierce hunger], seeking someone to seize upon and devour.

Die ontluikende kontemplatiewe kerklui se teenargument is natuurlik Psalm 46:10 wat soos volg in die King James lui:”Be still and know that I am God.” Die Amplified stel dit as volg: “Let be and be still, and know (recognize and understand) that I am God. I will be exalted among the nations! I will be exalted in the earth!” Beide die ou en nuwe Afrikaanse vertalings sê  nie een “Wees stil” nie. Die Ou vertaling sê “Laat staan en weet dat ek God is” en die nuwe vertaling sê “Bedaar en erken dat ek God is.” Die woord “raphah” beteken nie om jou mond te hou of om niks te sê nie, of om jouself aan algehele stilte oor te gee nie. Die konteks  van Psalm 46 is dat God vir Jakob (Israel) ‘n veilige toevlug en beskutting sal wees wanneer Hy die nasies gaan oordeel en dat hulle dus nie nodig het om hulle oor enigiets te kwel nie. Die Engelse woord “relax” dra die betekenis daarvan baie beter oor omdat God vir hulle sê om nie op hulle eie vleeslike vermoëns staat te maak nie maar op Hom en sy magtige dade. Ons vind dieselfde begrip van “relax” in Eksodus 14:13 waar Moses die volk troos met die woorde:

“Moenie bang wees nie. Staan vas, kyk hoe die Here julle vandag gaan red, want soos julle die Egiptenaars nou daar sien, sal julle hulle nooit weer sien nie.”

Dit is absoluut verstommend om te sien hoeveel Suid-Afrikaners uit alle rassegroepe reeds deur die Ontluikende Kerk en hulle kontemplatiewe, mistieke spiritualiteit mislei is. Mag die Here voorsien dat sommiges van hulle so gou moontlik loskom van die gevaarlike web van mistisisme wat niks anders as ‘n Christelik-verbloemde vorm van Boeddhisme en die okkultisme is nie.

Openbaring 18:4 En ek het ‘n ander stem uit die hemel hoor sê: Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie.

————————————————————————————————————————

[1] Leith Anderson, A Church for the 21 st Century, p. 21.

[2] Leonard Sweet, Postmodern Pilgrims (Nashville, TN: Broadman Holman Publishers, 2000), p. 28.

[3] Tony Campolo, Speaking My Mind (Nashville, TN: Thomas Nelson, 2004), pp. 149-150.

Please share:

Tom Lessing (Discerning the World)

Tom Lessing is the author of the above article. Discerning the World is an internet Christian Ministry based in Johannesburg South Africa. Tom Lessing and Deborah Ellish both own Discerning the World. For more information see the About this Website page below the comments section.

3 Responses

  1. Santie says:

    Baie dankie vir hierdie insiggewende stuk. !!!

  2. anton says:

    Santie .. wil jou graag vra ..wat het jy hieruit geleer of dalk beter verstaan / watter kern punt is gemaak ?? anton

  3. Brian says:

    Volgens my begrip van die Skrif moet ons altyd waak teen ander gode in ons persoonlike lewens. Ons kan vals gode net identifiseer indien ons die Ware deeglik ken. Buiten kennis benodig ons ook die Gees van God om onderskeiding tussen geeste te kan maak. Sonder kennis van God se Woord, en van Sy Christus, is ons uit gelewer aan die bose magte van verleiding en misleiding. Gou was die volk om te sê dat hulle God se Woord sal gehoorsaam, net om kort daarna Sy eerste en grootste gebod vergeet. Dié aanhaling in jou artikel van die “goue kalf was treffend, en hoogs beskrywend van die huidige godsdienstige toestand. Ons weet dat die oordeel en vernietiging van hierdie wêreld ophande is(2 Petrus 3), en daarom waardeer ek bogenoemde ontbloting van die bedrog in ons midde. Jesus waarsku ons daarteen in Matt. 24.
    Jesus(as Mens) het Skrif en Gees gebruik om die duiwel te troef, daarom is dit ook die wapenrusting(Efesiërs 6) vir die gelowige se stryd. Dankie nogmaals vir bogenoemde artikel.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *