Comments on: The Seed Within You: The Base Church

By: Tom (Discerning the World)
In reply to Hantie Venter.

Hallo Hantie. Baie dankie vir jou kommentaar. Eerstens wil ek graag my waardering uitspreek vir jou erkentenis dat ons nie sommer alle dinge vir soetkoek moet opeet nie. Dit strook 100% met wat 1 Johannes 4: 1 vir ons sê nl. dat ons nie elke gees moet glo nie, maar hulle op die proef stel om seker te maak vanwaar hulle hul oorsprong het.

Leringe is dus nie maar net empiriese boekekennis nie maar het hoofsaaklik te make met die onderskeiding en ’n verstaan van wie of wat agter daardie leringe sit. Daarom sê Paulus deur die Gees van God ronduit vir ons in 1 Timoteus 4:1 dat die meeste van die hedendaagse leringe in die eindtyd-kerke leringe van duiwels is.

Ek hou nogal van jou dogter se opmerking dat as jy iets eet wat sleg proe moet jy dit uitspuug. Dit strook nogal met wat God in Openbaring oor die laaste kerk (Laodicea) te sê het, “Ek ken jou werke, dat jy nie koud is en ook nie warm nie. Was jy tog maar koud of warm! Maar nou, omdat jy lou is en nie koud of warm nie, sal Ek jou uit my mond spuug. Want jy sê: Ek is ryk en het verryk geword en het aan niks gebrek nie; en jy weet nie dat dit jy is wat ellendig en beklaenswaardig en arm en blind en naak is nie. Ek raai jou aan om van My te koop goud wat deur vuur gelouter is, sodat jy kan ryk word; en wit klere, dat jy jou kan aantrek en die skande van jou naaktheid nie openbaar word nie; en salf om jou oë te salf, sodat jy kan sien.” (Openbaring 3:15-18).

Hulle het hulle beroem op hulle “health, wealth and prosperity” maar was naak (geestelik onvolwasse en sommiges ook blatant verlore, ongered – 1 Korintiërs 2:15; Efesiërs 4:14; 2 Korintiërs 11:13-15). Klink nogal bekend, nie waar nie?

Spreke in tale

Wat die tale-kwessie betref, sal dit miskien van pas wees om eers ‘n vraag te vra om die bal aan die rol te sit. Sou dit logies en selfs regverdig van God wees om almal wat in Handelinge 2:1 eendragtig op Pinksterfees bymekaar was, vreemde hemelse tale te gee om te praat terwyl die verskillende nasies wat op dáárdie dag in Jerusalem bymekaar was die beweerde gesproke hemelse tale nie kon verstaan nie? Drie duisend ongelowiges het op dáárdie dag tot bekering gekom wat onomwonde aandui dat hulle die evangelie in hulle eie tale gehoor het (Handelinge 2:5-8) sodat hulle kon verstaan wat dit beteken om gered te word.

As dit hemelse tale was wat hulle nie kon verstaan nie, sou die ongelowiges waarskynlik sê of dink dat hulle kranksinnig was? (1 Korintiërs 14:23). In elk geval, Paulus sê baie duidelik in 1 Korintiërs 14, “Ek dank my God dat ek meer in tale spreek as julle almal; maar in die gemeente wil ek liewer vyf woorde met my verstand spreek om ook ander te onderrig, as tien duisend woorde in ‘n taal. Broeders, moenie kinders wees in die verstand nie, maar wees kinders in die boosheid en wees volwassenes in die verstand. In die wet is geskrywe: Ek sal deur mense van ander tale en deur ander lippe tot hierdie volk spreek, en ook so sal hulle na My nie luister nie, sê die Here. Die tale is dus ‘n teken nie vir die gelowiges nie, maar vir die ongelowiges; die profesie egter is nie vir die ongelowiges nie, maar vir die gelowiges.” (1 Korintiërs 14:18-22).

Wat bedoel Paulus as hy sê “Ek dank my God dat ek meer in tale spreek as julle almal . . .?” Praat hy van hemelse tale (meervoud)? Ek twyfel baie sterk of dit hemelse tale was waarna hy verwys het en wel om die volgende twee redes:

1. Toe hy tot in die derde hemel opgeruk is, het hy onuitspreeklike “woorde” gehoor wat niemand, ook nie hy nie, mog uitgespreek het nie. Let wel, hy sê hy het “woorde” gehoor en nie “tale” (meervoud) nie. (2 Korintiërs 12:1-4). Kom ons veronderstel dit was “tale”  (meervoud) wat hy gehoor het, dan sou hy nog steeds nie daardie tale op aarde kon herhaal nie omdat God hom verbied het om dit te doen. Die hedendaagse sg. apostels en profete wat kamtig in hemelse tale praat is besig om hierdie verbod te oortree. Dit dui daarop dat die sg. hemelse tale wat hulle praat nie van God is nie maar van die duiwel. Ek weet van ‘n insident wat jare gelede in Zoeloeland in ‘n kerk gebeur het. Terwyl ‘n ongelowige daar verbygeloop het, het hy mense in tale gehoor praat. Hy het nuuskierig nadergegaan en in een van die agterste banke gaan sit. Na die diens, het hy na die pastoor gegaan en gevra, “Weet u wat daardie en daardie persone gesê het?” “Nee!” antwoord die pastoor. “Wel ek weet,” sê hy, “Dit is ‘n ou dialek wat ek baie goed ken en albei van hulle het julle God gevloek.”

2. Daar word nie verskillende tale (meervoud) in die hemel gepraat nie maar alleenlik ‘n taal (enkelvoud) wat  uit woorde bestaan wat ‘n mens nie hier op aarde mag uitspreek nie. Tale (meervoud), soos jy weet, het ontstaan toe die mensdom gruwelik teen God gerebelleer het en ‘n toring begin bou het wat tot aan die hemel moes reik. Tale en die gepaardgaande skeiding en verspreiding van die mensdom oor die hele aarde was dus terselfdertyd God se regverdige oordele maar ook sy ondeurgrondelike genade (Handelinge 17:26-27). Sou daar tale (meervoud) in die hemel wees, dan impliseer dit dat daar ook sonde is. Dis totaal iets ongehoord en grens selfs aan laster as ‘n mens sou glo daar is “tale” (meervoud) in die hemel. Wanneer die Here Jesus by sy tweede koms na die aarde (nie by die Wegraping voor die sewejarige verdrukking nie) gaan terugkeer om sy 1000-jarigew Vrederyk hier op aarde in te stel, gaan die gelowiges wat die Vrederyk met hulle natuurlike liggame (Jode en nie-Jode) binnegaan soos vóór die val van die mens in sonde weer, almal net een taal praat. Die 1953 en 1983 Afrikaanse Bybelvertalings sê dit nie so mooi nie en daarom gebruik ek eerder die KJV. In Sefanja 3:9 staan daar, “For then will I turn to the people a pure language [enklevoud], that they may all call upon the name of the LORD, to serve him with one consent.”

Hoe moet ons die spreke in tale in 1 Korintiërs verstaan as dit nie hemelse tale (meervoud) was wat die Christene in die vroeë kerk gepraat het nie? Ons moet onthou dat knap ná die uitstorting van die Heilige op Pinkster daar nog geen Nuwe Testamentiese  geskrifte bestaan het nie. Daar was nog net Ou Testamentiese geskrifte.

Die Heilige Gees moes dus op ‘n direkte mondelingse wyse die evangelie deur die dissipels oordra sodat die verskillende volke wat Jerusalem besoek het dit kon verstaan om die kerk (wat uit gelowige Jode en nie-Jode bestaan het) op dreef te kry. Hou ingedagte dat na die wonderwerke wat op Pinkster gebeur het, baie mense Jerusalem besoek het om self ondersoek in te stel na wat dáár gebeur het. Baie van hulle het dus by die gelowiges aangeklop om eerstehands te verneem wat gebeur het.

Om die tale probleem op te los, het God vir sommige gelowiges die gawe gegee om in verkillende bekende en bestaande tale te praat en vir ander gelowiges die gawe om hulle uit te lê (1 Korintiërs 12:4-7). Hierdie gawes moes nuttig en tot stigting wees en nie ’n gebrabbel van onsinnige woorde nie , m.aw. dit moes vir almal van geestelike waarde wees, gelowiges en ongelowiges. Hoewel tale, soos Paulus sê, as ‘n teken ten behoewe van die ongelowiges gegee is, moes gelowiges ook daarby baat vind al het hulle nie die vermoë gehad om onbekende en bestaande tale te praat of te verstaan nie. Almal kon dus nie amen sê op alles wat in ander tale gepraat is nie, tensy dit vir hulle uitgelê is.

Wat was die oplossing vir hierdie dilemma? God het dit gedoen op ‘n twee-getuienis grondslag. Kom ek verduidelik. Die Here het vir sommige gelowiges die gawe gegee om in ander vreemde tale (anders as Hebreeus en Aramees) te praat maa nie die gawe van uitleg nie. Hy het die gawe van uitleg van bestaande en bekende tale aan ‘n ander gelowige as die een wat in tale kon praat, gegee. Hoekom? Kom ek verduidelik aan die hand van ‘n voorbeeld.

Veronderstel ons is in die eerste eeu na Christus en bevind ons in Jerusalem om die wonderwerke op Pinkster te ondersoek. Ons gaan na een van die  talle huisgemeentes wat ná die Pinkster fenomeen ontstaan het, word hartlik met handgebaar verwelkom en ook genooi om ‘n diens by te woon. Die Pastor begin in sy eie taal (Aramees) te preek en ons dink skouerophalend “wat nou?” Ons verstaan nie ‘n woord nie, en dan skielik begin die Pastor in ons eie taal te praat.

Ons is totaal oorbluf maar ook diep geraak deur sy boodskap van bekering en die noodsaaklikheid om die evangelie te glo sodat ons gered kan word. Intussen het iemand anders na afloop van die preek in die kerk opgestaan en alles wat die Pastor gesê het begin uitlê. Ons kon sommer dadelik sien hoe die Christene se gesigte van blydskap ophelder en almal saam die Here begin loof en dank en aanbid. Ook ons wat in daardie diens waarlik tot bekering gekom het, het God begin aanbid en loof. Ons het sowat ‘n week in Jerusalem vertoef en toe weer teruggekeer na Suid-Afrika waar ons ons mense in ons eie taal vertel het wat met ons gebeur het.

Daar’s ‘n paar dinge wat ons vir onsself moet afvra.

1. Waarom het God sommige gelowiges die gawe van die spreke in tale maar nie ook gelyktydig die gawe van uitleg aan dieselfde gelowige gegee nie. So-ook geld dit vir die omgekeerde hiervan. Waarom het Hy vir sommiges die gawe van uitleg gegee maar nie die gawe van tale nie? Dis eintlik heel logies. In die eerste plek het dit te make met ‘n twee-grondslag getuienis. Reeds sedert die Ou Testamentiese dae kon ‘n saak alleenlik besleg word met twee of drie getuienisse (Deuteronomium 19:15). Dit sou in elk geval “weird” wees vir ’n gelowige wat in tale spreek om self ook die uitleg te gee. Die ongelowiges met wie hy in tale spreek verstaan mos onmiddellik wat hy sê en ‘n uitleg daarvan deur die tale spreker vanself sou oorbodig wees. “O, OK, jy hoef nie die taal waarmee jy met ons gepraat het vir ons uit te lê nie. Ons verstaan elke woord in ons eie taal.” Die rede waarom daar iemand moes wees wat die tale kon uitlê was om alles wat die tale spreker gesê het, in die teenwoordigheid van ander gelowiges te bekragtig . Deesdae lê die sg. hemelse tale sprekers self hulle tale uit of iemand anders lê dit vir hulle uit, en meestal is dit iets wat net betrekking het op iemand se “prosperity,” “health,” en “wealth,” of ’n sg. profesie, of iets wat reeds in die Skrif staan.

2. Waarom het Paulus gesê, “Ek dank my God dat ek meer in tale spreek as julle almal; maar in die gemeente wil ek liewer vyf woorde met my verstand spreek om ook ander te onderrig, as tien duisend woorde in ‘n taal. (1 Korintiërs 14:18-19). Blykbaar bedoel Paulus dat sy verstand (“understanding”) onaktief (onvrugbaar) was wanneer hy in tale gepraat het. Hyself het nie die bekende en bestaande tale verstaan nie. Daarom moes daar altyd iemand byderhand wees om dit uit te lê, so nie moes die tale spreker self bid vir die vermoë om dit te kan uitlê (1 Korintiërs 14:13). En wanneer een van hierdie vereistes nie aanwesig was nie, moes die tale spreker sy sitplek inneem en stilbly. (1 Korintiërs 14:28). Die Korintiërs se beheptheid met tale was vir Paulus maar net nog ’n teken van hulle onvolwassenheid en wêreldgesindheid. Hulle wou graag gesien en gehoor word. (1 Korintiërs 3:1-3). Tale was alleenlik nuttig en tot stigting wanneer almal dit met die intellek verstaan het – gelowiges (d.m.v. uitleg) en ongelowiges (d.m.v. die tale self).

3. Waarom sê Paulus, “Want as ek in ‘n taal bid, dan bid my gees, maar my verstand is onvrugbaar. (1 Korintiërs 14:14). Het Paulus in tale gebid? Omdat Paulus nederig was, het hy dikwels die persoonlike voornaamwoord “ek” in plaas van “julle” gebruik. Pleks daarvan om te sê, “Want as julle in ‘n taal bid, dan bid julle gees, maar julle verstand is onvrugbaar” het hy “ek” gebruik om nie aanstoot te gee nie. Die Korintiërs het nie net gespog dat hulle in tale praat nie maar ook dikwels in tale gebid het. Hoewel Paulus sê. “Want as ek in ‘n taal bid” is dit te betwyfel of hy dit wel gedoen het. Gesonde logika sê vir ons dat Paulus dit nie in ‘n gemeentelike opsig sou doen nie omdat God, in die eerste plek, alle talle geskep het en dus volkome in staat is om die persoon se moedertaal te verstaan, en dit dus vir hom of haar nie nodig was om in ander vreemde tale (“foreign languages”) te bid nie. Die term “onvrugbare verstand” beteken in hierdie sin ’n verstand wat nie in staat  is om die vreemde woorde van ‘n vreemde taal te verstaan nie. God self verstaan dit maar nie die persoon wat in tale praat of bid, of die gemeentelede nie. Dit is dus nutteloos om in die gemeente in tale te bid. Wat van as ek in my binnekamer in ‘n vreemde taal (“foreign language”)  bid? Die vraag is: waarom moet ek in ’n vreemde taal bid? Verstaan God nie gewone Afrikaans nie?

Is die Spreke in Tale ’n bewys van die Vervulling met die Heilige Gees?

Ons kom nou by ’n mensgemaakte lering wat so te sê in alle Charismatiese kerke, New Apostolic Reformation (NAR) en Word of Faith (WOF) kerke verkondig word en dit is dat die spreke in tale DIÉ bewys is dat jy met die Heilige Gees vervul is. Dit gaan gewoonlik gepaard met die val-in-die-gees fenomeen (“slain-in-the-spirit”) wat ’n uiters gevaarlike verskynsel is. Om te illustreer hoedanig die spreke in tale die geestelike wêreld deurpriem het, haal ek aan uit ’n vorige artikel wat ek geskryf het waarin Isak Burger die volgende op KRUISKYK  in ‘n onderhoud met Jan de Wet gesê het.

[Quote]Another very important thing is the emergence of the Pentecostal-Charismatic movement. There is today, according to Peter Barrett, one of the most important statisticians, 630 million people in the world who can testify that they are filled with the Holy Spirit and also speak in tongues, of which 120 million – and this I heard from the head of an Order in the Roman Catholic Church – affirm that they are filled with the Spirit. So, this is the two main accents, the fruitful soil for the Gospel in the Third World and the emergence of, let us say, the Spirit-driven or Spirit-led churches. Of course, today it is no longer limited to the traditional Pentecostal Church. To me, it is so wonderful to see, when I travel throughout South Africa, and you (Jan de Wet) have experienced it many times. You know, in one of our traditional churches where I preached, some of the elders who sat in the back of the consistory who prayed for me, I heard some of them pray in tongues. Now, where would you have come across something like this in the earlier days in a Calvinistic church? So, the Holy Spirit is busy filling the earth in a most wonderful way[End Quote].

What Isak Burger said in effect, is that unity among all brands of Christianity and other religions, including Roman Catholics, Calvinists, Pentecostals, Mormons  Hindus  Muslims  Wiccans  Lutherans and just about every Tom, Dick and Harry  can be achieved through the gift of tongues. He did not say so in so many words, but he surely suggested it. It doesn’t matter whether you believe in the heresies taught in the RCC or the Calvinist churches; the most important thing to know is whether you are filled with the Holy Spirit of which the speaking in tongues is the evidence. By the way, sangomas (witch doctors in South Africa and elsewhere in Africa) also speak in tongues.

Die vraag is: Sal die Heilige Gees iemand vul wat tot Moeder Maria bid en glo dat sy saam met Christus vir ons sondes gely het, ook glo in die vagevuur, glo dat die water-doop sondaars red, glo dat die pous die “Vicar” van Christus op aarde is (Roomse Katolisisme). Sal die Heilige Gees iemand vul wat glo dat God nie alle mense liefhet nie en net vir die sg. uitverkorenes gesterf het (Calvinisme). Isak dink blykbaar dat die Heilige Gees besig is  om die hele aarde (insluitende alle godsdienste waarin tale gepraat word) te vul ten spyte van wat mense glo. Paulus skryf in Galasiërs:

Maar al sou ons of ‘n engel uit die hemel julle ‘n evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom ‘n vervloeking wees! [Die woord wat Paulus hier gebruik is “anathema” en beteken “Om hopeloos verlore te wees m.a.w. iemand of iets wat gedoem is tot die ewige verderf]. Soos ons vantevore gesê het, sê ek nou ook weer: As iemand julle ‘n evangelie verkondig in stryd met die wat julle ontvang het, laat hom ‘n vervloeking wees! Soek ek dan nou die guns van mense, of van God? Of probeer ek om mense te behaag? As ek nog mense behaag, dan sou ek nie ‘n dienskneg van Christus wees nie. (Galasiërs 1:8-10).

Johannes skryf:

Elkeen wat ‘n oortreder is en nie bly in die leer van Christus nie, hy het God nie. Wie in die leer van Christus bly, hy het die Vader sowel as die Seun. As iemand na julle kom en hierdie leer nie bring nie, ontvang hom nie in die huis nie en groet hom nie. Want die een wat hom groet, het gemeenskap aan sy bose werke.(2 Johannes 1:9-11).

Sal die Heilige Gees iemand wat ‘n ander evangelie glo en verkondig met Homself vul? Beide Calvinisme en Rooms Katolisisme is ander evangelies.

Maar ek vrees dat, net soos die slang Eva deur sy listigheid bedrieg het, julle sinne so miskien bedorwe kan raak, vervreemd van die opregtheid teenoor Christus. Want as iemand kom en ‘n ander Jesus verkondig as wat ons verkondig het, of as julle ‘n ander gees ontvang as wat julle ontvang het, of ‘n ander evangelie as wat julle aangeneem het, laat julle jul dit goed geval. (2 Korintiërs 11:3-4).

Dave Hunt skryf in sy boek “A Woman Rides the Beast” as volg:

The Latin equivalent of the Greek “anti” is “vicarius,” from which comes “vicar.” Thus “vicar of Christ” literally means Antichrist. Although the Roman Catholic popes have called themselves vicar of Christ for centuries, they were not the first to do so, but inherited that title from Constantine. His future counterpart, the coming world ruler over the revived Roman Empire, will be the Antichrist.

2 Timoteus 2:14-26

Ek neem aan dat jy 2 Timoteus 2:14-26 noem om ons oor ons artikels te vermaan en so ’n bietjie oor die vingers te tik. Paulus en Johannes se taalgebruik in Galasiërs 1:8-9 en 2 Johannes vers 9 klink baie kras en selfs liefdeloos, nie waar nie? Maar, ek kan jou verseker dat hulle “die weerspanniges in sagmoedigheid tereg[ge]wys [het], of God hulle nie miskien bekering sal gee tot die kennis van die waarheid nie.” Daar is ander teksgedeeltes wat nog meer kras en liefdeloos lyk en klink maar dit is ook met sagmoedigheid gesê en geskryf is. Hier’s ‘n paar.

• Judas 1:1-16. Let op na die laaste verse: “ . . . en hulle mond spreek trotse woorde, terwyl hulle mense vlei ter wille van voordeel” (geldelike gewin, aansien en selfs mense verering).

• Filippense 3:1-2. Die “honde” in hierdie gedeelte is valse leraars wat leuens verkondig. Nie mooi nie, nè? Tog verwys Paulus na hulle as “honde” omdat hulle niks anders soos honde in hulle preke blaf nie sonder om iets konstruktief of opbouend te sê.

Paulus waarsku ons in vers 15, “Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as ‘n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny.(2 Timoteus 2:15). God skaam Hom vir mense wat sy Woord verdraai en ander mense mislei en verlei. Hoor wat sê Petrus:

En ag die lankmoedigheid van onse Here as saligheid, soos ons geliefde broeder Paulus ook met die wysheid wat aan hom gegee is, aan julle geskryf het, net soos in al die briewe. Hy spreek daarin oor hierdie dinge, waarvan sommige swaar is om te verstaan, wat die ongeleerde en onvaste mense verdraai, net soos die ander Skrifte, tot hul eie verderf. (2 Petrus 3:15-16).

Die naam “Jannes”

Die naan Jannes in 2 Timoteus 3:8 het geen betrekking op Jannes Labuschagne van “The Base Church” nie ten spyte daarvan dat albei God se waarheid teestaan. Iemand wat vernoem is na ’n slegte persoon in die Bybel, is beslis nie vervloek nie. Judas het die Here Jesus verraai. Slegter as dit is daar sekerlik nie. Een van Jesus se eie broers het die naam van Judas gehad. Hy het die sendbrief met sy naam “Judas” waarna ek hierbo verwys, geskryf. Daar bestaan nie so-iets soos “generational curses” (voorgeslagtelike vloeke) nie

Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons ‘n vloek te word—want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan ‘n hout hang— sodat die seën van Abraham na die heidene kan kom in Christus Jesus, en dat ons die belofte van die Gees deur die geloof kan ontvang. (Galasiërs 3:13-14).

Daar staan ook geskrywe:

Die siel wat sondig, dié moet sterwe; die seun sal nie die ongeregtigheid van die vader help dra nie, en die vader sal nie die ongeregtigheid van die seun help dra nie; die geregtigheid van die regverdige sal op hom wees, en die goddeloosheid van die goddelose sal op hom wees. (Esegiël 18:20).

Netso min soos wat die geregtigheid van een persoon na ’n ander oorgedra kan word, netso min kan die ongeregtigheid van ’n persoon na iemand anders oorgedra word, insluitende vloeke van watter aard ook al. Dis wat Esegiël 18:20 so duidelik vir ons sê.

By: Hantie Venter
Ek is al ‘n paar dae besig om julle artikels te lees en weet dat ons nie alles net vir soetkoek moet opeet nie.   My dogter het ‘n gesegde dat as jy iets in jou mond sit en jy hou nie van die smaak nie, dan spoeg jy dit uit, daarom vra ons vir onderskeiding van gees sodat ons misleiding sal herken indien ons betrokke raak of luister na iemand wat die Woord bedien of oordra.

Ek het egter ‘n probleem met die bewering dat as iemand in tale praat, dit demonies is?  1 Korinthiërs 12 gaan oor die gawes van die Heilige Gees en om te beweer dat dit nie deur die werking van die Heilige Gees moontlik is nie is moet julle die stelling aan my verduidelik omdat dit duidelik in die Woord staan, ook dat Sy kinders een liggaam is, nie noodwendig soos ‘n samesmelting van kerke om die verkeerde redes nie, maar dit maak nie saak waar ons Hom dien nie, ons bly een liggaam al is ons oral oor die wereld versprei.

Nadat ek heelwat van die inligting oor Jannes Labuschagne gelees het wil ek die volgende vir julle deurgee, as ek lees (ook julle artikels) dan bid ek daaroor want die Woord sê ook duidelik dat ons nie op mense kan vertrou nie, daar is soveel wat hulle eie opinies en interpretasies het en het oopgemaak by 2 Timotheus 2:14-26 en 2 Timotheus 3 en wat sien ek in hoofstuk 3:8? Die naam Jannes – dink julle nie die naam dui aan wat hier gebeur nie?  Dat God my spesifiek hier laat oopmaak met die naam Jannes so duidelik uitgespel, ek persoonlik dink die naam speel ‘n groot rol, en miskien is dit ‘n vloek wat met die naam oorgedra word, of is dit ook iets wat julle nie mee saamstem nie?

Ek wil egter 2 Timotheus 2:14-26 as Skrif gee en vra dat julle dit lees as die boodskap wat ons Vader vir my oor julle artikels gee.

Ek sal ook waardeer as julle antwoord via email aan my gestuur kan word.

Groete

Hantie Venter

By: Mary
Dominionism is false and being used as a counterfeit by the devil just as you said, to set up his kingdom as per Rev. 13.

Now when it comes to God’s Kingdom, He will set it up at the return of Jesus.

There is no other way to restore paradise, remove sin, lift the curse, do away with death and sickness and poverty and war other then Jesus doing it Himself.

He bought and paid for it and it is His to redeem in His timing.  He wore the crown of thorns and then He will wear the crown of glory to reign.

He is the rightful King!

The apostasy out there is astounding and growing exponentially.

Now there is also the distinction of two kingdoms of God.

The one I mentioned above and the one we enter when we get saved.

Jesus said ‘the kingdom of heaven will be among you.’  Of course this was

not dominionism.  This was just the church.  When you get saved you are

a new creation and enter the kingdom of heaven since the Holy Spirit comes

to live in you.  Those who are born of the Spirit have this in common and

live according to God’s ways and thus ‘the kingdom is among us.’  Not to

be confused with dominionism.  Sin is still here, as is sickness, death,

the curse, and many sinners, etc.   Dominionism is false.  No human or

group of humans, saved or not, could ever bring heaven to earth.  The

kingdom of God is ushered in by… God!  The kingdom of heaven is

brought at the return of Christ.

Thanks for the great post!

:like:

By: Angela
Am not sure how long it took you to write and research this but its very well written, is very much a full time job to spot what NAR are teaching next, may God continue to use you to sound the alarm….

:like:  :nod: