Frik Weideman – COVAX / 666 Refute

Frik Weideman - Merk van die Bees - Covax - Covid-19

Paul was prepared to be cast into hell for his Jewish brothers after the flesh if that would have been possible to save them. He writes:

  • “I speak the truth in Christ, I lie not my conscience testifies with me in the Holy Spirit that it is a great grief for me and an unceasing sorrow for my heart. For I myself would wish to be a cursed from Christ for the sake of my brethren, my tribal fellows after the flesh.” (Rom 9:1-3)

There are many people these days who will miss eternal glory in heaven because they listen to false teachers and their false teachings, like F. Weideman from Menorah Tabernacle for instance. How many of us are, like Paul, willing to be cast away from Christ into eternal hell, if only it would help save them?

These days, if someone takes the Name Jesus or Christ or Jesus Christ or Yeshua HaMashiach on their lips, everyone assumes that they are Christians, and forgets that there are many other Jesuses and Christs. Who are you following? Who do you believe in? Make sure before it’s late because the false teachers are busy taking exponentially.

Frik Weideman’s original Whatsapp voicenote:

Tom Lessing’s Whatsapp Voicenote refute:

COVID-19 ENTSTOF – MERK VAN DIE BEES – FRIK WEIDEMAN WEERLÊ

Paulus was bereid om in die hel gewerp te word vir sy Joodse broers na die vlees (die Jode) indien dit moontlik sou wees om hulle te red. Hy skryf:

  • Ek spreek die waarheid in Christus, ek lieg nie my gewete getuig saam met my in die Heilige Gees dat dit vir my ‘n groot droefheid is en ‘n onophoudelike smart vir my hart. Want ek sou self kon wens om ter wille van my broers, my stamgenote na die vlees, ‘n vervloeking te wees, wég van Christus af. (Rom 9:1-3)

Daar is deesdae baie mense wat weens misleiding die ewige heerlikheid in die hemel mis gaan loop omdat hulle luister na valse leermeesters en hulle valse leringe. Hoeveel van ons is, soos Paulus, bereid om weg van die aangesig van Christus in die ewige hel gewerp te word, as dit maar net sou help om hulle te red?

Deesdae, as iemand die Naam Jesus of Christus of Jesus Christus of Yeshua HaMashiach op hulle lippe neem, neem almal gedwee aan dat hulle Christene is, en vergeet dat daar baie ander Jesussse en Christusse is. Wie volg jy? In wie glo jy? Maak seker voordat dit the laat is want die valse leermeesters is besig om eksponensieel toe te neem.

Frik Weideman’s original Whatsapp voicenote:

Tom Lessing’s Whatsapp Voicenote refute:

If you would like to download Tom Lessing’s audio to send to friends on your WhatsApp please by all means do do. Thank you.

And if you have any questions please do not hesitate to comment below – Tom Lessing is more than willing to answer your questions.

Please also read this article as well on: COVID-19 Vaccine & Mark of the Beast?

Please share:

Tom Lessing (Discerning the World)

Tom Lessing is the author of the above article. Discerning the World is an internet Christian Ministry based in Johannesburg South Africa. Tom Lessing and Deborah Ellish both own Discerning the World. For more information see the About this Website page below the comments section.

16 Responses

  1. Marthina says:

    @tomlessing. Baie dankie vir die artikel! Veral in Audio formaat!! Ek sal dit bitter baie waardeer as julle nog informasie op die manier kan deurgee👏🏻👏🏻👏🏻

  2. Dankie Marthina vir jou vriendelike respons. Ja, klankopnames en videos vind nogal groter aanklank by mense as gewone geskrewe artikels. Ek beoog om meer van die soort opnames te maak, as die Here wil. Ek is tans besig met een waarin ek Stephan Joubert so bietjie aanvat oor sy siening rondom die merk van die dier in Openbaring 13. Dit behoort so teen volgende week gereed te wees.

  3. KvdR says:

    Beste Tom, ek stem saam met Marthina. Ek wou dit ook vra maar het gedink dat ek dan moontlik te voorbarig sal wees. Vir my wat oorsee woon en self huis skoonmaak is video’s en klank opnames fantasties. Ek kan dit luister terwyl ek werk of selfs as ek op baie koue dae bus ry. Ek dink ook baie meer mense sal dit dan “hoor” want baie mense is of lui om te lees of te besig. So as dit vir jou moontlik is, sal dit fantasties wees! My man sal dan minder kla dat ek té veel lees. 😉

  4. Dankie KvdR. Jy is nie voorbarig nie. Allermins. Debbie en ek het juis vanoggend daaroor gepraat en sy stel voor dat ons beide die artikel en ‘n oudio weergawe daarvan plaas. Jy kan dit dan met hartelus aflaai en rustig op jou eie tyd daarna luister. Ek sukkel net soms met my klankopname apparaat. Dis maar primitief.

  5. Austin Higgs says:

    https://www.discerningtheworld.com/2020/12/15/frik-weideman-covax-666-refute/
    Tom wat dink jy van sy nuwe aannames.
    Ek was eens op ‘n tyd mede pastoor in sy gemeente tot hy Hebrew Roots gedraai het.
    Groete Austin Higgs
    0836253193

  6. Hi Austin. Baie dankie vir jou kommentaar. Ek het nie kon droom dat iemand wat baie nou saam met Frik gewerk het sou respond nie. Kan jy asseblief in meer detail vir my sê wat Frik se nuwe aannames is? Ek is so bietjie in die duister. Kan jy ook vir my sê wanneer en hoe Frik oorgeslaan het na Hebrew Roots en hoedat hy sy gemeente daarvan in kennis gestel het? Met waardering. Tom

  7. Amelia Weideman says:

    Tom Lessing, jy het nie nodig om deur Austin Higgs te werk om meer van Frik of Menorah uit te vind nie. Wees ‘n man en skakel hom direk.

    Sy nommer: 0834595158.

  8. Hi Amelia, Miskien moet jou man sy telefoon antwoord wanneer ek hom bel. Dit is onmoontlik om met iemand te praat wanneer hulle nie hul telefoon antwoord nie. Ek het nog nooit deur Austin Higgs gewerk nie. Ek het nog altyd kommentaar op julle YouTube videos en julle Facebook gelewer. Aanvanklik het julle my toegelaat om kommentaar te lewer maar nou sien ek julle het my op albei kanale geblok. Is dit wat jy manlikheid noem? Frik het vir my ‘n WhatsApp stemboodskap gestuur waarop hy verduidelik dat hy baie besig is en tot 600 oproepe per dag ontvang en dus nie altyd tyd het nie.

    So tussen hakies, as Frik ’n man is soos jy impliseer, sou hy nie sy vrou gebruik om op ons webblad kommentaar te lewer nie, maar eerder self hier geskryf het om sy besware te lug. Ek is bekommerd oor julle omdat julle besig is om duisende mense te mislei, en julle SAL eendag verantwoording moet doen voor God.

    Ek sal Frik nel maar dan verwag ek dat hy sy telefoon antwoord.

  9. Amelia Weideman says:

    Hello Tom,

    Net om jou in kennis te stel, Frik is nie altyd beskikbaar nie soos jy kan sien, op social media, is hy baie besig om die WARE woord van God te versprei, daarom vra hy dat daar ‘n boodskap en of ‘n voice note gelos sal word op whatsapp, dus  JY IS WELKOM OM ‘N VOICE NOTE TE LOS.

    Hy is wel baie besig, hy is ongelukkig nie met pensioen, en het ook nie heeldag tyd om op social media te wees om ander te kritiseer en die oordeel nie, dis waarom hy ‘n Social Media Afdeling het om hierdie tipe van kritiek te hanteer, waavan ek deel is. En ja, die Social Media Afdeling gaan jou block, want hulle gaan nie hierdie tipe van ongoddelike saad toelaat nie.

    Ons is hier om die Koninkryk te BOU nie af te breek nie. Gaan lees asb Handelinge 5:34-39 (Een van die Fariseërs in die Raad, ‘n man met die naam Gamaliël, wat as leermeester van die wet van Moses by die hele volk in hoë aansien was, het toe opgestaan en gevra dat die apostels ‘n rukkie buitentoe gevat moet word. Daarna sê hy vir die Raad: “Israeliete, julle moet versigtig wees wat julle met hierdie mense gaan doen. ‘n Tyd gelede was daar die geval van Teudas, wat in opstand gekom en daarop aanspraak gemaak het dat hy iemand van betekenis is. Hy het ‘n aanhang gekry van omtrent vier honderd man. Hy is doodgemaak, en al sy volgelinge is verstrooi, en die opstand het op niks uitgeloop nie. Daarna was dit Judas die Galileër, wat in die tyd van die volkstelling in opstand gekom het met ‘n deel van die volk agter hom aan. Ook hy is om die lewe gebring, en al sy volgelinge is uitmekaar gejaag. Wat die huidige geval betref, my raad aan julle is: Laat staan hierdie mense en laat hulle los, want as wat hulle wil en wat hulle doen, mensewerk is, sal daar niks van kom nie. Maar as dit van God kom, sal julle hulle nie kan keer nie. Moenie dat dit dalk later blyk dat julle selfs teen God gestry het nie!”
    VERDER……
    I KRONIEKE 16:22
    Raak my gesalfdes nie aan en doen my profete geen kwaad nie.

    PSALMS 105:15
    Raak my gesalfdes nie aan en doen my profete geen kwaad nie.

    SAGARÍA 4:14
    En hy sê: Dit is die twee gesalfdes wat by die Here van die ganse aarde staan.
    

  10. Hi Amelia,

    Jou eie en jou man se reaksie is tipies van die hedendaagse NAR-leraars wat hoog in hulle ivoortorings sit en mense vrees probeer inboesem met hulle dreigement dat hulle nie God se gesalfdes en profete mag aanraak of kwaad aandoen nie sodat hulle nie dalk soos die rebel Theudas om die lewe gebring word nie. (1 Kronieke 16:22; Psalm 105:15). Hulle kan dus maar God se Woord verdraai, verguis en verkrag net soos hulle wil, niemand mag hulle leringe bevraagteken of aanvat nie. Dit opsigself is so onbybels soos kan kom. Ons word telkens in die Skrif beveel om alles op die proef te stel.

    “Maar die geestelike mens beoordeel wel alle dinge; self egter word hy deur niemand beoordeel nie.” (1 Korintiers 2:15). Die KJV sê dit so, “But he that is spiritual judgeth all things, yet he himself is judged of no man.”

    “Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.” (2 Timoteus 3:16-17).

    “Betoon jou in alles ‘n voorbeeld van goeie werke, met onvervalstheid in die leer, waardigheid, opregtheid.” (Titus 2:7).

    “Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan.” (1 Johannes 4:1).

    “Maar al sou ons of ‘n engel uit die hemel julle ‘n evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom ‘n vervloeking wees! Soos ons vantevore gesê het, sê ek nou ook weer: As iemand julle ‘n evangelie verkondig in stryd met die wat julle ontvang het, laat hom ‘n vervloeking wees! (Galasiërs “1:8-9).

    So van vervloeking gepraat. Weet julle nie daar staan geskrywe, “Want almal wat uit die werke van die wet is, is onder die vloek; want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat nie bly in alles wat geskryf is in die boek van die wet om dit te doen nie. En dat niemand deur die wet by God geregverdig word nie, is duidelik; want die regverdige sal uit die geloof lewe.” (Galasiërs 3:10-11).

    “Want wie die hele wet onderhou, maar in een opsig struikel, het aan almal skuldig geword.” (Jakobus 2:10).

    Let wel, Paulus wys daarop dat die wet nie net onmagtig is om te red nie maar ook geheel en al kragteloos is om ’n lewenswandel mee te bring wat God kan behaag. Daarom sê Paulus “hoe keer julle weer terug tot die swakke en armoedige eerste beginsels wat julle weer van voor af aan wil dien?” (Galasiërs 4:9b). Toe ek kommentaar gelewer het op Frik se uitlating dat die onderhouding van die Shabbat nie vir mense se redding is nie, maar ’n teken is van julle liefde vir God, is ek summier geblok. Hier’s my oorspronklike respons.

    As die Shabbat ‘n teken is van jou liefde vir God en ek nie die Shabbat of die feeste soos julle vier nie, is dit ‘n teken dat ek God nie liefhet nie? Wat het Jesus gesê oor tekens? “’n Slegte en owerspelige geslag soek na ‘n teken, en geen teken sal aan hom gegee word nie, behalwe die teken van die profeet Jona.” (Matteus 12:19). Die Jode het baie tekens gehad waarop hulle staatgemaak het om hulle liefde vir God te bewys, o.a. die Shabbat en die feeste. Wat het God daarvan gedink? “Ek haat, Ek versmaad julle feeste en het geen welgevalle aan julle feestye nie.” (Amos 5:21). God sê eintlik hier, dit stink vir Hom. Wat beteken hierdie vers: “Want omdat hulle die geregtigheid van God nie ken nie en hulle eie geregtigheid probeer oprig, het hulle hul aan die geregtigheid van God nie onderwerp nie. Want Christus is die einde van die wet tot geregtigheid vir elkeen wat glo. ” (Romeine 10:3-4). As jy werklik in Christus glo, dan is Hy die vervulling en die einde van die wet vir jou, (insluitende die Shabbat en die feestye).

    Paulus skryf, “Julle neem dae en maande en tye en jare waar. Ek vrees vir julle dat ek miskien tevergeefs aan julle gearbei het. (Galasiërs 4:10-11). Dit kom daarop neer dat enigeen wat die wet probeer onderhou, insluitende die Shabbat en die feestye, tevergeefs Paulus se sendbriewe lees, veral dan ook Galasiërs. G’n wonder julle beskuldig my van “ongoddelike saad” wanneer ek woord vir woord uit die Bybel vir julle aanhaal nie. Is dit werklik wat God se Woord vir julle beteken – “ongoddelike saad?”

    Is julle miskien beter as die apostels Petrus en Paulus? Dink julle werklik Paulus sou dit durf waag om ’n gesalfde van God, naamlik Petrus, kragdadig in die openbaar, voor almal, te betig en tereg te wys terwyl hy geweet het dit is verbode om God se gesalfdes aan te raak en sy profete kwaad te berokken? Trouens, Paulus wat deeglik bewus was dat daar by God geen aanneming van die persoon is nie, het nie geskroom om Petrus voor stok te kry nie. By hom het dit nie gegaan oor die aansien van die persoon nie (Petrus was die hoof-apostel in Jerusalem), maar die suiwerheid van die Evangelie. Toe Paulus hom voor almal oor die vingers getik het, het Petrus hom nie opgeruk nie, en vir Paulus gesê, “Hei, ou mannetjie. Weet jy met wie hy praat? Jy’s nog nat agter die ore en jy waag dit om my, ’n gesalfde van God, so stief te behandel? En ja, wees ook gewaarsku, die Here gaan jou block, want Hy gaan nie hierdie tipe van ongoddelike saad toelaat nie.” Nee-nee, Petrus het radikaal anders a julle tweetjies hom in nederigheid aan Paulus se teregwysing onderwerp en hom deeglik van sy verkeerde weg bekeer. Wat was hierdie weg? Hoe beskryf Paulus die weg wat Petrus ingeslaan het? Kom ons kyk.

    Maar toe Petrus in Antiochíë gekom het, het ek hom openlik teëgestaan, omdat hy veroordeeld gestaan het. Want voordat sommige van Jakobus af gekom het, was hy gewoond om saam met die heidene te eet; maar ná hulle koms het hy hom teruggetrek en hom eenkant gehou uit vrees vir die wat uit die besnydenis is. En saam met hom het ook die ander Jode geveins, sodat selfs Barnabas hom laat meevoer het deur hulle geveins. Maar toe ek sien dat hulle nie reguit loop volgens die waarheid van die evangelie nie, het ek vir Petrus in teenwoordigheid van almal gesê: As jy wat ‘n Jood is, soos ‘n heiden lewe en nie soos ‘n Jood nie, waarom dwing jy die heidene om soos Jode te lewe? (Galasiërs 2:11-14).

    Die oomblik toe Petrus hom teruggewend het tot die wet, het hy nie meer reg geloop volgens die waarheid van die evangelie nie. Die gevolg was dat andere, selfs ook die apostel Barnabas, deur hom mislei is. En, presies net dit is gewoonlik die vrug wat ’n valse evangelie of ’n sogenaamde evangelie oplewer – dit verlei en mislei talle ander mense wat opkyk na hulle geestelike leiers vir geestelike leiding, en hulle bang maak met 1 Kronieke 16:22 en Psalm 105:15.

    Niks is so gevaarlik soos ’n geestelike leier wat in ’n ander evangelie verval het nie. Niks is so handig en gebruiklik vir die Satan as ’n geestelike leier wat ’n ander evangelie, een wat soos die ware Jakob lyk en klink, verkondig nie. Hoe lyk hierdie valse evangelie waarteen Paulus so heftig gestry het? Kom ons kyk.

    Paulus vergelyk hierdie “evangelie” met Hagar, Sara se Egiptiese slavin, met wie Abraham op versoek van Sara getrou het om vir hulle (Abraham en Sara) ’n nageslag te verseker. Soos julle weet is Ismael uit hierdie huwelik gebore. Paulus vergelyk Hagar ook met die berg Sinai waar Moses die Wet ontvang het.

    Julle wat onder die wet wil wees, sê vir my, luister julle nie na die wet nie? Want daar is geskrywe dat Abraham twee seuns gehad het, een uit die slavin en een uit die vrye. Maar die een uit die slavin is gebore na die vlees, en die ander een uit die vrye deur die belofte. Dit is sinnebeelde, want dié vroue staan vir twee verbonde: een, van die berg Sinai afkomstig, wat vir die slawerny kinders baar—dit is Hagar; want Hagar staan vir die berg Sinai in Arabië en kom ooreen met die teenswoordige Jerusalem en is met haar kinders saam in slawerny.(Galasiërs 4:21-25).

    Paulus vra met opperste verbasing, “Julle wat daarop aandring om julleself en ook ander mense onder die wet te plaas as teken dat julle God liefhet (die Shabbat en die feeste), weet julle dan nie wat die wet werklik sê nie? Die Amplified Bible sê dit so: “Tell me, you who are bent on being under the Law, do you not listen to [what] the Law [really says]?” Met ander woorde, “Is julle so blind dat julle nie weet wat die wet eintlik vir julle wil leer nie? Hoe kan julle weet as julle julself weer tot slawerny en dwingelandy onder die wet wil ingrawe?” Dan waarsku Paulus in hoofstuk 5 verse 1 en 4, “Staan dan vas in die vryheid waarmee Christus ons vrygemaak het, en laat julle nie weer onder die juk van diensbaarheid bring nie. Julle wat geregverdig wil wees deur die wet, is losgemaak van Christus; julle het van die genade verval.”

    Paulus is nie besig om die leer dat ’n Christen sy of haar redding kan verloor nie. Wat hy wel tuisbring is dat wanneer iemand hom of haar terugwend tot die wet om God te behaag, ’n ruimte betree waar God se genade nie meer werksaam is nie. Daarom sê Paulus in Romeine 11:6, “En as dit deur genade is, dan is dit nie meer uit die werke nie; anders is die genade geen genade meer nie. En as dit uit die werke is, dan is dit nie meer genade nie; anders is die werk geen werk meer nie. (Romeine 11:6). Die Amplified sê dit so, “But if it is by grace [God’s unmerited favor], it is no longer on the basis of works, otherwise grace is no longer grace [it would not be a gift but a reward for works]. Paulus sê eintlik hier, As jy jouself onder die wet wil plaas, is jy aangewese op jouself en jou werke, en nie meer langer sy genade nie. Hoekom? “Maar wat sê die Skrif? “Werp die slavin en haar seun uit, want nooit mag die seun van die slavin saam met die seun van die vrye erwe nie. Daarom, broeders, ons is nie kinders van die slavin nie, maar van die vrye.” (Galasiërs 4:30-31). Waarom wil julle dan die vrye verruil vir slawerny en weer kinders word van die slavin as Jesus die einde van die wet is?

    Want Christus is die einde van die wet tot geregtigheid vir elkeen wat glo. (Romeine 10:4)

    Enigiemand wat nog steeds die wet wil onderhou (aka die Shabbat en die feeste) ontken inderwaarheid dat Christus die einde (vervulling) van die wet is en dus ook dat dit alleen geloof is wat tot geregtigheid lei. Ek herhaal wat ek voorheen gesê het: Julle is besig om derduisende mense te mislei en sal eendag verantwoording moet doen voor God.

  11. Laurens le Roux says:

    Baie dankie Tom vir die deeglike toeligting!

  12. Dit is goed om weer van jou te hoor Laurens.

  13. Robbie says:

    “I KRONIEKE 16:22
    Raak my gesalfdes nie aan en doen my profete geen kwaad nie.
    PSALMS 105:15
    Raak my gesalfdes nie aan en doen my profete geen kwaad nie.
    SAGARÍA 4:14
    En hy sê: Dit is die twee gesalfdes wat by die Here van die ganse aarde staan”

    Oh Please… what a giveaway.
    False prophets and teachers and ungodly leadership use this verse to silence perceived criticism or the voice of truth. It’s an aggressive and manipulative tactic that works because believers don’t fully understand the meaning and consequences of the warning.

  14. It is a kind of elitism (self-elected authoritarianism) that places the so-called anointed apostles and prophets on a much higher level than those of a lower spiritual class, who have no option than to do as they say, OR ELSE!!! So watch your step, lest you vaingloriously withstand God’s anointed ones. You may fall down dead like Theudas in Scripture, as Amelia warned me. Sjoe! maar hulle is so wrintie arrogant.

  15. Willie says:

    Goeie dag                                                                     Die stamme van Israel was in twee geskeur, deur God en in Amos 5 word daar net na die een helfte van die stamme verwys wat heeltemal van God weg gedraai het.                                                                                
    Amos 5, word daar verkeerd in gelees.
    Kyk na vers een, “o’ huis van Israel.”
    In Jeremia 31:31, profeteer Jeremia oor die huis van Juda en die huis van Israel. Twee verskillende huise.
     
     En is alles koning Salomo se skuld?
    Salomo was koning oor die hele Israel, 1Konings 4:1, maar in 1Konings 11:1-13, het Salomo gesondig en God se straf oor Salomo was dat Hy sy koningkryk in twee gaan skeur na sy dood.
    1Konings 11:26-35. Hier profeteer Ahia oor Jerobeam, ń dienaar van Salomo.(Jerobeam was uit die stam van Efraim), en sê dat God hom 10-van die 12-stamme gaan gee, omdat Salomo die nasies se afgode begin dien het.
    En na Salomo se dood het dit gebeur, 1Konings 12, maak die 10-stamme vir Jerobeam koning. En Jerobeam se 10-stamme staan bekend in die bybel as: huis van Israel of Efraim, Hosea het gereëld  na die 10-stamme as Efraim verwys.
     Salomo se seun word koning oor die stam van Juda en Benjamin(Juda, stam waar uit Jesus gebore is).
     En Rehabeam seun van Salomo, het koning geword van die huis van Juda(Konings12:21&23) ook bekend as huis van David(Konings12:26).

    Die konings van die huis van Israel het net soos Salomo aan gegaan om die afgode te aanbid (1Konings 12:26-33)en het nooit terug gekeer na God nie,(Hosea1:6b-7) hulle het heeltemal afvallig geraak van God.
    En dat God uit Juda ń man van God stuur, (1Konings 13:1)om teen die koning van die huis van Israel te profeteer. Het glad nie geluister nie.

     Amos 5 profeteer hy oor die huis van Israel, omdat die konings van die huis van Israel Jerobeam se voorbeeld gevolg het. Jerobeam het sy eie feeste ingestel, en dit is wat Amos van praat in Amos 5:21.
    1 Konings 12:32-33”…ń fees gehou in die agste maand, op die 15de dag van die maand, soos die fees wat in Juda was,”. En vers 33”…wat hy uit sy eie hart versin het,…” al die konings na Jerobeam, het nie terug gedraai na God nie.
     God het beveel om die fees in die 7de maand op die 15de dag van die maand te hou. Jerobeam het besluit om nie God te gehoorsaam nie.  (1Konings 12:26-33).

    Hier in Esegiël36: 17-18 word bevestig
    (wat Amos van praat in Amos 5:21), terwyl hulle(huis van Israel) dit met hul drekgode verontreinig.
    En in Amos5:21”Ek haat , Ek versmaad JULLE FEESTE, en het geen welgevalle aan JULLE FEESTYE nie.”  Jerobeam se mens gemaakte feeste in 1 Konings 12:32.

     Ek glo nie God sal vervloek wat Hy ingestel het, net omdat die huis van Israel ongehoorsaam was en begin het om afgode te aanbid nie.

    Huis van Israel is a.g.v hulle sondes wat hulle nooit bely het nie, in ballingskap weg gevoer na Assirie(2Konings 17:6) Die 10stamme het nooit terug gekeer na Israel nie.
     In Jesus se tyd het hulle geweet van die (10-stamme). En die ballingskap van die huis van Israel het gebeur 700 jaar voor Jesus se geboorte. Esegiĕl36:17-19 praat van die verstrooides en in Joh7:35, het die Jode gedink dat Jesus na die verstrooides gaan.
           
    Volgende gaan oor, Huis van Israel, Efraim.
    Esegiel11: 13-21 en baie glo vers 17 het begin waar word in 1948, toe Israel as ń staat erken is. Amos9: 8-15; Hosea7:8. Hosea profeteer baie oor die Huis van Israel, Efraim(10-stamme),
     
    En so het die huis van Juda ook begin om afgode te dien soos huis van Israel, maar as God hulle gestraf het-het hulle bekeer en weer na God gedraai, maar was gereël ongehoorsaam en hulle is in ballingskap weg gevoer na Babylon, maar God sê in Hosea1:7”Maar oor die huis van Juda sal Ek My ontferm…”, rede vir dit is hulle het nie heeltemal in die verdref gegaan nie, Die verskil was dat Daniel en sy vriend in God bly glo het en gebid, dat God hulle sal vergewe en hulle weer terug stuur na hulle land. God het hulle vergewe en na 70-jaar in ballingskap in Babylon het hulle terug gegaan na hulle land. Was Net Juda en Benjamin-Paulus was van die stam, Benhamin, Rom11:1.
    Dankie, mooi dag.
    Willie

     

     

  16. Willie skryf:

    Ek glo nie God sal vervloek wat Hy ingestel het, net omdat die huis van Israel ongehoorsaam was en begin het om afgode te aanbid nie.

    Jesus Christus het die heilige Nagmaal ingestel. Sou jy dink dat die Roomse Katolieke Kerk se bediening daaravan God se goedkeuring wegdra?

    Het jy nog nooi gelees nie dat Jesus Christus, wanneer Hy by sy Tweede Koms na die aarde terugkeer, die 12 stamme weer gaan verenig, netsoos sy vader, Dawid, dit gedoen het?

    Verder het die woord van die HERE tot my gekom en gesê: En jy, mensekind, neem vir jou ‘n stuk hout, en skrywe daarop: Vir Juda en vir die kinders van Israel, sy bondgenote; en neem ‘n ander stuk hout en skrywe daarop: Vir Josef (die hout van Efraim) en die hele huis van Israel, sy bondgenote. Voeg hulle dan vir jou bymekaar, die een by die ander, om een stuk hout te wees, en laat hulle een word in jou hand. En as die kinders van jou volk met jou spreek en sê: Sal u ons nie te kenne gee wat u met hierdie dinge bedoel nie? sê dan vir hulle: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek sal die stuk hout van Josef neem, wat in die hand van Efraim is, en die stamme van Israel, sy bondgenote, en Ek sal hulle by hom voeg, by die stuk van Juda, en hulle een stuk hout maak; en hulle sal een word in my hand. So moet dan die houte waar jy op skrywe, in jou hand wees voor hulle oë; en sê vir hulle: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek gaan die kinders van Israel haal tussen die nasies uit waarheen hulle getrek het, en Ek sal hulle van alle kante bymekaar laat kom en hulle bring in hul land. (Esegiel 37:15-21)

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *