Die Stert Tussen die Bene Calviniste

Tail Between Legs stert tussen bene Calviniste

Die Stert Tussen die Bene Calviniste

Die mooi Afrikaanse uitdrukking “om met die stert tussen die bene weg te hardloop” het onlangs baie handig te pas gekom in my gesprek met ‘n klompie Calviniste wat die NG Kerk se besluit om selfde-geslag verhoudings en huwelike in die kerk te aanvaar en “gay” predikante toe te laat om as volledig gelegitimeerde predikante te preek, hewig aangeval het. Die gesprek het op hierdie blog, soos gewoonlik op ‘n cul de sac uitgeloop omdat ‘n klomp “stert-tussen-die-bene-Calviniste” nie die ruggraat het om indringende vrae te beantwoord nie.

Dit het alles so begin. ‘n Suster in die Here het die volgende video aan my gestuur waarna ek sommer onmiddellik gekyk het.

[youtube https://www.youtube.com/watch?v=EhDAkSeGG3U]

Nadat ek Somerset (Sommie) Morkel se striemende aanval op die NG Kerk en veral Ds Dirkie van die Spuy van die Moreletapark NG Gemeente gelees het, kon ek nie anders as om sy “Ope Brief aan Ds. Drkie van der Spuy” as loutere huigelary te bestempel nie.

In my aanvanklike verweer teen hulle dweperige Calvinistiese skrywes het ek die volgende kommentaar gelewer.

Ek kan werklik nie verstaan waarom Somerset Morkel so ‘n bohaai maak oor Dirkie van der Spuy nie. Dirkie het nog altyd, soos die Engelse sê “ran with the hare and hunted with the hounds.” In Afrikaans noem ons so ‘n persoon sommer ‘n twee-gat jakkals. En moet asseblief nie vir my kwaad word wanneer ek dit sê nie want Jesus self het iemand eendag ‘n jakkals genoem.

‘n Klompie jare gelede het iemand my vertel dat Dirkie nie baie geneê was met die idee om mense teen valse predikers soos Benny Hinn te waarsku nie omdat daar talle van sy gemeentelede was wat hom hoog aangeskryf het. Wat het geword van die eer van God en sy Christus as hulle eerder ter wille van mense se aansien God se gesag en waarheid ondermyn? (Galasiêrs 1:10).

Toe ek in 2010 ‘n artikel op my blog “Waak en Bid/Watch and Pray” geskryf het om Moreleta Park te waarsku teen Tony Campolo – wie so tussen hakies vandag ‘n groot voorstander is van selfde-geslag verhoudings en huwelike, en in 2009 deur Moreleta genooi is om hulle tydens hulle Missions Fest toe te spreek – het hulle my soos die pes vermy.

Daarby gesê is my blog “Waak en Bid/Watch and Pray” destyds deur twee hardekoejawel Calviniste, met wie Somerset Morkel goed bevriend is, tot niet laat maak omdat ek dit durf waag het om Calvyn ‘n moordenaar te noem en sy sg. “Leerstellings van Genade” in die lig van die Skrif as suiwer kettery uit te wys. Somerset het so intens kwaad geword vir my dat hy gesê het “God sal hom uithaal.” ‘n Ander ou wat netso kwaad was, het na my verwys as “a rhinoceros with a dead conscience,” “a piece of rotten meat not even an hyena would be tolerant to eat,” Nog andere (ook hardekoejawel Calviniste) het na my verwys as “Antichrist” and a “moron” (Matthew 5:22) en “a person beyond evil.”

My vraag is dit: As hierdie Calviniste wat glo Jesus het net vir die uitverkorenes gesterf omdat Hy net vir hulle liefhet, waarom is hulle nou skielik so danig begaan oor “gays” en lesbiêrs wie God nie lief het nie, vir wie Jesus nie gesterf het nie en wat God reeds voor die grondlegging van die wêreld tot die ewige verdoemenis in die hel uitverkies het? Dis mos pure huigelary aan hulle kant.

Morkel beskuldig van der Spuy en die NG Kerk dat hulle ‘n ander Jesus en ‘n ander evangelie uitdra. Daarmee stem ek heelhartig saam. Maar, hy en sy Calvinistiese vriende behoort darem eers die balk uit hulle eie oog te haal voordat hulle enigsins wil probeer om die splinter uit die NG Kerk se oog te wil haal. Waarom? – Omdat Calvinisme ook ‘n ander Jesus en ‘n ander evangelie verkondig,

Die feit bly staan, God het die gays en die lesbiêrs netso lief soos enige ander persoon en wil nie hê dat enigeen van hulle verlore gaan nie. Daar is talle gays en lesbiêrs wat reeds deur die wonderlike genade van God tot redding gekom het en van hulle sondes verlos is. Glo die Calviniste dit? Nee, want hulle sê net die sg. uitverkorenes wat God voor die grondlegging van die wêreld uitverkies het tot saligheid, word gered. Hoe op deeske aarde gaan ons die gays en die lesbiêrs met die onvervalste evangelie van Jesus Christus bereik wanneer ons sulke snert verkondig?

Ag, jy kon amper letterlik ‘n speld oor die internet hoor val nadat my kommentaar geplaas is. Maar soos te wagte, was dit maar net die spreekwoordelike stilte voor die storm. Die heel eerste ding waarmee hulle jou gewoonlik kap is dat jy nie verstaan nie . . . . Wynand Louw, die eienaar van die blog “hierstaanek” skryf:

Tom, dankie vir jou belangstelling in my blog.

Die misverstande wat jy het oor die belydenisskrifte en Calvinisme is oorweldigend, Ek tel ten minste drie wanopvattings oor die saak net in jou een paragraaf nota aan Sommie hierbo.

Ek verklaar egter nou hierdie gesprek gesluit, omdat dit nie die doel van die blog is nie.

Miskien ontmoet ons eendag op ‘n ander forum waar ons lekker hieroor kan gesels.

Dis darem so tipies van “stert-tussen-die-bene-weghardloop-Calviniste.” Hulle maak sekere stellings soos “jou misverstande oor die belydenisskrifte en Calvinisme is oorweldigend” sonder om jou misverstande duidelik en helder te artikuleer, en hardloop dan weg met ‘n “Sien jou miskien later.” Ek het skaars in ‘n opvolg kommentaar my standpunt kon stel toe ons “stert-tussen-die-bene-weghardloop-Calvyntjie” soos volg skrywe:

Ek delete Tom se pos hier omdat ek hom gevra het om asseblief die gesprek daar te laat.

Tom, soos ek gesê het: Op ‘n ander plek op ‘n ander tyd.

Dankie!

Hierstaanek.

Dit laat my dink aan toe Stefanus ‘n klomp Fariseêr Jode (wat ook geglo het hulle is tot die ewige lewe uitverkies) die waarheid vertel het, hulle so briesend kwaad geword het dat hulle hul ore toegestop het, klippe opgetel het en hom tot die dood toe gestenig het. En net in geval ons “stert-tussen-die-bene-weghardloop-Calviniste” nie weet waarvan ek praat nie, wil ek graag hierdie betrokke gedeelte vir hulle aanhaal.

En hy het gesê: Kyk, ek sien die hemele geopend en die Seun van die mens aan die regterhand van God staan. Maar hulle het met ‘n groot stem geskreeu en hulle ore toegestop en soos een man op hom aangestorm. En hulle het hom buitekant die stad uitgewerp en hom gestenig; en die getuies het hulle klere neergelê by die voete van ‘n jongman met die naam van Saulus. En hulle het Stéfanus gestenig terwyl hy die Here aanroep en sê: Here Jesus, ontvang my gees! (Handelinge 7:56-59).

Die enigste verskil is dat die stert-tussen-die bene-weghardloop-Calvyntjies nie hulle hande vuil wil maak nie en eerder vir God die geleentheid sal gee om my uit te haal, soos ou Sommie ‘n klompie jare my tot die dood veroordeel het.

Nouja ou vriend, hier’s nou vir jou ‘n gulde geleentheid om op hierdie blog my drie misverstande aan die groot klok te hang en jou leuse “hierstaanek” te eerbiedig. En sou dit miskien wees dat jou “hierestaanek” sou uitloop op ‘n “hiervalek”sal ek maar te bly en gretig wees om jou by die hand te neem en jou broederlik weer staande te maak.

Sodra Calviniste hulleself in ‘n hoek verf en nie weet hoe om herwaarts of derwaarts uit hulle penarie te kom nie, speel hulle hul soewereiniteit-troefkaart en dis presies wat ou Sommie toe doen, toe hy my daarvan beskuldig dat ek God se openbaring as ‘n soewereine God nie verstaan nie. Die ironie is dat Sommie en sy Calvynvrinne God se soewereiniteit nie verstaan nie en nog boonop met rente verwerp. In my weerlegging op sy lukrake beskuldiging skryf ek toe die volgende: (So terloops, dis hierdie kommentaar wat Wynand Louw sonder seremonie uitgevee het).

Inderdaad, kom ons kyk so ‘n bietjie na God se soewereiniteit. Die “Westminster Confession of Faith” stel dit so:

God het van alle ewigheid af, deur die aller wyse en heilige raad van sy eie wil, vryelik en onveranderlik alles wat ookal plaasvind, verordineer (Hoofstuk 3: “Van God se Ewige Dekreet.”).

Die Engels sê dit so:

“God from all eternity, did, by the most wise and holy counsel of His own will, freely, and unchangeably ordain whatsoever comes to pass . . .”

Dis sê vir ons mos baie duidelik dat die gays homoseksueel is omdat God volgens sy soewereine dekreet gewil het dat hulle so moet wees. As God soewerein is – en dit is Hy beslis – en ook terselfdertyd alles vooraf volgens sy onomkeerbare dekreet bepaal het om te wees soos dit alles nou is, dan kan ons mos nie die NG Kerk (‘n Calvinistiese Instituut) voor stok kry oor die “gays” nie. Die feit dat Sommie van der Spuy en die NG Kerk aanspreek oor die gays, is voldoende bewys dat hy nie ‘n snars omgee oor God se soewereine dekrete nie. En dan wil hy my kastei omdat ek kwansuis God se soewereiniteit nie erken nie. Siestog!

Edwin H Palmer skryf:

All things that happen in all the world at any time and in all history – whether with inorganic matter, vegetation, animals, man or angels (both the good and evil ones) – come to pass because God ordained them. Even sin – the fall of the devil from heaven, the fall of Adam, and every evil thought, word, and deed in all of history, including the worst sin of all, Judas’ betrayal of Christ – is included in the eternal decree of our holy God.

[If] sin is outside the decree of God, then the vast percentage of human actions . . . are removed from God’s plan. God’s power is reduced to the forces of nature . . . Sin is not only foreknown by God, it is also foreordained by God. In fact, because God foreordained it, He foreknew it. Calvin is very clear on this point: “Man wills with an evil will what God wills with a good will . . . (Edwin H Palmer, The Five Points of Calvinism: Baker Book,. enlarged Edition. 20th prtg, 1999, 82). (Klem is bygevoeg).

Maar nee, nou wil Sommie en sy Calvynvrinne wat hom so lustig in sy kruisvaart teen die NG Kerk ondersteun, God se soewereine wil ten opsigte van die gays by die venster uitgooi en voorgee dat Hy nie van alle ewigheid, deur die aller wyse en heilige raad van sy eie wil, vryelik en onveranderlik bepaal het dat die gays moet wees wat hulle is nie en nie selfde-geslag verhoudings en huwelike mag onderneem nie. God se soewereiniteit en wil kan dus maar na willekeur deur die “stert-tussen-die-bene-Calviniste” aangepas en verander word. Ek wonder of hulle die woord “soewereiniteit” reg kan spel, “nerver-mind” verstaan.

Hulle afgod, Johannes Calvyn, skryf:

[W]e hold that God is the disposer and ruler of all things – that from the remotest eternity, according to his own wisdom, he decreed . . . that, by his providence, not heaven and earth and inanimate creatures only, but also the counsels and wills of men are so governed as to move exactly in the course which he has destined  . . .

In short, Augustine everywhere teaches . . . that there cannot be a greater absurdity than to hold that anything is done without the ordination of God: because it would happen at random. For which reason, he also excludes the contingency which depends on human will, maintaining a little further on, in clearer terms, that no cause must be sought for but the will of God  . . .  I say, then, that . . . the order, method, end, and necessity of events, are, for the most part, hidden in the counsel of God, though it is certain that they are produced by the will of God  . . . (John Calvin, Institutes of the Christian Religion, trans. Henry Beveridge [Wm. B. Eerdemans Publishing Company, 1998 ed.] l:xvi, 6,8,9). (Klem is bygevoeg).

Die “stert-tussen-die-bene-weghardloop-Calviniste” sal natuurlik onmiddellik weer hulle “Jy verstaan nie” troefkaart uithaal en my doodluiters daarvan beskuldig dat ek hulle buite konteks aanhaal. Regtig? Jy kan hulle leerstellige helde woord vir woord aanhaal dan sal hulle jou nog steeds met hulle “Jy verstaan nie” troefkaart probeer stilmaak.

Die oomblik toe ek Wynand Louw en Somerset Morkel herinner aan wat hulle eie “Westminister Confession of Faith” oor God se sowereiniteit sê, het hulle my summier geblok. Dit herinner my aan die dae toe ek as kind in die Vrystaat op ‘n plaas graag klippe omgerol het om te kyk wat onder is. Dit was natuurlik ‘n gevaarlike speletjie want ‘n giftige slang of skerpioen kon onder die klip in die duisternis skuil. Daarom het ek altyd ‘n lank stok gebruik om die klippe om te keer. Ag, dit was vir my te lekker om te sien hoedat al wat gogga is skarrel om die helder sonlig wat op hulle geskyn het, te ontvlug. Glo dit as julle wil, klip-omkeer eskapades kan jou nogal leer wat die Bybel sê.

En dit is die oordeel: dat die lig in die wêreld gekom het, en die mense het die duisternis liewer gehad as die lig; want hulle werke was boos. Want elkeen wat kwaad doen, haat die lig en kom nie na die lig nie, dat sy werke nie bestraf mag word nie. (Johannes 3:19-20).

Is die “stert-tussen-die-bene-weghardloop-Calviniste” boos? Om enigiets aan God toe te skryf wat nie van Hom is nie en nog boonop te verklaar dat Hy alles verordineer het, selfs ook die sondes van homoseks persone, is boos verby. Hoe weet ek?

En dit is die oordeel: dat die lig in die wêreld gekom het, en die mense het die duisternis liewer gehad as die lig; want hulle werke was boos. Want elkeen wat kwaad doen, haat die lig en kom nie na die lig nie, dat sy werke nie bestraf mag word nie. (Johannes 3:19-20).

Wee hulle wat sleg goed noem en goed sleg, wat die duisternis lig maak en die lig duisternis, wat bitter soet maak en soet bitter. (Jesaja 5:20).

In Mattheus 9:17 sê Jesus “Niemand is goed nie, behalwe een, naamlik God.” En nou kom hierdie skarminkels met hulle stert-tussen-die-bene heiligheid en verklaar met bravade dat God nie goed is nie. Hy is sleg.

Gun my asseblief net nog ‘n laaste vragie aan Wynand Louw en Somerset Morkel. Bid julle ooit vir die bekering van die gays en lesbiêrs? Sou julle antwoord “ja” wees dan moet ek julle ernstig waarsku teen julle skreiende rebellie teen God en sy soewereiniteit. Sou dit waar wees dat God – volgens die Westminster Confession of Faith, Johannes Calvyn en baie ander gesiene Calviniste – voor die grondlegging van die wêreld ‘n dekreet uitgevaardig het dat alles sal en moet gebeur soos Hy dit gewil het, dan kan julle bid tot julle blou is in die gesigte. Julle sal om die dood nie God se soewereine wil vir die gays om te wees wat hulle is, omkeer of tot niet maak nie. Dis julle wat God se soewereiniteit nie verstaan nie. Mag God julle genadig wees sodat julle waaragtig tot bekering kan kom. Julle speel met vuur.

English article here:   https://www.discerningtheworld.com/2015/11/17/the-tail-between-the-legs-calvinists/

Please share:

Tom Lessing (Discerning the World)

Tom Lessing is the author of the above article. Discerning the World is an internet Christian Ministry based in Johannesburg South Africa. Tom Lessing and Deborah Ellish both own Discerning the World. For more information see the About this Website page below the comments section.

7 Responses

  1. Wickus says:

    Ai die tragedie van die Calvinistiese se leerstellings!! Baie mooi artikel en ek stem saam met jou, dit baat niks om met Calviniste te redeneer nie. Sal net graag wil weet hoe hulle dit reggekry het om jou blog te sluit?

  2. Marthina says:

    Ek het gewag vir hierdie artikel! Dankie Tom. Dit was nou baie insigewend. Ek wonder oor al hierdie goed en dan kom verwoord jy dit op skrif. Nou ja… terug na die Woord van God.?

  3. Hi Wickus

    Tom quoted from a Calvinist website called for the love of his truth and they contacted WordPress and filed a legal complaint. They shut Tom’s blog down.

    I then asked Tom if he would join me here at DTW. So we moved Tom’s blog across.

  4. Dankie Marthina. As daar ‘n ding is wat ek haat, dan’s dit huigelary. Kom ons bid eerder vir die gays. By God is niks onmoontlik nie.

  5. Wickus says:

    Thanks for the reply Deborah!! Typical Calvinist, if they can’t silence you through debate they just shut you down!! So sad indeed!! I’m glad Tom has joined you in standing up for the truth!! Keep up the great work and may God bless you!!

  6. Hi Wickus

    Yes I am extremely happy that Tom made DTW his blog. Thank you so much for commenting, its really encouraging to know there are Christians like yourself out there who agree with us.

  7. anton says:

    Nice to see you support Tom , Deborah …. never see so much sugar coating by these pathetic ngk pastors … [edited out] ….. ai arme ouks … tomorrow they will stand and preek dat die spoeg weer spat ..!!!!!!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *