Stephan Joubert se Twee-Gat Jakkals Manewales

twee-gat jakkals

Twee-Gat Jakkals

Wanneer Stephan Joubert soos ‘n wafferse Pous Ex Cathreda spreek, moet almal doen wat hy sê. As hy sê jy moet opstaan vir die waarheid en God se wil, dan moet jy dit onvoorwaardelik doen, en wanneer hy vir jou sê jy moenie opstaan vir God se waarheid en sy wil nie, dan moet jy dit ook onvoorwaardelik nie doen nie.

In een van sy jongste videos (15 Augustus 2017, “God se wil Sessie 4: ‘Vat teenstand’”) gee Stephan Joubert vir ons ’n “smullekker” resep van hoe om ’n twee-gat jakkals met jakkals pantoffels te wees.

Hy sê:

“Ek sê altyd ek hoef nie moeilikheid te soek nie. Moeilikheid het my naam en adres. Maar, ek gaan teenstand kry as ek opstaan vir God se wil. En dit is so eenvoudig soos wanneer ek sien mense by my werk word benadeel; wanneer daar op arm mense getrap word; wanneer die stemloses nie meer ’n stem het nie, en ek staan nie op nie, dan is ek nie regtig binne God se wil nie.

Wanneer ek maar ter wille van ordentlik stilbly en die sondes gaan net aan, is ek buite God se wil. Ek sit nou die dag in ’n geselskap tussen onbekende mense en die een vrou vertel met smaak van ’n partytjie waar sy en van haar vriendinne was wat so ’n bietjie hande uitgeruk het, so ’n soort van ’n voorhuwelikse partytjie net voor ’n dame getrou het  . . . en toe was daar drank en “strippers” en jy weet nie wat alles nie.

Sy was so geskok en sy vertel net hoe sleg dit was, en naderhand vra ek ewe onskuldig, ‘En wat het jy toe daaraan gedoen?’ en sy kyk my so aan en sê, ‘Niks nie. Ek wou niemand ontstel nie.’ Ek sê, ‘Maar nou ontstel jy my want nou kom sit jy hier en jy kla en jy murmureer maar toe jy daar moes opstaan vir die Here, toe was jy so stil soos ’n muis met pantoffels.’ Nodeloos om te sê, ek was ewe skielik die boef van die vertrek. Toe besef ek die Evangelie het ’n natuurlike aanstoot. Dit vra van my om my punt te maak wanneer dit nodig is”

Dis jammerlik pateties dat Stephan Joubert nou eers besef dat die Evangelie van Jesus ’n natuurlike aanstoot het want jare gelede was hy terdeë onbewus van hierdie natuurlike aanstoot toe hy een keer die volgende nonsens kwytgeraak het. In die onderhoud met die tydskrif “JUIG” het hy gesê die Bybel is die Brood van die Lewe waarop hy sy geloof bou. En tog, is dit opvallend dat hy by verskeie geleenthede op EKerk se webblad en tydens konferensies by die Mosaïek Kerk van Johan Geyser die waarheid in die Woord van God gering ag het. En tog, gun hy ander nie wat hy vir homself deur die Brood van die Lewe toeëien nie. In een van sy bydraes het hy gesê:

Ons moet vir die waarheid opstaan.” Mense hou daarvan om dit te sê. Nogtans is die “opstaan” vir sommiges gelyk aan geestelike protes. Dit is om sonde en ongeregtigheid genadeloos [en taktloos] te takel [soos wat Stepahn so genadeloos en taktloos vir die dame oor die voorhuwelikse partytjie oor die kole gehaal het]. Help dit? Nee! Ek kan ‘n hele klomp studies aanhaal wat toon dat die “vir die waarheid opstaan” pogings van die godsdienstige mense geen helende effek op die samelewing het nie. Dit beklemtoon net die grense tussen “ons” en “hulle.” Dit maak dat die godsdienstige mense net meer as ooit tevore veroordelend oorkom. Maar dit omvat nie Jesus se woorde dat ons ons ligte so moet laat skyn sodat hulle ons GOEIE WERKE kan sien en ons hemelse Vader verheerlik nie (Mattheus 5:16) (Uit die Engels vertaal” (Klem bygevoeg).

Kyk nou net hoe spring Stephan Joubert vanaf die gat met die wyse studies wat hy kan aanhaal na ‘n ander gat wat dieselfde studies ewe skielik weerspreek. Hoe rym Stephan Joubert se wetenskaplike klomp studies wat toon dat die godsdienstige mense se pogings om vir die waarheid op te staan geen helende effek op die samelewing het nie met Jesus se woorde in Johannes 8:32 en sy broer Judas se woorde in Judas 1:3

En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.

Geliefdes, terwyl ek alle ywer aanwend om aan julle oor ons gemeenskaplike saligheid te skrywe, het ek die noodsaaklikheid gevoel om julle deur my skrywe te vermaan om kragtig te stry vir die geloof wat eenmaal aan die heiliges oorgelewer is.

Jesus sê, “sy waarheid maak vry.” Stephan Joubert sê, “Nee, nee, Jesus en Judas is totaal verkeerd. Om op te staan vir die waarheid het geen helende effek op die samelewing nie, en ek het ‘n klomp wetenskaplike studies om dit te staaf.” Om die waarheid te sê, Stephan Joubert  is alewig besig om sg. wetenskaplike studies wat voortdurend die lig sien as die Alfa en Omega van die waarheid aan mense voor te hou. Hy sal eerder die studies aanhaal om sy aweregse opinies te boekstaaf as die Woord van God. Hier’s ’n klassieke voorbeeld van hoe Joubert die “waarheid” verdraai.

Stephan Joubert verwys met groot lof en waardering na die navorsing wat tans onder die vaandel van Boeddhisme en die Dalai Lama gedoen word in ‘n preek wat hy op 1 Maart 2009 aan die NG Gemeente Kempton Kruin gelewer het.

Ons moet nuwe maniere vind. Ons moet nuwe gestaltes vindOns moet nuwe gesprekvennote vindOns moet luister na die grootste groeiende spiritualiteit in die wêreld – wat tans nie die Christendom is nie. Dan moet ons gaan vra hoekom nie? Hoekom groei die Boeddhiste die vinnigste? Wat het hulle wat ons nie het nie? Hoekom kry die Amerikaanse Neurologiese Vereniging, as 40 000 van die wêreld se neuroloê saamtrek, die Dalai Lama om hulle te kom toespreek? Hoekom kry hulle die Dalai Lama, die hoof van die Boeddhiste?

So in die verbygaan gesê, die Dalai Lama, Tenzin Gyatso, glo dat hy God is en Pous Francis van die Roomse Kerk het hom die reg gegee om dit te kan sê. (Lees hier)

Stephan Joubert sou beslis nie so ’n eienaardige vraag vra nie, soos, “Hoekom groei die Boeddhiste die vinnigste?” en nie die Christendom nie, as hy ’n slag die waarheid soos dit in God se Woord verklaar word, gelees en geglo het en soos n man daarop gestaan het. Het hy dan nog nooit Jesus se woorde in Matteus 7 onder die oë gehad nie,

Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan. Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind. (Matteus 7:13-14).

Ek hoop van harte hierdie vers oortuig Stephan Joubert dat die poort breed en die pad wyd is in die Boeddhisme en daarom dus so gewild is by wêreldlinge wat eerder die Dalai Lama as vir Jesus aanhang en navolg. In hierdie paar wyse woorde verklaar Jesus onomwonde dat Boeddhisme NIE die nou poort en die smal pad vind nie en gevolglik so geweldig suksesvol is om hulle getalle te laat gedy. “Nee,” sê ons deurlugtige twee-gat jakkals, “God se algemene openbaring is ’n bietjie wyer.”

Miskien is dit een van Stephan Joubert se wit leuentjies om dit al hoe moeiliker vir mense te maak om die nou poort en die smal weg te vind. Ja, hy sê mense moet deur Jesus gered word maar dan speel hy ook sy twee-gat jakkals kaart deur mense na ‘n ander afgodiese godsdiens te verwys wat vinniger groei as die Christendom, so asof dit iets veel belangriker tot die Evangelie van Jesus Christus kan toevoeg.

Die Evangelie van Jesus Christus is mos lendelam, volgens Stephan Joubert en sy Mugg en Bean buddy Rudolf Botha, en moet dus gestut en gesteun word deur waarhede wat kwansuis in ander godsdienste voorkom. Daarmee slaan hy Jesus se woorde in Johannes 17 totaal in die wind, “Heilig hulle in u waarheid; u woord is die waarheid.” (Johannes 17:17). “Nee, nee, sorry Jesus, jy’s totaal verkeerd,” sê Stephan Joubert.  “U vader se woord PLUS al die waarhede in ander godsdienste is die waarheid.”

In ’n preek wat hy op 1 Maart 2009 gelewer het, het Hy die “nou pad” soos volg wyer gemaak.

Hy (Rob Bell) sê jy moet die kultuur “engage.” Jy moet gaan luister na die Boeddhiste. Jy moet gaan hoor wat sê daai ouens. Dan skrik Christene hulle dood, want hulle hoor nie wat Rob Bell mooi sê nie. Hy sê nie word soos hulle nie, hy sê maar gaan lees hulle goeters, gaan hoor hoekom hulle so belangrik is. Hulle het ook dalk waarheid. Waarheid is nie net in die Christendom nieWaarheid vind jy by Judaïsme. Jy kan waarheid vind by Ateïsme. Jy kan waarheid vind by wie ook al. God se algemene openbaring is ‘n bietjie wyer, maar jy sê Jesus is die Here. Dis waarnatoe jy op pad is met hulle met so ’n beweging (die Ontluikende Kerk of die “Emergent Church” soos dit op Engels bekend staan).

Rudolf Botha
Hallo, my naam is RUDOLF BOTHA. Ek “smile” gewoonlik so mooi wanneer ek soos Stephan Joubert ‘n klomp leuens aan mense opdis sodat hulle nie die nou poort en smal weg kan vind nie.

As Jesus God se wil is, soos Stephan Joubert en Rudolf Botha in hulle reeks videos oor die wil van God sê, dan is HY tog sekerlik ook God se enigste waarheid (Johannes 14:6), en as sodanig kan HY beslis net in die Christendom gevind word en NIE in enige ander afgodiese godsdiens soos die Boeddhisme nie. Of, is dit miskien nog een van hulle wit leuentjies om ‘n rat voor mense se oë te draai sodat hule nie die nou poort en die smal pad kan vind nie?

Stephan, luister mooi wat oom Tom vir jou sê en moet my tog asseblief nie daarvan beskuldig dat my tande soos swaarde en my kake soos messe is nie (Ekerk, 25 Mei 1015) wanneer ek jou vermaan dat jou uitspraak “God se algemene openbaring is ‘n bietjie wyer, maar jy sê Jesus is die Here” God-onterend is. Om te sê “Jesus is die Here” beteken net mooi niks nie, en hier’s die bewys –

Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer [dat ons moet opstaan vir die armes en die stemloses] en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk! (Matteus 7:21-23).

Stephan en Rudolf, let asseblief op, die vers sê nie mense gaan die koninkryk van die hemele in omdat Jesus God se wil is nie nie. Dit sê jy moet die wil van die Vader doen en, hierdie doen behels nie net om op te staan vir die armes, die onderdruktes, die stemloses en die “what-nots” nie. Dit vereis ‘n innerlike trasformasie wat alleenlik Jesus Christus en sy wederbaring kan bewerkstellig en nie soos Stephan Joubert op ‘n kol gesê het nie,

We are full-time stewards of God’s gifts which we have freely received. Freely give it away then! No, don’t just give your stuff away, give yourself to others. Build relationships with those you serve. Become their friends. Remember, every person that you serve turns into an immediate friend of Jesus. Go one step further, see him or her as Jesus in disguise.

Is die vertel van leuens die wil van God? Selfs nie eens Stephan Joubert en Rudolf Botha sal so ‘n God-onterende ding goedkeur nie. En tog, is hulle besig om leuens te verkondig. Wys vir my ‘n enkele plek in die Bybel waar die Heilige Gees leer dat elke persoon wat jy bedien onmiddellik ‘n vriend van Jesus word. Vriendkap dui op ‘n verhouding, soos Joubert sê. Daarmee sê hy eintlik dat elkeen aan wie jy ‘n diens bewys onmiddellik in die regte verhouding met Jesus kom (d.w.s. gered word). Waar kry Srtephan Joubert  hierdie snert? Wel, as ons in ag neem dat hy ‘n groot aanhanger is van Moeder Teresa, hoef ons nie verder te soek nie. Sy het gesê,

We try to pray through our work by doing it with Jesus, for Jesus, to Jesus. That helps us put our whole heart and soul into doing it. The dying, the crippled, the mentally ill, the unwanted, the unloved — they are Jesus in disguise.

So tussen hakies, Moeder Teresa het ten spyte van al die wonderlike werk wat sy onder die armes, verdruktes, stemploses ens. gedoen het, en almal se vriend geword het (selfs ook ‘n vriend van die grootste skarmunkels wat die aarde nog opgelewer het), nooit enige sekerheid van haar redding gehad nie – en dit is die persoon wie Stephan Joubert so graag navolg en aanhaal met sy “Jesus in disguise” spreuk.

Lees ook HIER.

Aitsa, kyk net hoe hardloop so ’n twee-gat jakkals vanaf die een gat na die ander sonder om ’n oog te knip, en dit nogal met muis-pantoffels aan, of is dit miskien jakkals pantoffels?

Stephan Joubert vertel in ‘n video, wat intussen van die Internet verwyders is, hoedat ’n selfoon uit ’n klas in ’n skool voete gekry het. Almal het onmiddellik die skoonmaker verdink omdat hy ’n loper het na toegesluite kamers in die skool. Hy het na een van die onderwyseresse gegaan en vir haar gesê, “Mevrou, ek kan nie praat nie. Ek kan nie eers Afrikaans behoorlik praat nie, maar jy weet, jy loop saam met die Here, ek het nie daai selfoon gevat nie.

“En toe sy dit vir my vertel, sê ek vir haar, ‘Die Here roep jou om vandag ’n stem vir die stemloses te wees. Jy gaan moet opstaan. Daai man kan nie praat nie, Hy gaan sy werk verloor. Almal het iets te sê, maar jy sal moet opstaan. Die vraag is nie of jy bang is nie. Die vraag is, wat is God se wil?”

Veronderstel die skoonmaker was ook ‘n Christen, sou dit dan nie eerder beter wees om hom aan God se wil in Matteus 5 te herinner nie?

Salig is julle wanneer die mense julle beledig en vervolg en valslik allerhande kwaad teen julle spreek om My ontwil. Verbly en verheug julle omdat julle loon groot is in die hemele; want so het hulle die profete vervolg wat voor julle gewees het. (Matteus 5:11-12).

Om op te staan vir die armes en die stemloses is goed en edel en dit moet gedoen word wanneer sulke geleenthede hulle voordoen. Die vraag is net of Stephan Joubert met dieselfde ywer en vurigheid opstaan vir God se waarheid en sy wil wanneer dit soos met die armes en die stemloses deur mense vertrap word? Ek kan met sekerheid uit persoonlike ervaring sê dat hy dit nie doen nie en eerder stilbly wanneer hy vir die waarheid moet opstaan.

Tydens ‘n wegbreek-sessie van ‘n kontemplatiewe konferensie wat op 14 en 15 September 2010 by die Mosaiek Kerk in Fairland, Johannesburg gehou is, het Stephan Joubert hom openlik aan die kant geskaar van Theo Geyser wat ewe selfvoldaan gesê het dat mistisisme veel ouer is as die Christendom.

Om sy standpunt te rugsteun het Theo Geyser Karl Rahner aangehaal wat gesê het: “The Christian of the future will be a mystic or he will not exist at all,” wat natuurlik Jesus se belofte in Matteus 16:18 dat HY die enigste Persoon is wat sy kerk bou en ook in stand hou, en nie sommer enige Jan Rap en sy Maat wat mistieke toertjies uithaal nie, onder die voete vertrap.

Die mistiek-georiënteerde Christen, Stephan Joubert, wat in stille kontemplatiewe ritmes met Theo Geyser saamgestem het, het ook in diep misterieuse stilte my vrae rondom die begrip dat God misterieus onverklaarbaar is, geantwoord. Gedurende die vrae en antwoord sessie het ek Stephan Joubert die volgende vrae gevra en hoegenaamd geen reaksie by hom gekry nie. Hy het my soos ‘n vloeksteen geïgnoreer. Blykbaar wou hy toe al nie die oog om ‘n oog spel speel nie.

“U sê ons kan God nie verklaar nie. Mag ek u vra: Is God heilig? (in ooreenstemming met die kontemplatiewe kuns van “stilte” het Stephan Joubert mooitjies stil gebly); Is God genadig? (algehele stilte); Is God ‘n God van geregtigheid? (algehele stilte); Is God regverdig? (weer eens, algehele stilte); Is God barmhartig? Is God liefde? (Stephan Joubert se stilte het ‘n crescendo bereik).

Ek het ‘n paar oomblikke gewag en toe maar besluit om self my vrae te beantwoord. As u antwoord “ja” is op elkeen van my vrae dan was u in staat om God te verklaar. Die dinge wat ek genoem het, is almal kerneienskappe van Hom wat Hy deur die eeue heen in die mens se geskiedenis aan ons geopenbaar het. Om die waarheid te sê, hierdie paar kerneienskappe bevat die ontsagwekkende elemente van die evangelie van Jesus Christus. Sy ontsagwekkende heiligheid bied aan jou die geleentheid om vir mense te vertel dat sondaars hoegenaamd nie in sy teenwoordigheid mag kom nie (allermins deur kontemplatiewe gebed en stilte) juis as gevolg van God se ontsagwekkende heiligheid en dat hulle nodig het om hulle te bekeer.”

Soos u kan sien is al die ontluikende leiers en hulle lakeie van dieselfde gees deurdronge en dit is beslis nie die Heilige Gees nie. Sogenaamde leiers wat verleiers geword het (Jesaja 3:12) is van ‘n ander gees deurdronge en ploeter nog steeds voort om, ten spyte van ernstige waarskuwings, vermetele woorde teen God te spreek en nog boonop ander mense te verhoed om die nou poort en die smal weg te vind..

Want uit jou woorde sal jy geregverdig word, en uit jou woorde sal jy veroordeel word. (Mattheus 12:37).

En daarmee bewys Strephan Joubert onomwonde dat dit maar alright is om soos ’n twee-gat jakkals ietsie te sê en dan jare later iets anders te sê wat totaal teenstrydig is met dit wat hy soveel jare gelede gesê het, en dit dan as God se wil te bestempel. Soos Jesus, sê ek vir Stephan Joubert, “Gaan weg agter my Satan.”


ADDENDUM

Intussen word Stephan Joubert se boek “Jesus – ‘n Radikale Sprong” waarin hy kontemplatiewe meditasie bevorder nog steeds aan mense verkwansel. Op bladsye 199 – 200 skryf hy as volg:

Lives filled with reflection and silent contemplation. Innovative faith communities are increasingly returning to the original roots of Christendom. Peoples’ deep need for a life changing spirituality in our hectic world is inspiring the rediscovery of precious disciplines from the early church in many places.  Reflective, apophatic prayer, as well as the spiritual reading of the Word (Lectio Divina) is once again the order of the day. The revival of retraites, pilgrimages and visits to places of prayer and solitude is indicative of this worldwide quest in Christian circles for an innermost becoming part of the character of the Living God. The new journeys of many Christians are those big inner directed journeys. Now it concerns the journey of the soul on its way to bigger peace and rest at the feet of God. [Thomas says: But the wicked are like the troubled sea, when it cannot rest, whose waters cast up mire and dirt. There is no peace, saith my God, to the wicked.  – Isa 57:20-21). These quests are not only undertaken during the dark moments of the soul. No, it is also undertaken as part of peoples’ normal spiritual discipline(-s) of dedication to God. It means that the present interest in retraites is complemented with the daily practice of these principles. Many faith communities arrange special occasions such as silent services, daily communion and smaller gatherings in order to experience God’s presence, holiness and magnitude through spiritual disciplines of silence and solitude. Christian meditation and refelction on the Word in this context serve as travel guides. Lectio Divina with its beautiful facets of oratio, contemplatio, lectio and meditation aim to make the Word of God part of the believers metabolism so that it may be entrenched in their hearts and lives. Today’s new saints are those who in solitude find peace and quiet with God and manifest it in genuine ways. They are the silent voices of hope. Their own mysterious discoveries of God’s goodness is magnetic. They are the new signposts who help people to find meaning in their lives. They are endearing fellow travellers to God’s heart that leads people into new relationships with God. People like Willem Nicol, Trevor Hudson and Johan Geyser are telling examples of this spirituality.

https://www.discerningtheworld.com/2015/08/03/guiltassociation/
Please share:

Tom Lessing (Discerning the World)

Tom Lessing is the author of the above article. Discerning the World is an internet Christian Ministry based in Johannesburg South Africa. Tom Lessing and Deborah Ellish both own Discerning the World. For more information see the About this Website page below the comments section.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *